Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » " Psalm 8 " deur TOTIUS
" Psalm 8 " deur TOTIUS [boodskap #91865] Wo, 31 Maart 2004 21:54 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Totius (J.D. du Toit)

Psalm 8

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

As ek, o Heer, u nagtelike hemel
daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan -

wat is die mens dan dat U hom gedenk het,
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng'le om u troon.

U laat hom heers. Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van u hande.
U het, o Heer, dit onder hom gestel,
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.

Die os en skaap en wat in wildheid lewe,
die voëls wat deur hoë lugte swewe,
al wat deurkruis die paaie van die see -
tesaam het U dit in sy mag gegee.

Ja, daar's geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
Re: " Psalm 8 " deur TOTIUS [boodskap #91879 is 'n antwoord op boodskap #91865] Do, 01 April 2004 07:37 Na vorige boodskap
Jan van der Merwe  is tans af-lyn  Jan van der Merwe
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir dit .... ek het dit nogal nodig vandag
"@rogers.com" wrote in message
news:H6Hac.2574$86a.600@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Totius (J.D. du Toit)
>
> Psalm 8
>
> Daar is geen land so ver of woes geleë,
> geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
> geen hemelsfeer in die oneindigheid -
> of orals blink u Naam en majesteit.
>
> U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
> uit kindertaal en stem van suigelinge
> u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
> wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.
>
> As ek, o Heer, u nagtelike hemel
> daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
> hoe, deur U toeberei, die skugter maan
> met stille gang oor sterrevelde gaan -
>
> wat is die mens dan dat U hom gedenk het,
> die mensekind wat U so ryk beskenk het!
> Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
> skaars minder as die eng'le om u troon.
>
> U laat hom heers. Tot aan die verste strande
> gebied hy oor die werke van u hande.
> U het, o Heer, dit onder hom gestel,
> dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.
>
> Die os en skaap en wat in wildheid lewe,
> die voëls wat deur hoë lugte swewe,
> al wat deurkruis die paaie van die see -
> tesaam het U dit in sy mag gegee.
>
> Ja, daar's geen land so ver of woes geleë,
> geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
> geen hemelsfeer in die oneindigheid -
> of orals blink u Naam en majesteit.
>
Vorige onderwerp: Buddhisme vs Christene
Volgende onderwerp: " Psalm 23 " deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:04:22 MGT 2024