Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Groepe in en om die kerk
Groepe in en om die kerk [boodskap #112166] Wo, 17 Januarie 2007 07:13 na volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
die growwe veralgemenings..

Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
reinig.

Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
net so halfpad of driekwart gered.

Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.

Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
(ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
van hul sondige aard kan bevry.

Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
veronderstelde groot geestelike leiers.

Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
saamstem en volg hom/hulle.

Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.

Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112172 is 'n antwoord op boodskap #112166] Wo, 17 Januarie 2007 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Koot wrote:
> Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
> of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
> ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
> hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
> die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
> die growwe veralgemenings..
>
> Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
> letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.

Wie is dit nou en hoe kom hulle by die gedagte die Bybel impliseer 'n
5000 jaar oue wêreld


> Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
> impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
> is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
> is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
> reinig.
>
> Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
> Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
> spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
> onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
> net so halfpad of driekwart gered.
>
> Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
> sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
> die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
> maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
> soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.
>
> Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
> 'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
> (ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
> lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
> hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
> soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
> van hul sondige aard kan bevry.
>
> Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
> verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
> dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
> deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
> veronderstelde groot geestelike leiers.
>
> Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
> verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
> persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
> mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
> en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
> eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
> alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
> as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
> saamstem en volg hom/hulle.
>
> Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
> wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
> Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
> hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
> en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
> relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.
>
> Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112176 is 'n antwoord op boodskap #112172] Wo, 17 Januarie 2007 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>>
>> Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
>> letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
>
> Wie is dit nou en hoe kom hulle by die gedagte die Bybel impliseer 'n
> 5000 jaar oue wêreld

Ek ken 'n paar diesulkes, en hul het 'n netjiese DVD om dit te staaf
hier by ons skole versprei. Soos ek dit sien, is die 5000 jaar as 'n
mens al die gegewe leeftye en eras, plus natuurlik die sewe dae van die
skepping, netjies bymekaartel.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112206 is 'n antwoord op boodskap #112166] Do, 18 Januarie 2007 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Al die variasies draai basies net om één vraag!!!

Is jy bereid om van genade alleen te leef?
- of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?

"Koot" < wrote
Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
die growwe veralgemenings..

Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
reinig.

Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
net so halfpad of driekwart gered.

Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.

Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
(ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
van hul sondige aard kan bevry.

Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
veronderstelde groot geestelike leiers.

Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
saamstem en volg hom/hulle.

Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.

Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112209 is 'n antwoord op boodskap #112206] Do, 18 Januarie 2007 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke schreef:
> Al die variasies draai basies net om één vraag!!!
>
> Is jy bereid om van genade alleen te leef?
> - of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?
>

Sies. Daarmee vee jy al my fênsie grade van grys uit en reduseer dit
tot wit en swart.

Maar, ja, ek vermoed jy is reg.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112217 is 'n antwoord op boodskap #112166] Do, 18 Januarie 2007 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

> Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
> of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel

Koot, ek reken dat jy bostaande vraag weer moet
lees en vir jouself afvra - watter vraag vra ek eintlik?
Wil jy die verskillende grade van "religiositeit" weet,
of wil jy die verskillende grade van "christenskap"
bestudeer. Die kwessie van religiositeit is myns
insiens 'n kulturele kwessie - iemand behoort
daaroor 'n akademiese verhandeling te kan skryf.
Byvoorbeeld, hoekom sê die merendeels van die
wit bevolkings van byvoorbeeld die VSA en Kanada
dat hulle "Christians" is, terwyl hulle nooit die
binnekant van 'n kerk sien nie?
"Christenskap" is myns insiens 'n hele
ander ball game en behoort nie met "Christelike"
religiositeit verwar te word nie.

Gloudina
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112219 is 'n antwoord op boodskap #112209] Do, 18 Januarie 2007 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf:

>
> Torreke schreef:
>> Al die variasies draai basies net om één vraag!!!

>> Is jy bereid om van genade alleen te leef?
>> - of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?

>
> Sies. Daarmee vee jy al my fênsie grade van grys uit en reduseer dit
> tot wit en swart.
>
> Maar, ja, ek vermoed jy is reg.

So grappie hieroor net vir bietjie ligter vermaak ;)

There was a man who was about to jump off a bridge when another
fellow runs up to him, crying: "Stop. Stop. Stop. Don't do it."

The man on the bridge looks down and asks, "Why not?"

"Well, there's much to live for."

"Like what?"

"Well, your faith. Are you religious?"

"Yes."

"Me, too. Christian or Buddhist?"

"Christian."

"Me, too. Are you Catholic or Protestant?"

"Protestant."

"Me, too. Methodist, Presbyterian, Baptist?"

"Baptist."

"Me, too. Are you original Baptist Church of God or Reformed
Baptist Church of God?"

"Reformed Baptist Church of God."

