Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Internet telefoon
Internet telefoon [boodskap #90339] Vr, 13 Februarie 2004 11:09 na volgende boodskap
bolander  is tans af-lyn  bolander
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie program werk baie goed om 'telefoonoproepe' oor die internet te
maak:

www.skype.com

Mens het net oorfone en 'n mikrofoon nodig. Kry dit by enige plek wat
kompers verkoop.
Re: Internet telefoon [boodskap #90367 is 'n antwoord op boodskap #90339] Sa, 14 Februarie 2004 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bolander ,van waar skryf jy?
Kan jy met my probeer
soek "Sebrakiller"

"bolander" skryf in boodskap news:402CB060.4060407@miami.net...
> Hierdie program werk baie goed om 'telefoonoproepe' oor die internet te
> maak:
>
> www.skype.com
>
> Mens het net oorfone en 'n mikrofoon nodig. Kry dit by enige plek wat
> kompers verkoop.
>
Jag [boodskap #90368 is 'n antwoord op boodskap #90367] Sa, 14 Februarie 2004 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is jy n jagter Paul? Ek kan nie onthou dat een van my mansfamilie of
vriende in S.A. ooit gejag het nie, en natuurlik hier waar ek woon is dit
baie gewild dat mans jag, of dit nou bokke is, skwirrels, eende of watookal.
Ek is erg teen jag, maar bly gewoonlik stil, ek wil nie oorkom as n boom
hugger nie (alhoewel ek een is). Die heel ergste was toe ons eenkeer S.A.
gevlieg het, en voor ons het n gesin van Texas gesit, hulle was op pad na
S.A. om kameelperde te jag. Ek het natuurlik my bek gerek en gevra vir die
vrou watter kuns is dit nou om n arme kameelperd te skiet, maar sy se toe
dis om die vel wat sy dit doen, hulle huis in Texas is glo toe onder al die
pelse, velle en koppe, en hulle het nog nie n kameelperdveld nie. Go figure.
Sy en haar man en haar dogter was bedruip met juwele, en hulle jaarlikse
treat aan hulleself was n jagsessie in S.A.
Ek het toe skielik nie meer te veel gese gehad vir hulle nie :-)

"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:B9tXb.729$po.297129032@hestia.telenet-ops.be...
> Bolander ,van waar skryf jy?
> Kan jy met my probeer
> soek "Sebrakiller"
>
> "bolander" schreef in bericht
> news:402CB060.4060407@miami.net...
>> Hierdie program werk baie goed om 'telefoonoproepe' oor die internet te
>> maak:
>>
>> www.skype.com
>>
>> Mens het net oorfone en 'n mikrofoon nodig. Kry dit by enige plek wat
>> kompers verkoop.
>>
>
Re: Jag [boodskap #90373 is 'n antwoord op boodskap #90368] Sa, 14 Februarie 2004 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Idd Ellie ek is een jagter en het een paar keer in za gejag op
vark,impala,blesbok en sebra
Dat sommige mense teen jag is kan ek verstaan,maar ek is nou eenmal een
roofdier en nie skaap nie
Ek dink dit is beter een stuk wild te skiet as dat hulle vrek van honger en
dors soos nou
Ek het ook enkele mooi trofee aan die muur hang
Ek moet sê dat baie mense in sa hul kos verdien met die jag en dat dit een
van die lande in Africa is waar baie wild rondloop in teenstelling tot
sommige lande waar nie gejag word nie en waar baie honger heers by gebrek
aan vleis

