Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Skryf 'n Boek
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95070 is 'n antwoord op boodskap #95062] Vr, 16 Julie 2004 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kry goeie lewensversekering (dink aan inflasie). Die ryk oumense wat ek ken,
het as jongmense gesuffer om al hulle polisse te kan betaal...

Ons verwysingsraamwerke verskil bietjie. Julle het daar ousies om na die
kinders te kyk. In Nederland kan 'n vrou nie werk as sy twee kinders het
nie, want die kinderopvang sal meer kos as haar salaris.

Wat ons hier doen is om bv net vier of selfs drie dae per week te werk. Man
en vrou, maar verskillende dae. So hoef die kind(ers) maar 'n dag of twee
per week opgevang te word.

Ek kan dus hier gorrel en jy daar, maar ons omstandighede verskil baie.

Max____________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:cd8fok$80a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy verstaan my heeltemal verkeerd. Ek is emosioneel vreeslik afhanklik van
> my man. Ek is nie een van daai vrouens wat alles self probeer fix nie. As
> my man vir my 'n "battle kan fight" dan gee ek vir hom die swaard. Maar die
> harde feite van die lewe is eenvoudig so dat 'n mens nie meer finansieel net
> van jou man afhanklik kan wees nie.
>
> Jy kan maar emosioneel afhanklik wees van jou eggenoot, maar moenie
> finansieel afhanklik raak nie. Ons leef in moeilike gevaarlike tye. Mans
> los hulle vrouens elke dag met minder as niks, more loop my man dalk oor die
> straat en word deur 'n kar doodgery of is dalk in 'n ongeluk en kan nie meer
> werk nie. Wie gaan vir jou werk gee as jy 20 jaar niks anders as 'n
> huisvrou was nie? Hoe gaan jy vir jou kinders sorg? Is dit nie beter om
> seker te maak jou kinders kry baie liefde op 'n vol magie, 'n dak oor hulle
> kop en die kans om te gaan leer, as die teenoorgestelde nie?
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:40f7b598$0$48933$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> My suster, jy is te "ek" en "my" en "eie" vir my. Ons het duidelik
>> verskillende idees oor die huwelik. Gelukkig is ons nie met mekaar getroud
>> nie, want dit sou nie gehou het nie.
>>
>> As mens trou, word jy een. As jy eie mens, eie werk, eie geld wil wees/hê,
>> moet jy eerder nie trou nie... My vrou is afhanklik van my, net soos wat ek
>> van haar is. Dit pla nie een van ons nie. Sou een wegval, gaan dit vir die
>> ander een 'n helse slag wees, want ons sal van voor af moet begin.
>>
>> As jy dink dat jou inkomste die belangrikste is wat jy jou kind kan bied...
>> Dink weer! Jy praat van kwaliteit vs kwantiteit. Watse kwaliteit aandag kry
>> jou kind bedags by onderwysers ens? En as jy saans moeg by die huis kom,
>> watse kwaliteit tyd spandeer jy dan met jou kind?
>>
>> Jou kop is hard.
>>
>> Ek stem saam om van jou te verskil...
>>
>> Max____________________________
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95083 is 'n antwoord op boodskap #95070] Vr, 16 Julie 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lewensversekering gaan my net mooi niks help as my man eendag besluit hy los
my vir 'n jonger mooier vrou nie. Hoewel ons darem gewone lewensversekering
en 'n "income protector" het, sou een van ons dalk nie in staat daartoe wees
om te werk nie.

My ma kyk na my suster se meisiekind deur die dag as werk. Volgende jaar
gaan sy in 'n speelgroepie in. Baie werkende mammas se kinders gaan na 'n
dagmoeder toe, en word nie deur die huishulp grootgemaak nie. Dis die norm
hier deesdae.

Ek persoonlik, verkies om my eie kinders groot te maak, maar my
omstandighede is baie anders as ander vrouens s'n.

E

"Max" skryf in boodskap news:40f7c7e3$0$65124$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Kry goeie lewensversekering (dink aan inflasie). Die ryk oumense wat ek ken,
> het as jongmense gesuffer om al hulle polisse te kan betaal...
>
> Ons verwysingsraamwerke verskil bietjie. Julle het daar ousies om na die
> kinders te kyk. In Nederland kan 'n vrou nie werk as sy twee kinders het
> nie, want die kinderopvang sal meer kos as haar salaris.
>
> Wat ons hier doen is om bv net vier of selfs drie dae per week te werk. Man
> en vrou, maar verskillende dae. So hoef die kind(ers) maar 'n dag of twee
> per week opgevang te word.
>
> Ek kan dus hier gorrel en jy daar, maar ons omstandighede verskil baie.
>
> Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95084 is 'n antwoord op boodskap #95069] Vr, 16 Julie 2004 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat net van wat ek self gesien en ondervind het. My ma het vir 20 jaar
opgehou werk, en sy het totaal ten gronde gegaan toe ons so een, een uit die
huis begin weggaan het. My skoonma is al 28 jaar lank huisvrou, en is deur
dieselfde ding - sy is inteendeel nog nie daar uit nie.

My ma was eens op 'n tyd in 'n mediese beroep en my skoonma was in die
wetenskaplike veld. Albei is so ver agter dat hulle nooit weer sal inhaal
nie, so hulle kan nie teruggaan na hulle gekose beroepe toe nie. Jy moet
ook onthou dat werk maar effe skaars is in SA. As jy oor 45 is, sukkel jy om
werk te kry, al het jy 20 jaar se grade en ondervinding.

E

"@rogers.com" wrote:

> Verskoon my, Elaine, maar ek dink jou pa is
> verkeerd. Die hele prentjie wat jy hierbo
> skilder is verkeerd. Ek het twaalf jaar "by
> die huis gebly" sodat ek my kinders kon
> grootmaak, en het eers weer begin werk
> toe die jongste skooltoe is. En ek sal nooit
> jammer daaroor wees nie. Nie alleen het
> my lewe om my man en kinders gedraai
> nie, maar die lewe in die dorp waar ons
> gebly het, het ook soms om my gedraai, soos
> ek en my man 'n William Blake workshop
> vir tien jaar georganiseer het. En soos my
> kinders in skoolaktiwiteite meer en meer
> indruk begin maak het, het ek ook meer
> en meer in die lewe van die gemeenskap
> gewikkeld geraak. My lewe het nie in
> duie gestort toe hulle die huis verlaat het
> nie, want dit was 'n natuurlike ontwikkeling
> in ons almal se lewens.
>
> Gloudina
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95102 is 'n antwoord op boodskap #95047] Sa, 17 Julie 2004 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jou altyd tiekel? Laat ek weer probeer. Beide die man en vrou het 'n
bepaalde omstandighede binne hulle huwelik. As hulle 'n kind wil verwek
binne daai huwelik, dan gaan dinge verander. Hulle sal nie meer kan
aangaan soos voorheen nie. Die kind gaan tyd vra wat beide nie op die
oomblik kan gee omdat beide voltyds werk. Nou sê ek, die kind is
willekeurig verwek, so tussen die twee sal hulle moet besluit hoe gaan hulle
daai tyd skep. Miskien kan die vrou 'n halfdag werk kry of 'n eie
besigheid begin wat haar nie voldag besig sal hou nie? As sy die sterk ene
is werksgewys, kan die man nie sy beroep aanpas om die nodige tyd te skep
vir die kind nie? As beide nie die tyd kan prysgee nie omdat beide hul
beroep te belangrik ag, hoekom wil hulle 'n kind hê? Is dit nie so 'n
bietjie selfsugtig nie? Hulle dink dan mos net aan hulle self en nie aan
die feit dat hulle 'n goeie kans het dat hulle die kind nie behoorlik sal
kan opvoed nie. My redenasie is dat dit oor die KIND gaan en nie oor die
ouer nie.
O, en die vraag is nie of die werkende pa genoeg omgee vir sy kind
nie....die vraag is eerder voldoen die pa aan sy kind se werklike behoeftes?
Oor die algemeen gaan jy 'n skokkende antwoord kry, reken ek.

"Annette" skryf in boodskap news:cd8bpq$n90$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat my altyd van Suidwester se hele argument tiekel, is dat dit beteken die
> die werkende pa gee nie om vir sy kind nie?
> --
> Groetnis
> Annette
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95103 is 'n antwoord op boodskap #95043] Sa, 17 Julie 2004 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek luister vir jou dat jy praat net van 'ek' en 'my'. Wat van wat 'n kind
van jou gaan verwag? Wat werklik saak maak, is wat die kind se behoeftes
is en of jy as ouers daaraan kan voldoen. As jy my vra, sou ek reken jy en
jou man moet daar verbyhou.

"Elaine" skryf in boodskap news:cd8auu$l08$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit gee die regte boodskap. MOENIE VAN 'N MAN AFHANKLIK RAAK NIE, wees jou
> eie mens, maak jou eie geld, volg jou eie belangstellinge, maak jou eie
> loopbaan. Jy weet nooit wanneer jou man gatvol vir jou gaan raak of sy werk
> gaan verloor of, hemele behoed, iets gaan oorkom nie. Watse use is jy dan
> vir jou kind as jy nie 'n inkomste het nie?

