Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 62-jarige se keel met 'n lemmetjie gesny
62-jarige se keel met 'n lemmetjie gesny [boodskap #120055] Di, 24 Januarie 2012 10:53
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde se keel met lem gesny
2012-01-24 08:00

Marietie Louw-Carstens

Polokwane Die koster van die Afrikaanse Protestantse kerk (APK) in
Mookgophong (Naboomspruit) se keel is in 'n gru-aanval met 'n
skeermeslem oopgekerf.

Anita Jacobs van Niekerk (62) is in 'n bedenklike toestand in die
provinsiale hospitaal in Polokwane.

Vyf mans is in hegtenis geneem. Die handsak en geld is by hulle gekry.

Renee Matthee, haar dogter, het Maandag gesê haar ma "leef ook maar
net. G'n mens verdien wat met haar gebeur het nie".

Sy sal moontlik nie weer normaal kan sluk nie. Haar stembande moet
geheg word.

Van Niekerk is Saterdagaand in haar huis in Sewende Straat in die dorp
oorval. Sy het geslaap toe vyf mans omstreeks 23:00 in die huis
ingekom het.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die mans het van die
diefwering oopgebuig om in die huis in te kom.

Van Niekerk se kleinseun, Alexander Donnovich (4), was in die huis
tydens die aanval. Hy woon by sy ouma sedert sy ma sowat twee jaar
gelede dood is. Hy is ongedeerd.

Die aanvallers het Van Niekerk se keel verskeie kere met 'n
skeermeslem gesny. Daar is ook baie snywonde aan haar arms.

Alexander het geslaap toe sy ouma aangeval is, het Matthee gesê. Hy
bly nou by familielede.

Haar ma het onlangs 'n vreemde man gehuur om in haar tuin te werk.
"Twee van haar selfone is gesteel, maar ons het nie geweet wie dit
gesteel het nie."

Die aanvallers het Van Niekerk se handsak met R300 geroof.

"Ek het inmekaargesak van skok toe ek hoor wat gebeur het," het
Matthee gesê.

Jakes Jacobs, 'n familielid, het gesê 'n man wat agter Van Niekerk se
huis bly, het 'n geraas gehoor en toe gaan kyk wat gebeur het. "Daar
is net bloed in haar kamer en selfs in die kombuis," het Jacobs gesê.

Volgens Matthee moes haar ma 'n noodoperasie ondergaan.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-se-kee l-met-lem-gesny-20120124
Vorige onderwerp: Met klippe dood gegooi
Volgende onderwerp: Aanhoudende plaasaanvalle - Gerespekteerde boer vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:42:54 MGT 2024