Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Ongoing Farm Attacks - 71 year-old severely wounded
Ongoing Farm Attacks - 71 year-old severely wounded [boodskap #120052] Di, 17 Januarie 2012 08:02
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Rowers rand 71-jarige erg aan
2012-01-17 09:01

Alta Snyman
Rustenburg – ’n Bejaarde asbestoselyer is in ’n bedenklike toestand in
’n hospitaal in dié stad nadat vyf mans hom gister omstreeks 02:00 in
sy plaashuis oorval het.

Koos Bisschoff (71) woon sedert sy vrou se dood drie jaar gelede
alleen op die plaas Mooihoek deel 10 by Avondale, tussen Rustenburg en
Koster.

Vyf mans met ’n geweer het Victoria Jabard (41), sy versorger, in haar
kamer oorval en gedwing om die plaashuis se agterdeur oop te sluit.

In die huis het die aanvallers Bisschoff met die geweer oor die kop
geslaan.

Een van sy seuns, Henning, boer sowat 10 km daarvandaan.

Hy vermoed sy pa se Duitse herdershond, Tammie, wat in die huis
geslaap het, is met iets bedwelm, want volgens getuies het sy ’n ruk
geblaf en toe stil geraak.

Die hond was gister lusteloos en het vir niemand geblaf nie. Hy het
haar veearts toe geneem, maar geen kneusplekke is sigbaar nie.

Bisschoff jr. het gesê die rowers het sy pa en Jabard met
plastiekkabels vasgebind.

Volgens kapt. Adéle Myburg, polisiewoordvoerder, het hulle ook ’n
plastieksak oor Jabard se kop getrek, waarna sy in ’n kamer toegemaak
is.

Die rowers het die huis erg omgekrap en die kluissleutel gekry, maar
kon nie die versteekte kluis opspoor nie.

Hulle het met ’n rewolwer, twee selfone, kontant en Bisschoff se
metaalgrys Mazda Drifter-dubbelkajuitbakkie met die registrasienommer
FLG 864 NW gevlug.

Jabard kon haar loswikkel en het Koos Koen, wat die huis langs
Bisschoff s’n by hom huur, gaan wakker maak. Hy het hulp ontbied.

Bisschoff woon al langer as 22 jaar op die plaas en het ’n
plaaswinkeltjie. Nege kiste bier en vyf kartonne sigarette,
winkelvoorraad wat hy in die huis gebêre het, is ook gevat.

Hy het harsingskudding en het bloeding op die brein opgedoen.

Volgens Bisschoff jr. het die dokters gesê weens die as­bes­tose kan
sy pa nie narkose kry en vir die bloeding geopereer word nie.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-rand-71- jarige-erg-aan-20120117
Vorige onderwerp: Ongoing Farm Attacks: well mannered man killed, wife beaten and scarred.
Volgende onderwerp: Met klippe dood gegooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:35:39 MGT 2024