As daar een ding is wat my pa my geleer is is dit dat die lewe nie om 'n
man en kinders draai
> nie. Moet nooit afhanklik raak van 'n man nie, moenie jou werk los as jy
> kinders het nie, want jou hele lewe sal in duie stort die dag wat hulle uit
> die huis uitgaan, ens tot vervelens.
-----ek wil regtig nie jou pa beledig nie nie, maar ek dink as hy jou
werklik so geleer het, het hy 'n groot fout gemaak. Alles wat jy hierbo
sê, klink baie verbitterd.
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95115 is 'n antwoord op boodskap #95103] So, 18 Julie 2004 00:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan nie eers meer probeer verduidelik nie. Selfs vir my is dit te
moeilik om my denkwyse aan mense oor te dra, ek val na albei kante toe. As
ek kinders het, sal ek hulle self grootmaak en versorg (maklik vir my om dit
te sê), maar ek sal nie my beroep opgee nie. My kinders sal altyd eerste
kom, bo my eie behoeftes, maar ek sal nie vergeet om so nou en dan die
kinders vir Ouma te vat sodat ek en my man 'n bietjie tyd alleen kan saam
deurbring nie, of sodat daar 'n bietjie "ek" tyd is nie. Maar as my kind
siek word op die dag wat ek hulle vir Ouma wil vat, sal ek my eie planne
kanselleer om my kind te versorg. Verstaan jy?

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40f8f806.0@news1.mweb.co.za...
> Ek luister vir jou dat jy praat net van 'ek' en 'my'. Wat van wat 'n kind
> van jou gaan verwag? Wat werklik saak maak, is wat die kind se behoeftes
> is en of jy as ouers daaraan kan voldoen. As jy my vra, sou ek reken jy en
> jou man moet daar verbyhou.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95116 is 'n antwoord op boodskap #95103] So, 18 Julie 2004 01:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's net bitter oor een ding. Dat baie mense wragtag nog steeds van 'n vrou
verwag om ALLES op te geen vir haar man en kinders. Vir wat vra ek julle?
Hoekom word dieselfde nie van 'n man verwag nie?

E

"Suidwester" wrote:

> -----ek wil regtig nie jou pa beledig nie nie, maar ek dink as hy jou
> werklik so geleer het, het hy 'n groot fout gemaak. Alles wat jy hierbo
> sê, klink baie verbitterd.
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95169 is 'n antwoord op boodskap #95116] Ma, 19 Julie 2004 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
My skapie, ons verwag dit nie... Jy dink ons verwag dit en nou kom kak jy
ons uit omdat ons dit verwag. Feit van die saak is, óf jy óf jou man gaan
minder moet werk. As jy die stabieler werk het of die groter salaris
verdien, sien ek nie waarom jy dit moet los nie. Dan los jou man sy werk en
maak die kinders groot. (Ongelukkig moet jy self die kraamwerk doen. Dis nie
ons wat dit besluit het nie, maar die Oom daarbo!)

Kan julle nie bekostig om op een salaris te leef nie? Ja, dis 'n siekte in
SA. Jy kan mos nie met 'n kleiner karretjie ry as die buurman nie... Om van
'n kleiner huisie nie eers te praat nie. En moet tog nie op straat gesien
word met verlede jaar se klere nie!

SA is 'n arm land met 'n kultuur van skatryk mense...

Max____________________________

"Elaine" wrote in message
news:cdcl75$kpa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's net bitter oor een ding. Dat baie mense wragtag nog steeds van 'n vrou
> verwag om ALLES op te geen vir haar man en kinders. Vir wat vra ek julle?
> Hoekom word dieselfde nie van 'n man verwag nie?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
>
>> -----ek wil regtig nie jou pa beledig nie nie, maar ek dink as hy jou
>> werklik so geleer het, het hy 'n groot fout gemaak. Alles wat jy hierbo
>> sê, klink baie verbitterd.
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95177 is 'n antwoord op boodskap #95169] Ma, 19 Julie 2004 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> SA is 'n arm land met 'n kultuur van skatryk mense...

Moenie die hele Suid-Afrika onder dieselfde
kam skeer nie. Dis meestal die handjievol
wit mense wat aan dié siekte ly.

Gloudina
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95178 is 'n antwoord op boodskap #95177] Ma, 19 Julie 2004 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja en nee, Gloudina.

Jy was duidelik te lank gelede bietjie na SA toe. Jy moet sien hoe lyk die
swart sakelui! Jy moet sien waar hulle woon en watse klere hulle dra. En glo
my, hulle voel 'n veer as hulle teen 160 km/h in hulle Merc verby die
plakkerskampe skeur...

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:P2OKc.1062717$Ar.234065@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> SA is 'n arm land met 'n kultuur van skatryk mense...
>
> Moenie die hele Suid-Afrika onder dieselfde
> kam skeer nie. Dis meestal die handjievol
> wit mense wat aan dié siekte ly.
>
> Gloudina
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95183 is 'n antwoord op boodskap #95178] Ma, 19 Julie 2004 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sekondeer. Maar Gloudina sal dit nie verstaan nie. Volgens haar is
elke swart man 'n Mandela en elke wit man 'n Hitler. Sy kan nie verstaan
dat snaaks genoeg die rykste swart mense in Afrika almal oud politici is
nie. Sy sukkel ook om te verstaan dat hulle niks omgee vir hulle
broeders in armoede nie.

Sy het seker ook nog 'n pragtige manier om Mugabe op te hemel. Sy trap
my mos uit oor ek van hom praat...

Ek hoor by 'n vriend in die department van behuising dat daar nie 'n
direkte kommunikasie kanaal tussen die adviseurs en analiste en die
minister is nie. Daar is 5 vlakke van direksies waardeur inligting toer
voor dit by die minister uitkom. Niemand vertel die minister hoe sleg
dit gaan nie want dit kan jou jou werk kos. Dit is hoe ek dink Mugabe so
mal aangaan. Hy dink werklik dit gaan goed met sy land. Hy het
waarskynlik net so baie vlakke van kommunikasie filtrering. Of miskien
kan hy nie die rooi ligte sien flits nie omdat hy die kleur rooi verband
het. Ja, hy het die kleur rooi van nasionale TV verban omdat dit die MDC
se kleur is!

Die minister van gesondheid se departement is nog erger sê my vriend. Hy
sê dat sy ekonomie kollegas in haar departement al lankal gesê het die
minister moet nie haar hand in die medisyne mark druk nie want dit skep
'n steuring in die mark wat jare gaan neem om te herstel. Dit het nou
gebeur maar niemand na aan haar wou haar die nuus gee nie omdat dit
hulle hul werk sou kos.

Nou sit ons met duurder medisyne omdat ons 'n dom minister het (kom
Gloudina noem my 'n rassis!) en lede van die publiek sterf letterlik
omdat 'n dokter in Suid Afrika nie meer sonder baie moeite mag medisyne
uitdeel nie.

Dis maar Afrika vir jou. Nie omdat Afrika swart is nie Gloudina, maar
omdat die kultuur nog so bietjie haak-haak en stotter-stotter...

Groete almal en sterkte Gloudina
Plato

Max wrote:

> Ja en nee, Gloudina.
>
> Jy was duidelik te lank gelede bietjie na SA toe. Jy moet sien hoe lyk die
> swart sakelui! Jy moet sien waar hulle woon en watse klere hulle dra. En glo
> my, hulle voel 'n veer as hulle teen 160 km/h in hulle Merc verby die
> plakkerskampe skeur...
>
> Max____________________________
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:P2OKc.1062717$Ar.234065@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
>> "Max" skryf


>>> SA is 'n arm land met 'n kultuur van skatryk mense...

>> Moenie die hele Suid-Afrika onder dieselfde
>> kam skeer nie. Dis meestal die handjievol
>> wit mense wat aan dié siekte ly.

>> Gloudina


>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95190 is 'n antwoord op boodskap #95115] Ma, 19 Julie 2004 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoor jy mooi wat jyself sê? In kort sê jy dat jy wil kinders hê, maar jy
wil jou onafhanklikheid en kredietwaardigheid behou sodat AS jou man jou
dalk los met die kinders, dan sit jy nie finansieel in kakstraat sonder 'n
nommer nie. Ons begryp heeltemal wat jy sê, maar vra net die vraag hoekom
wil jy hoegenaamd kinders hê as dinge in jou huwelik so onseker is dat jy
hierdie tipe van vraag eers hoef te vra? 'n Kind moet nooit 'n verskoning
word vir die een of ander rede hoekom jou huwelik nie so lekker is nie.
Waardige ouers besluit wat vir die kind nodig is om 'n ordentlike opvoeding
te kry en dan doen hulle dit. As jy dink dit is vir 'n kind genoeg om sy
ouers net in die aand na werk te sien, dan sê ek nou vir jou, jy sit die pot
mis.
Aan die ander kant van die munt sal jy seker vir my sê maar jou ekstra
inkomste bied jou kind meer dinge en geleenthede in die lewe, en, soos jy
sê, deur jou beroep te bly bedryf, bly jy onafhanklik indien jou man jou sou
wou los, maar dis alles dinge wat JY wil hê en nie met die kind eerste in
gedagte nie. Ek sou dink dat meeste kinders sal veel eerder armer
grootword met sy ouers naby aan hom, as iemand wat hom 'n spul geld gee om
sy bek stil te hou?

