Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Ouderdom  () 1 stem
Ouderdom [boodskap #120469] Do, 23 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
louis[2]  is tans af-lyn  louis[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dis my verjaarsdag vandag, en ek kan nie besluit of ek ongelukkig of
dankbaar moet wees nie.

Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy wil ouer wees is wanneer ons kinders is?
Jonger as tien, is jy so flippen opgewonde oor ouer word jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?" "Ek's vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.
Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?" "Ek gaan 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.
Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja...... jy WORD 21 !!!
Dan raak jy 30. Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suur melk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.
Dan NADER jy 40.....nee, bly daar!
En jy BEREIK 50.
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
"Bliksem, Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
Teen daai tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag.....
In jou 80's, jy TREF middagete, jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.
Hel, jy koop nie eers groen piesangs nie.
Dis nog nie die einde nie.
In jou 90's gaan jy weer agteruit."Ek was NOU NET 92"
As jy 100 sien gebeur daar 'n vreemde ding.
Jy raak weer soos 'n kind
"Ek's 100 en 'n half"

Louis  lo...@icon.co.za
Re: Ouderdom [boodskap #120814 is 'n antwoord op boodskap #120469] Do, 11 Oktober 2018 20:04 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hoe weet jy dat jy begin oud word?
Jy loop nie meer jou pêlle in 'n kroeg raak nie, maar in Dis-Chem.
Vorige onderwerp: Oom Brood en die spook van Jakkalsputs
Volgende onderwerp: Sebra ontsnap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:43:08 MGT 2024