"Ellie" schreef in bericht news:y3uXb.5365$hm4.2255@newsread3.news.atl.earthlink.net...
> Is jy n jagter Paul? Ek kan nie onthou dat een van my mansfamilie of
> vriende in S.A. ooit gejag het nie, en natuurlik hier waar ek woon is dit
> baie gewild dat mans jag, of dit nou bokke is, skwirrels, eende of watookal.
> Ek is erg teen jag, maar bly gewoonlik stil, ek wil nie oorkom as n boom
> hugger nie (alhoewel ek een is). Die heel ergste was toe ons eenkeer S.A.
> gevlieg het, en voor ons het n gesin van Texas gesit, hulle was op pad na
> S.A. om kameelperde te jag. Ek het natuurlik my bek gerek en gevra vir die
> vrou watter kuns is dit nou om n arme kameelperd te skiet, maar sy se toe
> dis om die vel wat sy dit doen, hulle huis in Texas is glo toe onder al die
> pelse, velle en koppe, en hulle het nog nie n kameelperdveld nie. Go figure.
> Sy en haar man en haar dogter was bedruip met juwele, en hulle jaarlikse
> treat aan hulleself was n jagsessie in S.A.
> Ek het toe skielik nie meer te veel gese gehad vir hulle nie :-)
>
> "Paul de Dilbeek" wrote in message
> news:B9tXb.729$po.297129032@hestia.telenet-ops.be...
>> Bolander ,van waar skryf jy?
>> Kan jy met my probeer
>> soek "Sebrakiller"
>>
>> "bolander" schreef in bericht
>> news:402CB060.4060407@miami.net...
>>> Hierdie program werk baie goed om 'telefoonoproepe' oor die internet te
>>> maak:
>>>
>>> www.skype.com
>>>
>>> Mens het net oorfone en 'n mikrofoon nodig. Kry dit by enige plek wat
>>> kompers verkoop.
>>>
>>
>
Re: Jag [boodskap #90374 is 'n antwoord op boodskap #90373] Sa, 14 Februarie 2004 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Ellie" schreef in bericht
> news:y3uXb.5365$hm4.2255@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>> Is jy n jagter Paul? Ek kan nie onthou dat een van my mansfamilie of
>> vriende in S.A. ooit gejag het nie, en natuurlik hier waar ek woon is dit
>> baie gewild dat mans jag, of dit nou bokke is, skwirrels, eende of watookal.
>> Ek is erg teen jag, maar bly gewoonlik stil, ek wil nie oorkom as n boom
>> hugger nie (alhoewel ek een is). Die heel ergste was toe ons eenkeer S.A.
>> gevlieg het, en voor ons het n gesin van Texas gesit, hulle was op pad na
>> S.A. om kameelperde te jag. Ek het natuurlik my bek gerek en gevra vir die
>> vrou watter kuns is dit nou om n arme kameelperd te skiet, maar sy se toe
>> dis om die vel wat sy dit doen, hulle huis in Texas is glo toe onder al die
>> pelse, velle en koppe, en hulle het nog nie n kameelperdveld nie. Go figure.
>> Sy en haar man en haar dogter was bedruip met juwele, en hulle jaarlikse
>> treat aan hulleself was n jagsessie in S.A.
>> Ek het toe skielik nie meer te veel gese gehad vir hulle nie :-)

"Paul de Dilbeek"

> Idd Ellie ek is een jagter en het een paar keer in za gejag op
> vark,impala,blesbok en sebra
> Dat sommige mense teen jag is kan ek verstaan,maar ek is nou eenmal een
> roofdier en nie skaap nie

Hy is nou eenmaal een roofdier, en nie skaap nie, Ellie.
Hy is nou eenmaal een dapper roofdier, en nie skaap nie
Een roofdier sonder vrees vir die vark, impala, blesbok en sebra,
een roofdier met 'n
geweer en teleskoop, Ellie.

DD
Re: Jag [boodskap #90375 is 'n antwoord op boodskap #90374] Sa, 14 Februarie 2004 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is dit vir commentaar?
Ons jag toch nie met speer soos die bushmen oor vyfhonderd jare
As jy wild wil eet moet die geskiet word,wat het dit dapper daarmee te
maak,beef kom nie uit een fabriek nie,kip val nie uit die lug nie.
Een luiperd sal nie een olifant aanval,alleen een prooi wat hy aankan
Een vraag:eet jullie vleis,vis,dra jullie lere skoene?Sonder slagter eet
jullie nie vleis nie,sonder boer nie melk nie,duidlik stadmense wat nie die
lewe van die platteland ken of tog vegetariers?