"Elaine" skryf in boodskap news:cdcl39$juo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek gaan nie eers meer probeer verduidelik nie. Selfs vir my is dit te
> moeilik om my denkwyse aan mense oor te dra, ek val na albei kante toe. As
> ek kinders het, sal ek hulle self grootmaak en versorg (maklik vir my om dit
> te sê), maar ek sal nie my beroep opgee nie. My kinders sal altyd eerste
> kom, bo my eie behoeftes, maar ek sal nie vergeet om so nou en dan die
> kinders vir Ouma te vat sodat ek en my man 'n bietjie tyd alleen kan saam
> deurbring nie, of sodat daar 'n bietjie "ek" tyd is nie. Maar as my kind
> siek word op die dag wat ek hulle vir Ouma wil vat, sal ek my eie planne
> kanselleer om my kind te versorg. Verstaan jy?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f8f806.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek luister vir jou dat jy praat net van 'ek' en 'my'. Wat van wat 'n kind
>> van jou gaan verwag? Wat werklik saak maak, is wat die kind se behoeftes
>> is en of jy as ouers daaraan kan voldoen. As jy my vra, sou ek reken jy en
>> jou man moet daar verbyhou.
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95192 is 'n antwoord op boodskap #95116] Ma, 19 Julie 2004 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weereens laat my wonder hoekom jy en jou man getroud is? Het julle nie
hierdie klas dinge bespreek voor julle aangehaak het nie? Ek meen nou
maar, sou jy met jou man getrou het as jy geweet het hy gaan van jou verwag
om jou beroep op te sê? As ek jou storie reg het, werk jy in IT en hoekom
kan jy nie by die huis werk nie? Of halfdag by werk, halfdag by die huis?

"Elaine" skryf in boodskap news:cdcl75$kpa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's net bitter oor een ding. Dat baie mense wragtag nog steeds van 'n vrou
> verwag om ALLES op te geen vir haar man en kinders. Vir wat vra ek julle?
> Hoekom word dieselfde nie van 'n man verwag nie?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
>
>> -----ek wil regtig nie jou pa beledig nie nie, maar ek dink as hy jou
>> werklik so geleer het, het hy 'n groot fout gemaak. Alles wat jy hierbo
>> sê, klink baie verbitterd.
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95196 is 'n antwoord op boodskap #95183] Ma, 19 Julie 2004 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek hoor by 'n vriend in die department van behuising dat daar nie 'n
> direkte kommunikasie kanaal tussen die adviseurs en analiste en die
> minister is nie. Daar is 5 vlakke van direksies waardeur inligting toer
> voor dit by die minister uitkom.

Jy weet duidelik nie hoe dinge in staatsdienste werk
nie. In geen normale staatsdiens sal 'n enkele analis
sy opinies aan die minister kan gaan vertel nie. Hy
sal dadelik uit sy pos ontslaan word. Ek het 'n seun
wat in die staatsdiens werk as analis en beleids-adviseur,
en ek weet dus presies hoeveel vlakke daar is tussen
die analis en die minister. (Die minister is in alle geval
'n politieke aanstelling. Dis die staatsdiensamptenaar
wat die "deputy-minister" is, wat eintlik die leisels
in die hande het.)

Gloudina
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95208 is 'n antwoord op boodskap #95196] Ma, 19 Julie 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, gaan loop jy bietjie in Soweto rond en vra of die mense
(gewone mense) gelukkig is met die medisyne wetgewing en die feit dat
hulle vêr moet loop vir medisyne...

Kyk bietjie wie is aan jou kant. Probeer een keer sonder om jou reaksie
met een of ander emosie te belaai... Probeer bietjie logika!

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Ek hoor by 'n vriend in die department van behuising dat daar nie 'n
>> direkte kommunikasie kanaal tussen die adviseurs en analiste en die
>> minister is nie. Daar is 5 vlakke van direksies waardeur inligting toer
>> voor dit by die minister uitkom.
>
>
> Jy weet duidelik nie hoe dinge in staatsdienste werk
> nie. In geen normale staatsdiens sal 'n enkele analis
> sy opinies aan die minister kan gaan vertel nie. Hy
> sal dadelik uit sy pos ontslaan word. Ek het 'n seun
> wat in die staatsdiens werk as analis en beleids-adviseur,
> en ek weet dus presies hoeveel vlakke daar is tussen
> die analis en die minister. (Die minister is in alle geval
> 'n politieke aanstelling. Dis die staatsdiensamptenaar
> wat die "deputy-minister" is, wat eintlik die leisels
> in die hande het.)
>
> Gloudina
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95234 is 'n antwoord op boodskap #95196] Ma, 19 Julie 2004 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Net 'n effense regstelling: Hier is departemente waar die hele
topstruktuur politieke aanstellings is: tot op die vlak van direkteur.

@rogers.com wrote:
> die analis en die minister. (Die minister is in alle geval
> 'n politieke aanstelling. Dis die staatsdiensamptenaar
> wat die "deputy-minister" is, wat eintlik die leisels
> in die hande het.)

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95240 is 'n antwoord op boodskap #95234] Ma, 19 Julie 2004 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Net 'n effense regstelling: Hier is departemente waar die hele
> topstruktuur politieke aanstellings is: tot op die vlak van direkteur.

Laat ek bietjie meer spesifiek oor die Kanadese situasie
praat. Hier by ons moet die Minister 'n verkose lid van
die House of Commons wees. Die "Deputy Minister" is
egter 'n staatsdiensamptenaar wat al lankal in die staatsdiens
is en hom opgewerk het in daardie posisie. So is ook sy
handjievol "Assistant Deputy Ministers" en die mense
onder hulle, tot by die analiste en beleidondersoekers.
Dit beteken dat die Minister verkies moet word in 'n
kiesafdeling deur die kiesers. Maar die Eerste Minister
sit hom in daardie pos as Minister. (Net soos die Eerste
Minister ook verkies moet word deur die kiesers.)
Elke minister is egter ook omring deur sy eie
politieke aanstellings wat hom as spesifieke verkose lid
van die Parlement met woord en daad bystaan. Hierdie
mense is onverkies, en as daar dan 'n nuwe minister, of
'n nuwe party kom, dan moet hierdie mense eenvoudig
padgee vir die nuwe "politieke aanstellings."
Ek neem aan dat jy bedoel dat die topstruktuur
in SA se STAATSDIENS politieke aanstellings is. Dit
sal dan anders wees as hier in Kanada. In Kanada,
as jy 'n staatsdiensamptenaar is, werk jy jou op en kan
jy nie afgedank word as daar 'n verandering in die
regerende party kom nie.

Gloudina
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95313 is 'n antwoord op boodskap #95190] Di, 20 Julie 2004 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, jy is verkeerd. My huwelik is sterk, maar maak nie saak hoe sterk my
huwelik is nie - dit gaan nie keer dat my man 'n dodelike siekte opdoen of
doodgeskiet word nie (touch wood).

Ek sou verkies het dat my ma gewerk het, nie omdat ek meer dinge wou gehad
het nie, maar omdat dit moeilik was om te sien hoe my ma se potensiaal
verlore begin gaan het. Jy sien dit nie op 5 nie, op 10 het ek my ma begin
vra hoekom werk sy nie ("want ek het kinders") en op 13/14 het ek haar begin
aanmoedig om terug te gaan universiteit toe. Op 16 het ek en my ma volslae
"faaits" gehad omdat sy haar potensiaal so mors. My man voel, so toevallig,
dieselfde oor sy ma. Ek het sommer gister my vriendin gevra (haar ma het
nooit opgehou werk nie), of sy voel dit het enige negatiewe impak op haar
gehad. Haar antwoord was nee. 'n Ander vriendin van my, wie se ma nooit
gewerk het nie, is die pad so duister dat sy hom nooit weer sal kry nie. Sy
neuk rond met getroude mans, het twee kinders by twee verskillende mans (een
getroud), lieg, bedrieg, steel, ens. Ek sê weer, dit gaan nie hoor hoeveel
tyd jy saam met jou kinders deurbring nie, maar hoe jy die tyd wat jy saam
met hulle deurbring gebruik.

Net so het my pa, wat ek as kind maar minimaal gesien het, 'n groter impak
op my gehad as my ma, want my pa het in daai paar ure 'n aand en naweke al
sy aandag en toewyding aan ons gegee, waar my ma die grootste gedeelte van
die dag maar effe "absent" was. Sy was net nie "daar" nie, in die aande het
Pa gehelp met die huiswerk, en gevra hoe was ons dag, en belangstelling
getoon. Selfs so af en toe af geneem van werk om sport by te woon, of rond
te ry. So ek praat uit eie ondervinding as ek jou sê 'n ouer wat 3 ure 'n
dag volle toewyding aan sy kind toon is 100 keer meer werd is as 'n ouer wat
8 ure 'n dag in die huis is, maar net 10 minute se toewyding gee.

Jy neem ook sommer aan dat ek my kinders gaan "instop" om hulle bekke toe te
hou. Ek kan jou nou al sê ek sal nie, want ek's nie so grootgemaak nie.
Geld kan nie liefde vervang of koop nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40fbca21.0@news1.mweb.co.za...
> Hoor jy mooi wat jyself sê? In kort sê jy dat jy wil kinders hê, maar jy
> wil jou onafhanklikheid en kredietwaardigheid behou sodat AS jou man jou
> dalk los met die kinders, dan sit jy nie finansieel in kakstraat sonder 'n
> nommer nie. Ons begryp heeltemal wat jy sê, maar vra net die vraag hoekom
> wil jy hoegenaamd kinders hê as dinge in jou huwelik so onseker is dat jy
> hierdie tipe van vraag eers hoef te vra? 'n Kind moet nooit 'n verskoning
> word vir die een of ander rede hoekom jou huwelik nie so lekker is nie.
> Waardige ouers besluit wat vir die kind nodig is om 'n ordentlike opvoeding
> te kry en dan doen hulle dit. As jy dink dit is vir 'n kind genoeg om sy
> ouers net in die aand na werk te sien, dan sê ek nou vir jou, jy sit die pot
> mis.
> Aan die ander kant van die munt sal jy seker vir my sê maar jou ekstra
> inkomste bied jou kind meer dinge en geleenthede in die lewe, en, soos jy
> sê, deur jou beroep te bly bedryf, bly jy onafhanklik indien jou man jou sou
> wou los, maar dis alles dinge wat JY wil hê en nie met die kind eerste in
> gedagte nie. Ek sou dink dat meeste kinders sal veel eerder armer
> grootword met sy ouers naby aan hom, as iemand wat hom 'n spul geld gee om
> sy bek stil te hou?
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95314 is 'n antwoord op boodskap #95169] Di, 20 Julie 2004 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek werk van die huis af my hartjie, dis hoekom ek sê dis maklik vir my om te
sê ek kan my eie kinders grootmaak. Dit gaan ook nie oor geld nie, dit gaan
oor vervulling. Dis 'n mite dat alle vrouens outomaties volkome vervulling
deur haar kinders kry of 'n moedersinstink het. Tog kry sy nog steeds na 'n
ruk die drang om Ma te word. Dis in ons ingebou deur die Oom daarbo, sodat
die mensdom sal bly voortbestaan.