"Me, too. Are you Reformed Baptist Church of God Reformation of
1820, or Reformed Baptist Church of God Reformation of 1912?"

"1912."

Whereupon the second fellow turned red in the face,
shouted, "Die, you heretic scum," and pushed him off the bridge."
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112222 is 'n antwoord op boodskap #112217] Vr, 19 Januarie 2007 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie schreef:
> Koot skryf

> Byvoorbeeld, hoekom sê die merendeels van die
> wit bevolkings van byvoorbeeld die VSA en Kanada
> dat hulle "Christians" is, terwyl hulle nooit die
> binnekant van 'n kerk sien nie?
> "Christenskap" is myns insiens 'n hele
> ander ball game en behoort nie met "Christelike"
> religiositeit verwar te word nie.
>
> Gloudina

Ek sien Christenskap as een van die verskeie fasette van religiositeit.
Ek het in Holland verskeie boeke hieroor opgespoor - dis op die oomblik
'n baie gewilde tema daar (en waarskynlik elders....).

Religiositeit word daar beskryf as die verskynsel dat die mens 'n
sugting het om die saai en wrede werklikheid te transendeer en dit dan
soek in 'n hoër mag wat hoop bied.

En, vanuit my perspektief dui die "Chris-" voorvoegsel daarop dat die
spesifieke fokus op Jesus en sy leringe is. Die mate van kerkbesoek dui
net op verskillende mates van toewyding of, soos Katryn dit so oulik
gryp, verskillende interpretasies daarvan.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112223 is 'n antwoord op boodskap #112219] Vr, 19 Januarie 2007 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> So grappie hieroor net vir bietjie ligter vermaak ;)
>
> There was a man who was about to jump off a bridge when another
> fellow runs up to him, crying: "Stop. Stop. Stop. Don't do it."
>
> The man on the bridge looks down and asks, "Why not?"
>
> "Well, there's much to live for."
>
> "Like what?"
>
> "Well, your faith. Are you religious?"
>
> "Yes."
>
> "Me, too. Christian or Buddhist?"
>
> "Christian."
>
> "Me, too. Are you Catholic or Protestant?"
>
> "Protestant."
>
> "Me, too. Methodist, Presbyterian, Baptist?"
>
> "Baptist."
>
> "Me, too. Are you original Baptist Church of God or Reformed
> Baptist Church of God?"
>
> "Reformed Baptist Church of God."
>
> "Me, too. Are you Reformed Baptist Church of God Reformation of
> 1820, or Reformed Baptist Church of God Reformation of 1912?"
>
> "1912."
>
> Whereupon the second fellow turned red in the face,
> shouted, "Die, you heretic scum," and pushed him off the bridge."

Dit sou snaakser wees as dit nie so döners sêd en waar was nie...
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112224 is 'n antwoord op boodskap #112206] Vr, 19 Januarie 2007 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Torreke schreef:
> Al die variasies draai basies net om één vraag!!!
>
> Is jy bereid om van genade alleen te leef?
> - of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?
>

Lank wakkergelê, en besluit dit draai om meer as net een vraag.

Daar is byvoorbeeld volgelinge van die een soort, wat volgens die
NT-definisie 'gered' is, maar wat dan volkome glo dat hulle 'n groot
rol daarin te spele het. Ek sou dus sê 'n addisionele vraag is welke
van die volgelinge van hierdie groepe wel hemel toe sal gaan. Ek meen
iemand kan gered wees, van 'saligheid alleen leef', terwyl 'n ander ook
gered kan wees, maar die arme mens werk sy alie af om 'by te dra' deur
goeie werke, deur hard te trag om in tale te spreek of wat ook al.

Die ander vraag, wat moet gebeur om 'gered' te word, wil ek liefs nie
by hierdie gesprek insluit nie, want dit is juis daar waar menige
groepe van mekaar verskil. Vauit 'n mens se eie perspektief klink dit
eenvoudig en logies, maar ander het weer hulle stel tekste om hul
oortuiging te staaf. Juis dit maak baie mense skepties.

'n Ander vraag is oor die moraliteit van elke opsie. Een so 'n groep
wat met 'n "hairy eyeball" vanuit die Christelike perspektief bekyk sal
word, is die twyfelaars wat, desnietemin (ek wou lankal daai woord
gebruik), die rites en tradisies van die kerk onderhou om utilitêre
redes. Maar, dan, vanuit hulle eie perspektief is dit 'n volkome
geldige keuse sonder morele implikasies.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112229 is 'n antwoord op boodskap #112222] Vr, 19 Januarie 2007 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

> En, vanuit my perspektief dui die "Chris-" voorvoegsel daarop dat die
> spesifieke fokus op Jesus en sy leringe is. Die mate van kerkbesoek dui
> net op verskillende mates van toewyding of, soos Katryn dit so oulik
> gryp, verskillende interpretasies daarvan.

