Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Vragie aan Gloudina
Vragie aan Gloudina [boodskap #94551] Wo, 30 Junie 2004 13:32 na volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Tante lyk my na 'n emmigrant (immigrant?) wat baie bekend is met jou
eie herkoms en die herkoms van jou voorouers. Dit is iets wat ek self
nog nooit ondersoek het nie. Ons uitgebreide familie het erg gekrimp
gedurende onlangse jare agv emmigrasie, geweld en swak gene. Ek het
slegs een ouma oor, maar sy is seniel. Ander familie-lede maak ook
maar stories op om slim te klink. Ek het absoluut geen idee van
wanneer en hoekom my voorsate in SA opgeeindig het nie. Ek sien my
familienaam bestaan in beide Nederland en in Duitsland, maar slegs in
die honderde uit hulle totale populasie. Is daar 'n sentrale register
in SA wat 'n mens kan deursoek?
Re: Vragie aan Gloudina [boodskap #94553 is 'n antwoord op boodskap #94551] Wo, 30 Junie 2004 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder" skryf

> Tante lyk my na 'n emmigrant (immigrant?) wat baie bekend is met jou
> eie herkoms en die herkoms van jou voorouers.

Is daar 'n sentrale register
> in SA wat 'n mens kan deursoek?

Ek is 'n emigrant uit Suid-Afrika en 'n
immigrant in Kanada.
Ek vors nie my herkoms na nie. Daar is egter baie
mense wat dit doen, en deur bloot jou familienaam
op die net in te tik, sou jy kan sien wat ander mense
met dieselfde naam al bereik het.
Ek het gehoor dat my oervader aan vaderskant
in 1706 na SA gekom het, deurdat Dr. Gawie
Nienaber dit in 'n boek nageslaan het nadat ek vir
hom vertel het ek weet niks van my herkoms nie.
(Ek het 'n taamlike rare nooiensvan en almal met
dié van in SA is glo familie of aangetroude familie.)
My ma se familie is vol Franse name soos mens
terugwerk in die verlede in, dus neem ek maar
aan daardie kant is heelwaarskynlik meeste
Hugenotebloed.
Ek kry egter die indruk dat as mens wel jy afkoms
wil navors, daar baie fasiliteite daarvoor is.

Gloudina
Re: Vragie aan G. (S.A. geslagregisters) [boodskap #94558 is 'n antwoord op boodskap #94551] Wo, 30 Junie 2004 17:43 Na vorige boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Se vir my naar watter familiename soek jy?
Ek het hier die serie van sewe boeke met Suid Afrikaanse
geslagregisters.
wellig is jou familie in daar die serie vermeld.
Egter slegs betref A/Ph - daar die opvolgende boeke
nog nie in my besit gekom het nie.
groete van Nederland
Patrick

In article , BitterEinder
wrote:
> Tante lyk my na 'n emmigrant (immigrant?) wat baie bekend is met jou
> eie herkoms en die herkoms van jou voorouers. Dit is iets wat ek self
> nog nooit ondersoek het nie. Ons uitgebreide familie het erg gekrimp
> gedurende onlangse jare agv emmigrasie, geweld en swak gene. Ek het
> slegs een ouma oor, maar sy is seniel. Ander familie-lede maak ook
> maar stories op om slim te klink. Ek het absoluut geen idee van
> wanneer en hoekom my voorsate in SA opgeeindig het nie. Ek sien my
> familienaam bestaan in beide Nederland en in Duitsland, maar slegs in
> die honderde uit hulle totale populasie. Is daar 'n sentrale register
> in SA wat 'n mens kan deursoek?
>
Vorige onderwerp: Afrikaners in Engeland
Volgende onderwerp: SA regering nie konsekwent (rassisties) met behandeling van burgers in buiteland...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:47:13 MGT 2024