Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Brief deur Roy Jankielsohn in Beeld, 28 September
Brief deur Roy Jankielsohn in Beeld, 28 September [boodskap #106250] So, 02 Oktober 2005 14:37 na volgende boodskap
Bodie[2]  is tans af-lyn  Bodie[2]
Boodskappe: 14
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wet dui op wettiges se ontwapening

Die regering sukkel om die nuwe vuurwapenwet toe te pas. Koste en 'n
tydrowende burokratiese proses maa k dat min mense aansoek om nuwe
vuurwapenlisensies of hernuwing van ou lisensies doen. Baie is nog in
die duister oor wat die wet van hulle verwag.

Alle vuurwapeneienaars wat tussen 1 Januarie en 31 Maart gebore is, is
veronderstel om voor 31 Desember 2005 opleiding en
bevoegdheidsertifikate te kry en aansoek om nuwe lisensies te doen.
Met net drie en 'n half maande oor is nog net 3 937 van die skrale 21
291 aansoeke om bevoegdheidsertifikate deur die SAPD voltooi.

Net 18 787 aansoeke om hernuwings is tot dusver ontvang. Van die 4 224
nuwe aansoeke ontvang , is net 19% afgehandel (776 goedgekeur en 37
afgekeur).

In die sentrale vuurwapenregister wat verlede jaar voor die
portefeuljekomitee vir veiligheid en sekuriteit in die parlement
gedien het, is beweer 2,5 miljoen vuurwapeneienaars besit saam 3,6
miljoen vuurwapens in Suid-Afrika.

Dit beteken sowat 625 000 mense moet elke jaar sowat 900 000 lisensies
hernu. Nou sê die regering hulle is onseker oor die aantal
vuurwapeneienaars en dat dit een van redes is hoekom dit hernu moet
word.

'n Oudit van vuurwapeneienaars, lisensies en vuurwapens sou 'n meer
kostedoeltreffende manier wees om te bepaal hoeveel wettige
vuurwapeneienaars daar in die land is. Indien die regering egter die
nuwe wet wil toepas, behoort hy alle huidige lisensies te aanvaar en
net dié af te keur waar die eienaar as onbevoeg verklaar word om 'n
vuurwapen te besit.

Daar moet beheer oor vuurwapens deur sinvolle wetgewing wees. Die nuwe
Wet op Beheer van Vuurwapens en hoe dit toegepas word, wys dat die
regering se doel is om wettige vuurwapeneienaars te ontwapen.
Uiteindelik sal net misdadigers met onwettige vuurwapens op ons strate
en in ons huise wees.

Roy Jankielsohn, Bethlehem
Re: Brief [boodskap #114245 is 'n antwoord op boodskap #106250] Vr, 20 Julie 2007 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Thus it is clear that many religious services were held on Sunday as
> well as on Saturday and other days.
>
> Dave

Dit laat my min of meer koud watter dag van die week mense hulle
Sabbat vier. Ek raak net opgejack as hulle begin s? die w?reld is 6000
jaar oud, of dat daar nie so iets is as evolusie nie. Een van die
uitstallings by 'n skatryk kerkskou in Amerika wys blykbaar hoe mense
tussen die dinosourusse rondhuppel. Ek sou s? hulle sou bra vinnig
moes kon huppel.
Re: Brief [boodskap #114246 is 'n antwoord op boodskap #114245] Vr, 20 Julie 2007 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Jul 2007 03:39:18 -0700, Koot wrote:
>
>> Thus it is clear that many religious services were held on Sunday as
>> well as on Saturday and other days.

>> Dave
>
> Dit laat my min of meer koud watter dag van die week mense hulle
> Sabbat vier. Ek raak net opgejack as hulle begin sê die wêreld is 6000
> jaar oud, of dat daar nie so iets is as evolusie nie. Een van die
> uitstallings by 'n skatryk kerkskou in Amerika wys blykbaar hoe mense
> tussen die dinosourusse rondhuppel. Ek sou sê hulle sou bra vinnig
> moes kon huppel.

Die wêreld is beslis nie net 6ooo jaar oud nie,
en as jou oer oupagrootjie 'n bobbejaan was,
geld dit beslis steeds nie vir my voorgeslagte nie.

As jy vir my sou sê dat die mens oor 1000 jaar gebore sal word sonder
kleintoontjies omdat dit nie gebruik word nie, is ek bereid om dit te
debateer, maar as jy sou sê dat stuitjies vroeër sterte was. onttrek
ek my uit die geselsskap.

'n Tyd gelede het ek hier verduidelik hoe ek dink dinge gebeur het
na die skepping van die aarde, en dit waarop ek dit grond, is nie op
bespiegelinge nie.

Ook het ek toegegee dat selfs slim mense soos ek somtyds hier en daar
'n foutjie kan maak en dus nie noodwendig reg is met alles wat ons sê
nie.

Die enigste een wat daarop gereageer het was Torreke wat gesê het
dat ons basies dieselfde redeneer. Gesê dat ons dit later sou
analiseer, wat ons nooit gedoen het nie. Hy was in 'n te heftige debat
gewikkel daarvoor, wat sy oponente laat vlug het totdat hulle seker
was hy is weg, voor hulle terug gekom het.

Dit wat ek gesê het het geen ander reaksie uitgelok nie, wat beteken
dat daar geen belangstelling vir 'n tema van die aard hier is nie. Oor
die jare het dit 'n slegte smaak gelaat toe dit duidelik geword het
dat in die groep meer ateïste is as wat geraai sou word.

Het ek gesê dat daar geen belangstelling in die groep is vir 'n tema
soos genoem nie...? Van watter groep het ek gepraat? Asof daar
belangstelling vir enige tema hier is:-(
Singetjie [boodskap #114375 is 'n antwoord op boodskap #114245] Ma, 27 Augustus 2007 08:35 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot - sien ek jou in Oktober? Ek hoor ons koor sing saam met julle jeugkoor
op George.
Vorige onderwerp: Re: Gun laws that constrain the law-abiding
Volgende onderwerp: net soos met Fifa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:32:55 MGT 2024