Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Twee klein linguistiese vrae
Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104420] Sa, 16 Julie 2005 20:26 na volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
(1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
in:

Wanneer dokters ophou emigreer
En mens by shopping centers verniet kan parkeer
En die Bokke'n bietjie harder probeer
En Bafana Bafana ophou hanna hanna

So ver ek weet, dis nie Afrikaans nie, maar miskien ken julle die liedtjie
waarin dit verskyn.

(2) Uit 'n ander lied uit an ander tyd, d.w.s. "Kakies verdriet" ca.
1900-1902:

Ons gaan nou bekly om ons grond weer te kry
Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
Nou zal ons gevoel wat nationaliteit bedoel
Op die jubel op die jubel op die dy dy dy

jubel = 'jubilation; exult, shout for joy'; dy = 'thigh'??

Hoe sou 'n mens "op die jubel, op die jubel op die dy dy dy" in
Engels vertaal?

By voorbaat baie dankie.

Paul R.
Chapel Hill, NC, VSA
E-mail: ptr at email.unc.edu
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104421 is 'n antwoord op boodskap #104420] Sa, 16 Julie 2005 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jul 2005 16:26:56 -0400, Paul wrote:

>
> (1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
> in:
>
> Wanneer dokters ophou emigreer
> En mens by shopping centers verniet kan parkeer
> En die Bokke'n bietjie harder probeer
> En Bafana Bafana ophou hanna hanna
>
> So ver ek weet, dis nie Afrikaans nie, maar miskien ken julle die liedtjie
> waarin dit verskyn.
>

Kyk bietjie in die argiewe Paul, hoe bouwer aanhoudend
op die groep, oor apartheid hanna hanna, dan sal jy
verstaan hoekom dit sonder hanna hanna beter sal ganna
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104422 is 'n antwoord op boodskap #104420] Sa, 16 Julie 2005 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul" skryf
>
> (1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken

Dit is omtrent die ekwivalent van die Engelse
"yakity yakity yak" of "blah blah blah."
(Die Bafana dink ek is die Suid-Afrikaanse
sokkerspan. As die Bafana dus hanna hanna
dan lyk dit vir my hulle word gekritiseer vir
hulle baie praat en niks regkry nie. ) Ek
weet nie waarvandaan die uitdrukking vandaan
kom nie. Ek het dit nooit in my woordeskat
gebruik nie, dus dink ek dit moet 'n soort
streekwoord wees wat al hoe algemener
word.

Gloudina
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104423 is 'n antwoord op boodskap #104420] Sa, 16 Julie 2005 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul"

> Hoe sou 'n mens "op die jubel, op die jubel op die dy dy dy" in
> Engels vertaal?

Dis effens snaaks. Dis asof iemand nog in Nederlands
dink. Soos jy vermoed, is "jubel" die werkwoord
van "jubilasie" en "dy" verwys seker na "thigh."
Miskien wil dit sê dat mens tydhou deur homself
op die dy te slaan, dus maat te hou. Ek het egter
al die gevoel dat die Afrikaanse woord "dy"
nie presies die Engelse woord "thigh" verteen-
woordig nie. "Thigh" dink ek is meer "binneboud"
as wat "dy" is.

Gloudina
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104424 is 'n antwoord op boodskap #104423] Sa, 16 Julie 2005 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink hierdie "dy" het niks met ons anatomie te make nie. Ek dink eerder die
woorde jubel en dy hier is bloot klanknabootsers vir "yodeling", iets in die lyn
van jodel-le-te-ly-die-dy. Mens hoor dit dikwels in die ouer Afrikaanse
liedjies waar mense probeer het om te jodel maar dit nie regtig kon regkry nie.
Soveel so dat Anton Goosen dit opsetlik in sommige van sy liedjies so gebruik het.

Verder, hanna-hanna het meer as een betekenis, afhangende van die konteks. Dit
is 'n uitdrukking wat maar so in die laaste 10 jaar of so werklik hoofstroom
posgevat het. Ek weet nie waarvandaan dit kom nie. Dalk Weskaapse "flaaitaal"?
Dit kan beteken om te kyf ("nag") of te teem oor 'n saak. Maar dit kan ook
beteken om te draal: "Jy hanna-hanna so, ons gaan die bus verpas", wat dalk meer
inskakel met die "teem" hierbo.