Ek stel voor dat jy deur bostaande beskrywing van
"religiositeit" ( wat ek nog altyd aangeneem het
pejoratief gebruik word) amper klinies en akademies
na die probleem kyk.
Ek vind egter dat ek 'n effe beswaar het dat jy
"Christenskap" daarby insluit. Dit kan verklaar word
deur die feit dat ek oorspronklik uit 'n Christelike
agtergrond kom en dus in aanraking gekom het
met mense wat eenvoudig stralende voorbeelde was
van Christenskap. Ek dink nou byvoorbeeld aan
Tant Jo McClachlan, wat een van die reisende
C.S.V. Sekretaresse was toe ek 'n student op
Stellenbosch was wat gereeld die C.S.V. kampe
op Bainskloof besoek het. Daar het werklik 'n soort
lig uit haar gestraal. Mens het geleer dat hierdie soort
mense tussen ons rondloop. Beyers Naude is nog 'n
voorbeeld. Deesdae, soos ek meer en meer in
aanraking kom met die idees van Buddhisme, weet
ek dat hulle dié soort mense Boddhisattvas noem.

Gloudina
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112268 is 'n antwoord op boodskap #112229] Ma, 22 Januarie 2007 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ek stel voor dat jy deur bostaande beskrywing van
> "religiositeit" ( wat ek nog altyd aangeneem het
> pejoratief gebruik word) amper klinies en akademies
> na die probleem kyk.

Nee nee nee, 'religiositeit' is 'n bloot tegniese term wat die aard van
'n mens se soeke na 'n godsdiens beskryf. Christenskap is een
manifestasie daarvan, en geen waarde-oordeel word geïmpliseer nie.

> Ek vind egter dat ek 'n effe beswaar het dat jy
> "Christenskap" daarby insluit. Dit kan verklaar word
> deur die feit dat ek oorspronklik uit 'n Christelike
> agtergrond kom en dus in aanraking gekom het
> met mense wat eenvoudig stralende voorbeelde was
> van Christenskap.

Ek ken en waardeer ook sulke mense. Ek het al dikwels gewonder hoe
daardie mense sou optree as hulle nie Christene was nie. Sou hulle nie
ook maar liefdevol en medemenslik gewees het nie, of het hulle die
riglyne van die Christelike lewe nodig om hul optrede te bepaal?

Ons jong dominee se vrou in Knysna was so. Die dooms het gesê hy preek
Christus, maar sy leef dit. Hulle woon nou in Cradock.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112270 is 'n antwoord op boodskap #112176] Ma, 22 Januarie 2007 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" wrote in message
news:1169027021.525444.263940@a75g2000cwd.googlegroups.com.. .

>>
>> Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
>> letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
>
> Wie is dit nou en hoe kom hulle by die gedagte die Bybel impliseer 'n
> 5000 jaar oue wêreld

Ek ken 'n paar diesulkes, en hul het 'n netjiese DVD om dit te staaf
hier by ons skole versprei. Soos ek dit sien, is die 5000 jaar as 'n
mens al die gegewe leeftye en eras, plus natuurlik die sewe dae van die
skepping, netjies bymekaartel.

*******

'n Priester in die Middel Eeue het gedink mens kan die ouderdom van die
aarde vasstel deur al die ouderdomme van mense wat in die Bybelse
geslagsregister aangegee te word, op te tel. "Formidable job" - maar in die
M.E. het die mense nog baie tyd gehad! Hy't dit gedoen en 4000 jaar tot by
Christus gekry. Dus die aarde is sowat 6000 jaar oud!

Natuurlik is die nie waar nie en natuurlik is dit 'n baie goeie voorbeeld
van hoe die Bybel NIE gebruik moet word nie.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112287 is 'n antwoord op boodskap #112268] Ma, 22 Januarie 2007 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" < wrote

Ek ken en waardeer ook sulke mense. Ek het al dikwels gewonder hoe
daardie mense sou optree as hulle nie Christene was nie. Sou hulle nie
ook maar liefdevol en medemenslik gewees het nie, of het hulle die
riglyne van die Christelike lewe nodig om hul optrede te bepaal?

Nee, die Heilige Gees werk dit in mense! En dit het NIKS met die kerk te
doen waaraan mense behoort nie. Ek het mense uit baie verskillende
"denominasies" teëgekom uit wi dit straal.

