Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Honde en pap
Honde en pap [boodskap #64777] Vr, 12 Julie 2002 19:05 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit was Suidwester, dink ek, wat onlangs genoem het dat pap (ek neem
aan dis mieliepap) net 23% verteerbaar is vir honde. Ek sou gedink het
dis sou nog laer wees en nog heelwat laer vir katte, want die honde-
en kattefamilies is vleisvretende diere van wie die
stysverteringssiteem baie swak aangepas is om stysel te verteer en
baie meer aangepas is om proteïne te verteer.Al wat hulle eintlik kan
hanteer is die bietjie glikogeen wat in spiere en die lewer voorkom,
en dis maar min.

Mense daarteenoor is omnivore, wat alles vreet en, omdat stysel (die
graansoorte, bolle, knolle, yams (Afr?) ens.), die hoofbron van
energie vir omtrent alle mense is, is die mens se vermoeë om stysel te
verteer baie hoog. Ek het probeer om uit tevind wat die
verteerbaarheid van miliepap is maar kon nie die syfer kry nie.
Instink sê vir my dit sal minstens 70% wees. So Annette, vergeet van
kindermishandeling, al daai pap was goed vir jou :)

Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64786 is 'n antwoord op boodskap #64777] Sa, 13 Julie 2002 02:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

al daai pap was goed vir jou :)

Ek was nog altyd onder die indruk dat
mieliepap, soos gemaak deur die Zulus
en Xhosas, baie goed vir jou is.
Maar ek lees onlangs dat iemand dink
dat een van die oorsake van sulke groot
getalle van suikersiekte in Noord-Amerika,
veroorsaak word deur die feit dat daar so
baie byprodukte van mielies as inhoud in
so baie geprosseseerde voedsel gevind word.
Dit laat my toe kyk waar orals mens corn
syrup bygevoeg kry by kosse. En dis verbasend
hoeveel dit gebruik word. Ek kan nie onthou
dat "corn syrup" so 'n bekende bestanddeel
was in my dae in SA nie.

Gloudina
Re: Honde en pap [boodskap #64788 is 'n antwoord op boodskap #64786] Sa, 13 Julie 2002 04:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - ons maak maar almal foute...
skryf in boodskap news:3D2F9351.6040507@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
> al daai pap was goed vir jou :)
>
>
> Ek was nog altyd onder die indruk dat
> mieliepap, soos gemaak deur die Zulus
> en Xhosas, baie goed vir jou is.
> Maar ek lees onlangs dat iemand dink
> dat een van die oorsake van sulke groot
> getalle van suikersiekte in Noord-Amerika,
> veroorsaak word deur die feit dat daar so
> baie byprodukte van mielies as inhoud in
> so baie geprosseseerde voedsel gevind word.
> Dit laat my toe kyk waar orals mens corn
> syrup bygevoeg kry by kosse. En dis verbasend
> hoeveel dit gebruik word. Ek kan nie onthou
> dat "corn syrup" so 'n bekende bestanddeel
> was in my dae in SA nie.
>
> Gloudina
>
Re: Honde en pap [boodskap #64794 is 'n antwoord op boodskap #64777] Sa, 13 Julie 2002 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy kan daai toets self maak. Gee vir jou hond vir twee of drie dae pille
soos Pedigree en gaan kyk die volume van sy 'auspuff'. Doen dan dieselfde
met mieliepap en sê vleis of bene en kyk weer. Jy sal vind dat die bolle
met die mieliepap as basis veel groter is. Miskien moet mens hierdie net
in perspektief sien. Ons praat hier van mieliepap as stapelvoedsel vir die
hond of 'n arm mens en so 'n oordosis kan lei tot ondervoeding. Dis hoekom
party kenners reken dat die oordosis pap van Afrika een van die groot
probleme met die VIGS is. Die mense is ondervoed en kan nie weerstand bied
nie.
Wee' jy, donkiejare gelede aan die Suidweskus toe die mense vir
diamante gedelf het suid van Walvisbaai naby Conceptionbaai, het die
Duitsers ondervind dat hordes van hul Owambowerkers die lewe gelaat het.
Hulle het toe 'n dokter gestuur uit Duitsland om die oorsaak vas te stel en
sy aanbeveling was dat dit juis die oormaat pap was wat die werkers elke dag
gekry het en dat die werkers ondervoed was. Hul liggame kon geen weerstand
bied teen verkoue en griep nie [in die woestyn is dit vuurwarm in die dag en
in die nag kan dit onder vriespunt gaan]. Sy aanbeveling was dat die
etensure van 'n halfuur na 'n uur gerek moet word sodat die pap eerstens
ordentlik gaar gemaak kan word [elke ou het sy eie kos gemaak en in die
halfuur tot sy beskikking moes hy sy pap maak en eet] en dan meer langsaam
geëet moet word en dat 'n man ook so 'n bietjie kan 'hang' voor hy begin
werk. Dit alles nogal daar doer rondom 1895 êrens!

