Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Anette gepraat van Afrika films...
Anette gepraat van Afrika films... [boodskap #101055] Wo, 19 Januarie 2005 12:30 na volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Ek sal daarvan hou as Charlize, Arnold en miskien Embeth Davids, Alice
Krige, Marius Weyers 'n goeie Afrikaanse storie kan skiet. Darrel Roodt kan
die regiseur wees want hy was uitstekend agter die skerms van Shaka Zulu wat
op TV was en nou met Yesterday. Het hy ook nie 'n hand in Jock of the
Bushfeld gehad nie? Anant Singh kan ook hand by sit.
Re: Anette gepraat van Afrika films... [boodskap #101057 is 'n antwoord op boodskap #101055] Wo, 19 Januarie 2005 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir baie lank wou ek dit al sê en nou gee julle vir my die geleentheid:
Die 'Siener in the Suburbs' van PG du Plessis met Marius Weyers, Sandra
Prinsloo, ens. is sekerlik die beste stuk werk wat ek nog gesien het.
Veral Marius in sy rol as Jakes, sou maklik 'n Oscar vir beste akteur
losgeslaan het sou hulle dit so kon doen dat die buiteland dit reg kan
verstaan. Die hele storie is iets ongeloofliks. Elke keer as KykNet dit
her-uitsaai, geniet ek dit om dit weer te kyk.

"Deneile" skryf in boodskap news:csljsb$r25$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek sal daarvan hou as Charlize, Arnold en miskien Embeth Davids, Alice
> Krige, Marius Weyers 'n goeie Afrikaanse storie kan skiet. Darrel Roodt
> kan die regiseur wees want hy was uitstekend agter die skerms van Shaka
> Zulu wat op TV was en nou met Yesterday. Het hy ook nie 'n hand in Jock
> of the Bushfeld gehad nie? Anant Singh kan ook hand by sit.
>
Re: Anette gepraat van Afrika films... [boodskap #101058 is 'n antwoord op boodskap #101055] Wo, 19 Januarie 2005 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, Lelethi Khumalo het 'n baie vertoning gelewer in Yesterday - hulle dink
daar gaan miskien 'n Oscar-benoeming wees.
Arnold Vosloo was uit stekend, saam met ander SA akteurs in Yesterday.
Richard E. Grant is baie goed in Story of an African farm
en vroeg in Februarie word nog 'n SA vervaardigde film, met onbekende
akteurs vrygestel.
Soos ek die lotjie in die vermaakbedryf ken, is afguns die hoofdryfveer - so
om die lot wat jy voorgestel het sien saamwerk sal in die eerste plek 'n
wonderwerk wees.
Jy het maar slegs die bekendes genoem - hier by ons krioel dit van
regiseurs, tegnici en akteurs wat almal wag en hoop vir 'n deurbreekkans.

--
Groetnis
Annette

"Deneile" skryf in boodskap news:csljsb$r25$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek sal daarvan hou as Charlize, Arnold en miskien Embeth Davids, Alice
> Krige, Marius Weyers 'n goeie Afrikaanse storie kan skiet. Darrel Roodt kan
> die regiseur wees want hy was uitstekend agter die skerms van Shaka Zulu wat
> op TV was en nou met Yesterday. Het hy ook nie 'n hand in Jock of the
> Bushfeld gehad nie? Anant Singh kan ook hand by sit.
>
Re: Anette gepraat van Afrika films... [boodskap #101059 is 'n antwoord op boodskap #101057] Wo, 19 Januarie 2005 17:33 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Engelse weergawe was onlangs hier op die planke - snaaks genoeg was dit
nie so effektief en met dieselfde impak as in Afrikaans nie.

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:BdmdnfE6eZiN7XPcRVn-vg@is.co.za...
> Vir baie lank wou ek dit al sê en nou gee julle vir my die geleentheid:
> Die 'Siener in the Suburbs' van PG du Plessis met Marius Weyers, Sandra
> Prinsloo, ens. is sekerlik die beste stuk werk wat ek nog gesien het.
> Veral Marius in sy rol as Jakes, sou maklik 'n Oscar vir beste akteur
> losgeslaan het sou hulle dit so kon doen dat die buiteland dit reg kan
> verstaan. Die hele storie is iets ongeloofliks. Elke keer as KykNet dit
> her-uitsaai, geniet ek dit om dit weer te kyk.
> "Deneile" wrote in message
> news:csljsb$r25$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek sal daarvan hou as Charlize, Arnold en miskien Embeth Davids, Alice
>> Krige, Marius Weyers 'n goeie Afrikaanse storie kan skiet. Darrel Roodt
>> kan die regiseur wees want hy was uitstekend agter die skerms van Shaka
>> Zulu wat op TV was en nou met Yesterday. Het hy ook nie 'n hand in Jock
>> of the Bushfeld gehad nie? Anant Singh kan ook hand by sit.
>>
>
Vorige onderwerp: Hotel Rwanda (excellent new film- based on true story)
Volgende onderwerp: 34 South
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:45:11 MGT 2024