Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » "Hoe Pragtig is God se Skepping"
"Hoe Pragtig is God se Skepping" [boodskap #93461] Ma, 31 Mei 2004 07:50 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Hoe Pragtig is God se Skepping"

Aartsbiskop Denis Hurley**

Pastorale brief van die KwaZulu-Natal Kerkleiersgroep met die oog op
Wêreldomgewingsdag, 5 Junie 2004

Ons lewe in 'n provinsie met 'n pragtige natuurskoon en 'n wye kulturele
verskeidenheid. Met die viering van Wêreldomgewingsdag op 5 Junie 2004 dank
ons God vir ons natuurlike omgewing en vir wetgewing wat ons in staat stel
om ons omgewing te beskerm.

Die verwaarlosing van die omgewing en die gevolge daarvan

Daar is egter ook al hoe meer tekens van die verwaarlosing van die omgewing:

Die verlies van vrugbare bo-grond wat voedselprodusering belemmer

Baie mense leef in ongesonde omstandighede sonder toegang tot skoon
drinkwater of voldoende sanitasie

Industriële lugbesoedeling veroorsaak asemhaling- en ander dodelike siektes.
Dit is veral 'n groot probleem in die Durban-Suid area

Kleiner wordende inheemse bosse veral aan die kus

Verwoesting van die habitat van ander spesies se flora en fauna

Veranderende weerpatrone wat lei tot vloede en droogtes

Dit is veral arm mense wat die meeste deur die gevolge van die agteruitgang
van die omgewing benadeel word.

Watter faktore dra by tot die verwaarlosing van die omgewing?

Terwyl sommige mense werklik onbewus is van hulle eie negatiewe uitwerking
op die omgewing, is daar ook 'n baie mense wat glad nie oor die agteruitgang
van die omgewing begaan is nie.

Ons erken dat die politieke geweld wat ons provinsie in die verlede ervaar
het, groot wonde op beide die mense en die land gelaat het. Die stryd om mag
asook menslike gulsigheid en selfsug gaan voort om groot dele van ons
natuurlike erfenis te vernietig. Ons erken ook dat ekonomiese uitgangspunte
steeds die ongelyke verdeling en eienaarskap van natuurlike bronne bevorder
en verder bydra tot die vernietiging van die omgewing.

Die antwoord van die kerk

Ons Bybelse erfenis en teologiese tradisies, ons geloof in God as die
skepper en Jesus as die verlosser van alle lewe, maak ons bewus van ons
verantwoordelikheid teenoor die omgewing. Deur opnuut te beklemtoon dat die
bewaring van die aarde 'n sentrale boodskap van die evangelie is, bevestig
ons dat ons groot respek vir die integriteit van die skepping en alle vorme
van lewe het. Ons verbind ons opnuut tot die volle ontwikkeling van alle
mense ooreenkomstig hulle inherente menswaardigheid. Ons oorlewing is
afhanklik van die handhawing van 'n gesonde omgewing en die beskerming van
die bio-diversiteit wat ons ekosisteem.

Die noodsaaklikheid van omgewingsgeregtigheid

Gedurende die apartheidstydperk het ons gereeld profetiese uitsprake gelewer
ten gunste van die stryd vir vryheid. Vandag is ons stryd om die hele
skepping te bevry en om die baie sake wat die skepping bedreig, te beveg.
Wanneer ons reageer op die noodroep van diegene wat arm is, moet ons nie
doof wees vir die noodkreet van die aarde nie.

Met die hoë voorkoms van HIV VIGS in ons provinsie, is dit nou meer as ooit
nodig dat ons ons vir 'n gesonde omgewing moet beywer om sodoende die
produsering van gesonde voedsel en voedelsekuriteit vir almal te verseker.
Ons is baie bekommerd oor die bekendstelling van geneties-gemanipuleerde
gewasse in ons provinsie aangesien ons nie oortuig is dat hierdie gewasse
veilig vir menslike gebruik is nie. Ons is ook bekommerd oor die effek wat
geneties-gemanipuleerde voedsel op die omgewing het (veral die vermoë om
gesonde gewasse te verbou).