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207121105.2623140d@posting.google.com...
> Dit was Suidwester, dink ek, wat onlangs genoem het dat pap (ek neem
> aan dis mieliepap) net 23% verteerbaar is vir honde. Ek sou gedink het
> dis sou nog laer wees en nog heelwat laer vir katte, want die honde-
> en kattefamilies is vleisvretende diere van wie die
> stysverteringssiteem baie swak aangepas is om stysel te verteer en
> baie meer aangepas is om proteïne te verteer.Al wat hulle eintlik kan
> hanteer is die bietjie glikogeen wat in spiere en die lewer voorkom,
> en dis maar min.
>
> Mense daarteenoor is omnivore, wat alles vreet en, omdat stysel (die
> graansoorte, bolle, knolle, yams (Afr?) ens.), die hoofbron van
> energie vir omtrent alle mense is, is die mens se vermoeë om stysel te
> verteer baie hoog. Ek het probeer om uit tevind wat die
> verteerbaarheid van miliepap is maar kon nie die syfer kry nie.
> Instink sê vir my dit sal minstens 70% wees. So Annette, vergeet van
> kindermishandeling, al daai pap was goed vir jou :)
>
> Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64799 is 'n antwoord op boodskap #64777] Sa, 13 Julie 2002 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis hoekom ek so mooi rond en gesond is;))
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207121105.2623140d@posting.google.com...
> Dit was Suidwester, dink ek, wat onlangs genoem het dat pap (ek neem
> aan dis mieliepap) net 23% verteerbaar is vir honde. Ek sou gedink het
> dis sou nog laer wees en nog heelwat laer vir katte, want die honde-
> en kattefamilies is vleisvretende diere van wie die
> stysverteringssiteem baie swak aangepas is om stysel te verteer en
> baie meer aangepas is om proteïne te verteer.Al wat hulle eintlik kan
> hanteer is die bietjie glikogeen wat in spiere en die lewer voorkom,
> en dis maar min.
>
> Mense daarteenoor is omnivore, wat alles vreet en, omdat stysel (die
> graansoorte, bolle, knolle, yams (Afr?) ens.), die hoofbron van
> energie vir omtrent alle mense is, is die mens se vermoeë om stysel te
> verteer baie hoog. Ek het probeer om uit tevind wat die
> verteerbaarheid van miliepap is maar kon nie die syfer kry nie.
> Instink sê vir my dit sal minstens 70% wees. So Annette, vergeet van
> kindermishandeling, al daai pap was goed vir jou :)
>
> Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64852 is 'n antwoord op boodskap #64786] Ma, 15 Julie 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message Ek kan nie onthou
> dat "corn syrup" so 'n bekende bestanddeel
> was in my dae in SA nie.
>
Gloudina

Hierdie storie van "High-fructose Corn Syrup" is baie tipies van
Amerika. Ek weet nie of dit elders gedoen word nie. Die idee is om 'n
mengsel van glukose en fruktose te kry wat soeter as gewone
tafelsuiker (sukrose) is. Amerikaners is mos bietjie laf en glo
allerhande goed, suiker ingesluit, sleg is vir jou. Op die
soetheidsskaal het sukrose 'n waarde van 100, glukose net oor 60 en
fruktose net oor 170, dus sal selfs 'n mengsel van eweveel glukose en
fruktose soeter as suiker wees en sal mens dan nou hopelik minder
gebruik.