Ek bly op 'n kleinerig plek, waar vrouens soos ek elke dag deur mans
uitgedaag en veroordeel word vir ons keuses. Jy kan stilbly, maar ook net
so lank. Ek baklei ook nie, ek sê maar net :)

E

"Max" wrote in message
news:40fb9956$0$93324$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> My skapie, ons verwag dit nie... Jy dink ons verwag dit en nou kom kak jy
> ons uit omdat ons dit verwag. Feit van die saak is, óf jy óf jou man gaan
> minder moet werk. As jy die stabieler werk het of die groter salaris
> verdien, sien ek nie waarom jy dit moet los nie. Dan los jou man sy werk en
> maak die kinders groot. (Ongelukkig moet jy self die kraamwerk doen. Dis nie
> ons wat dit besluit het nie, maar die Oom daarbo!)
>
> Kan julle nie bekostig om op een salaris te leef nie? Ja, dis 'n siekte in
> SA. Jy kan mos nie met 'n kleiner karretjie ry as die buurman nie... Om van
> 'n kleiner huisie nie eers te praat nie. En moet tog nie op straat gesien
> word met verlede jaar se klere nie!
>
> SA is 'n arm land met 'n kultuur van skatryk mense...
>
> Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95315 is 'n antwoord op boodskap #95192] Di, 20 Julie 2004 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar ek werk by die huis. Ek sê nog die heeltyd so :) My man is erger as
ek. Hy en die Ds. het 'n groot vassit gehad oor die ding in die Bybel wat
sê die vrou is die man se onderdaan. Totdat die Ds. nou mooi vir hom
verduidelik het, dat dit nie eintlik so is nie. Hy wou nie binne gemeenskap
van goedere trou nie (myne is myne, syne is syne), terwyl ek nie 'n probleem
daarmee gehad het nie. Hy wil nie hê ek moet ophou werk nie, in teendeel hy
wil hê ek moet meer werk. Ons is perfek vir mekaar...

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40fbca21.1@news1.mweb.co.za...
> Weereens laat my wonder hoekom jy en jou man getroud is? Het julle nie
> hierdie klas dinge bespreek voor julle aangehaak het nie? Ek meen nou
> maar, sou jy met jou man getrou het as jy geweet het hy gaan van jou verwag
> om jou beroep op te sê? As ek jou storie reg het, werk jy in IT en hoekom
> kan jy nie by die huis werk nie? Of halfdag by werk, halfdag by die huis?
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95327 is 'n antwoord op boodskap #95313] Wo, 21 Julie 2004 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek aan die begin net vir jou sê ons sit met 'n ewige redenasie wat
eintlik nie 'n enkele antwoord het nie, maar dis lekker om te redeneer!

"Elaine" skryf in boodskap news:cdjv56$ktf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee, jy is verkeerd. My huwelik is sterk, maar maak nie saak hoe sterk my
> huwelik is nie - dit gaan nie keer dat my man 'n dodelike siekte opdoen of
> doodgeskiet word nie (touch wood).
------Hiermee vind ek jou kant van die redenasie reg, want in die opsig dat
geen mens vooraf sê wat gaan gebeur nie. Wat wel waar is, is dat 'n mens
voorsiening moet probeer maak vir sulke gebeurlikhede veral as daar 'n kind
of twee betrokke is. As jy 'n werkende man en 'n huisvrou en kinders het,
dan moet die man vir seker voorsiening maak vir sy skielike afsterwe deur 'n
lewenspolis, ens, ens. wat haar in staat sou stel om aan te gaan.
>
> Ek sou verkies het dat my ma gewerk het, nie omdat ek meer dinge wou gehad
> het nie, maar omdat dit moeilik was om te sien hoe my ma se potensiaal
> verlore begin gaan het.
-------Jy moet net nie vergeet dat verskillende mense het verskillende
karakters nie. In een enkele gesin wat ek baie goed ken is daar drie
kinders gebore. Die oudste een is verstrooid, nie vreeslik slim nie, maar
'n baie harde werker en uiteindelik die hoogs gekwalifiseerde van al die
kinders. Moes trou deur hardegatgeid en nie wil luister na rede nie en
uiteindelik geskei toe die rede haar ingehaal het! Die tweede daarenteen
is slim, maar wild. Iemand wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie
want gemoedsveranderings kan by die sekonde gebeur. As tiener 'n bliksem
gewees. Dan is daar die derde kind, het nooit enige tienerprobleme gehad
nie, is rustig, slim en het 'n fantastiese werk en 'n baas op 'n baie jong
ouderdom. Hoe besluit jy watter graad van aandag het hulle nodig? Wat ek
eintlik ook probeer sê, is dat mense individueel eie ambisies en sienings
van die lewe het en dat 'n enkele paar verskillendes van hierdie tipes kan
voortbring. Jy moet nie jou ambisies op jou ma projekteer en dink omdat jy
dink dis reg, dis ook reg vir haar nie.

Ek het sommer gister my vriendin gevra (haar ma het
> nooit opgehou werk nie), of sy voel dit het enige negatiewe impak op haar
> gehad. Haar antwoord was nee.
------Hoe sal sy weet as sy die alternatief nooit beleef het nie?

'n Ander vriendin van my, wie se ma nooit
> gewerk het nie, is die pad so duister dat sy hom nooit weer sal kry nie. Sy
> neuk rond met getroude mans, het twee kinders by twee verskillende mans (een
> getroud), lieg, bedrieg, steel, ens.
--------'n Fokop is 'n fokop is 'n fokop.

Ek sê weer, dit gaan nie hoor hoeveel
> tyd jy saam met jou kinders deurbring nie, maar hoe jy die tyd wat jy saam
> met hulle deurbring gebruik.
-------Jy is reg, maar tydsberekening is ook kardinaal van belang. Om 'n
simpel voorbeeld te gebruik. Jannie tel 'n probleem op by die skool. Sy
maatjies spot hom omdat hy vet is. Nou kom hy huil-huil by die huis aan.
Sy ouers werk. As een van sy ouers beskikbaar was wat vir hom kon troos en
hom vertel dat dit babavet is wat later sal verdwyn, of watookal, dan red jy
hom dalk van 'n leeftyd van vetsug. Sonder sy ouer beskikbaar gaan sit hy
en eet om homself te troos. Vanaand as sy werkende ouers beskikbaar is,
dan het hy lankal vergeet van sy probleem, maar die littekens bly sit.
Die bottom line is, net so min soos jy jou man se dood kan beplan, net so
min kan jy jou kinders se behoeftes kanaliseer om by jou skedule te pas.

> Jy neem ook sommer aan dat ek my kinders gaan "instop" om hulle bekke toe te
> hou. Ek kan jou nou al sê ek sal nie, want ek's nie so grootgemaak nie.
> Geld kan nie liefde vervang of koop nie.
--------Dis presies wat die werkende ouers doen....oor die algemeen. Nie
om te bederf nie, maar omdat dit nie anders kan nie. Bv. as 'n ma die
kinders skool toe vat en gaan haal, sorg sy dat hulle gesonde kos saamvat.
Die werkende ma gee heel moontlik vir elke kind 'n paar rand om self kos te
koop....en wat koop hulle? Gemorskos en lekkers. Verantwoordelikheid en
opvoeding is veel meer net as wie wat doen!
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40fbca21.0@news1.mweb.co.za...
>> Hoor jy mooi wat jyself sê? In kort sê jy dat jy wil kinders hê, maar jy
>> wil jou onafhanklikheid en kredietwaardigheid behou sodat AS jou man jou
>> dalk los met die kinders, dan sit jy nie finansieel in kakstraat sonder 'n
>> nommer nie. Ons begryp heeltemal wat jy sê, maar vra net die vraag hoekom
>> wil jy hoegenaamd kinders hê as dinge in jou huwelik so onseker is dat jy
>> hierdie tipe van vraag eers hoef te vra? 'n Kind moet nooit 'n verskoning
>> word vir die een of ander rede hoekom jou huwelik nie so lekker is nie.
>> Waardige ouers besluit wat vir die kind nodig is om 'n ordentlike opvoeding
>> te kry en dan doen hulle dit. As jy dink dit is vir 'n kind genoeg om sy
>> ouers net in die aand na werk te sien, dan sê ek nou vir jou, jy sit die pot
>> mis.
>> Aan die ander kant van die munt sal jy seker vir my sê maar jou ekstra
>> inkomste bied jou kind meer dinge en geleenthede in die lewe, en, soos jy
>> sê, deur jou beroep te bly bedryf, bly jy onafhanklik indien jou man jou sou
>> wou los, maar dis alles dinge wat JY wil hê en nie met die kind eerste in
>> gedagte nie. Ek sou dink dat meeste kinders sal veel eerder armer
>> grootword met sy ouers naby aan hom, as iemand wat hom 'n spul geld gee om
>> sy bek stil te hou?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95330 is 'n antwoord op boodskap #95315] Wo, 21 Julie 2004 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoekom jul Utopia spoil deur kinders wat julle tog eintlik nie wil hê
nie?