Ons bediening van genesing en versoening moet ook voorsiening maak vir ons
besoedelde riviere, die suiwering van besoedelde lug, en die gees van
gierigheid wat daarna streef om alles te domineer en dreig om alles te
vernietig wat God geskape het. Ons erken dat die grond 'n geskenk van God is
wat Hy aan ons toevertrou het en waarvoor ons verantwoordelik is.

Stappe wat die kerk kan volg:

Tydens die herdenking van wêreldomgewingsdag is daar heelwatbaie wat ons kan
doen om ons omgewing te vier en dit te beskerm van vernietiging. Dit sluit
in:

Aanmoediging om die skepping te waardeer en te geniet

Die fokus op omgewingsverwante sake in die viering van ons liturgie

Die insluiting van die omgewingsake in kerklike opvoeding

Die bewaring van skaars hulpbronne soos water en die bevordering van die
hergebruik van sulke bronne

Die aanmoediging van die aanplanting van inheemse bome en plante

Die aanmoediging van die verantwoordelike gebruik van grond (veral
kerkgrond).

Die aanmoediging van gemeentes om oor omgewingssake na te lees en
besprekings daaroor te voer

Samewerking met plaaslike omgewingsbewaringsorganisasies

Ons verbind onsself om ons Christelike verantwoordelikheid ten opsigte van
die omgewing ernstig op te neem en moedig almal aan om dieselfde te doen.