Mielies (die graan) bestaan hoofsaaklk uit stysel en stysel betaan uit
glukose. Wat hulle nou doen is om al die vesel en wat nog uit die
mieliemeel te sif, die stysel af te breek (hidrloliseer) tot glukose
en 'n deel van laasgenoemde dan met 'n ensiem om te sit na fruktose.

'n Hoë inname van fruktose het sekere nadelige affekte, maar soos ek
nou hier sit is ek nie seker wat dit is nie. Ek het lanklaas
Metabolisme gedoseer en is nie seker van my punte nie. Boonop is al
die teksboeke wat ek hier by die huis het antiek en hierdie sake kom
nie daarin voor nie. Sal jou volgende week laat weet as jy regtig wil
weet. Ek is nou met vakansie en pensieonasisse gaan nie vakansietyd
werk toe nie :)

Sorry. Al weer 'n feeble lesing.

Groete, Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64854 is 'n antwoord op boodskap #64852] Ma, 15 Julie 2002 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> 'n Hoë inname van fruktose het sekere nadelige affekte, maar soos ek
> nou hier sit is ek nie seker wat dit is nie. Sal jou volgende week laat weet as jy regtig wil
> weet.
> Sorry. Al weer 'n feeble lesing.

Hou op verskoning maak. Jou plasings is van
die interessantstes op die nuusgroep.
Ek sal ook bietjie meer probeer uitvind.
Het vergeet - is jy biologie-onderwyser?
En verduidelik weer waar jy bly daar in die
Oostelike provinsie. Jy het vroeër gesê, maar
ek het die presiese plek vergeet.

Gloudina
Re: Honde en pap [boodskap #64876 is 'n antwoord op boodskap #64852] Di, 16 Julie 2002 22:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 15 Jul 2002 12:41:52 -0700, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Hierdie storie van "High-fructose Corn Syrup" is baie tipies van
> Amerika. Ek weet nie of dit elders gedoen word nie. Die idee is om 'n
> mengsel van glukose en fruktose te kry wat soeter as gewone
> tafelsuiker (sukrose) is.

Haai Drom,

Hierdie was nou 'n vrek interessante verduideliking! Ons het amper 5
jaar gelede na Madison, WI toe gekom, en ek onthou dat aan die begin
was omtrent alles hier vir my te soet. Dit was vir my so asof die
Amerikaners suiker in ALLES gegooi het. En die een ding wat ek wel met
suiker drink, koffie, drink die perre hier bitter!

Ander mense (soos bv. besoekers uit SA) het nie dieselfde ondervinding
as ek gehad nie, en ek het gewonder of ek nie net dalk 'n bietjie van
'n natbroek gehad het nie. Dit wat jy gesê het maak egter nou vir my
baie sin, en strook met my persoonlike ondervinding.

Natuurlik is dit al lankal dat kos nie meer vir my soet proe nie, en
ek wonder nogal hoe ek die kos in SA gaan ervaar wanneer ons een van
die dae daar gaan kuier.

> Sorry. Al weer 'n feeble lesing.
Nee, dit was nie!

> Groete, Drom
Groete
Jacques

Maak die spelfout in my epos adres reg om my regte epos adres te kry.
Re: Honde en pap [boodskap #64906 is 'n antwoord op boodskap #64854] Wo, 17 Julie 2002 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote
>
>
>
> Het vergeet - is jy biologie-onderwyser?

Nee. Tot 'n jaar en 'n half gelede was ek 'n swak Biochemikus, maar 'n
goeie Biochemie dosent. Toe het ek uit pure gatvolgeid 'n effens
vervroegde pensioen gevat en is die afgelope een en 'n half jaar net
'n goeie dosent {op kontrak) wat my bes probeer doen om na my
studentjies om te sien. Mens moet net nie ribbes breek en aan die suip
raak nie :)

> En verduidelik weer waar jy bly daar in die
> Oostelike provinsie.

Woon op Fort Beaufort, 'n ou dorpie wat nou vinnig uitrafel. Van nou
af tot die einde van die jaar gaan daar so iets soos sewe winkels
toemaak. Drie van hulle is van daai groot kettingwinkels wat klere
verkoop in omtrent enige redelike dorp. Een supermark het alreeds
toegemaak.

Werk op Alice, so 22 Km Oos van hier. Wyfiemens werk by Yellowwoods,
'n privaat laerskool in die veld 18 Km Wes van hier. Sy gee alle
Wiskunde en alle Afrkaanse klasse en werk haar oor 'n mik.

