Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » DIE UNIEKE AFRIKAANSE "FOK"
DIE UNIEKE AFRIKAANSE "FOK" [boodskap #119785] So, 12 September 2010 08:07
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
DIE UNIEKE AFRIKAANSE "FOK"

Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die
leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy
klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan
weergee.

Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle
woordsoorte kan vervul.

Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul),

en as onoorganklike werkwoord (Ag fok),

as bevel (Fok dit!),

in die bedrywende vorm (Dit het my gefok),

sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal gefok),

as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok,opfok,
uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens

of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).

As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie 'n fok om nie),

of as persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?),

as nabepaling by 'n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok,
wanneer de fok,ens.),

as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaan kry?),

as bywoord (Dis nou 'n fokken mooi grap),

en as uitroep (O fok!).

Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself
ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).

Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende
situasies
te beskryf:

Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou?

Bedrog: Die motorhawe het my befok.

Ontsteltenis: Ag fokkit!

Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.

Aggressie: Fok jou!

Meer Aggressie: Ek gaan jou opfok!

Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry?

Walging: Fok my!

Plesier: Fok my nog!

Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie.

Onbevoegdheid: Hy fok alles op.

Gesag: Wat de fok dink jy doen jy?

Verdwaal: Nou weet ek not 'n fok waar ek is nie.

Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.

Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of
omstandighede
(Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken
Smuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in
fokken Durban ), of dit kan die siel van 'n uitnodiging wees wat van
hartlikheid drup (Fok u!).

Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard!

---
Skaamteloos gesteel van http://www.facebook.com/group.php?gid=194635320354
in die belang van die opvoeding van sekere dom trolle wat nie eens
"fok" kan spel nie...
Vorige onderwerp: Re: Platdiets
Volgende onderwerp: Aanhalings deur C.J. Langenhoven
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:13:51 MGT 2024