Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Ongoing Farm Attacks: well mannered man killed, wife beaten and scarred.
Ongoing Farm Attacks: well mannered man killed, wife beaten and scarred. [boodskap #120051] Ma, 16 Januarie 2012 10:00
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
“Hy was altyd bereid om ander te help en hy het geen slegte
verhoudings gehad nie.”

===

Carla van Niekerk
’n Boer en sakeman van Ventersdorp is vermoor nadat hy en sy vrou
eergister in die oggendure in hul slaap oorval is.

Mnr. Dries du Toit (56) is op die toneel dood. Sy vrou, Lettie, is
ernstig beseer.

“Hulle het Lettie met ’n yster geslaan. Van haar tande is stukkend,
haar een rib is af en sy het steke aan haar kop gekry,” sê mnr. Du
Toit se broer, Chris.

Die voorval het omstreeks 04:10 plaasgevind nadat vyf rowers by die
huis op die plaas Klipplaatdrift in is, sê kapt. Adéle Myburgh,
polisiewoordvoerder.

Die plaas is oorkant dié van ­mnr. Eugène Terre’Blanche, voormalige
AWB-leier, wat in April verlede jaar vermoor is.

Myburgh sê mnr. Du Toit is nie geskiet nie, maar is dood weens
beserings wat hy opgedoen het toe ’n struweling tussen hom en sy
aanvallers ontstaan het.

“Die dokter in Ventersdorp het Lettie vir skanderings na Potchefstroom
gestuur. Sy is ontslaan en sterk nou by haar suster in Pretoria aan,”
sê mnr. Chris du Toit.

Sy ander suster, me. Elizabeth de Villiers (64), wat tydens die
voorval op die plaas gekuier het, is lig beseer.

Mnr. Chris du Toit sê sy suster het hom gebel toe die aanvallers weg
is.

“Gelukkig was Elizabeth se telefoon onder haar kopkussing en hulle het
dit nie gesien nie. Sy het my en haar seun toe gebel en ons het die
Ventersdorp-polisie gebel.”

Volgens hom is sy skoonsuster, wat as prokureur in Klerksdorp
praktiseer, erg getraumatiseerd.

Hy sê sy broer was ’n streng, maar baie saggeaarde mens.

“Hy was altyd bereid om ander te help en hy het geen slegte
verhoudings gehad nie.”

Die egpaar se twee dogters studeer aan die Universiteit van Pretoria
en was tydens die aanval by vriende in Ventersdorp.

Myburgh sê die verdagtes het ’n paar duisend rand se huishoudelike
toebehore gesteel.

’n Goeie kennis van mev. Du Toit wat anoniem wil bly, sê sy was
blykbaar in die week voor die voorval onrustig oor hul veiligheid.

“So ’n week voor die moord het Lettie ’n besoek ontvang van vier
persone wat hulle as polisiebeamptes geïdentifiseer het.

Hulle het gesê hulle ondersoek die beweerde diefstal van ’n
petroltenkwa. Hulle wou by die huis in om ’n verklaring af te neem.”

Sy wou hulle blykbaar nie inlaat nie en ’n paar dae later het ’n
polisiebeampte wat aan haar bekend is haar kom spreek. Hy was glo
bewus van die vorige besoek.

“Sy het niks geweet van ’n petroltenkwa nie. Sy het my ook vertel
saans het ’n voertuig met ’n blou lig na die spilpunt op hul plaas
gery. Die gebeure was vir haar vreemd.”

Volgens die kennis het mev. Du Toit verklarings hieroor by die polisie
afgelê.

Myburgh sê egter geen klag is ingedien nie en geen dossier is geopen
nie.

“Daar is in dié stadium baie bewerings. Die polisie ondersoek alle
inligting en ons verwag dat daar binnekort arrestasies gaan wees.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-sterf-in-aanval-v rou-beseer-20120115
Vorige onderwerp: Heksery: 14 vas vir moord op egpaar
Volgende onderwerp: Ongoing Farm Attacks - 71 year-old severely wounded
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:04:32 MGT 2024