Gemagtig deur: Bishop Mansuet Biyase Roman Catholic Diocese of Eshowe ·
Bishop Lymon Dlangalala · Natal West District - Methodist Church of Southern
Africa · Bishop Mlungisi Pius Dlungwane · Roman Catholic Diocese of
Mariannhill · Dean Dino Gabriel, Anglican Diocese of Zululand · Ms Thudiso
Gcabashe, Honorary Life Vice-President - South African Council of Churches ·
Pastor Colin La Foy, Secretary General, Southern Africa - Assemblies of God
· Major Timothy Mabaso, Divisional Commander, Mid KwaZulu-Natal - Salvation
Army · Bishop Purity Malinga, Natal Coastal District - Methodist Church of
Southern Africa · Bishop Funginkosi Mbhele, Bishop Suffragan - Anglican
Diocese of Natal · Pastor Martin McCrory, Team Leader - OneCup
Transformation · Ds Lukas Meyer, Moderator - Synod of NG Kerk van Natal ·
Rev Simphiwe Mkhize, Chairperson, KwaZulu-Natal Regional Council - United
Congregational Church of Southern Africa · Cardinal Wilfrid Napier OFM,
Roman Catholic Archdiocese of Durban, President - Southern African Catholic
Bishops' Conference · Rev Robin Palmer, Moderator, Thekwini Presbytery -
Uniting Presbyterian Church in Southern Africa · Bishop Rubin Phillip,
Anglican Diocese of Natal · Rev Victor Pillay, Moderator (Acting) - Reformed
Church in Africa, · Bishop Michael Paschal Rowland OFM, Roman Catholic
Diocese of Dundee · Pastor Saul, Chairperson, KwaZulu-Nata - Assemlies of
God · Bishop Louis Sibiya, South Eastern Diocese - Evangelical Lutheran
Church in Southern Africa, Presiding Bishop - Evangelical Lutheran Church in
South Africa · Bishop Elijah Thwala, Bishop Suffragan - Anglican Diocese of
Natal.
Re: "Hoe Pragtig is God se Skepping" [boodskap #93462 is 'n antwoord op boodskap #93461] Ma, 31 Mei 2004 08:04 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En wie se skuld is die verandering in die weerpatrone?:))
--
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:c9eo3l$50m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Hoe Pragtig is God se Skepping"
>
> Aartsbiskop Denis Hurley**
>
> Pastorale brief van die KwaZulu-Natal Kerkleiersgroep met die oog op
> Wêreldomgewingsdag, 5 Junie 2004
>
>
> Ons lewe in 'n provinsie met 'n pragtige natuurskoon en 'n wye kulturele
> verskeidenheid. Met die viering van Wêreldomgewingsdag op 5 Junie 2004 dank
> ons God vir ons natuurlike omgewing en vir wetgewing wat ons in staat stel
> om ons omgewing te beskerm.
>
> Die verwaarlosing van die omgewing en die gevolge daarvan
>
> Daar is egter ook al hoe meer tekens van die verwaarlosing van die omgewing:
>
> Die verlies van vrugbare bo-grond wat voedselprodusering belemmer
>
> Baie mense leef in ongesonde omstandighede sonder toegang tot skoon
> drinkwater of voldoende sanitasie
>
> Industriële lugbesoedeling veroorsaak asemhaling- en ander dodelike siektes.
> Dit is veral 'n groot probleem in die Durban-Suid area
>
> Kleiner wordende inheemse bosse veral aan die kus
>
> Verwoesting van die habitat van ander spesies se flora en fauna
>
> Veranderende weerpatrone wat lei tot vloede en droogtes
>
> Dit is veral arm mense wat die meeste deur die gevolge van die agteruitgang
> van die omgewing benadeel word.
>
> Watter faktore dra by tot die verwaarlosing van die omgewing?
>
> Terwyl sommige mense werklik onbewus is van hulle eie negatiewe uitwerking
> op die omgewing, is daar ook 'n baie mense wat glad nie oor die agteruitgang
> van die omgewing begaan is nie.
>
> Ons erken dat die politieke geweld wat ons provinsie in die verlede ervaar
> het, groot wonde op beide die mense en die land gelaat het. Die stryd om mag
> asook menslike gulsigheid en selfsug gaan voort om groot dele van ons
> natuurlike erfenis te vernietig. Ons erken ook dat ekonomiese uitgangspunte
> steeds die ongelyke verdeling en eienaarskap van natuurlike bronne bevorder
> en verder bydra tot die vernietiging van die omgewing.
>
> Die antwoord van die kerk
>
> Ons Bybelse erfenis en teologiese tradisies, ons geloof in God as die
> skepper en Jesus as die verlosser van alle lewe, maak ons bewus van ons
> verantwoordelikheid teenoor die omgewing. Deur opnuut te beklemtoon dat die
> bewaring van die aarde 'n sentrale boodskap van die evangelie is, bevestig
> ons dat ons groot respek vir die integriteit van die skepping en alle vorme
> van lewe het. Ons verbind ons opnuut tot die volle ontwikkeling van alle
