Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Terrorisme vs guerilla-oorlogvoering
Terrorisme vs guerilla-oorlogvoering [boodskap #104370] Vr, 15 Julie 2005 12:33
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die jongste beskrywing van 'n terroris is iemand wat ook die burgerlike
bevolking (mans, vrouens, kinders, babas, ens.) sou teiken.
Guerilla-oorlogvoering beteken bloot dat onkonvensionele taktiek deur 'n
kleiner mag teen 'n ander militêre vermoë ingespan word. Die burgerlike
bevolking is nie die teiken nie.
Katryn is reg - die Boere was nie die eerstes om van guerilla-taktiek
gebruik te maak nie. Maar hulle het ook nie die tegniek van die Spanjaarde
geleer nie. (Betroubaar verneem dat Generaal De Wet nie 'n woord Spaans kon
praat nie ...) Maar, die Boere was wel die eerste in die hedendaagse
geskiedenis wat die tegniek laat herleef het. Ek glo ook nie dat die
Spanjaarde dit die eerste keer gebruik het nie - dit is m.i. 'n tegniek wat
natuurlik sal ontstaan wanneer die oormag groot is en die "saak" swaar weeg.
Die sg "war of the flee".
So - as ons die bekrywing van 'n terroris aanvaar was die Britse-magte die
terroristiese mag tydens die Boere-oorlog.
Vorige onderwerp: Wapenamnestie 'n mislukking?
Volgende onderwerp: Swart Wapeneienaars pak bul by horings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:32:18 MGT 2024