"Elaine" skryf in boodskap news:cdjvi4$ms6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maar ek werk by die huis. Ek sê nog die heeltyd so :) My man is erger as
> ek. Hy en die Ds. het 'n groot vassit gehad oor die ding in die Bybel wat
> sê die vrou is die man se onderdaan. Totdat die Ds. nou mooi vir hom
> verduidelik het, dat dit nie eintlik so is nie. Hy wou nie binne gemeenskap
> van goedere trou nie (myne is myne, syne is syne), terwyl ek nie 'n probleem
> daarmee gehad het nie. Hy wil nie hê ek moet ophou werk nie, in teendeel hy
> wil hê ek moet meer werk. Ons is perfek vir mekaar...
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40fbca21.1@news1.mweb.co.za...
>> Weereens laat my wonder hoekom jy en jou man getroud is? Het julle nie
>> hierdie klas dinge bespreek voor julle aangehaak het nie? Ek meen nou
>> maar, sou jy met jou man getrou het as jy geweet het hy gaan van jou verwag
>> om jou beroep op te sê? As ek jou storie reg het, werk jy in IT en hoekom
>> kan jy nie by die huis werk nie? Of halfdag by werk, halfdag by die huis?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95343 is 'n antwoord op boodskap #95327] Wo, 21 Julie 2004 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote:

> Laat ek aan die begin net vir jou sê ons sit met 'n ewige redenasie wat
> eintlik nie 'n enkele antwoord het nie, maar dis lekker om te redeneer!

Elaine: Ja nee, wen gaan niemand hierdie een wen nie!!

> ------Hiermee vind ek jou kant van die redenasie reg, want in die opsig dat
> geen mens vooraf sê wat gaan gebeur nie. Wat wel waar is, is dat 'n mens
> voorsiening moet probeer maak vir sulke gebeurlikhede veral as daar 'n kind
> of twee betrokke is. As jy 'n werkende man en 'n huisvrou en kinders het,
> dan moet die man vir seker voorsiening maak vir sy skielike afsterwe deur 'n
> lewenspolis, ens, ens. wat haar in staat sou stel om aan te gaan.

Elaine: Lewensversekering hou nie 'n leeftyd nie, veral nie as dit op 'n
jong ouderdom of vroeë tydperk in 'n paartjie se lewe gebeur nie. En party
vrouens, wat nooit gewerk of met geld geleer werk het omdat hulle mans altyd
alles gedoen nie, het 'n neiging om daai geld te vermors. In die laaste
paar jaar het ek gesien hoe my tannies en my suster se skoonma, lelik in die
moeilikheid kom omdat hulle al die lewesversekering geld uitgegee het, en
nie daaraan gedink het om van die geld te belê of verstandig te gebruik nie.
Dis 'n euwel van hulle tyd. Pa sorg vir alles wat met geld en besigheid te
doen het, Ma sorg vir die kinders en huis. Pa kom iets oor, Ma het ewe
skielik meer geld as was sy nog ooit gesien het en spandeer dit om goed wat
sy nogal altyd wou gehad het (want sy weet nie van beter nie), en oor 5 jaar
het Ma nie meer 'n sent oor nie.

> -------Jy moet nie jou ambisies op jou ma projekteer en dink omdat jy
> dink dis reg, dis ook reg vir haar nie.

Elaine: My ma wou altyd 'n dokter word, maar moes uit die skool gaan agv
omstandighede. Sy het maar gaan verpleeg, en altyd gesit het vertel hoe
graag sy 'n dokter wou word, ek en my susters het geweet my ma wou meer as
huisvrou wees, maar omdat ons dit nie breed gehad het nie, kon sy nie terug
gaan universiteit toe nie. Eers later toe my pa in 'n beter posisie was en
meer geld gehad het, het ons aan haar begin karring, maar teen daai tyd het
sy ook nie meer belanggestel nie.

> ------Hoe sal sy weet as sy die alternatief nooit beleef het nie?

Elaine: Vir my lyk sy heel normaal, en jaag nie sulke groot nonsens aan soos
die ander vriendin wat ek noem nie. Sy het 'n graad, het nou net 2 jaar in
Engeland gewerk, en het haar voete vas op die aarde.

> -------Jy is reg, maar tydsberekening is ook kardinaal van belang. Om 'n
> simpel voorbeeld te gebruik. Jannie tel 'n probleem op by die skool. Sy
> maatjies spot hom omdat hy vet is. Nou kom hy huil-huil by die huis aan.
> Sy ouers werk. As een van sy ouers beskikbaar was wat vir hom kon troos en
> hom vertel dat dit babavet is wat later sal verdwyn, of watookal, dan red jy
> hom dalk van 'n leeftyd van vetsug. Sonder sy ouer beskikbaar gaan sit hy
> en eet om homself te troos. Vanaand as sy werkende ouers beskikbaar is,
> dan het hy lankal vergeet van sy probleem, maar die littekens bly sit.
> Die bottom line is, net so min soos jy jou man se dood kan beplan, net so
> min kan jy jou kinders se behoeftes kanaliseer om by jou skedule te pas.

Elaine: Hier het jy 'n goeie punt beet. Maar party ma's is ook so dat
hulle nie omgee nie, of vir die kind sal sê: "Ek het mos gesê jy moet minder
sweets vreet!" of "nou wat wil jy hê moet ek aan die saak doen?" Maar 'n
goeie ma, as sy by die huis is, kan Jannie red. So hier stem ek saam in 'n
mate, maar as jy dit reg gedoen het van die begin af, en jou kind elke dag
vrae vra, soos hoe was skool? Wat het gebeur? En jy het 'n goeie verhouding
met jou kind, sal hy jou wel vertel. As jy 'n slegte verhouding het met
hom, sal hy jou niks vertel nie - selfs al is jy 24 uur 'n dag by die huis.

> --------Dis presies wat die werkende ouers doen....oor die algemeen. Nie
> om te bederf nie, maar omdat dit nie anders kan nie. Bv. as 'n ma die
> kinders skool toe vat en gaan haal, sorg sy dat hulle gesonde kos saamvat.
> Die werkende ma gee heel moontlik vir elke kind 'n paar rand om self kos te
> koop....en wat koop hulle? Gemorskos en lekkers. Verantwoordelikheid en
> opvoeding is veel meer net as wie wat doen!

Elaine: Dis sommer luigeid wat hy hierbo noem, wat's fout met die ma of pa
dat hulle nie in die aand vir die kind kan kos maak vir skool, of in die
oggend 'n halfuur vroeër opstaan om vir hulle ordentlike pouse kos te maak
nie? So van 11 af kan 'n kind self beginne sorg vir sy "pouse-ete", teen
daai tyd moet hulle begin verantwoordelikheid leer, en dis 'n goeie plek om
te begin.

E
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95344 is 'n antwoord op boodskap #95330] Wo, 21 Julie 2004 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie sê ons wil nie kinders hê nie? Natuurlik wil ons kinders hê!

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40fe328b.0@news1.mweb.co.za...
> Nou hoekom jul Utopia spoil deur kinders wat julle tog eintlik nie wil hê
> nie?
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95354 is 'n antwoord op boodskap #95343] Wo, 21 Julie 2004 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:cdlo7u$ja9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" wrote:
>
> Elaine: Lewensversekering hou nie 'n leeftyd nie, veral nie as dit op 'n
> jong ouderdom of vroeë tydperk in 'n paartjie se lewe gebeur nie. En party
> vrouens, wat nooit gewerk of met geld geleer werk het omdat hulle mans altyd
> alles gedoen nie, het 'n neiging om daai geld te vermors.
#####die vermorsing het niks te doene met die feit of die vrou gewerk het of
nie. As 'n vrou te swak is om by haar man aan te dring om haar in te lig
oor finansies, dan moet sy nie later kom huil nie. Aan die een kant
projekteer jy vir my die beeld van die onderdaninge huisvrou wat nie waag om
'n ding te sê nie omdat sy bang vir haar man is, maar ek sien weer 'n
huisvrou wat sterk staan in haar roeping en 'n volwaardige vennoot in haar
huwelik is. Ja, haar man verdien seker al die geld, maar sy skep die huis
waarin daai geld aangewend gaan word en waarin die kinders opgevoed gaan
word. Jy wil dit minderwaardig laat klink, terwyl ek vir jou sê dis 'n
baie verantwoordelike werk. Enige donner kan vir 8 ure op 'n kantoor gaan
sit en werk, maar om heeldag kinders groot te maak? Nie 'n mak job nie en
een wat die moderne ma nie eintlik meer voor kan s sien nie.

> Elaine: My ma wou altyd 'n dokter word, maar moes uit die skool gaan agv
> omstandighede. Sy het maar gaan verpleeg, en altyd gesit het vertel hoe
> graag sy 'n dokter wou word, ek en my susters het geweet my ma wou meer as
> huisvrou wees, maar omdat ons dit nie breed gehad het nie, kon sy nie terug
> gaan universiteit toe nie.
#####jammer om dit vir jou te sê maar jou ma klink vir my soos iemand wat
haar omstandighede blameer vir wat sy dink is haar onvermoë om te presteer.
Was dit nie dalk omdat sy 'n man en kinders gehad het vir wie die enigste
geldige vorm van prestasie buite die huis geleë is nie en almal die huisvrou
se uiters belangrike rol in die gesinslewe soort van minag nie?