"DD" schreef in bericht news:2q0t20dpd69ruu8578e4v0c9b40tchkpdj@4ax.com...
>
>>
>> "Ellie" schreef in bericht
>> news:y3uXb.5365$hm4.2255@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>>> Is jy n jagter Paul? Ek kan nie onthou dat een van my mansfamilie of
>>> vriende in S.A. ooit gejag het nie, en natuurlik hier waar ek woon is dit
>>> baie gewild dat mans jag, of dit nou bokke is, skwirrels, eende of watookal.
>>> Ek is erg teen jag, maar bly gewoonlik stil, ek wil nie oorkom as n boom
>>> hugger nie (alhoewel ek een is). Die heel ergste was toe ons eenkeer S.A.
>>> gevlieg het, en voor ons het n gesin van Texas gesit, hulle was op pad na
>>> S.A. om kameelperde te jag. Ek het natuurlik my bek gerek en gevra vir die
>>> vrou watter kuns is dit nou om n arme kameelperd te skiet, maar sy se toe
>>> dis om die vel wat sy dit doen, hulle huis in Texas is glo toe onder al die
>>> pelse, velle en koppe, en hulle het nog nie n kameelperdveld nie. Go figure.
>>> Sy en haar man en haar dogter was bedruip met juwele, en hulle jaarlikse
>>> treat aan hulleself was n jagsessie in S.A.
>>> Ek het toe skielik nie meer te veel gese gehad vir hulle nie :-)
>
> "Paul de Dilbeek"
>
>> Idd Ellie ek is een jagter en het een paar keer in za gejag op
>> vark,impala,blesbok en sebra
>> Dat sommige mense teen jag is kan ek verstaan,maar ek is nou eenmal een
>> roofdier en nie skaap nie
>
>
> Hy is nou eenmaal een roofdier, en nie skaap nie, Ellie.
> Hy is nou eenmaal een dapper roofdier, en nie skaap nie
> Een roofdier sonder vrees vir die vark, impala, blesbok en sebra,
> een roofdier met 'n
> geweer en teleskoop, Ellie.
>
> DD
>
Re: Jag [boodskap #90376 is 'n antwoord op boodskap #90375] Sa, 14 Februarie 2004 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 21:30:47 GMT, "Paul" wrote:

> Wat is dit vir commentaar?
> Ons jag toch nie met speer soos die bushmen oor vyfhonderd jare
> As jy wild wil eet moet die geskiet word,wat het dit dapper daarmee te
> maak,beef kom nie uit een fabriek nie,kip val nie uit die lug nie.
> Een luiperd sal nie een olifant aanval,alleen een prooi wat hy aankan
> Een vraag:eet jullie vleis,vis,dra jullie lere skoene?Sonder slagter eet
> jullie nie vleis nie,sonder boer nie melk nie,duidlik stadmense wat nie die
> lewe van die platteland ken of tog vegetariers?
>

Ek drink nie eens melk wat van 'n koei af kom nie.
In my huis word slegs bottelmelk toegelaat.

DD
Re: Jag [boodskap #90377 is 'n antwoord op boodskap #90376] Sa, 14 Februarie 2004 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 23:35:09 +0200, DD wrote:

> On Sat, 14 Feb 2004 21:30:47 GMT, "Paul" wrote:
>
>> Wat is dit vir commentaar?
>> Ons jag toch nie met speer soos die bushmen oor vyfhonderd jare
>> As jy wild wil eet moet die geskiet word,wat het dit dapper daarmee te
>> maak,beef kom nie uit een fabriek nie,kip val nie uit die lug nie.
>> Een luiperd sal nie een olifant aanval,alleen een prooi wat hy aankan
>> Een vraag:eet jullie vleis,vis,dra jullie lere skoene?Sonder slagter eet
>> jullie nie vleis nie,sonder boer nie melk nie,duidlik stadmense wat nie die
>> lewe van die platteland ken of tog vegetariers?

