Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Glorieryke Nuwe Suid-Afrika: Onskuldige boer word met 'n petrolbom aan die brand gesteek
Glorieryke Nuwe Suid-Afrika: Onskuldige boer word met 'n petrolbom aan die brand gesteek [boodskap #120112] Do, 12 April 2012 08:15
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Aanvallers brand boer
2012-04-12 07:01

Marlene Jordaan

Heilbron Sy sal nooit die gesig vergeet nie toe haar man met net sy
kouse aan, en met erge brandwonde, by die huis ingehardloop het nadat
hy deur plaasaanvallers aan die brand gesteek is.

So vertel Connie Jansen van Rensburg oor die plaasaanval waarin haar
man, Christo (36), Dinsdag omstreeks 22:00 op die plaas Page's Bargain
deur sy oop bakkievenster met 'n petrolbom gegooi is.

Hy is ook met 'n ysterpyp en klip geslaan en byna met 'n mes gesteek
nadat hy weens die vlamme uit die bakkie gespring het.

"Gelukkig was daar goed in sy sak en hy het 'n dik baadjie aangehad.
Die mes het nie deurgegaan nie. Hulle het hom ook probeer terugdruk in
die brandende bakkie," sê mev. Jansen van Rensburg. "Toe gooi hulle
wéér petrol oor hom en steek hom weer aan die brand."

Haar man het in die grond gerol en van al sy klere ontslae geraak. Hy
het daarna sowat 200 m na die plaashuis gehardloop en om hulp geroep.

Jansen van Rensburg, 'n deeltydse boer, het pas van sy werk by Clover
teruggekom en het net op die grondpad na die plaashuis gedraai toe hy
aangeval is.

"My man het verskriklik hard terugbaklei en geskree. Toe ek die ligte
aansit, moes hulle geskrik en die pad gevat het. Een het 'n klapmus
aangehad. My man sê hy sal nooit die ander een se gesig vergeet nie."

Mnr. Jansen van Rensburg is na sy huisdokter op Heilbron geneem wat sy
brandwonde behandel het, waarna hy na die Mediclinic Vereeniging
gebring is.

Selka-Ann Badenhorst, hospitaalwoordvoerder, sê hoewel hy baie pyn
verduur, gaan dit onder omstandighede goed met Jansen van Rensburg.

Hy het tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Aanvallers-bran d-boer-20120412
Vorige onderwerp: Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and beaten to death
Volgende onderwerp: Kaal uitgetrek in selle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:41:58 MGT 2024