Groete, Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64907 is 'n antwoord op boodskap #64906] Wo, 17 Julie 2002 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Woon op Fort Beaufort, 'n ou dorpie wat nou vinnig uitrafel.
> Werk op Alice, so 22 Km Oos van hier.

Fort Beaufort ken ek goed. Dis omdat ek
op Healdtown, op die plato net bokant die
dorp, vir twee jaar skoolgehou het. Ons het
baie in Fort Beaufort gaan fliek.
Ek dink die dorp moes na ek daar weg was, gegroei
het, want ek dink nie daar was soveel winkels
daar in my dae nie.
Ek neem aan jy gee dus klas by Fort Hare?
Is daar nou ook nie-swart studente op Fort Hare?
Die mooiste ding wat ek van daardie streke
onthou, was die boom-aalwyne wat in die herfs
begin blom het. En ek verbeel my hulle was nog
daar in die winter. Bloei hulle nog?

Gloudina
Re: Honde en pap [boodskap #64937 is 'n antwoord op boodskap #64794] Vr, 19 Julie 2002 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwes

Jy moet onthou dat in die ou dae hondepille en -blikke nie juis
beskikbaar was nie, veral nie op plase nie, dus was mieleiepap en
melk, afvalkos en bene die srandaard dieet vir honde. Dit gaan nou nog
maar so op meeste van my familie se plase.

Wat die Ovambodelwers betref waarvan jy praat sou ek dink dat hulle
defnitief ondervoed was. Om mieieliepap (slap, styf of krummel) gaar
te kry neem nogal 'n tyd om te kook, af te laat koel en dan te eet. 'n
Halfuur is veels te kort en het net beteken dat hulle halfrou graan
geëet het en rou graan is baie meer onverteerbaar as die gaar produk.

Mielies is goeie kos, veral wat energie aanbetref, maar dit moet
aangevul word met groengoed en dan ook met vleis of 'n goeie
vleissous, want dit het 'n gebrek aan sekere vitamines en is baie
gebrekkig sover dit lisien, een van die essensiële aminosure, betref.

Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64938 is 'n antwoord op boodskap #64907] Vr, 19 Julie 2002 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Fort beaufort het sterk gegroei van die laat 1970s toe Cape College
begin het en toe weer in din die middel 1980s toe Alice by die Ciskei
ingelyf is. Fort Hare het toe hier dosyne huise vir personeel gebou,
veral om die lewe vir die met skoolgaande kinders makliker te maak,
want die skool op Alice het gesluit. Mens kon daar bly as jy wou maar
dit was baie moeite om jou kinders by die skool en terug te kry. Hier
het dus baie mense met redelike inkomstes ingevloei en dit het regtig
nogal die plek laat blom. 'n Klomp nuwe winkels, 'n nuwe mediese
sentrum en wat ook nog al.

Toe so paar jaar gelede toe begin die rot intree. Alles het net
uitmekaar uit begin val en mens wonder wat die toekoms inhou.
Lewenskwaliteit is belangrik en ek glo nie hierdie dorp kan my dit
meer aanbied nie. Ons al seker nog minstens 'n jaar hier woon maar dan
sal ons ook maar die sinkende skip verlaat.

Nou jou vrae: Ja, ek is by Fort Hare, 'n hele paar (!) jaar al. Dit
was aan die begin so lekker hier dat mens nie kon weg gaan nie. En ja,
hier is al nie-swart studente hier, maar nie vreeslik baie nie. Let's
face it, Alice het nie 'n uitstaande studentelewe om aan te bied nie.

En dan Fort Beaufort se seisoene betref. Lente is altyd nogal iets,
met die geur van sitrusbloeisels en die doringbome wat soms heldergeel
in die blom staan, die somers is te warm (laasjaar was dit een dag
45°C in die middel van die dorp), herfs is baie mooi met die aalwyne
(en ja, hulle blom nog steeds alhoewel hulle al bietjie af is), en die
winters is nie baie koud nie, behalwe vir die laaste drie of vier dae.

