Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Michelle Obama, gesant van anti-wit Amerika
Michelle Obama, gesant van anti-wit Amerika [boodskap #119993] So, 26 Junie 2011 18:01
Toubs  is tans af-lyn  Toubs
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Dan Roodt - Michelle Obama, gesant van anti-wit Amerika
Sondag, 26 Junie 2011 09:44 Dan Roodt

Die besoek van die Amerikaanse eerste dame aan Suid-Afrika het in 'n
week geskied waarin Julius Malema opnuut gedreig het om alle plase wat
aan blankes behoort sonder vergoeding te konfiskeer. Dit wil voorkom
asof "grondhervorming" of grondgryp na die Zimbabwiese model in die
nabye toekoms in Suid-Afrika toegepas gaan word. Binne dié konteks was
Michelle Obama se gewerskaf in 'n groentetuin in Soweto vir 'n
Amerikaanse presidentsvrou voorwaar 'n vreemde gebaar, asof sy daardeur
haar simboliese steun aan die komende konfiskering van blanke
landboubates wou verleen.

Ook in dié week het Associated Press berig oor die demografiese
kanteling wat in die VSA plaasgevind het, met blanke geboortes wat nou
in die minderheid verkeer. Die enorme implikasies hiervan het nog nie
eens begin om by ons te registreer nie, want die VSA het sedert die
tweede wêreldoorlog triljoene dollar in sy militêre tegnologie belê. Nie
net het die VSA hierdeur die wêreld se enigste supermoondheid geword
nie, maar ook die eerste wetenskapfiksiemoondheid - vir wie oorlog soos
'n videospeletjie vanaf rekenaarskerms gevoer word. Nanotegnologie het
Amerika in staat gestel om mikroskopiese afstandbeheerde tuie na
individue te stuur wat hulle amper soos 'n insek se byt feitlik
ongesiens kan doodmaak.

Die skrikwekkende gevolge indien die VSA se wapenarsenaal en -tegnologie
"in die verkeerde hande" sou val, kan elkeen verstaan. Soos ons egter in
Suid-Afrika gesien het waar ons weermag en die militêre
nywerheidskompleks - die ou Krygkor en sy verwante maatskappye en
versswartes - eensklaps aan die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty
oorgedra is, maak rassepolitiek enigiets moontlik. Volkere word nie meer
op die slagveld verower nie, maar demografies, sielkundig en met behulp
van media en gewetenlose propaganda.

Binne slegs enkele dekades gaan blanke kiesers in Amerika, net soos in
Suid-Afrika, in die minderheid verkeer. Radikale regstellende aksie,
diskriminerende rassewette en intense propagandaveldtogte oor "die
verlede" sal, nes by ons, op die oorblywende Amerikaanse blankes
uitgegiet word. In vele opsigte woed die stryd reeds in Amerika en
onlangse teendstand teen regstellende aksie en anti-blanke
rassevoorkeure sal met die veranderende demografie soos mis voor die son
verdwyn. Private en openbare bates in die vorm van aandele in
maatskappye, pensioenfondse, skole en universiteite, maar ook
landbougrond, sal onder dwang by blankes afgeneem word en aan nydige,
"verontregte", ontevrede en aggressiewe gekleurdes oorhandig word.
Hierdie private en openbare bates sluit die Amerikaanse weermag, vloot,
lugmag en militêre nywerheidskompleks in. Sportsoorte waarin blankes
steeds uitblink, soos gholf, swem, skerm, seiljagvaart, motorsport,
ens., sal soos in Suid-Afrika met behulp van rassekwotas
"getransformeer" word om die demografie van die land te weerspieël.
Natuurlik hoef sportsoorte waarin swartes of gekleurdes uitblink nie
demografies verteenwoordigend te wees nie.

Gedurende haar besoek het Michelle Obama geen blanke openbare figure
besoek nie. Nie eens diegene wat, soos Bram Fischer, Beyers Naudé,
Ronnie Kasrils (en Helen Zille!) aan die kant van die ANC geveg het nie.
Vanselfsprekend het sy nie monumente soos die Voortrekkermonumen in
Pretoria, die sewentiende-eeuse Kasteel of Afrikaanse taalmonument in
die Kaap besoek nie. Inteendeel, sy het slegs swart monumente en figure
met haar teenwoordigheid vereer, soos Nelson Mandela, Desmond Tutu,
Soweto en die Hector Peterson-monument, asook die linkse
Apartheidsmuseum met sy ekstreme, eensydige voorstelling van ons
geskiedenis. Haar uitstappie na Robbeneiland waar Nelson Mandela
aangehou is, is weens die gure weer gekanselleer.