> Elaine: Hier het jy 'n goeie punt beet. Maar party ma's is ook so dat
> hulle nie omgee nie, of vir die kind sal sê: "Ek het mos gesê jy moet minder
> sweets vreet!" of "nou wat wil jy hê moet ek aan die saak doen?" Maar 'n
> goeie ma, as sy by die huis is, kan Jannie red. So hier stem ek saam in 'n
> mate, maar as jy dit reg gedoen het van die begin af, en jou kind elke dag
> vrae vra, soos hoe was skool? Wat het gebeur? En jy het 'n goeie verhouding
> met jou kind, sal hy jou wel vertel. As jy 'n slegte verhouding het met
> hom, sal hy jou niks vertel nie - selfs al is jy 24 uur 'n dag by die
huis.
#####ek wens nie ek is by die dag as jy die een of ander probleem optel en
jy voel lus om met iemand te gesels daaroor nie.....jy skakel jou vriendin
en sy sê vir jou wag net nog so 5 ure tot ek by die huis is, dan sal ek na
jou kom luister. Skakel jy jou terapeut en die sê vir jou hy gaan eers vir
'n paar dae visvang, dan sal hy jou 'n afspraak kan gee.....en so aan. Dan
sal jy in jou polisierok skeit omdat jy nou, NOU iemand nodig het....nie
later nie, NOU!!!

> Elaine: Dis sommer luigeid wat hy hierbo noem, wat's fout met die ma of pa
> dat hulle nie in die aand vir die kind kan kos maak vir skool, of in die
> oggend 'n halfuur vroeër opstaan om vir hulle ordentlike pouse kos te maak
> nie? So van 11 af kan 'n kind self beginne sorg vir sy "pouse-ete", teen
> daai tyd moet hulle begin verantwoordelikheid leer, en dis 'n goeie plek om
> te begin.
#####jy vergeet dat ek op 'n kol [tot my ewige spyt] ook in die 'rat race'
was in 'n werk waar tyd nie eintlik 'n rol gespeel het nie. Jy kan dit nie
vooruitbepaal nie. Ook nie dat 'n kliënt besluit om presies op 5-uur by
jou in te wals en verwag om diens te kry [wat jy hom moet gee as jy jou werk
ernstig benader] voor die dag om is en dan moet jy dalk werk tot 8-uur die
aand. Jy kan verduidelik tot jy blou is in die gesig, geen kind gaan dit
verstaan en glo sy ma gee werklik vir hom om nie.
>
> E
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95355 is 'n antwoord op boodskap #95344] Wo, 21 Julie 2004 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dan, sou ek voorstel, julle kyk dringend na julle prioriteite voor julle die
saad plant!

"Elaine" skryf in boodskap news:cdloe8$jnn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie sê ons wil nie kinders hê nie? Natuurlik wil ons kinders hê!
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40fe328b.0@news1.mweb.co.za...
>> Nou hoekom jul Utopia spoil deur kinders wat julle tog eintlik nie wil h�
>> nie?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95379 is 'n antwoord op boodskap #95240] Wo, 21 Julie 2004 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hmm, ja, miskien is jy reg. Die DG (Direkteur-Generaal) en adjunk DGs
van die departemente wat ek in gedagte het, is/was natuurlik
staatsdienamptenare. Wat wel gebeur het, is dat die DGs ens van destyds
baie vinnig "reggestel" is (een, baie bekwame ou is 24 uur kennis gegee,
sonder werklike rede en hy dreun die regering nou behoorlik op) en
vervang is deur mense wat jkennelik nie die insig of kwalifikasies gehad
het om DG of adjunk-DG te wees nie. Al kwalifikasie wat hulle gehad
het, was ANC lidmaatskap. Dus, volgens my, politieke aanstellings.

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>> Net 'n effense regstelling: Hier is departemente waar die hele
>> topstruktuur politieke aanstellings is: tot op die vlak van direkteur.
>
>
> Laat ek bietjie meer spesifiek oor die Kanadese situasie
> praat. Hier by ons moet die Minister 'n verkose lid van

> Ek neem aan dat jy bedoel dat die topstruktuur
> in SA se STAATSDIENS politieke aanstellings is. Dit
> sal dan anders wees as hier in Kanada. In Kanada,
> as jy 'n staatsdiensamptenaar is, werk jy jou op en kan
> jy nie afgedank word as daar 'n verandering in die
> regerende party kom nie.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95385 is 'n antwoord op boodskap #95379] Wo, 21 Julie 2004 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

mense wat jkennelik nie die insig of kwalifikasies gehad
> het om DG of adjunk-DG te wees nie. Al kwalifikasie wat hulle gehad
> het, was ANC lidmaatskap. Dus, volgens my, politieke aanstellings.

Ja, dit gebeur ook maar orals. Maar hier in Kanada
moet jy baie versigtig onderskei tussen staatsdiens-
posisies, en mense wat in die Minister se kantore werk
as raadgewers en adjudante, maar wat politieke
aanstellings is en deur die minister self betaal word,
en moet skoert sodra 'n ander party begin regeer.

Gloudina
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95399 is 'n antwoord op boodskap #95354] Wo, 21 Julie 2004 22:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote:
Enige donner kan vir 8 ure op 'n kantoor gaan
> sit en werk, maar om heeldag kinders groot te maak? Nie 'n mak job nie en
> een wat die moderne ma nie eintlik meer voor kan s sien nie.

Elaine: Nou wie het gesê dit is 'n maklike job om ma te wees? En weet jy,
baie vrouens werk in is ma's - goeie ma's ook. Hulle vervul beide rolle met
groot sukses, en ek het baie respek vir sulke mense - dit kan nie maklik
wees nie.

> #####jammer om dit vir jou te sê maar jou ma klink vir my soos iemand wat
> haar omstandighede blameer vir wat sy dink is haar onvermoë om te presteer.
> Was dit nie dalk omdat sy 'n man en kinders gehad het vir wie die enigste
> geldige vorm van prestasie buite die huis geleë is nie en almal die huisvrou
> se uiters belangrike rol in die gesinslewe soort van minag nie?

Elaine: Nie ek of my pa minag nie die huisvrou se rol nie, jy praat deur
jou ore. Ek het niks teen 'n vrou wat 'n huisvrou wil wees nie AS dit is
wat sy wil doen en AS sy voel dis haar roeping in die lewe en volkome
daardeur vervul word. Ek is dankbaar my ma was daar, en my pa is dankbaar
my ma is daar. Nee, die rede hoekom ons haar wou sien "verder" gaan is
omdat sy in algehele depressie verval het, agv haar rol in ons huis. Sy het
dit self geminag en altyd vir ons vertel om "nooit in 'n man se oë te kyk
vir geld nie." Weet jy wie ly as 'n ma depressie het? Haar familie. Dink
jy dis lekker vir 'n kind om haar ma so te sien, en veral as sy weet dat die
oplossing so eenvoudig is? Juis a.g.v. die depressie het my ma na 'n ruk
glad nie belangstelling in enige iets getoon nie (insluitende om weer 'n
beroep te gaan beoefen), as sy haar self kon uitleef op ander gebiede as
haar huisgesin, sou sy tien teen een nooit so verval het tot die punt van
selfmoordpogings nie.So het sy ons later vertel nadat sy hulp ontvang het.
My ma is nou die beste mens wat ek ken - maar sy was nie altyd so nice toe
sy siek was nie. 'n Vrou wat 'n beroep het, en ma is, is nie noodwendig
selfsugtig nie, en so 'n vrou hoef ook nie kinderloos te bly nie. Hulle is
net anders, en is ander ma's. Nie slegter of beter nie - net anders.

> #####ek wens nie ek is by die dag as jy die een of ander probleem optel en
> jy voel lus om met iemand te gesels daaroor nie.....jy skakel jou vriendin
> en sy sê vir jou wag net nog so 5 ure tot ek by die huis is, dan sal ek na
> jou kom luister. Skakel jy jou terapeut en die sê vir jou hy gaan eers vir
> 'n paar dae visvang, dan sal hy jou 'n afspraak kan gee.....en so aan. Dan
> sal jy in jou polisierok skeit omdat jy nou, NOU iemand nodig het....nie
> later nie, NOU!!!

Elaine: Ek sal nooit 'n vriend, vriendin, of familielid laat wag as hulle 'n
probleem het nie. As 'n vriend of vriendin bel en sê ek het hulp nodig is
ek dadelik beskikbaar. Nie later nie - nou. Jy ken my maar sleg, ek sal
alles net so drop as iemand wat waarvoor ek lief is hulp nodig het.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95412 is 'n antwoord op boodskap #95399] Do, 22 Julie 2004 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:cdmqmg$kaa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine: Nie ek of my pa minag nie die huisvrou se rol nie, jy praat deur
> jou ore. Ek het niks teen 'n vrou wat 'n huisvrou wil wees nie AS dit is
> wat sy wil doen en AS sy voel dis haar roeping in die lewe en volkome
> daardeur vervul word. Ek is dankbaar my ma was daar, en my pa is dankbaar
> my ma is daar.
#####was jou pa dankbaar genoeg om haar toe te laat om te gaan werk? Het
jy dalk al daaraan gedink dat die dat jou pa nie by die huis was nie, jou ma
gevoel het sy dra die verantwoordelikheid van die kinders se opvoeding? En
wat het sy daarvoor gekry? 'n Pa en 'n dogter wat vir haar vertel: O
shit, ons is vreeslik dankbaar vir wat jy gedoen het, maar eintlik was dit
nie nodig nie? G'n wonder die vrou het depressie gehad nie!