@rogers.com wrote:
> "Paul"
>
>
>> Hoe sou 'n mens "op die jubel, op die jubel op die dy dy dy" in
>> Engels vertaal?
>
>
> Dis effens snaaks. Dis asof iemand nog in Nederlands
> dink. Soos jy vermoed, is "jubel" die werkwoord
> van "jubilasie" en "dy" verwys seker na "thigh."
> Miskien wil dit sê dat mens tydhou deur homself
> op die dy te slaan, dus maat te hou. Ek het egter
> al die gevoel dat die Afrikaanse woord "dy"
> nie presies die Engelse woord "thigh" verteen-
> woordig nie. "Thigh" dink ek is meer "binneboud"
> as wat "dy" is.
>
> Gloudina
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104425 is 'n antwoord op boodskap #104421] So, 17 Julie 2005 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Jul 2005 22:49:50 +0200, DD wrote:

> Kyk bietjie in die argiewe Paul, hoe bouwer aanhoudend
> op die groep, oor apartheid hanna hanna, dan sal jy
> verstaan hoekom dit sonder hanna hanna beter sal ganna

Hoewel jy "hanna hanna" dus beskou as goed beredeneerde standpunte wat
kritiek uitspreek, het dit actually 'n heel ander betekenis.

Dit beteken eintlik "warra warra" (he,he).
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104426 is 'n antwoord op boodskap #104420] So, 17 Julie 2005 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jul 2005 16:26:56 -0400, Paul wrote:

> (1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
> in:
>
> Wanneer dokters ophou emigreer
> En mens by shopping centers verniet kan parkeer
> En die Bokke'n bietjie harder probeer
> En Bafana Bafana ophou hanna hanna

Gepraat wat nie veel van betekenis of belangrikheid in het nie. Soms
word die term, "warra warra" ook gebruik.

Dit slaan op die klank wat mense maak wat sit en twak praat op 'n
eentonige stemtoom.

Dit kan beledigend gebruik word soos in "moet nie met my staan en
hanna hanna nie man! Waar het dit die dink gesit?!" of die kan
neutraal gebruik word om blote verveling met 'n gesprek aan te stoon
soos in "hulle sit daar voor op die stoep en hanna hanna, ek het
eerder kom tv kyk".

> (2) Uit 'n ander lied uit an ander tyd, d.w.s. "Kakies verdriet" ca.
> 1900-1902:
>
> Ons gaan nou bekly om ons grond weer te kry
> Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
> Nou zal ons gevoel wat nationaliteit bedoel
> Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
>
> jubel = 'jubilation; exult, shout for joy'; dy = 'thigh'??
>
> Hoe sou 'n mens "op die jubel, op die jubel op die dy dy dy" in
> Engels vertaal?

Jubel is jubilation, Ek vermoed die dy dy dy is maar klanke soos die
Beatles se yeah, yeah, yeah aan die einde van sommige van die reels in
hul liedjies.

Maar ek kan verkeerd wees (is waarskynlik verkeerd).
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104427 is 'n antwoord op boodskap #104424] So, 17 Julie 2005 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 17 Jul 2005 00:09:35 +0200, knersus wrote:

> Verder, hanna-hanna het meer as een betekenis, afhangende van die konteks. Dit
> is 'n uitdrukking wat maar so in die laaste 10 jaar of so werklik hoofstroom
> posgevat het. Ek weet nie waarvandaan dit kom nie. Dalk Weskaapse "flaaitaal"?
> Dit kan beteken om te kyf ("nag") of te teem oor 'n saak. Maar dit kan ook
> beteken om te draal: "Jy hanna-hanna so, ons gaan die bus verpas", wat dalk meer
> inskakel met die "teem" hierbo.

Ek het 'n vermoede dit - sowel as die ekwivalente ":warra warra" kom
uit die weermag/polisie/diensplig-omgewing.

