Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Kinders van God (basjan)
Kinders van God (basjan) [boodskap #99539] Sa, 16 Oktober 2004 20:11
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "basjan" skryf:
> Mag ek vra waar Jesus sê dat ons almal kinders van God is?

> katryn:
> Die bekendste voorbeelde wat gewoonlik gebruik word om hierdie vraag
> van jou te antwoord is:
> Ps 82 veral vers 6 en Johannes 10:34:

> Basjan:

> Dit het dus met die wet te doen, 'n wet wat deur Jesus tot niet gemaak is.
> Maar dit bly moeilik om in Bybelse terme om die waarheid van Jesus as
> Saligmaker te kom. Ek weet ons stem nie saam hieroor nie, maar dit is wat
> ek glo. Verwysing na my s mens as 'n "god" hier geskied in terme van die
> wet, as "judge of the law", maar Jesus het die wet vernietig, ek is nie meer
> 'n "judge" nie, ek hoef slegs Sy verlossing my eie te maak. Dit in kort, is
> wat ek glo!

Katryn:
Ja, dankie vir jou verduideliking. Daar is erg baie interpretasies
deur verskillende mense en denominasies oor die saak, en spesifiek
daardie bybelverse, en ek is wel bekend met jou interpretasie ook.
Ongelukkig kan ek nou nie onthou presies uit watter van die talle
"creeds" die konsep van "ons is almal kinders van God" kom nie, maar
dit is natuurlik ook 'n bron wat baie gebruik word deur Christene wat
daardie terminologie gebruik.

Elkgeval, ek dink nou sommer terug aan baie jare gelede toe ons ook
die konsep bespreek het in die Assemblies of God waar ek 'n aktiewe
lidmaat was, en besef nou weer dat mens moet seker ook na die konsep
van "justification" en dan ook sanktifikasie kyk om die hele ding in
konteks te kan begryp?
Veral die konsep van die wet en "judge of the law" soos jy dit
verduidelik mbt "justification". Dit is nogal belangrik om die
wettige aspek van "justification" te probeer verstaan, want as
voorbeeld het St Augustine wat nogal verantwoordelik was vir die
daarstellings van baie dogmatiese leerstellings en dogma wat mense
vandag nog in veral protestante kerke "leer", duidelik nooit 'n baie
goeie begrip gehad van die verskil tussen die "legal act" van
justification en die meer morele proses van sanktifikasie, nie. Dit
maak sin as mens na sy agtergrond (waar hy vandaan kom as sulks), ook
kyk.

Een ding wat soos n paal bo water staan is dat die vroe'e Christene se
interpretasies van die Christelke geloof, en die geloof soos ons dit
vandag ken, hemelsbreed verskil.
Vorige onderwerp: Tito en die NGK
Volgende onderwerp: Re: NGK wroeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 10:40:40 MGT 2024