Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007 TLU-Veiligheid
MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007 TLU-Veiligheid [boodskap #113001] Vr, 16 Februarie 2007 13:36 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007

Praag, in samewerking met TLU-Veiligheid, hou op Saterdagoggend 10 Maart
2007 om 10.00 in die kerksaal van die Lynnwood-gemeente 'n openbare
vergadering om die misdaadkrisis te bespreek. Die sanger Steve Hofmeyr
en ander bekende persoonlikhede sal ook daaraan deelneem en elkeen 'n
kort spreekbeurt waarneem.

Tydens die vergadering sal 'n omvattende misdaadplan wat buurtwagte,
plaaswagte en kommunikasiestelsels insluit aan die publiek voorgelê
word. Veral lede van bestaande buurtwagte en
gemeenskapsveiligheidstelsels word uitgenooi om aan die vergadering deel
te neem.

Praag is reeds geruime tyd uiters bekommerd oor die verval in wet en
orde in Suid-Afrika. Tydens sy toespraak op Randfontein by geleentheid
van die anti-misdaadbetoging rondom die moord op die vyfjarige Danielle
Esterhuizen, het dr. Dan Roodt gesê dat "daar geen verskil is tussen
hierdie koelbloedige moord op 'n onskuldige kind en die tipe gruweldade
wat elders in Afrika soos in die Ituri-provinsie van die Kongo of
Darfoer in die Soedan gepleeg word nie". Dr. Roodt het in sy rubriek op
die herontwerpte Praagwebblad reeds op 16 Januarie vanjaar 'n oproep om
'n "volksaksie teen misdaad" gedoen.

Soos dr. Bertie du Plessis enkele dae gelede in /Beeld/ geskryf het,
gaan nóg die polisie, nóg die bestaande weermag enigiets doen om die
veiligheid van gewone Afrikaners te verseker. Die vergadering op 10
Maart is bedoel om die begin van so 'n volksaksie teen misdaad in te lui
wat moet uitloop op die gekoördineerde beveiliging van alle gebiede waar
Afrikaners woon. Alle belanghebbende Afrikaanse organisasies word
uitgenooi om ook die vergadering by te woon en met Praag in verbinding
te tree by inlig@... ten einde die
sakelys vir die oggend te finaliseer.

Mnr. Anton Barnard van Praag is tans besig om 'n sms-kommunikasiestelsel
te toets waarmee lede van die publiek in Gauteng 'n sms sal kan stuur om
blitssnel tydens 'n aanval hulp te ontbied van ander lede van 'n
burgerlike reaksiemag in die omgewing. Meer besonderhede sal binnekort
op www.praag.org aangekondig word, asook op die
nuwe webwerf www.burgerwag.co.za . Die naam
"burgerwag" is gekies weens die historiese gebruik daarvan toe Kaapse
burgers aan die einde van die agtiende eeu so 'n wag moes vorm om hulle
teen straataanvalle ná donker te beskerm.

Oor die volgende weke sal die vergadering deur middel van die internet,
sms, pamflette en plakkate geadverteer word. Onderhoude en artikels sal
op www.praag.org geplaas word in aanloop tot die
vergadering om perspektief te verskaf. Die Praagwebwerf word reeds vanaf
begin Januarie deurlopend met intydse nuusartikels, rubrieke en
kommentaar bygewerk.

Eerskomende naweek hou die Praag-bestuur tesame met afgevaardigdes van
TLU-Veiligheid 'n bosberaad om die vergadering van 10 Maart en verwante
aksies te beplan. Die doelwit is om 'n landwye netwerk van buurtwagte en
plaaswagte te organiseer wat 'n omvattende burgerlike
veiligheidsnetwerk sal uitmaak.

"Hoewel Praag nie afwysend staan teenoor die groot aantal petisies en
briefveldtogte wat gevoer word om die ANC-bewind aan sy
verantwoordelikhede te herinner nie, beskou ons enige vertoë aan Mbeki of
Nqakula as 'n futiele oefening. Laasgenoemde het immers gesê dat as ons
nie met misdaad tevrede is nie, behoort ons te emigreer terwyl Mbeki
self misdaad as 'n blote 'persepsie' afgemaak het. Ons enigste hoop op
oorlewing is om beheer oor ons eie veiligheid te verkry," het dr. Roodt
bygevoeg.