Rakende die verbintenis net Bafana (SA se nasionale sokkerspan) kan
hanna hanna natuurlik hier ook gebruik word om swak speel aan te toon
- met ander woorde rond-ploeter op die veld.
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104446 is 'n antwoord op boodskap #104426] So, 17 Julie 2005 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
As julle ophou hanna hanna, sal julle agterkom die 'dy' beteken groei soos
in die woord gedy.

Soois

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:qu5kd1lepq9bssceklpf4bar0o73ahshj7@4ax.com...
> On 16 Jul 2005 16:26:56 -0400, Paul wrote:
>
> beteken
>> in:

>> Wanneer dokters ophou emigreer
>> En mens by shopping centers verniet kan parkeer
>> En die Bokke'n bietjie harder probeer
>> En Bafana Bafana ophou hanna hanna
>
>
> Gepraat wat nie veel van betekenis of belangrikheid in het nie. Soms
> word die term, "warra warra" ook gebruik.
>
> Dit slaan op die klank wat mense maak wat sit en twak praat op 'n
> eentonige stemtoom.
>
> Dit kan beledigend gebruik word soos in "moet nie met my staan en
> hanna hanna nie man! Waar het dit die dink gesit?!" of die kan
> neutraal gebruik word om blote verveling met 'n gesprek aan te stoon
> soos in "hulle sit daar voor op die stoep en hanna hanna, ek het
> eerder kom tv kyk".
>
>
> > Engels vertaal?
>
>
> Jubel is jubilation, Ek vermoed die dy dy dy is maar klanke soos die
> Beatles se yeah, yeah, yeah aan die einde van sommige van die reels in
> hul liedjies.
>
> Maar ek kan verkeerd wees (is waarskynlik verkeerd).
>
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104449 is 'n antwoord op boodskap #104446] Ma, 18 Julie 2005 00:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"

> As julle ophou hanna hanna, sal julle agterkom die 'dy' beteken groei soos
> in die woord gedy.

Ja, ek dink jy slaan die spyker op die
kop.

Gloudina
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104454 is 'n antwoord op boodskap #104420] Ma, 18 Julie 2005 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis wat julle Nederlanders "ouwehoeren" noem.

Sinnelose geklets.

"Paul" skryf in boodskap news:42d96d90_2@news1.isis.unc.edu...
>
> (1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104468 is 'n antwoord op boodskap #104422] Ma, 18 Julie 2005 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rbWdnaAKSPrO4kTfRVn-vw@rogers.com...
>
> "Paul" skryf

>> (1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
>
> Dit is omtrent die ekwivalent van die Engelse
> "yakity yakity yak" of "blah blah blah."

Net 'n klein korreksie: "Hanna hanna" verwys nie regtig na taalgebruik nie.
Dit word meerendeels gebruik om 'n oneffektiewe aksie, nie-doelgerigte
aksie, of selfs tydmors uit te druk. So kan mens byvoorbeeld sê dat jy
vandag by die werk ge- "hanna hanna" het, m.a.w. niks uitgerig het nie, maar
bv. net op die internet rondgekyk het. Of mens kan sê dat die span "hanna
hanna", of "sukkel-sukkel" voortspeel sonder om iets spesifieks of
doelgerigs uit te rig.

Jy kan sekerlik ook sê dat iemand "hanna hanna" as hy net voortbabbel sonder
enige konkrete inhoud. Maar in my jongmens-woordeskat is die eerste
gebruik, wat dui op 'n oneffektiewe aksie, meer algemeen.

Sommer 'n paar gedagtes!

Basjan
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104553 is 'n antwoord op boodskap #104468] Ma, 25 Julie 2005 12:22 Na vorige boodskap
Jan van Wezer  is tans af-lyn  Jan van Wezer
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Wat hanna hanna betreft: is er misschien een verband met het
Nederlandse 'hannesen' ? Volgens 'van Dale' : de tijd met nutteloos
werk of zouteloos gepraat doorbrengen, knoeien, onhandig te werk gaan.
'gehannes' is geknoei, gepeuter, gezeur.
Jan
Vorige onderwerp: Afrikaans Huppel
Volgende onderwerp: Afrikaans Klip!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 04:24:21 MGT 2024