Jared Taylor van American Renaissance het so pas 'n boek genaamd White
Identity - Racial Consciousness in the 21st Century gepubliseer wat
binnekort ook in 'n Suid-Afrikaanse uitgawe beskikbaar sal wees. In die
boek toon hy met meedoënlose feite aan hoe elke rassegroep in die VSA
oor 'n sterk eie identiteit beskik: swartes, Spaanssprekende kleurlinge
(Hispanics) en Asiërs. Oor die algemeen is Asiërs ekonomies suksesvol,
presteer akademies goed en pleeg min misdaad, anders as swartes en
Spaanssprekende kleurlinge. Maar selfs hulle staan as groep teen blankes
saam. Blankes, daarenteen, staan teen niemand saam nie en beskou 'n
rasseidentiteit as uit die bose. Hier by ons hoef 'n mens maar net die
gesanik van die rubriekskrywers van Beeld, Die Burger en ander
Nasperskoerante oor "nie-rassigheid" week ná week te lees om te besef
dat daar, waar ras ter sprake is, byna geen verskil tussen die
Amerikaanse blanke elite en dié van Suid-Afrika is nie. Mnr. FW de Klerk
het ná alles sy hele weermag, lugmag en vloot wat volgens Jane's Defence
Weekly op daardie stadium die vyfde sterkste ter wêreld was, aan die
swart ideoloë van die ANC en SAKP oorhandig - sonder om 'n skoot te
skiet. Weliswaar was De Klerk onder druk van die VSA, Brittanje en ander
Westerse lande, maar hy hoef nie die oorgawe so ekstreem te gemaak het
deur sy eie mense, die Afrikaners, in 'n posisie van volslae onmag
sonder eie grondgebied te geplaas het nie.

Michelle Obama se simboliese besoek aan Suid-Afrika is bedoel om aan die
toenemende swart bevolking wêreldwyd, in die VSA, Brittanje, Frankryk,
Brasilië, die Karibiese eilande en natuurlik Afrika suid van die Sahara,
die boodskap oor te dra dat hulle in Suid-Afrika 'n belangrike eerste
geveg in 'n globale oorlog gewen het. Vir die eerste keer in die
geskiedenis het 'n swart bevolking 'n nywerheidstaat tot sy beskikking
wat grotendeels deur blanke kundigheid, organisasie en belastingbydraes
tot stand gekom het. Insgelyks vandeesweek het die ANC teruggestaan wat
groter beheer oor die media betref. Die Suid-Afrikaanse Engelstalige
media beskik oor dieselfde toerusting, tegnologie en opleiding as in die
meeste Westerse lande, maar verkeer reeds onder swart beheer, met swart
redakteurs, uitvoerende beamptes en dies meer. Die Suid-Afrikaanse media
beskik reeds oor 'n duidelike anti-blanke rassevooroordeel, waartoe
renegaatblankes soos Max du Preez, Christi van der Westhuizen, Marianne
Thamm, Leopold Scholtz, Guy Berger, die spotprentkunstenaar Zapiro en
ander mildelik bydra. Maar selfs dít is vir die ANC nie genoeg nie en hy
wil 'n meer radikale, pro-swart boodskap in die media sien.

Nie lank gelede nie, het die SAUK-TV op Sondae-aande 'n reeks
propaganda-uitsendings gebeeldsend waarin die rol van Amerikaanse
swartes in die destydse propagandaveldtog teen die sogenaamde
"apartheidsbewind" opgehemel is. Die swart koukus van die Amerikaanse
kongres het president Reagan 'n vernederende neerlaag toegedien toe die
kongres sy presidensiële veto teen die "Comprehensive Anti-Apartheid
Act" van 1986 ongedaan gemaak het. Reagan se eie party, die
Republikeine, het saam met die swart koukus teen hom gestem en hy met 78
teen 21 in die Senaat en met 313 teen 83 in die Huis van
Verteenwoordigers verloor. Dit was die eerste en enigste keer in die
twintigste eeu dat 'n Amerikaanse president se veto oor 'n buitelandse
kwessie gekanselleer is. Amerikaanse blankes het in 1986 reeds gestem om
'n radikale, pro-kommunistiese beweging soos die ANC en sy bondgenoot,
die SAKP, in Suid-Afrika aan bewind te plaas. Net soos wat die Sweedse
blankes oor jare heen die ANC se stedelike en landelike terreurveldtog,
waaron die Kerkstraatbom van 20 Mei 1983, met 'n parlementêre begroting
gefinansier het.

