Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » South African municipal rates skyrocket, amidst incompetence of the municipalities
South African municipal rates skyrocket, amidst incompetence of the municipalities [boodskap #119894] Di, 22 Maart 2011 12:40 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Munisipale rekeninge skiet op

Pretoria. - Verbruikers landwyd het in die kwartaal tot einde Desember
byna 46% meer vir munisipale dienste betaal as ’n jaar tevore.


Die grootste stygings was in Limpopo (150%), Mpumalanga (145%) en die
Oos-Kaap (121%), met die Noord-Kaap (80%) wat ook sy inwoners erg laat
opdok het. Die kleinste toename was in die Wes-Kaap (21%), met Gauteng
op 29% en KwaZulu-Natal op 31%. In Noordwes het die inkomste uit
verbruikers met 58% gestyg en in die Vrystaat het dit met 60%
toegeneem.


Dít blyk uit syfers wat die nasionale tesourie bekend gemaak het. Dit
is gegrond op verslae van munisipaliteite self. Sake24 het die jongste
syfers vergelyk met die syfers wat dieselfde plaaslike owerhede ’n
jaar tevore bekend gemaak het.


Die totale inkomste uit verbruikers se sakke vir die kwartaal tot
einde Desember verlede jaar was R47,6 miljard.


Mnr. Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, sê die stygings
hou verband met “enigiets van die koste om ’n biblioteekboek uit te
neem tot by ontwikkelingsbydraes van eiendomsontwikkelaars en die
koste van buitelugadvertensies”.


Sake24 het in ’n vroeëre steekproef bevind dat kostes vir byvoorbeeld
busdienste, elektrisiteitsaansluiting en buitelugadvertensies in
verskillende munisipaliteite veelvoudig toegeneem het.


Munisipaliteite eis toenemend ’n groter deel van Suid-Afrikaners se
inkomste op, maar dienslewering word al hoe swakker, sê Schüssler.


Dit dra egter ’n klein gewig in die inflasiemandjie en word daarom nie
behoorlik in die amptelike inflasiekoers van 3,7% weerspieël nie, sê
hy.


Intussen het munisipale debiteureboeke toegeneem tot R62,3 miljard,
vergeleke met R56,3 miljard ’n jaar tevore – ’n toename van 10,6%.
Johannesburg se debiteureboek het te midde van probleme met sy
rekeningstelsel met byna 20% toegeneem.


“Ten spyte daarvan dat mense nie kan betaal nie, neem munisipaliteite
se inkomste toe,” sê Schüssler.


Mnr. Koos Vorster, DA-raadslid in Newcastle wat al jare by munisipale
begrotings betrokke is, sê munisipaliteite is besig om hulself “uit
die mark te prys”. Die groep wat nog kan betaal, word al hoe kleiner,
maar hulle word al hoe swaarder belas.


Hy sê in Newcastle verdien 72% van die 500 000 inwoners byvoorbeeld
minder as R3 200 per maand.


By een van die armer woonbuurte, Madadeni, met ’n gemiddelde eien­
domswaardasie van R90 000 en waar 90% van die inwoners minder as R5
000 per maand verdien, beloop die gemiddelde munisipale rekening in
die nuwe boekjaar R570, plus sowat R450 se vooraf betaalde krag per
maand.


“Kan ’n mens wat minder as R5 000 per maand verdien meer as R1 000
daarvan aan munisipale dienste afstaan?” vra Schüssler.


Vorster sê die mense van Madadeni is nie onwillig om hul munisipale
rekeninge te vereffen nie, maar meer as die helfte is agterstallig en
betaal net elke maand ’n deel van die agterstallige rekening.


Die huidige maand se bedrag kom dan daarby en hulle kan nie uit die
skuldstrik kom nie.


Intussen styg die inwoners van Newcastle se uitstaande skuld elke
maand met R9 miljoen. Dit staan tans op R642 miljoen.


Volgens Vorster kom sowat 90% van die raad se inkomste tans van 38 000
inwoners.


Hy glo ’n soortgelyke situasie geld by die meeste munisipaliteite in
die land.


Vorster stel voor dat die huidige inkomsteperk vir iemand wat as
armlastig geklassifiseer word, van R1 900 tot R3 500 verhoog word en
dat die raad sy ongespe­sifiseerde regeringstoelae gebruik om gratis
basiese dienste aan dié inwoners te verskaf. Daardeur word die koste
beperk.


“Die ongespesifiseerde regeringstoelae word elke jaar aan
kapitaalprojekte toegewys. ’n Klein munisipaliteit soos ons s’n het
egter nie die vermoë om dit saam met ander toelae vir kapitaalprojekte
te bestee nie en verbeur telkens van die geld.”
Re: South African municipal rates skyrocket, amidst incompetence of the municipalities [boodskap #119895 is 'n antwoord op boodskap #119894] Di, 22 Maart 2011 18:42 Na vorige boodskap
Dlink  is tans af-lyn  Dlink
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2010
Karma: 0
Junior Lid
Le 22/03/11 08:40, Etienne Marais a écrit :

> Munisipale rekeninge skiet op
>
> Pretoria. - Verbruikers landwyd het in die kwartaal tot einde Desember
> byna 46% meer vir munisipale dienste betaal as ’n jaar tevore.
>
>
> Die grootste stygings was in Limpopo (150%), Mpumalanga (145%) en die
> Oos-Kaap (121%), met die Noord-Kaap (80%) wat ook sy inwoners erg laat
> opdok het. Die kleinste toename was in die Wes-Kaap (21%), met Gauteng
> op 29% en KwaZulu-Natal op 31%. In Noordwes het die inkomste uit
> verbruikers met 58% gestyg en in die Vrystaat het dit met 60%
> toegeneem.

Plus c'est ANC, plus l'augmentation est forte : le prix de la corruption
et de la politique raciale de discrimination par la couleur de peau de
nombreux incompétents.

Hoe meer 'n provinsie in die greep van die ANC is, hoe hoër die verhoog:
die prys van korrupsie en van rasse-politiek van diskriminasie wat baie
onbevoeg oplê, maar swarte inkompetente.
Vorige onderwerp: Groenkloof wildsreservaat
Volgende onderwerp: Plaasaanvalle neem drasties toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:03:27 MGT 2024