Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boer sleep swartman agter voertuig - HET NIE GEBEUR NIE
Boer sleep swartman agter voertuig - HET NIE GEBEUR NIE [boodskap #119998] Do, 14 Julie 2011 14:32
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
And the English media is probably not going to report his innocence
after the damage they've done with their typical one-sided anti-
Afrikaner coverage.

============================================================ ==================

Boer se onskuld word bewys
2011-07-14 08:07

Tom de Wet
Odendaalsrus - 'n Deeltydse boer wat in Maart 2009 op 'n aanklag van
poging tot moord in hegtenis geneem is nadat 'n plaaswerker glo
aangerand en daar bewerings was dat hy agter 'n bakkie gesleep is, is
hier in die streekhof onskuldig bevind.

Aanvanklike weersprekende verklarings destyds van Andries Xaba aan die
polisie het daartoe gelei dat Neels van Biljon as 'n wreedaard en
rassis gebrandmerk is.

Reeds voor Van Biljon se borgtogaansoek het dit aan die lig gekom dat
Xaba waarskynlik nié agter 'n bakkie aangesleep is soos wat hy gesê
het nie.

Nietemin het ANC-lede destyds buite die hof, onder leiding van die
destydse uitvoerende burgemeester van Matjhabeng en ANC-leier in
Lejweleputswa, Mathabo Leeto, in 'n betoging geëis dat Van Biljon nie
moet borgtog kry nie.

Hoewel niemand dood is nie, het die skare hom 'n "racist murderer"
genoem.

Leeto het buite die hof gesê Van Biljon "tas die beeld van boere aan"
en alle boere moet hulle ten sterkste uitspreek "oor wat hier gebeur
het".

Xaba het self later aan die media en die polisie erken dat hy nie
agter 'n bakkie aangesleep is nie.

Landdros Susan Meintjies het nou bevind Xaba (61) se getuienis in die
hof was ongeloofwaardig en swak.

Van Biljon, van die plaas Vergenoeg tussen Odendaalsrus en Kroonstad
en ten tyde van sy inhegtenisneming 'n heeltydse mynwerker by die
Beatrix-goudmyn, is in opdrag van Christo Zietsman van Welkom deur
adv. Johan Nel verteenwoordig.

Xaba, wat meer as 30 jaar op die plaas en eers vir Van Biljon se
skoonpa gewerk het, is ná die beweerde voorval in die Bongani-
hospitaal in Welkom behandel.

Hy het toe aan Volksblad vertel daar het 'n stryery tussen hom en sy
werkgewer ontstaan oor twee skape wat hy moes geslag het. Daar het
houe tussen hulle geval.

Hy het later erken hy het deur die oop venster van die bewegende
bakkie na Van Biljon gegryp en saam gehardloop totdat hy geval het.

Getuienis is nou in die hof gelewer dat die ondersoekbeamptes erg
onder druk geplaas was om so gou moontlik 'n verklaring van Xaba te
verkry.

In Van Biljon se borgtogaansoek destyds het die ondersoekbeampte,
kapt. Ernst Hantsi, dit op rekord geplaas dat weersprekende
verklarings van Xaba, wat nog onder verdowing was en pyn gehad het toe
die eerste verklaring afgeneem is, die rede was waarom vermoed is dat
Van Biljon hom met die bakkie gesleep het.


- Volksblad
Vorige onderwerp: Michelle Obama, gesant van anti-wit Amerika
Volgende onderwerp: Fisiese aanslag op Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:56:39 MGT 2024