> mense ooreenkomstig hulle inherente menswaardigheid. Ons oorlewing is
> afhanklik van die handhawing van 'n gesonde omgewing en die beskerming van
> die bio-diversiteit wat ons ekosisteem.
>
> Die noodsaaklikheid van omgewingsgeregtigheid
>
> Gedurende die apartheidstydperk het ons gereeld profetiese uitsprake gelewer
> ten gunste van die stryd vir vryheid. Vandag is ons stryd om die hele
> skepping te bevry en om die baie sake wat die skepping bedreig, te beveg.
> Wanneer ons reageer op die noodroep van diegene wat arm is, moet ons nie
> doof wees vir die noodkreet van die aarde nie.
>
> Met die hoë voorkoms van HIV VIGS in ons provinsie, is dit nou meer as ooit
> nodig dat ons ons vir 'n gesonde omgewing moet beywer om sodoende die
> produsering van gesonde voedsel en voedelsekuriteit vir almal te verseker.
> Ons is baie bekommerd oor die bekendstelling van geneties-gemanipuleerde
> gewasse in ons provinsie aangesien ons nie oortuig is dat hierdie gewasse
> veilig vir menslike gebruik is nie. Ons is ook bekommerd oor die effek wat
> geneties-gemanipuleerde voedsel op die omgewing het (veral die vermoë om
> gesonde gewasse te verbou).
>
> Ons bediening van genesing en versoening moet ook voorsiening maak vir ons
> besoedelde riviere, die suiwering van besoedelde lug, en die gees van
> gierigheid wat daarna streef om alles te domineer en dreig om alles te
> vernietig wat God geskape het. Ons erken dat die grond 'n geskenk van God is
> wat Hy aan ons toevertrou het en waarvoor ons verantwoordelik is.
>
> Stappe wat die kerk kan volg:
>
> Tydens die herdenking van wêreldomgewingsdag is daar heelwatbaie wat ons kan
> doen om ons omgewing te vier en dit te beskerm van vernietiging. Dit sluit
> in:
>
> Aanmoediging om die skepping te waardeer en te geniet
>
> Die fokus op omgewingsverwante sake in die viering van ons liturgie
>
> Die insluiting van die omgewingsake in kerklike opvoeding
>
> Die bewaring van skaars hulpbronne soos water en die bevordering van die
> hergebruik van sulke bronne
>
> Die aanmoediging van die aanplanting van inheemse bome en plante
>
> Die aanmoediging van die verantwoordelike gebruik van grond (veral
> kerkgrond).
>
> Die aanmoediging van gemeentes om oor omgewingssake na te lees en
> besprekings daaroor te voer
>
> Samewerking met plaaslike omgewingsbewaringsorganisasies
>
> Ons verbind onsself om ons Christelike verantwoordelikheid ten opsigte van
> die omgewing ernstig op te neem en moedig almal aan om dieselfde te doen.
>
> Gemagtig deur: Bishop Mansuet Biyase Roman Catholic Diocese of Eshowe ·
> Bishop Lymon Dlangalala · Natal West District - Methodist Church of Southern
> Africa · Bishop Mlungisi Pius Dlungwane · Roman Catholic Diocese of
> Mariannhill · Dean Dino Gabriel, Anglican Diocese of Zululand · Ms Thudiso
> Gcabashe, Honorary Life Vice-President - South African Council of Churches ·
> Pastor Colin La Foy, Secretary General, Southern Africa - Assemblies of God
> · Major Timothy Mabaso, Divisional Commander, Mid KwaZulu-Natal - Salvation
> Army · Bishop Purity Malinga, Natal Coastal District - Methodist Church of
> Southern Africa · Bishop Funginkosi Mbhele, Bishop Suffragan - Anglican
> Diocese of Natal · Pastor Martin McCrory, Team Leader - OneCup
> Transformation · Ds Lukas Meyer, Moderator - Synod of NG Kerk van Natal ·
> Rev Simphiwe Mkhize, Chairperson, KwaZulu-Natal Regional Council - United
> Congregational Church of Southern Africa · Cardinal Wilfrid Napier OFM,
> Roman Catholic Archdiocese of Durban, President - Southern African Catholic
> Bishops' Conference · Rev Robin Palmer, Moderator, Thekwini Presbytery -
> Uniting Presbyterian Church in Southern Africa · Bishop Rubin Phillip,
> Anglican Diocese of Natal · Rev Victor Pillay, Moderator (Acting) - Reformed
> Church in Africa, · Bishop Michael Paschal Rowland OFM, Roman Catholic
> Diocese of Dundee · Pastor Saul, Chairperson, KwaZulu-Nata - Assemlies of
> God · Bishop Louis Sibiya, South Eastern Diocese - Evangelical Lutheran
> Church in Southern Africa, Presiding Bishop - Evangelical Lutheran Church in
> South Africa · Bishop Elijah Thwala, Bishop Suffragan - Anglican Diocese of
> Natal.
>
Vorige onderwerp: Bid Anders
Volgende onderwerp: Sondag in die kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:30:30 MGT 2024