Swart politici soos Randall Robinson, Andrew Young, Jesse Jackson, asook
swart kunstenaars soos Stevie Wonder het hul toegang tot die Amerikaanse
media gebruik om tydens 1986 'n landwye veldtog teen Suid-Afrikaanse
blankes in die VSA te loods. Ander bekende figure wat aan dié
demonstrasie van rassesolidariteit met Suid-Afrikaanse swartes
deelgeneem het, was Rosa Parks, Coretta Scott-King en die tennisspeler
Arthur Ashe. In Januarie 1987 het die Amerikaanse minister van
buitelandse sake, George, Schultz vir Oliver Tambo, die destydse leier
van die ANC ontvang, wat deur die swart beweging in die VSA as 'n
"belangrike politieke deurbraak" gesien is. Deur diplomatieke kontak op
die hoogste vlak, het die VSA 'n pro-kommunistiese terroristebende soos
die ANC vir die eerste keer as 'n toekomstige regering van Suid-Afrika
gesalf.

Die Suid-Afrikaanse eksperiment in rasseverhoudinge het globale
implikasies. Die feit dat Suid-Afrikaanse blankes tans 'n maatskaplike
en politieke stelsel aanvaar wat op hul eie uitwissing gemik is, wil sê
dat dit dalk wêreldwyd - veral ook in die VSA - aanvaarbaar mag wees.
Daar is insgelyks druk op Europa om die ongebreidelde immigrasie van
derdewêreld- en Moslemimmigrante te aanvaar, wat blankes aldaar tot 'n
minderheid in hul eie lande sal reduseer. Vanuit Amerika is ons
bekendgestel aan regstellende aksie en daardie reeks pro-swart
ekonomiese maatreëls wat hier te lande "swart ekonomiese bemagtiging"
(SEB) heet. Die meeste blankes in Suid-Afrika ervaar hierdie stelsel as
wesentlik rassisties en onregverdig, gegewe die groot somme geld wat
hulle vir dekades lank - ook onder apartheid - aan swart opvoeding,
gesondheid en welvaart bestee het. Omdat die Suid-Afrikaanse media egter
deur hetsy swartes, hetsy liberale of linkse blankes beheer word, word
hierdie gevoel van verontregting egter nooit na behore geartikuleer nie.
Behalwe natuurlik op die internet en op webwerwe soos praag.co.za.

Die belang van Suid-Afrika vir die huidige Withuis, is vandeesweek deur
verskeie mediaberigte bevestig. AFP berig dat 'n woordvoerder van die
Amerikaanse ambassade, Elizabeth Trudeau, die volgende verklaar het: "'n
Besoek aan Suid-Afrika is vir hulle as 'n gesin belangrik. Sy sal vele
landmerke uit die strydjare besoek, waaronder die Apartheidsmusem (en)
die Hector Peterson-gedenkteken." Volgens AFP het "die Withuis die
belangrikheid van Suid-Afrika se anti-apartheidsbeweging vir die eerste
gesin beklemtoon, wat president Obama sy eerste politieke saak genoem het".

Blankes in Suid-Afrika het voor 'n onverbiddelike drievoudige keuse te
staan gekom: ondergang en assimilasie deur die swart meerderheid,
emigrasie of laastens: weerstand teen rasseverdrukking. In die nabye
toekoms gaan die hele Westerse en waarskynlik Europese wêreld voor
dieselfde keuse gestel word. Nie so lank gelede nie, het ek teenoor my
vrou opgemerk dat as die ergste gebeur en Suid-Afrika in 'n burgeroorlog
verval, ons ten minste nog jagters met jaggewere aan ons kant sal hê, al
het FW de Klerk al die outomatiese wapens en pantservoertuie van die
weermag aan Umkhonto we Sizwe oorhandig. Die groot aantal goeie skuts
onder Afrikaners sou as skerpskutters kon optree en sodoende die ANC op
sy baadjie gee soos wat die Finse skerpskutters met die Rooi Leër tydens
die tweede wêreldoorlog gedoen het. "Moenie so optimisties wees nie, het
sy gesê. Die VSA het nuwe tegnologie teen skerpskutters ontwikkel wat 'n
klankbeeld van die geweer gebruik om die presiese ligging van die skut
te bepaal, waarna hy binne 'n breukdeel van 'n sekonde met 'n teenskoot
gedood kan word."