Groete, Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64955 is 'n antwoord op boodskap #64938] Vr, 19 Julie 2002 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Fort beaufort het sterk gegroei van die laat 1970s toe Cape College
> begin het en toe weer in din die middel 1980s toe Alice by die Ciskei
> ingelyf is. Fort Hare het toe hier dosyne huise vir personeel gebou,
> veral om die lewe vir die met skoolgaande kinders makliker te maak,
> want die skool op Alice het gesluit.

Baie interessant. Wat is "Cape College."
Was jy al op Healdtown?
As ons Alice toe wou gaan, het ons met 'n
pad oor die plato daarheen gegaan.

Gloudina
Re: Honde en pap [boodskap #64960 is 'n antwoord op boodskap #64937] Vr, 19 Julie 2002 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jip, ek dink jy't dit reg. Die geskiedenis wys ook dat daar dringend vir
die werkers in die diamantvelde vars vleis en groente gebring is deur die
woestyn want hulle het skeurbuik gekry. Ek aanvaar ook dat mieliepap die
stapelvoedsel is vir baie mense en diere in die land en dis seker logies dat
die arm man sal koop wat sy maag die beste vol sal maak. Wat is daar dan
anders vir die arm man? Hoe meer ek egter aan daai ou se
ondervoed-Afrika-storie dink, hoe meer logies klink dit vir my. Hy sê die
rede hoekom AIDS so vinnig in Afrika mense doodmaak, is juis omdat hulle
liggame ondervoed is en daarom nie ordentlik weerstand kan bied nie.
Maar so gaan dit mos met die tegnologie. Ek lees die anderdag dat
hartomlynings een van die dae uit die oude doos gaan wees. Hulle sê dat
enige aar wat verstop raak, sy eie pelle langs hom soek vir nuwe paaie
rondom en groei nuwe are daar. Nou vat die VSA se dokters sulke lang
naalde en spuit groeihormone in die gebied waar 'n verstopping is en voila!
So 'n klompie ure later begin die eerste natuurlike 'bypasses' vorm!

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207190124.42c5ae6d@posting.google.com...
> Suidwes
>
> Jy moet onthou dat in die ou dae hondepille en -blikke nie juis
> beskikbaar was nie, veral nie op plase nie, dus was mieleiepap en
> melk, afvalkos en bene die srandaard dieet vir honde. Dit gaan nou nog
> maar so op meeste van my familie se plase.
>
> Wat die Ovambodelwers betref waarvan jy praat sou ek dink dat hulle
> defnitief ondervoed was. Om mieieliepap (slap, styf of krummel) gaar
> te kry neem nogal 'n tyd om te kook, af te laat koel en dan te eet. 'n
> Halfuur is veels te kort en het net beteken dat hulle halfrou graan
> geëet het en rou graan is baie meer onverteerbaar as die gaar produk.
>
> Mielies is goeie kos, veral wat energie aanbetref, maar dit moet
> aangevul word met groengoed en dan ook met vleis of 'n goeie
> vleissous, want dit het 'n gebrek aan sekere vitamines en is baie
> gebrekkig sover dit lisien, een van die essensiële aminosure, betref.
>
> Drom
Re: Honde en pap [boodskap #64964 is 'n antwoord op boodskap #64955] Vr, 19 Julie 2002 18:48 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote
>
>
>
> Baie interessant. Wat is "Cape College."

Dit was 'n onderwyserskollege, wat op sy hoogtepunt meer as 800
studente gehad het. Toe, so paar jaar gelede besluit die regering dat
hulle nie nog onderwysers wil hê nie. Kan jy dit glo? Toe my vrou so
paar weke gelede by skole daar in die verre Oos-Kaap was het sy op
laerskole afgekom waar daar tot amper 100 kinders in een standerd is!
In elk geval, daar is toe nie meer studente toegelaat nie maar meeste
van die personeel is nog daar. Hulle doen absoluut niks en kry 'n
salaris daarvoor. Nou het daar glo ander staatsdepartemente in van die
kantore ingetrek en is daar weer krag en telefone. Vir 'n lang tyd was
dit afgesny omdat die Departement nie betaal het nie.

> Was jy al op Healdtown?

Ja, lank gelede. Die grondpad soontoe is nou baie verwaarloos.

Drom
Vorige onderwerp: Nuwe Super Hond
Volgende onderwerp: Hulp met stoute hond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:56:45 MGT 2024