Nee, die rede hoekom ons haar wou sien "verder" gaan is
> omdat sy in algehele depressie verval het, agv haar rol in ons huis. Sy het
> dit self geminag en altyd vir ons vertel om "nooit in 'n man se oë te kyk
> vir geld nie."
#####gaan vra ook vir jou pa of hy haar toegelaat het om 'n volwaardige
vennoot in die huis te word? Het sy die finansies gehanteer? Of het hy
haar een van daai vrouens gemaak wat bek hou en doen?

Weet jy wie ly as 'n ma depressie het? Haar familie.
#####Nou is jy selfsugtig. Jy huil oor die familie ly, maar wat van jou
arme ma? Alles wat jy vir my sê dui vir my daarop dat jy nie veel van haar
en haar lewe dink nie. Jy weet, daar is geen verskil in menswees tussen bv
'n treindrywer of bv. 'n doktorsgraad in wiskunde nie. Dis ons mense wat
sekere mense op troontjies plaas omdat dit strook met jou eie ambisies.

Dink jy dis lekker vir 'n kind om haar ma so te sien, en veral as sy weet
dat die
> oplossing so eenvoudig is? Juis a.g.v. die depressie het my ma na 'n ruk
> glad nie belangstelling in enige iets getoon nie (insluitende om weer 'n
> beroep te gaan beoefen), as sy haar self kon uitleef op ander gebiede as
> haar huisgesin, sou sy tien teen een nooit so verval het tot die punt van
> selfmoordpogings nie.
#####Weereens reken ek jy projekteer JOU idees van wat goed vir jou ma is of
sou gewees het, op haar, terwyl jy geen respek betoon vir wat sy werklik is
nie. DIS hoekom sy in so 'n toestand is! Gaan staan jy en jou pa voor 'n
spieël en kyk na julleself en besluit wat maak julle so wonderlik dat jou ma
juis soos julle móét wees? Alle mense verskil! Jy en jou pa skuld haar
een moerse verskoning, in my opinie.

'n Vrou wat 'n beroep het, en ma is, is nie noodwendig
> selfsugtig nie, en so 'n vrou hoef ook nie kinderloos te bly nie. Hulle is
> net anders, en is ander ma's. Nie slegter of beter nie - net anders.
#####MITS die werkende ouers [lw OUERS, nie vrou noodwendig nie] die
verantwoordelikheid besef en bereid is om aanpassings te maak. Dit beteken
dat alles wat hulle verderaan doen, tweede gaan kom in verhouding met die
kinders. Alles wat hulle verderaan gaan doen, sal onderhewig wees aan die
vraag of dit tot voordeel vandie kinders gaan wees. Wat jy nie moet
vergeet nie, een van die ouers moet 'n 'homing beacon' wees vir die kinders.
'n Vaste mikpunt waarna die kind kan gaan in sy nood of plesier. Dis
waarvoor die huisma so goed is.

> Elaine: Ek sal nooit 'n vriend, vriendin, of familielid laat wag as hulle 'n
> probleem het nie. As 'n vriend of vriendin bel en sê ek het hulp nodig is
> ek dadelik beskikbaar. Nie later nie - nou. Jy ken my maar sleg, ek sal
> alles net so drop as iemand wat waarvoor ek lief is hulp nodig het.

####ek wil jou graag glo, maar weet ook jy praat nou net om die argument te
wen. Geen, maar geen werkende persoon is voldag beskikbaar vir private
dinge nie. Maar dalk maak jy tee vir die base en daarom het jy tyd, maar
as ek reg onthou, dan is dit nie wat jy doen nie. So jy reken jou baas sal
tevrede wees as jy in die middel van 'n dringende vergadering opstaan om
eers jou pêl te gaan 'chat' omdat haar vriend haar afgesê het? As jy
bereid is om jou werk waarmee jy besig is te los om eers private dinge te
gaan doen, is ek seker, as 'n werkgewer self, dan jou baas nie baie lief is
vir jou nie!
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95439 is 'n antwoord op boodskap #95412] Do, 22 Julie 2004 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sluit die relaas nou af. Jy kan my blameer vir my ma so veel soos wat jy
wil. Ek gaan nie verder oor haar hier praat nie. Ek's baie, baie lief vir
my ma, en sy is goed so op haar eie manier. Ek kan jou wel vertel dat my ma
my gat aan die brand geslaan het as ek ooit minder as 70% op skool gekry het
vir 'n vak, sy het my hard gedruk om te presteer. Dat sy omtrent my velle
afgetrek het toe ek, eers, nie verder wou gaan swat nie, maar wou trou!!
Dat SY die een was wat altyd vir my gesê het om "nie in 'n man se oë te kyk
nie", en om nie 'n huisvrou te word nie. Lank voordat ek haar begin vertel
het sy moet weer gaan leer.

My pa het alle finansiële sake aan my ma oorgelaat, en sy het al die
besluite in die huis geneem. My pa het altyd gespot dat sy die broek dra in
die huis, hy finansier dit net. My ma was baas en klaar. My pa se rol in
die huis is eerder onderdruk as my ma s'n. My ma het 'n baie sterk
persoonlikheid, niemand het haar vertel wat om te doen nie, sy het ander
vertel wat om te doen. Ek het baie van my leiding van my pa af gekry, maar
my ma was darem ook daar gewees, sy het ook 'n invloed gehad op die manier
wat ek nou dinge doen.

Hoeveel keer moet ek nou al vir jou sê ek's my eie baas?! Ek werk van die
huis af, ek's altyd beskikbaar vir vriende en familie, en 99% van die kere
kan ek alles net so drop vir my mense - en ek het al. Ek sal nooit, ooit
vir 'n baas kan werk nie, ek's te eiewys daarvoor.

Elaine

"Suidwester" wrote:
>> Elaine: Nie ek of my pa minag nie die huisvrou se rol nie, jy praat deur
>> jou ore. Ek het niks teen 'n vrou wat 'n huisvrou wil wees nie AS dit is
>> wat sy wil doen en AS sy voel dis haar roeping in die lewe en volkome
>> daardeur vervul word. Ek is dankbaar my ma was daar, en my pa is dankbaar
>> my ma is daar.
> #####was jou pa dankbaar genoeg om haar toe te laat om te gaan werk? Het
> jy dalk al daaraan gedink dat die dat jou pa nie by die huis was nie, jou ma
> gevoel het sy dra die verantwoordelikheid van die kinders se opvoeding? En
> wat het sy daarvoor gekry? 'n Pa en 'n dogter wat vir haar vertel: O
> shit, ons is vreeslik dankbaar vir wat jy gedoen het, maar eintlik was dit
> nie nodig nie? G'n wonder die vrou het depressie gehad nie!
>
> Nee, die rede hoekom ons haar wou sien "verder" gaan is
>> omdat sy in algehele depressie verval het, agv haar rol in ons huis. Sy het
>> dit self geminag en altyd vir ons vertel om "nooit in 'n man se oë te kyk
>> vir geld nie."
> #####gaan vra ook vir jou pa of hy haar toegelaat het om 'n volwaardige
> vennoot in die huis te word? Het sy die finansies gehanteer? Of het hy
> haar een van daai vrouens gemaak wat bek hou en doen?
>
> Weet jy wie ly as 'n ma depressie het? Haar familie.
> #####Nou is jy selfsugtig. Jy huil oor die familie ly, maar wat van jou
> arme ma? Alles wat jy vir my sê dui vir my daarop dat jy nie veel van haar
> en haar lewe dink nie. Jy weet, daar is geen verskil in menswees tussen bv
> 'n treindrywer of bv. 'n doktorsgraad in wiskunde nie. Dis ons mense wat
> sekere mense op troontjies plaas omdat dit strook met jou eie ambisies.
>
> Dink jy dis lekker vir 'n kind om haar ma so te sien, en veral as sy weet
> dat die
>> oplossing so eenvoudig is? Juis a.g.v. die depressie het my ma na 'n ruk
>> glad nie belangstelling in enige iets getoon nie (insluitende om weer 'n
>> beroep te gaan beoefen), as sy haar self kon uitleef op ander gebiede as
>> haar huisgesin, sou sy tien teen een nooit so verval het tot die punt van
>> selfmoordpogings nie.
> #####Weereens reken ek jy projekteer JOU idees van wat goed vir jou ma is of
> sou gewees het, op haar, terwyl jy geen respek betoon vir wat sy werklik is
> nie. DIS hoekom sy in so 'n toestand is! Gaan staan jy en jou pa voor 'n
> spieël en kyk na julleself en besluit wat maak julle so wonderlik dat jou ma
> juis soos julle móét wees? Alle mense verskil! Jy en jou pa skuld haar
> een moerse verskoning, in my opinie.
>
> 'n Vrou wat 'n beroep het, en ma is, is nie noodwendig
>> selfsugtig nie, en so 'n vrou hoef ook nie kinderloos te bly nie. Hulle is
>> net anders, en is ander ma's. Nie slegter of beter nie - net anders.
> #####MITS die werkende ouers [lw OUERS, nie vrou noodwendig nie] die
> verantwoordelikheid besef en bereid is om aanpassings te maak. Dit beteken
> dat alles wat hulle verderaan doen, tweede gaan kom in verhouding met die
> kinders. Alles wat hulle verderaan gaan doen, sal onderhewig wees aan die
> vraag of dit tot voordeel vandie kinders gaan wees. Wat jy nie moet
> vergeet nie, een van die ouers moet 'n 'homing beacon' wees vir die kinders.
> 'n Vaste mikpunt waarna die kind kan gaan in sy nood of plesier. Dis
> waarvoor die huisma so goed is.
>
>> Elaine: Ek sal nooit 'n vriend, vriendin, of familielid laat wag as hulle 'n
>> probleem het nie. As 'n vriend of vriendin bel en sê ek het hulp nodig is
>> ek dadelik beskikbaar. Nie later nie - nou. Jy ken my maar sleg, ek sal
>> alles net so drop as iemand wat waarvoor ek lief is hulp nodig het.
>
> ####ek wil jou graag glo, maar weet ook jy praat nou net om die argument te
> wen. Geen, maar geen werkende persoon is voldag beskikbaar vir private
> dinge nie. Maar dalk maak jy tee vir die base en daarom het jy tyd, maar
> as ek reg onthou, dan is dit nie wat jy doen nie. So jy reken jou baas sal
> tevrede wees as jy in die middel van 'n dringende vergadering opstaan om
> eers jou pêl te gaan 'chat' omdat haar vriend haar afgesê het? As jy
> bereid is om jou werk waarmee jy besig is te los om eers private dinge te
> gaan doen, is ek seker, as 'n werkgewer self, dan jou baas nie baie lief is
> vir jou nie!
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95446 is 'n antwoord op boodskap #95439] Do, 22 Julie 2004 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoop jy waardeer jou ma....maar wat jy nou sê, is in kontras met jou
aanvanklike standpunt. Makie sakie, die string raak te lank.