'n Vinnige soektog op die internet het bevestig dat sy reg is. BBN van
die VSA se "Boomerang"-stelsel, asook "WeaponWatch" van Radiance
Technologies in Alabama kan inderdaad die tipe wapen en ligging van
skerpskutters oombliklik bepaal en 'n teenreaksie rig. Tydens 'n
Suid-Afrikaanse burgeroorlog sal die VSA, weereens onder invloed van
links-liberale en invloedryke swart drukgroepe, kant kies téén blankes
en vír die ANC. Amerika se wetenskapfiksie- militêre tegnologie sal
waarskynlik tot die beskikking van die huidige SANW, wat bloot Umkhonto
we Sizwe in 'n ander uniform is, gestel word om enige rebelse Afrikaners
of blankes uit te wis.

Vanweë die demografiese revolusie in die VSA, gaan hierdie hoogs
ontwikkelde militêre tegnologie egter toenemend deur nie-blankes beheer
word, wat dit ook teen dissidente Amerikaanse blankes sal aanwend. Die
jare lange arbeid van blanke Amerikaanse ingenieurs en wetenskaplikes om
gevorderde wapenstelsels vir die wêreld se enigste supermoondheid te
ontwikkel, sal binnekort teen hul kinders en kleinkinders gebruik word
om hulle tot onderdanigheid voor hul gekleurde heersers te dwing.

In 'n sekere sin beleef ons tans 'n tydvak waarin die derde wêreld op
Europa en Noord-Amerika wraak neem vir die vooruitgang wat daar in die
Weste sedert die Renaissance plaasgevind het. Dieselfde geld vir
Suid-Afrika. Die blote feit dat ons gewaag het om 'n nywerheidsland op
die agterlike Afrika-vasteland op te rig, asook die kontras tussen
blanke welvaart en swart ellende in ons eie land, het ons aandadig aan
'n misdaad gemaak. Ons, die nuwe aankomelinge, het Afrika met sy
veelgeroemde "eeue oue kultuur" verneder. Pleks van "kultuur" in die
vorm van danse, kralewerk en primitiewe landbou en veeteelt, het ons
gestruktureerde kennis in verskeie dissiplines, die geskrewe woord,
letterkunde, klassieke musiek, Boeremusiek, meubels en klipgeboue van
argitektoniese waarde gebring. Binne minder as honderd jaar sedert 1875
het ons ons miskende Nederlandse dialek uit die sewentiende eeu,
Kaaps-Hollands, tot die kultuurtaal Afrikaans uitgebou. Ons sukses en
vooruitstrewendheid is die inhoud van ons "rassisme" en "historiese
skuld". Omdat ons soveel in hierdie land opgebou het, moet ons nou ten
gronde gaan. Met die seën - nee, die aktiewe ondersteuning - van
multikulturele Amerika en sy swart "eerste gesin".

'n Wetenskapfiksiekonflik in die nabye toekoms wag op ons, waar Amerika
se hoëtegnologiewapens waarskynlik vir 'n reeks kleinerige volksmoorde
op blankes gebruik sal word. Soos in die romans en die films, is ons
enigste hoop om binne die militêre nywerheidskompleks self 'n
identiteitskonflik te ontketen, waar militêre wetenskaplikes en
versswartes sal begin wonder aan wie se kant hulle eintlik behoort te
veg, dié van Athene of die barbare.

In onlangse gesprekke met denkende Amerikaners, Nederlanders, Britte,
Israeli's, Australiërs en ander, was almal dit eens dat die rassegeweld
en onreg wat veral Afrikaners tans in Suid-Afrika beleef, binnekort 'n
wêreldwye verskynsel gaan wees. Ons verteenwoordig bloot die voorhoede
van globale Westerse ondergang.

Michelle Obama was nie vandeesweek in Suid-Afrika om slegs die
oorwinning oor die gehate wit rassiste van Suid-Afrika te vier nie, maar
ook om haar rasgenote en alle vyande van die Weste tot groter hoogtes
aan te spoor. Die Afrikaner kon teen die Britse Ryk staande bly, maar
nie teen die Swart Ryk van die ANC en sy globale ondersteuners nie.

Hoe moeilik kan dit wees om Noord-Amerika en Wes-Europa ook finaal te
verower? Anders as ons, die Amerikaners en die Israeli's, weet die
pasifistiese Wes-Europeërs nie eens hoe om te skiet nie

- http://praag.co.za/dan-roodt-magazine-178/9829-michelle-obam a-gesant-van-anti-wit-amerika.html
Vorige onderwerp: Regter: Lindley-moorde 'wreed, barbaars'
Volgende onderwerp: Boer sleep swartman agter voertuig - HET NIE GEBEUR NIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:50:20 MGT 2024