Jare gelede het ek alleen in 'n huisbak gestaan en wag toe nog 'n man
ingeklim. Ek het nie met die inklim sy gesig of klere van voor af gesien
nie, omdat ek met my rug na die deur gestaan het (as ek reg onthou iets op
die hysbakmuur staan en lees het - so-iets). Ek het onmiddellik nie net van
die persoon nie, maar 'n baie sterk teenwoordigheid van die Heilige Gees
bewus geword!!! Ek het spontaan omgedraai en die man se profiel gesien wat
baie sterk herinner het aan my kinderdaepredikant wat ook 'n baie
buitegewone mens was. Toe die vreemdeling omdraai en na my kyk, sien ek die
onderstebo-boordjie van 'n Anglikaanse predikant...

Ek het 'n soortgelyke ervaring enkele jare gelede gehad met 'n swart man wat
die Dept van Arbeid gestuur het om tydelik vir my in 'n pos in te staan.
Toe hy gaan sit, het ek onmiddellik die Gees wat in hom is se teenwoordigheid
aangevoel. Ek vra hom toe of hy 'n Christen is, en hy sê: Ja. Toe sê ek:
"Mag ek raai: Jy behoort aan die NG Kerk in Afrika en jy is 'n ouderling in
die kerk?" Die antwoord was in albei gevalle "ja".
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112293 is 'n antwoord op boodskap #112287] Ma, 22 Januarie 2007 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Nee, die Heilige Gees werk dit in mense! En dit het NIKS met die kerk te
> doen waaraan mense behoort nie. Ek het mense uit baie verskillende
> "denominasies" teëgekom uit wi dit straal.
>
Stem saam, maar my punt is dat sulke optrede waarskynlik nie noodwendig
eie aan Christene is nie. Die Heilige Gees kan dit werk, ja, maar daar
is sekerlik ook gevalle buite die Christendom van onbaatsugtige
optrede. Miskien anders gemanifesteer as hoe ons dit gewoond is, maar
selfopofferend nietemin.

Wonder of mens sulke optrede ook deur die Gees se werking mag verklaar?
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112300 is 'n antwoord op boodskap #112293] Ma, 22 Januarie 2007 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot, kan jy ons vertel wat is die verskil tussen 'n gees en 'n spook?
Indien wel, is daar onheilige geeste en heilige spoke?

Annette

"Koot" wrote in message
news:1169459190.177064.188240@m58g2000cwm.googlegroups.com.. .

> Nee, die Heilige Gees werk dit in mense! En dit het NIKS met die kerk te
> doen waaraan mense behoort nie. Ek het mense uit baie verskillende
> "denominasies" teëgekom uit wi dit straal.
>
Stem saam, maar my punt is dat sulke optrede waarskynlik nie noodwendig
eie aan Christene is nie. Die Heilige Gees kan dit werk, ja, maar daar
is sekerlik ook gevalle buite die Christendom van onbaatsugtige
optrede. Miskien anders gemanifesteer as hoe ons dit gewoond is, maar
selfopofferend nietemin.

Wonder of mens sulke optrede ook deur die Gees se werking mag verklaar?
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112305 is 'n antwoord op boodskap #112287] Ma, 22 Januarie 2007 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke"

> Jare gelede het ek alleen in 'n huisbak gestaan en wag toe nog 'n man
> ingeklim. Ek het nie met die inklim sy gesig of klere van voor af gesien
> nie, omdat ek met my rug na die deur gestaan het (as ek reg onthou iets op
> die hysbakmuur staan en lees het - so-iets). Ek het onmiddellik nie net van
> die persoon nie, maar 'n baie sterk teenwoordigheid van die Heilige Gees
> bewus geword!!! Ek het spontaan omgedraai en die man se profiel gesien wat
> baie sterk herinner het aan my kinderdaepredikant wat ook 'n baie
> buitegewone mens was. Toe die vreemdeling omdraai en na my kyk, sien ek die
> onderstebo-boordjie van 'n Anglikaanse predikant...
>
> Ek het 'n soortgelyke ervaring enkele jare gelede gehad met 'n swart man wat
> die Dept van Arbeid gestuur het om tydelik vir my in 'n pos in te staan.
> Toe hy gaan sit, het ek onmiddellik die Gees wat in hom is se teenwoordigheid
> aangevoel. Ek vra hom toe of hy 'n Christen is, en hy sê: Ja. Toe sê ek:
> "Mag ek raai: Jy behoort aan die NG Kerk in Afrika en jy is 'n ouderling in
> die kerk?" Die antwoord was in albei gevalle "ja".
>
>
>
>

Jare gelede het ek, op pad van die kerk af na die huis, en ek het op
'n ander dorp gewoon, by 'n motor verby gery wat langs die pad gestaan
het. Dit was sowat 9:00nm en stikdonker, en in die middel van die
winter op die hoëveld, waar dit hier teen middernag maklik 'n -° word.
Ver van enige dorpsligte af, met lang gras langs die pad.

