Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Anti-materie vir 16 minute geberg by Cern
Anti-materie vir 16 minute geberg by Cern [boodskap #119972] Ma, 06 Junie 2011 14:38
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Anti-materie vir 16 minute geberg by Cern
2011-06-06 15:11

Londen - Wetenskaplikes het sukses behaal in ‘n poging om anti-materie
op te berg, die misterieuse stof wat as ‘n wapen van massa-
vernietiging in The Da Vinci Code-skrywer Dan Brown se boek gebruik
word.

Navorsers by Cern in Switserland, waar die Groot Hadronversneller
(LHC) geleë is, het vir 16 minute aan die anti-materie vasgeklou, 5
000 keer langer as die vorige probeerslag in 2010.

Die navorsing is in die Nature Physics-joernaal gepubliseer en
verduidelik hoe die ALPHA-eksperiment by Cern ‘n “magnetiese bottel”
veroorsaak het wat die anti-waterstof bymekaargehou het.

Slegs ‘n paar gram van die anti-materie het die plofkrag van 20
Hiroshima-bomme, het navorsers by Cern gesê.

‘Anti-materie is heeltemal veilig, aangesien ons so klein hoeveelheid
daarvan berg,” het ‘n Cern-handleiding gesê. “Dit sal ons miljarde
jare neem om 'n gevaarlike hoeveelheid te vervaardig.”
Vorige onderwerp: Boer (73) vermoor
Volgende onderwerp: (60) Woman's throat cut, (64) Husband killed with axe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:20:22 MGT 2024