Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Arm wittes ná maand steeds sonder hulp
Arm wittes ná maand steeds sonder hulp [boodskap #119651] Do, 29 April 2010 21:24
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Arm wittes ná maand steeds sonder hulp

2010-04-28 23:46
Alet Rademeyer

Pretoria

’n Maand nadat pres. Jacob Zuma en verskeie ministers die informele
nedersetting Bethlehem in die weste van Pretoria besoek en beloftes
aan arm wit mense gemaak het, is daar nog steeds geen hulp vir hulle
nie.

Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende
Hand, het gesê die organisasie het inligting gekry oor verskeie
voorvalle waar arm wit inwoners van dié nedersetting toegang tot die
beloofde staatshulp geweier is.

Hy het gesê tydens ’n onlangse besoek aan die kantore van die Suid-
Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) is Helpende
Hand ingelig dat die aansoeke vir vanjaar se voedselkoepons ter waarde
van R1 080 reeds einde Maart gesluit het.

Me. Beverly Maunatlala, ’n inspekteur by Sassa, het glo oor Zuma se
beloftes dat arm wit mense om die koepons kan aansoek doen, gesê “die
president weet nie wat in hul begrotings aangaan nie”.

Talle van die aansoekers het sedert 2008 al drie keer onsuksesvol
aansoek om die koepons gedoen.

Langner het gesê hy is baie bekommerd oor die duidelike oningeligtheid
van inspekteurs by Sassa oor die kwessie van wit armoede.

Hy het ook verwys na voorvalle verlede maand waar amptenare van die
departement van maatskaplike ontwikkeling glo vir rassiste uitgekryt
is toe hulle voedselkoepons aan arm wittes wou uitdeel.

- Die Burger

Oorsprong:Die Burger
( http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Arm-wittes-n%C3%A1 -maand-steeds-sonder-hulp-20100428
)
Vorige onderwerp: Hoekom styg die rand?
Volgende onderwerp: SA in tegniese resessie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:28:26 MGT 2024