Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » 'Kyk hoekom party skole leegloop'
'Kyk hoekom party skole leegloop' [boodskap #87862] Di, 02 Desember 2003 18:33 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
'Kyk hoekom party skole leegloop'
Alet Rademeyer


'n Uiters ongebalanseerde situasie wat die regering dringend moet
ondersoek.

Só het politici en skoolhoofde Maandag gereageer op die plekprobleem
vir leerlinge in Gautengse skole.

Terwyl gewese model C-skole uit hul nate bars en gedwing word om talle
leerlinge op waglyste te akkommodeer, smag heelparty skole in die
omliggende townships na meer leerlinge.

Mnr. David Quail, DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê "dit
bewys weer dat ouers al hoe meer met hul voete stem terwyl die
onderwysdepartement blykbaar verkies om dié tendens te ignoreer".
Volgens Quail was daar vanjaar 63 000 leerlinge in die provinsie vir
wie nie beplan is nie.

"Om dié leerlinge te akkommodeer, word al hoe meer druk op model
C-skole in voorstedelike gebiede geplaas."

Me. Juli Kilian, NNP-lid in die wetgewer, het gesê die departement sal
moet begin kyk waarom swart skole leegloop. "Om al hoe meer druk op
skole te plaas wat hul bes doen om gehalte-onderrig te lewer sal nie
die groter probleem laat verdwyn nie."

Mnr. Theo Panya-Panya, werwer by die Ibhongo Secondary School in
Soweto, het gesê die uittog van swart leerlinge na stedelike gebiede
is 'n rede waarom hulle so min leerlinge het. Dié skool het vir sowat
650 leerlinge plek.

Hy het gesê ouers vat hul kinders uit die townships omdat hulle vrees
vir hul veiligheid omdat van die skole nie behoorlik omhein is nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1453480,00. html?kps=193
Re: 'Kyk hoekom party skole leegloop' [boodskap #87879 is 'n antwoord op boodskap #87862] Wo, 03 Desember 2003 11:49 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit het tyd geword dat die swart ouers en gemeenskap meer doen om die
standaard van hulle skole op 'n aanvaarbare standaard te kry. Om bloot na
"blanke" skole te wyk spreek nie die probleem aan nie. En dit het niks met
finansieele kostes uit te waai nie - daar is 'n gebrek aan vertroue in hulle
eie leerkragte en gemeenskap.

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:lnmpsvk94tk4hnhp933vsq6slr6v3a9a76@4ax.com...
> 'Kyk hoekom party skole leegloop'
> Alet Rademeyer
>
>
> 'n Uiters ongebalanseerde situasie wat die regering dringend moet
> ondersoek.
>
> Sê het politici en skoolhoofde Maandag gereageer op die plekprobleem
> vir leerlinge in Gautengse skole.
>
> Terwyl gewese model C-skole uit hul nate bars en gedwing word om talle
> leerlinge op waglyste te akkommodeer, smag heelparty skole in die
> omliggende townships na meer leerlinge.
>
> Mnr. David Quail, DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê "dit
> bewys weer dat ouers al hoe meer met hul voete stem terwyl die
> onderwysdepartement blykbaar verkies om dié tendens te ignoreer".
> Volgens Quail was daar vanjaar 63 000 leerlinge in die provinsie vir
> wie nie beplan is nie.
>
> "Om dié leerlinge te akkommodeer, word al hoe meer druk op model
> C-skole in voorstedelike gebiede geplaas."
>
> Me. Juli Kilian, NNP-lid in die wetgewer, het gesê die departement sal
> moet begin kyk waarom swart skole leegloop. "Om al hoe meer druk op
> skole te plaas wat hul bes doen om gehalte-onderrig te lewer sal nie
> die groter probleem laat verdwyn nie."
>
> Mnr. Theo Panya-Panya, werwer by die Ibhongo Secondary School in
> Soweto, het gesê die uittog van swart leerlinge na stedelike gebiede
> is 'n rede waarom hulle so min leerlinge het. Dié skool het vir sowat
> 650 leerlinge plek.
>
> Hy het gesê ouers vat hul kinders uit die townships omdat hulle vrees
> vir hul veiligheid omdat van die skole nie behoorlik omhein is nie.
>
> http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1453480,00. html?kps=193
Vorige onderwerp: skool verbied afrikaans
Volgende onderwerp: Maak Afrikaans in skole dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:21:15 MGT 2024