Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Slagoffer in huisaanval met messe toegetakel
Slagoffer in huisaanval met messe toegetakel [boodskap #120032] Wo, 02 November 2011 10:47
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
MEDIAVERKLARING

ONDERWERP : SLAGOFFER IN HUISAANVAL MET MESSE
TOEGETAKEL

UITGEREIK DEUR : Mnr. Jaco Mulder

HOEDANIGHEID : VF Plus-LPW en provinsiale leier:
Gauteng


DATUM : 2 November 2011

‘n 22-jarige meisie is gister omstreeks 11:00 in haar ouerhuis in
Noordheuwel, Krugersdorp oorval en deur twee jong aanvallers met messe
toegetakel. Sy het dapper teruggeveg en kon daarin slaag om ‘n SOS.-
boodskap na haar ma te stuur, waarna die aanvallers gevlug het. Sy
het in die proses meer as agt steekwonde en kneusings opgedoen waarna
sy in die hospitaal opgeneem is en na behandeling en die ontvang van
steke ontslaan is.

Die voorval wat reg oorkant die huis van die Gautengse Premier,
Nomvula Mokonyane, plaasgevind het, is die nuutste van ‘n hele reeks
aanvalle die afgelope tyd in die straat en omgewing. Die identiteit
van die slagoffer en haar gesin word op hul versoek op dié stadium van
die media weerhou vir veiligheidsredes. Mnr Jaco Mulder, VF Plus-LPW,
vriend en woordvoerder van die gesin het gesê dat hy as inwoner van
dieselfde omgewing in Noordheuwel, Krugersdorp nie meer veilig in sy
omgewing voel nie.

Die omgewing gaan vir ‘n geruime tyd reeds gebuk onder ernstige
huisaanvalle ten spyte van ‘n aktiewe polisiesektor en
patrolliestelsel. Mulder wat ook ‘n lid van die portefeuljekomitee
vir Veiligheid in die Gauteng Wetgewer is, het voorts gesê dat
alhoewel die polisie flink reageer het, misdadigers die
wetstoepassingsagentskappe van Suid-Afrika nie meer vrees nie.

Misdadigers beweeg vry rond in woonbuurte en beskik oor fyn
uitgewerkte intelligensie en inligting oor die wandel en weë van
geïdentifiseerde slagoffers. Die SAPD en buurt-
beveiligingsinisiatiewe skiet ver te kort op die terrein van
misdaadintelligensie en dit sal opgeskerp moet word.

Jaco Mulder, LPW

VF Plus Leier: Gauteng

082 466 3786
Vorige onderwerp: Woord is magtiger as die swaard
Volgende onderwerp: Heksery: 14 vas vir moord op egpaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:15:49 MGT 2024