Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Moderne weergawe van 3 Bere
Moderne weergawe van 3 Bere [boodskap #101590] Do, 24 Februarie 2005 11:33 na volgende boodskap
Blitzkrieg  is tans af-lyn  Blitzkrieg
Boodskappe: 32
Geregistreer: Februarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie.. "Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg. "Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer. Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm. "Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?" "Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het. Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het. Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.

Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en alles weggepak hat.

Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.

Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.

Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.

Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.

En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand."

"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer se nie:

Ek het nog nie die *$%#^%& pap gemaak nie!
Re: Moderne weergawe van 3 Bere [boodskap #101594 is 'n antwoord op boodskap #101590] Do, 24 Februarie 2005 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Zuben el-genubi  is tans af-lyn  Zuben el-genubi
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dankie, Blitsie. My vrou gaan hierdie een besonder geniet.

"Blitzkrieg" skryf in boodskap news:cvke39$881$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie.. "Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".
Re: Moderne weergawe van 3 Bere [boodskap #101595 is 'n antwoord op boodskap #101594] Do, 24 Februarie 2005 14:44 Na vorige boodskap
Blitzkrieg  is tans af-lyn  Blitzkrieg
Boodskappe: 32
Geregistreer: Februarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Ag ek is bly ek kan weer jou vroutjie se tone laat krul :))

"Koot" skryf in boodskap news:cvknoa$h2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie, Blitsie. My vrou gaan hierdie een besonder geniet.
> "Blitzkrieg" skryf in boodskap news:cvke39$881$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel,
en hy kyk na sy klein papbordjie.. "Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n
huilerige stemmetjie".

Vorige onderwerp: Afrikaans
Volgende onderwerp: Wat gee?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:02:22 MGT 2024