Langs die kar met die opgeslane enjinkap, het 'n man met 'n groot jas
gestaan, en die opgeslane kraag van sy jas het gemaak dat ek in die
breukdeel van 'n sekonde met die verbygaan, nie veel van sy gesig kon
sien nie.

Iets het so duidelik soos daglig vir my gesê dat ek moet stilhou en
hom help. Ek het vir my vrou gesê dat ek gaan stilhou en hom help.
'n Ander gedagte het my herinner aan 'n poging tot kaping van my kar
(deur blankes) nie lank voor dit nie, en wat tot 'n geveg gelei het,
en ek gelukkig was om my kar te behou. En toe was ek alleen.
Dié keer was my vrou en my twee dogters saam met my.

En die stem, of helder wete dat ek moet stilhou en hom help, sê vir
my dat ek moet stilhou en hom help. En ek sê vir my vrou dat ek gaan
stilhou om hom te help. En ek sê dit terwyl ek teen sowat 120 kmu
daarvan wegry sonder om enigsins spoed te verminder. En ek weet dat
ek hom moet gaan help. En ek sê weer dat ek hom gaan help - en ek hou
aan met ry.

Sowat vyf kilometer verder, waar ek 'n 90° draai moes maak, maak
ek dit toe 180° en ry terug. Toe my vrou vra waar ons nou gaan, het
ek gesê dat ek daardie man gaan help. Ek het net geweet dat dit veilig
is en dat ek moet terug gaan.

Toe ek stilhou en na hom stap, en na sy stem luister, het ek geweet
dat ek al na sy stem geluister het. 'n Stem met 'n onmiskenbare
beheersde hakkel. Toe stel ek myself voor en vra hom sy naam.

Ek kan nie sy van onthou nie, maar hy is Ronnie ... , 'n bekende
AGS prediker, en op daardie stadium was hy die leraar van die
Carletonville gemeente. Dìt is ook waar ons toe was. Miskien
is hy steeds die leraar daar.

Hy het slegs gevra dat ek een van sy gemeentelede, wat toe die eienaar
was van 'n groot motoronderdele winkel in Carletonville 'Hi-Speed'
huidiglik 'Autozone' skakel en vra om hom te gaan help of in te sleep,
want die laat model motor het 'n onverwagse probleem ontwikkel.

Dit het ek gedoen met vrede in my hart
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112319 is 'n antwoord op boodskap #112305] Di, 23 Januarie 2007 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja, Dave, soos ek gesê het "dis nie aan kerk gebonde nie". Die Gees waai
waar Hy wil...! Die teenwoordigheid van die Gees van God is waarna ek ook
verwys het toe ek onlangs gesê het dat ek nêrens so naby God gevoel het as
op die top van die Drakensberg en in die Namib-woestyn nie.

Tog net opvallend dat daar mense is wat dit nie sien en voel nie, nê? Seker
maar 'n geval van niemand wat so blind is as iemand wat nie wil sien nie, of
so doof soos iemand wat nie wil hoor nie.

Dankie dat ons as gelowiges die hand kan reik, my vriend, al verskil ons oor
die doop en uitverkiesing!

"Dave" "Torreke"[/color]
>
>
>> Jare gelede het ek alleen in 'n huisbak gestaan en wag toe nog 'n man
>> ingeklim. Ek het nie met die inklim sy gesig of klere van voor af gesien
>> nie, omdat ek met my rug na die deur gestaan het (as ek reg onthou iets op
>> die hysbakmuur staan en lees het - so-iets). Ek het onmiddellik nie net
>> van
>> die persoon nie, maar 'n baie sterk teenwoordigheid van die Heilige Gees
>> bewus geword!!! Ek het spontaan omgedraai en die man se profiel gesien
>> wat
>> baie sterk herinner het aan my kinderdaepredikant wat ook 'n baie
>> buitegewone mens was. Toe die vreemdeling omdraai en na my kyk, sien ek
>> die
>> onderstebo-boordjie van 'n Anglikaanse predikant...

>> Ek het 'n soortgelyke ervaring enkele jare gelede gehad met 'n swart man
>> wat
>> die Dept van Arbeid gestuur het om tydelik vir my in 'n pos in te staan.
>> Toe hy gaan sit, het ek onmiddellik die Gees wat in hom is se
>> teenwoordigheid
>> aangevoel. Ek vra hom toe of hy 'n Christen is, en hy sê: Ja. Toe sê ek:
>> "Mag ek raai: Jy behoort aan die NG Kerk in Afrika en jy is 'n ouderling
>> in
>> die kerk?" Die antwoord was in albei gevalle "ja".




