Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Sjokoladeroomtert
Sjokoladeroomtert [boodskap #20] So, 20 Mei 2018 08:59
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
SJOKOLADEROOMTERT

150 g malvalekkers
250 ml melk (1 k)
1 plak (200 g) melksjokolade
¾ pak (150 g) tennis-beskuitjies
75 g botter of margarien (5 ½ e)
250 ml room of plaasvervanger vir room (1 k)

Verhit die malvalekkers en melk saam tot kookpunt en roer dit totdat die malvalekkers opgelos het. Hou drie blokkies van die melksjokolade eenkant. Voeg die res by die melkmengsel en roer dit tot opgelos. Laat die mengsel afkoel. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die botter of margarien en meng dit daarmee. Druk dit styf vas teen die wand en op die boom van `n tertbak met `n inhoudsmaat van 1,5 liter (6 k). Klits die room tot styf. Vou dit by die sjokolademengsel in. Giet die mengsel in die kors. Rasper die sjokoladeblokkies wat eenkant gehou is, grof bo-oor. Verkil die tert tot styf.

Lewer 'n middelslag-tert.
Vorige onderwerp: Karamelmelktert
Volgende onderwerp: Karamelsnytjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:06:38 MGT 2024