Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Fiets vs Motor
Fiets vs Motor [boodskap #108278] Ma, 23 Januarie 2006 08:27 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die kantspieël
van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
die fietsryers.....hulle hêt in enkel gelid gery toe die motor haar getref
het.
Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die lydende
party? Oor die algemeen is dit die fietsryer en ek sou reken hulle kan nie
net sommermeer aanvaar dat as hulle op teen die kant bly, daar vir hulle
geen gevaar gaan wees nie. Sou die motor by die spoedgrens hou en teen
120km/u beweeg, dan beweeg dit maklik oor die 80vt/sekonde vorentoe. As
daar skielik 'n verandering in die posisie van die fietsryer op die kant
kom, kan die motoris eintlik niks doen nie....en almal weet van die
heen-en-weer aksie van 'n fietsryer as hy hard begin trap.
Dan is daar natuurlik ook die geval van waar die motoris voorstu op die
pad teen sy 120km/u. Aan sy regterkant is die wit streep en aan die
linkerkant is daar die string fietsryers. Van voor af kom 'n ander
voertuig aan [dalk 'n bakkie of vragmotor?] wat grotoer as die normaal is en
nou moet hy tussen die aankomende voertuig en die fietsryers deur. Watter
een sal jy kies om jou kans teen te vat? Die fietsryers natuurlik!
Op ons land se plattelandse paaie is hierdie eintlik nie 'n probleem
nie want die fietsryers oor die algemeen is nie besig met ontspanning nie -
hy is besig om homself te vervoer van een plek na die ander toe. Hoor
hulle 'n motor aankom, dan trek hulle of af van die pad af sodat die motor
verby kan kom, of so nie ry hulle op die skouer van die pad en hou hulle so
maer moontlik.
In die stede onstaan die probleem egter van onspanningsryers wat heel
moontlik ook motoreienaars is, en daarom glo dat die fietsryer ook 'n
betaalde reg op die openbare paaie het en daarom moet die motoriste hulle
plek op die pad ken. Die groot vraag is nou of die fietsryer werklik 'n
betaalde reg op openbare paaie het? Sover ek weet betaal 'n fietsryer sy
lisensie aan die plaaslike munisipaliteit om sy fiets in daardie munisipale
gebied te mag ry. Geld daardie lisensie ook vir openbare paaie? Sou dit
redelik wees om te verwag dat 'n fietsryer wat op openbare paaie wil ry, sy
fiets se padwaardigheid moet kry asook 'n lisensie vir homself as trapper
wat hom bewus sal maak van die verkeersreëls asook die feit dat die
motorvoertuie baie groter en gevaarliker is en dat hy kan seerkry as hy nie
voorsorg tref en uit die voertuie se pad kom nie?
Re: Fiets vs Motor [boodskap #108280 is 'n antwoord op boodskap #108278] Ma, 23 Januarie 2006 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar's 'n groot aantal fietsryers wat twee, drie of meer langs mekaar
ry op besige paaie. Stopstrate en robotte word geignoreer. En dan is
die manne in hul kabouterpakkies hoogs ontsteld as jy toeter blaas.
Klaarblyklik raak bergfietsry - weg van die teerpaaie, progressief meer
gewild.

Die slegte nuus vir die fietsryers is dat die karre altyd wen...
Re: Fiets vs Motor [boodskap #108282 is 'n antwoord op boodskap #108280] Ma, 23 Januarie 2006 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
Kom tref en trap hier hier vandaan? Tref daai baie-sukkel se agterwiel met
jou kar dan sien jy hoe trap die kind sy baie-sukkel. Selfde geld vir
voetgangers met hul voetebikes.

"Jonas" wrote in message
news:1138010268.820975.254670@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
> Daar's 'n groot aantal fietsryers wat twee, drie of meer langs mekaar
> ry op besige paaie. Stopstrate en robotte word geignoreer. En dan is
> die manne in hul kabouterpakkies hoogs ontsteld as jy toeter blaas.
> Klaarblyklik raak bergfietsry - weg van die teerpaaie, progressief meer
> gewild.
>
> Die slegte nuus vir die fietsryers is dat die karre altyd wen...
>
Re: Fiets vs Motor [boodskap #108287 is 'n antwoord op boodskap #108278] Ma, 23 Januarie 2006 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die kantspieël
> van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
> aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
> getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
> nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
> dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
> die fietsryers.....hulle hét in enkel gelid gery toe die motor haar getref
> het.
> Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die lydende
[knip]

Eintlik is die saak eenvoudig (sommer op 2 punte):

1) Die fietsryer het net soveel reg op die *hele* baanwydte as die motoris.
Indien daar goed van voor af aankom is die motoris veronderstel om stadiger te
ry en te wag totdat hy daardie fietsryer(s) aan die anderkant van die pad kan
verbysteek.

2) Stadige goed het eintlik voorrang op die pad. Te wete: mens is stadiger as
fiets is stadiger as kar. Dus moet die kar toegee aan die ander twee
gebruikers, so ook moet die fiets vorrang verleen aan die stapper.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Fiets vs Motor [boodskap #108288 is 'n antwoord op boodskap #108287] Di, 24 Januarie 2006 05:09 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie dit sal ooit gebeur nie en die fietsryers moet daarmee verlief
neem.

"knersus" skryf in boodskap news:dr37vh$fso$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Suidwester wrote:
>> Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die
>> kantspieël
>> van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
>> aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
>> getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
>> nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
>> dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
>> die fietsryers.....hulle hêt in enkel gelid gery toe die motor haar
>> getref het.
>> Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die
>> lydende
> [knip]
>
> Eintlik is die saak eenvoudig (sommer op 2 punte):
>
> 1) Die fietsryer het net soveel reg op die *hele* baanwydte as die motoris.
> Indien daar goed van voor af aankom is die motoris veronderstel om
> stadiger te
> ry en te wag totdat hy daardie fietsryer(s) aan die anderkant van die pad kan
> verbysteek.
>
> 2) Stadige goed het eintlik voorrang op die pad. Te wete: mens is
> stadiger as
> fiets is stadiger as kar. Dus moet die kar toegee aan die ander twee
> gebruikers, so ook moet die fiets vorrang verleen aan die stapper.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Vorige onderwerp: Hilux
Volgende onderwerp: Toyota creating alcohol detection system
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:43:20 MGT 2024