>
> Jare gelede het ek, op pad van die kerk af na die huis, en ek het op
> 'n ander dorp gewoon, by 'n motor verby gery wat langs die pad gestaan
> het. Dit was sowat 9:00nm en stikdonker, en in die middel van die
> winter op die hoëveld, waar dit hier teen middernag maklik 'n -° word.
> Ver van enige dorpsligte af, met lang gras langs die pad.
>
> Langs die kar met die opgeslane enjinkap, het 'n man met 'n groot jas
> gestaan, en die opgeslane kraag van sy jas het gemaak dat ek in die
> breukdeel van 'n sekonde met die verbygaan, nie veel van sy gesig kon
> sien nie.
>
> Iets het so duidelik soos daglig vir my gesê dat ek moet stilhou en
> hom help. Ek het vir my vrou gesê dat ek gaan stilhou en hom help.
> 'n Ander gedagte het my herinner aan 'n poging tot kaping van my kar
> (deur blankes) nie lank voor dit nie, en wat tot 'n geveg gelei het,
> en ek gelukkig was om my kar te behou. En toe was ek alleen.
> Dié keer was my vrou en my twee dogters saam met my.
>
> En die stem, of helder wete dat ek moet stilhou en hom help, sê vir
> my dat ek moet stilhou en hom help. En ek sê vir my vrou dat ek gaan
> stilhou om hom te help. En ek sê dit terwyl ek teen sowat 120 kmu
> daarvan wegry sonder om enigsins spoed te verminder. En ek weet dat
> ek hom moet gaan help. En ek sê weer dat ek hom gaan help - en ek hou
> aan met ry.
>
> Sowat vyf kilometer verder, waar ek 'n 90° draai moes maak, maak
> ek dit toe 180° en ry terug. Toe my vrou vra waar ons nou gaan, het
> ek gesê dat ek daardie man gaan help. Ek het net geweet dat dit veilig
> is en dat ek moet terug gaan.
>
> Toe ek stilhou en na hom stap, en na sy stem luister, het ek geweet
> dat ek al na sy stem geluister het. 'n Stem met 'n onmiskenbare
> beheersde hakkel. Toe stel ek myself voor en vra hom sy naam.
>
> Ek kan nie sy van onthou nie, maar hy is Ronnie ... , 'n bekende
> AGS prediker, en op daardie stadium was hy die leraar van die
> Carletonville gemeente. Dít is ook waar ons toe was. Miskien
> is hy steeds die leraar daar.
>
> Hy het slegs gevra dat ek een van sy gemeentelede, wat toe die eienaar
> was van 'n groot motoronderdele winkel in Carletonville 'Hi-Speed'
> huidiglik 'Autozone' skakel en vra om hom te gaan help of in te sleep,
> want die laat model motor het 'n onverwagse probleem ontwikkel.
>
> Dit het ek gedoen met vrede in my hart
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112328 is 'n antwoord op boodskap #112300] Di, 23 Januarie 2007 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Koot, kan jy ons vertel wat is die verskil tussen 'n gees en 'n spook?
> Indien wel, is daar onheilige geeste en heilige spoke?
>
> Annette
>

He he he. Ek het nie 'n clue nie. Beweeg nie in hulle kringe nie.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112331 is 'n antwoord op boodskap #112319] Di, 23 Januarie 2007 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep4bdb$g4h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Tog net opvallend dat daar mense is wat dit nie sien en voel nie, nê?
> Seker maar 'n geval van niemand wat so blind is as iemand wat nie wil sien
> nie, of so doof soos iemand wat nie wil hoor nie.
----Tog so pragtig jy, die voorbeeld. Presies wat ek vir jou nog die hele
tyd probeer sê. Jy staan op 'n selfgemaakte troon en dink jy kyk af op
ander mense wat nie soos jy is nie. Pragtig dat jy sê niemand is so blind
as die ene wat nie self kan sien nie.....draai hom om en kyk na jouself,
swaer. Nederigheid is nie jou sterk punt nie.....
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112336 is 'n antwoord op boodskap #112300] Di, 23 Januarie 2007 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" < wrote
> Koot, kan jy ons vertel wat is die verskil tussen 'n gees en 'n spook?
> Indien wel, is daar onheilige geeste en heilige spoke?
>
> Annette

Ek weet my naam is nie Koot nie, maar ek sou dink dat ons almal ons eiertjie
hieroor mag lê.

My siening van gees en spook is dat dit nie presies dieselfde ding is nie.
'n Spook is 'n gees, maar 'n gees nie noodwendig 'n spook nie. 'n "Spook"
is die gees van 'n mens wat gesterf het, terwyl 'n "gees" na enige lewende
wese verwys wat nie 'n materiële bestaan het nie.

Ja, daar is inderdaad "onheilige geeste" en "onheilige spoke". Onheilige
spoke is die geeste van afgestorwe mense wat nie uit die sondehel verlos is
nie. Onheilige geeste verwys gewoonlik na die engele wat in sonde geval en
die duiwels geword het.
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112342 is 'n antwoord op boodskap #112336] Di, 23 Januarie 2007 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep4qdn$j3j$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Annette" < wrote
>> Koot, kan jy ons vertel wat is die verskil tussen 'n gees en 'n spook?
>> Indien wel, is daar onheilige geeste en heilige spoke?