Kontakpersoon: Dan Roodt 0824901036
Re: MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007 TLU-Veiligheid [boodskap #113005 is 'n antwoord op boodskap #113001] Vr, 16 Februarie 2007 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As ek die ding reg lees, is hier mense wat uiteindelik op wil staan en self
aksie neem en die gemeenskap opkommandeer om die verantwoordelikheid vir
hulle eie beveiliging op hulleself te neem. Die klomp stedelinge sal
eenvoudig moet besef dat die ongeërgdheid en afsydigheid wat hulle teenoor
mekaar toon, nie meer gaan werk nie. Dis presies hoekom dit so 'n
misdaadparadys is. Die publiek wil nie betrokke raak nie. Wat hulle nie
besef nie, is as jy nie betrokke wil raak by die sleg nie, gaan jy ook nie
betrokke wees by die goed nie.
Wat kan goed wees? Buurmense wat uitkyk vir mekaar en presies weet hoe
om kontak te maak. Bure se ore en oë wat nie net vir homself oop is nie,
maar ook vir sy mense rondom hom. Saam-saam sal hulle op die uitkyk wees
vir indringers en saam-saam sal hulle planne maak hoe om dit te beveg.
Uiteiendelik weet die misdadigers om nie in daardie buurt te gaan sukkel
nie, want daar kry hulle op hulle moer en gou-gou besluit die polisie dat
hulle die area beter moet bedien want die mense vrae vrae oor hoekom hulle
so swak is en skielik word grootkoppe in die polisie betrek en kan die
stasies nie meer net maak soos wat hulle wil nie. Dan begin die misdaad
daal....en alles is beter.
Dis nou ís die publiek van SA wil ophou kla en iets vir hulleself wil
doen, bygesê!
"fire_" wrote in message
news:1171632986.698233.40320@v45g2000cwv.googlegroups.com...
MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007

Praag, in samewerking met TLU-Veiligheid, hou op Saterdagoggend 10
Maart
2007 om 10.00 in die kerksaal van die Lynnwood-gemeente 'n openbare
vergadering om die misdaadkrisis te bespreek. Die sanger Steve Hofmeyr
en ander bekende persoonlikhede sal ook daaraan deelneem en elkeen 'n
Re: MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007 TLU-Veiligheid [boodskap #113006 is 'n antwoord op boodskap #113005] Vr, 16 Februarie 2007 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Mense is meer geratle as wat jy dink, Ek sit oorsee en moes die laaste
2 weke informasie soek vir my vriende in SA wat nie die tyd het om
uit te vind of weet wie eits doen nie.

Meeste, ek sou se tussen 70 en 80 % van doe afrikaners is ontstled oor
die situasie maar kan geen inligting kry in die media nie.

Ons geliefde media blok alles wat hulle dink regs is , wat ook die
hele afrikaner volk is .

Ek het lank gesoek maar inligting begin inkom.

Kan jy na die You tubes kyk , ek kan hulle nie acces nie en will hulle
op n ander sigh pos

Dan Roodt en sy Praag try en so ook die mense van oranje.
Die groot ding is om n leiers struktuur op te stell en te mobilliseer

vertel my asb wat aangaan op hulle

1. ANC & UDF "Justice"
2. Onslaught against SA
3. ANC "Liberation Before Education" http://www.youtube.com/watch?
v=uZyNEu2UORg

On Feb 16, 5:04 pm, "Suidwester" wrote:
> As ek die ding reg lees, is hier mense wat uiteindelik op wil staan en self
> aksie neem en die gemeenskap opkommandeer om die verantwoordelikheid vir
> hulle eie beveiliging op hulleself te neem. Die klomp stedelinge sal
> eenvoudig moet besef dat die ongeërgdheid en afsydigheid wat hulle teenoor
> mekaar toon, nie meer gaan werk nie. Dis presies hoekom dit so 'n
> misdaadparadys is. Die publiek wil nie betrokke raak nie. Wat hulle nie
> besef nie, is as jy nie betrokke wil raak by die sleg nie, gaan jy ook nie
> betrokke wees by die goed nie.
> Wat kan goed wees? Buurmense wat uitkyk vir mekaar en presies weet hoe
> om kontak te maak. Bure se ore en oë wat nie net vir homself oop is nie,
> maar ook vir sy mense rondom hom. Saam-saam sal hulle op die uitkyk wees
> vir indringers en saam-saam sal hulle planne maak hoe om dit te beveg.
> Uiteiendelik weet die misdadigers om nie in daardie buurt te gaan sukkel
> nie, want daar kry hulle op hulle moer en gou-gou besluit die polisie dat
> hulle die area beter moet bedien want die mense vrae vrae oor hoekom hulle
> so swak is en skielik word grootkoppe in die polisie betrek en kan die
> stasies nie meer net maak soos wat hulle wil nie. Dan begin die misdaad
> daal....en alles is beter.
> Dis nou ás die publiek van SA wil ophou kla en iets vir hulleself wil
> doen, bygesê!"fire_" wrote in message
>
> news:1171632986.698233.40320@v45g2000cwv.googlegroups.com...
> MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007
>
> Praag, in samewerking met TLU-Veiligheid, hou op Saterdagoggend 10
> Maart
> 2007 om 10.00 in die kerksaal van die Lynnwood-gemeente 'n openbare
> vergadering om die misdaadkrisis te bespreek. Die sanger Steve Hofmeyr
> en ander bekende persoonlikhede sal ook daaraan deelneem en elkeen 'n
Re: MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007 TLU-Veiligheid [boodskap #113008 is 'n antwoord op boodskap #113005] Vr, 16 Februarie 2007 14:35 Na vorige boodskap

PS misdaad daal nooit in suid afrika nie , dit skuif net na makliker
teikens
As ons afrikanres ons woonbuurte bevielig gaan dit na ander woonbuurte
gaan
Vorige onderwerp: Nag van die lang messe?
Volgende onderwerp: Re: Gun laws that constrain the law-abiding
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:57:27 MGT 2024