Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Sinvolle program
Sinvolle program [boodskap #64864] Di, 16 Julie 2002 09:13
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gisteraand op Lifestyle op Mnet was daar 'n program wat vir my sinvol was -
gemaak in Australiƫ - waar 2 van die 4 jong kriminele wat 'n jong seun in 'n
rooftog doodgeskiet het kon praat met en moes hoor hoeveel mense se lewens
is aangetas agv hul onsinvolle daad.
Wat vir my die hartseerste was is die optrede van die oorlede se ouers -
hulle het nie eers langs mekaar gesit nie.
Hierdie aksie was gehou 41/2 jaar na die tragedie - die ma is nog steeds
verwese en huil nog baie, en sit blykbaar net rond.
Die pa het weer heeltemal na die ander kant toe reageer - hy huil nie, is
aggressief in sy geselstrant en is skaars by die huis, want hy spreek skole
toe oor die gevolge van sulke dade en stig forums waar mense mekaar
ondersteun.

Miskien, op die lange duur, sal dit die ma wees wat dit op die ou end die
beste verwerk en oorleef.
Die pa gee homself nie die geleentheid om te berus en verby dit te begin
leef nie.
Selfde storie as die dame hier wat sedert 1988 werkswinkels en praatjies hou
oor haar mishandeling, doodgebore tweeling, vermoorde 2 kinders. Toe pleeg
sy selfmoord op die ou end - omdat sy haarself nie die voorreg gegun het om
dit agter haar te plaas en met die lewe aan te gaan nie.

Nietemin, terug by die program - hopelik was daar 'n hele paar voornemende
diewe wat gewapende roof in gedagte gehad het wat miskien agv die program
kon besin.

Annette
Vorige onderwerp: Arsenaal
Volgende onderwerp: Liriekeraai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:53:37 MGT 2024