>> Annette
>
> Ek weet my naam is nie Koot nie, maar ek sou dink dat ons almal ons
> eiertjie hieroor mag lê.
>
> My siening van gees en spook is dat dit nie presies dieselfde ding is nie.
> 'n Spook is 'n gees, maar 'n gees nie noodwendig 'n spook nie. 'n "Spook"
> is die gees van 'n mens wat gesterf het, terwyl 'n "gees" na enige lewende
> wese verwys wat nie 'n materiële bestaan het nie.
>
> Ja, daar is inderdaad "onheilige geeste" en "onheilige spoke". Onheilige
> spoke is die geeste van afgestorwe mense wat nie uit die sondehel verlos
> is nie. Onheilige geeste verwys gewoonlik na die engele wat in sonde
> geval en die duiwels geword het. ----Twak!
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112361 is 'n antwoord op boodskap #112328] Wo, 24 Januarie 2007 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Pa het vir my vertel wit spoke is oukei, swart spoke is boos, maar eintlik
hoef ek net bang te wees vir die rooi spoke:))

Annette

"Koot" wrote in message
news:1169537136.998748.189440@a75g2000cwd.googlegroups.com.. .
>
> Annette wrote:
>> Koot, kan jy ons vertel wat is die verskil tussen 'n gees en 'n spook?
>> Indien wel, is daar onheilige geeste en heilige spoke?

>> Annette

>
> He he he. Ek het nie 'n clue nie. Beweeg nie in hulle kringe nie.
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112362 is 'n antwoord op boodskap #112336] Wo, 24 Januarie 2007 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Torreke, op die keper beskou, dink ek jy het hier 'n massiewe windeier
gelê.

Annette

"Torreke" skryf in boodskap news:ep4qdn$j3j$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Annette" < wrote
>> Koot, kan jy ons vertel wat is die verskil tussen 'n gees en 'n spook?
>> Indien wel, is daar onheilige geeste en heilige spoke?

>> Annette
>
> Ek weet my naam is nie Koot nie, maar ek sou dink dat ons almal ons
> eiertjie hieroor mag lê.
>
> My siening van gees en spook is dat dit nie presies dieselfde ding is nie.
> 'n Spook is 'n gees, maar 'n gees nie noodwendig 'n spook nie. 'n "Spook"
> is die gees van 'n mens wat gesterf het, terwyl 'n "gees" na enige lewende
> wese verwys wat nie 'n materiële bestaan het nie.
>
> Ja, daar is inderdaad "onheilige geeste" en "onheilige spoke". Onheilige
> spoke is die geeste van afgestorwe mense wat nie uit die sondehel verlos
> is nie. Onheilige geeste verwys gewoonlik na die engele wat in sonde
> geval en die duiwels geword het.
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112384 is 'n antwoord op boodskap #112362] Wo, 24 Januarie 2007 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:1169618043.467726@vasbyt.isdsl.net...
> Liewe Torreke, op die keper beskou, dink ek jy het hier 'n massiewe
> windeier gelê.
>
> Annette

Annette terug by haar nuutgevonde vreugde om vir Torreke te probeer
irreteer, en brownie points te score by Suidwester.

Moet ons nie maar julle tweetjies bymekaar probeer kry nie
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112388 is 'n antwoord op boodskap #112384] Wo, 24 Januarie 2007 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Riaan, ek is nie die een hier met 'n minderwaardigheidskompleks wat
dink deur my mening te lug, ek dit nodig vind om vir iemand wil beïndruk of
iemand anders te probeer irriteer nie.

Word groot kind.
Annette

"Riaan" skryf in boodskap news:1169622492.742684@vasbyt.isdsl.net...
> "Annette" wrote in message
> news:1169618043.467726@vasbyt.isdsl.net...
>> Liewe Torreke, op die keper beskou, dink ek jy het hier 'n massiewe
>> windeier gelê.