"Elaine" skryf in boodskap news:cdoctt$opb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek sluit die relaas nou af. Jy kan my blameer vir my ma so veel soos wat jy
> wil. Ek gaan nie verder oor haar hier praat nie. Ek's baie, baie lief vir
> my ma, en sy is goed so op haar eie manier. Ek kan jou wel vertel dat my ma
> my gat aan die brand geslaan het as ek ooit minder as 70% op skool gekry het
> vir 'n vak, sy het my hard gedruk om te presteer. Dat sy omtrent my velle
> afgetrek het toe ek, eers, nie verder wou gaan swat nie, maar wou trou!!
> Dat SY die een was wat altyd vir my gesê het om "nie in 'n man se oë te kyk
> nie", en om nie 'n huisvrou te word nie. Lank voordat ek haar begin vertel
> het sy moet weer gaan leer.
>
> My pa het alle finansiële sake aan my ma oorgelaat, en sy het al die
> besluite in die huis geneem. My pa het altyd gespot dat sy die broek dra in
> die huis, hy finansier dit net. My ma was baas en klaar. My pa se rol in
> die huis is eerder onderdruk as my ma s'n. My ma het 'n baie sterk
> persoonlikheid, niemand het haar vertel wat om te doen nie, sy het ander
> vertel wat om te doen. Ek het baie van my leiding van my pa af gekry, maar
> my ma was darem ook daar gewees, sy het ook 'n invloed gehad op die manier
> wat ek nou dinge doen.
>
> Hoeveel keer moet ek nou al vir jou sê ek's my eie baas?! Ek werk van die
> huis af, ek's altyd beskikbaar vir vriende en familie, en 99% van die kere
> kan ek alles net so drop vir my mense - en ek het al. Ek sal nooit, ooit
> vir 'n baas kan werk nie, ek's te eiewys daarvoor.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote:
>>> Elaine: Nie ek of my pa minag nie die huisvrou se rol nie, jy praat deur
>>> jou ore. Ek het niks teen 'n vrou wat 'n huisvrou wil wees nie AS dit is
>>> wat sy wil doen en AS sy voel dis haar roeping in die lewe en volkome
>>> daardeur vervul word. Ek is dankbaar my ma was daar, en my pa is dankbaar
>>> my ma is daar.
>> #####was jou pa dankbaar genoeg om haar toe te laat om te gaan werk? Het
>> jy dalk al daaraan gedink dat die dat jou pa nie by die huis was nie, jou ma
>> gevoel het sy dra die verantwoordelikheid van die kinders se opvoeding? En
>> wat het sy daarvoor gekry? 'n Pa en 'n dogter wat vir haar vertel: O
>> shit, ons is vreeslik dankbaar vir wat jy gedoen het, maar eintlik was dit
>> nie nodig nie? G'n wonder die vrou het depressie gehad nie!
>>
>> Nee, die rede hoekom ons haar wou sien "verder" gaan is
>>> omdat sy in algehele depressie verval het, agv haar rol in ons huis. Sy het
>>> dit self geminag en altyd vir ons vertel om "nooit in 'n man se oë te kyk
>>> vir geld nie."
>> #####gaan vra ook vir jou pa of hy haar toegelaat het om 'n volwaardige
>> vennoot in die huis te word? Het sy die finansies gehanteer? Of het hy
>> haar een van daai vrouens gemaak wat bek hou en doen?
>>
>> Weet jy wie ly as 'n ma depressie het? Haar familie.
>> #####Nou is jy selfsugtig. Jy huil oor die familie ly, maar wat van jou
>> arme ma? Alles wat jy vir my sê dui vir my daarop dat jy nie veel van haar
>> en haar lewe dink nie. Jy weet, daar is geen verskil in menswees tussen bv
>> 'n treindrywer of bv. 'n doktorsgraad in wiskunde nie. Dis ons mense wat
>> sekere mense op troontjies plaas omdat dit strook met jou eie ambisies.
>>
>> Dink jy dis lekker vir 'n kind om haar ma so te sien, en veral as sy weet
>> dat die
>>> oplossing so eenvoudig is? Juis a.g.v. die depressie het my ma na 'n ruk
>>> glad nie belangstelling in enige iets getoon nie (insluitende om weer 'n
>>> beroep te gaan beoefen), as sy haar self kon uitleef op ander gebiede as
>>> haar huisgesin, sou sy tien teen een nooit so verval het tot die punt van
>>> selfmoordpogings nie.
>> #####Weereens reken ek jy projekteer JOU idees van wat goed vir jou ma is of
>> sou gewees het, op haar, terwyl jy geen respek betoon vir wat sy werklik is
>> nie. DIS hoekom sy in so 'n toestand is! Gaan staan jy en jou pa voor 'n
>> spieël en kyk na julleself en besluit wat maak julle so wonderlik dat jou ma
>> juis soos julle móét wees? Alle mense verskil! Jy en jou pa skuld haar
>> een moerse verskoning, in my opinie.
>>
>> 'n Vrou wat 'n beroep het, en ma is, is nie noodwendig
>>> selfsugtig nie, en so 'n vrou hoef ook nie kinderloos te bly nie. Hulle is
>>> net anders, en is ander ma's. Nie slegter of beter nie - net anders.
>> #####MITS die werkende ouers [lw OUERS, nie vrou noodwendig nie] die
>> verantwoordelikheid besef en bereid is om aanpassings te maak. Dit beteken
>> dat alles wat hulle verderaan doen, tweede gaan kom in verhouding met die
>> kinders. Alles wat hulle verderaan gaan doen, sal onderhewig wees aan die
>> vraag of dit tot voordeel vandie kinders gaan wees. Wat jy nie moet
>> vergeet nie, een van die ouers moet 'n 'homing beacon' wees vir die kinders.
>> 'n Vaste mikpunt waarna die kind kan gaan in sy nood of plesier. Dis
>> waarvoor die huisma so goed is.
>>
>>> Elaine: Ek sal nooit 'n vriend, vriendin, of familielid laat wag as hulle 'n
>>> probleem het nie. As 'n vriend of vriendin bel en sê ek het hulp nodig is
>>> ek dadelik beskikbaar. Nie later nie - nou. Jy ken my maar sleg, ek sal
>>> alles net so drop as iemand wat waarvoor ek lief is hulp nodig het.
>>
>> ####ek wil jou graag glo, maar weet ook jy praat nou net om die argument te
>> wen. Geen, maar geen werkende persoon is voldag beskikbaar vir private
>> dinge nie. Maar dalk maak jy tee vir die base en daarom het jy tyd, maar
>> as ek reg onthou, dan is dit nie wat jy doen nie. So jy reken jou baas sal
>> tevrede wees as jy in die middel van 'n dringende vergadering opstaan om
>> eers jou pêl te gaan 'chat' omdat haar vriend haar afgesê het? As jy
>> bereid is om jou werk waarmee jy besig is te los om eers private dinge te
>> gaan doen, is ek seker, as 'n werkgewer self, dan jou baas nie baie lief is
>> vir jou nie!
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95461 is 'n antwoord op boodskap #95446] Do, 22 Julie 2004 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moenie jy worry nie, ek het dit van altwee kante af gekry. My ma en pa :)
As altwee daarop hammer, kan jy nie anders as om te luister nie. My
kleinsus is 'n heppie huisvrou, sy wou nooit iets anders wees nie, ek's net
so lief vir haar as vir my ousus.

En ja, ek waardeer my ma.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40ffc110.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoop jy waardeer jou ma....maar wat jy nou sê, is in kontras met jou
> aanvanklike standpunt. Makie sakie, die string raak te lank.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95485 is 'n antwoord op boodskap #95461] Vr, 23 Julie 2004 10:56 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou toe! Ek hou jou dop!

"Elaine" skryf in boodskap news:cdooo1$3ms$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Moenie jy worry nie, ek het dit van altwee kante af gekry. My ma en pa :)
> As altwee daarop hammer, kan jy nie anders as om te luister nie. My
> kleinsus is 'n heppie huisvrou, sy wou nooit iets anders wees nie, ek's net
> so lief vir haar as vir my ousus.
>
> En ja, ek waardeer my ma.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40ffc110.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek hoop jy waardeer jou ma....maar wat jy nou sê, is in kontras met jou
>> aanvanklike standpunt. Makie sakie, die string raak te lank.
>
Vorige onderwerp: Opsoek na 'n Bollie
Volgende onderwerp: Die Lag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:00:53 MGT 2024