>> Annette
>
> Annette terug by haar nuutgevonde vreugde om vir Torreke te probeer
> irreteer, en brownie points te score by Suidwester.
>
> Moet ons nie maar julle tweetjies bymekaar probeer kry nie
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112398 is 'n antwoord op boodskap #112388] Wo, 24 Januarie 2007 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:1169624679.356099@vasbyt.isdsl.net...
> Liewe Riaan, ek is nie die een hier met 'n minderwaardigheidskompleks wat
> dink deur my mening te lug, ek dit nodig vind om vir iemand wil beïndruk
> of iemand anders te probeer irriteer nie.
>
> Word groot kind.
> Annette

Kom ek se eerder Geagte Annette, ek wil nie se Liewe Annette en dalk vir
Suidwester ontstel nie

Ek is bly jou sessies by die sielkundige is besig om vrugte af te werp. Wees
nou 'n goeie dogtertjie en gaan fliek lekker saam met Suidwester
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112402 is 'n antwoord op boodskap #112398] Wo, 24 Januarie 2007 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier waar ek is, is nie 'n fliek nie....uh, nee wag, daar is, die Atlantic
maar net die kinders gaan soontoe. In die Kaap by Annette is sekerlik 'n
moerse lot. Dalk kan sy aan my dink, hmm?

"Riaan" skryf in boodskap news:1169627051.868457@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Annette" wrote in message
> news:1169624679.356099@vasbyt.isdsl.net...
>> Liewe Riaan, ek is nie die een hier met 'n minderwaardigheidskompleks
>> wat dink deur my mening te lug, ek dit nodig vind om vir iemand wil
>> beïndruk of iemand anders te probeer irriteer nie.

>> Word groot kind.
>> Annette
>
> Kom ek se eerder Geagte Annette, ek wil nie se Liewe Annette en dalk vir
> Suidwester ontstel nie
>
> Ek is bly jou sessies by die sielkundige is besig om vrugte af te werp.
> Wees nou 'n goeie dogtertjie en gaan fliek lekker saam met Suidwester
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112409 is 'n antwoord op boodskap #112398] Wo, 24 Januarie 2007 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Riaan, ek is seker Suidwester sal nie omgee nie.

Maar wat is dit met die fliek-ding uit die bloute?
Is jy ook een van daardie onvolwassenes wat dink
om te vry in die fliek in die agterste ry is die hoogtepunt
van mens se bestaan?

As jy dink om te verwys na sielkundige behandeling is 'n belediging, dan is
jy nog meer onvolwasse as waarvoor ek jou krediet wou voor gee.
Ag wat, een of ander tyd moes dit gebeur dat ek mense begin oorskat:))

"Riaan" skryf in boodskap news:1169627051.868457@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Annette" wrote in message
> news:1169624679.356099@vasbyt.isdsl.net...
>> Liewe Riaan, ek is nie die een hier met 'n minderwaardigheidskompleks
>> wat dink deur my mening te lug, ek dit nodig vind om vir iemand wil
>> beïndruk of iemand anders te probeer irriteer nie.

>> Word groot kind.
>> Annette
>
> Kom ek se eerder Geagte Annette, ek wil nie se Liewe Annette en dalk vir
> Suidwester ontstel nie
>
> Ek is bly jou sessies by die sielkundige is besig om vrugte af te werp.
> Wees nou 'n goeie dogtertjie en gaan fliek lekker saam met Suidwester
>
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112412 is 'n antwoord op boodskap #112409] Wo, 24 Januarie 2007 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:1169631570.53814@vasbyt.isdsl.net...
> Liewe Riaan, ek is seker Suidwester sal nie omgee nie.
>
> Maar wat is dit met die fliek-ding uit die bloute?
> Is jy ook een van daardie onvolwassenes wat dink
> om te vry in die fliek in die agterste ry is die hoogtepunt
> van mens se bestaan?
>
> As jy dink om te verwys na sielkundige behandeling is 'n belediging, dan
> is jy nog meer onvolwasse as waarvoor ek jou krediet wou voor gee.
> Ag wat, een of ander tyd moes dit gebeur dat ek mense begin oorskat:))

Annette - Soos jyself weet ken ek jou en SW nie van gister af nie. Ek weet
al by die tyd dat ek en jy oor Godsdiens sowel as politiek verskil. Dit het
net baie vreemd begin lyk toe jy en SW die hele tyd so in tandem vir Torreke
aanval, en die fliek storie wat eintlik maar so bietjie tong in die kies.
Maar nou ja dit sal ek toegee dat die humor op die ou groepie nou nie juis
iets is om van te praat nie.

Moet my asb in die toekoms nie weer oorskat nie. Onderskat my eerder
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112431 is 'n antwoord op boodskap #112362] Do, 25 Januarie 2007 05:59 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" Liewe Torreke, op die keper beskou, dink ek jy het hier 'n massiewe[/color]
> windeier gelê.
>
> Annette
>

Die Bybel se woord vir "gees" en "wind" is dieselfde. Dankie dus vir die
kompliment! eendersyds, en andersyds vir die erkenning dat daar iets
wesenlik in die eier is, al kan mens dit nie sintuiglik waarneem nie.

Jy vorder.
Vorige onderwerp: Vir Dave oor interpretasie van Skrif in lig van wetenskap
Volgende onderwerp: Torreke en sy kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:32:29 MGT 2024