>

Ek is geen vegetariër nie. En ek dra egte leerskoene.
Verder weet ek heelwaarskynlik meer as jy van 'n
plaas af, want ek het op 710 morg groot geword,
wat byna so groot soos Nederland is.
Daarby, het ek myself nog nooit
as 'n roofdier bestempel nie, want ek weet meer
van roofdiere af as jy. Ek weet byvoorbeeld dat
'n roofdier sy prooi inhardloop, terwyl die 'jagters'
dit met 'n 4X4 doen. En dit met brute krag vang,
terwyl die jagters die op 150 treë afstand met
'n teleskoop doen, en dan sy poot op die
dier wat nie eens geweet het dat hy daar is nie,
se kop sit en die bestuurder van die 4X4 vra
om 'n foto te neem en Nederland toe te stuur.

DD
Re: Jag [boodskap #90378 is 'n antwoord op boodskap #90377] Sa, 14 Februarie 2004 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 23:42:01 +0200, DD wrote:

> On Sat, 14 Feb 2004 23:35:09 +0200, DD wrote:
>
>> On Sat, 14 Feb 2004 21:30:47 GMT, "Paul" wrote:

>>> Wat is dit vir commentaar?
>>> Ons jag toch nie met speer soos die bushmen oor vyfhonderd jare

Al waaroor dit werklik gaan, Paul, is dat
dit onvanpas was om jou met 'n roofdier
te vergelyk.
Ek het baie gesê, om eintlik net daarop
te dui:-)

DD
Re: Jag [boodskap #90381 is 'n antwoord op boodskap #90378] So, 15 Februarie 2004 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja DD ons is roofdiere op ons manier(voedselpyramide) om aan vleis te kom en
as ons een trofee meeneem,so wat,daar is tog nie mis mee
Een 4x4 en een geweer met telescoop is een goe middel om te jag
Wat ek bedoel is dat die helft van za onregstreeks leef van die jag en
hooplik bly dit so

"DD" skryf in boodskap news:1k5t2097u9qti46vv10jhog1kmuh755rlm@4ax.com...
> On Sat, 14 Feb 2004 23:42:01 +0200, DD wrote:
>
>> On Sat, 14 Feb 2004 23:35:09 +0200, DD wrote:
>>
>>> On Sat, 14 Feb 2004 21:30:47 GMT, "Paul" wrote:
>
>>>> Wat is dit vir commentaar?
>>>> Ons jag toch nie met speer soos die bushmen oor vyfhonderd jare
>
>
> Al waaroor dit werklik gaan, Paul, is dat
> dit onvanpas was om jou met 'n roofdier
> te vergelyk.
> Ek het baie gesê, om eintlik net daarop
> te dui:-)
>
> DD
>
Re: Jag [boodskap #90386 is 'n antwoord op boodskap #90381] Ma, 16 Februarie 2004 00:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 Feb 2004 11:42:10 GMT, "Paul" wrote:
> Ja DD ons is roofdiere op ons manier(voedselpyramide) om aan vleis te kom en
> as ons een trofee meeneem,so wat,daar is tog nie mis mee
> Een 4x4 en een geweer met telescoop is een goe middel om te jag
> Wat ek bedoel is dat die helft van za onregstreeks leef van die jag en
> hooplik bly dit so
>
>

Waar kom jy daaraan dat die helfte Suid Afrikaners van jag leef?
(As jy 'n jagter met 'n geweer met teleskoop 'n roofdier kan noem, kan
jy seker ook 'n boer wat plaasvee slag, 'n jagter noem:-)

Ek het vandag weer, Paul, die geleentheid gehad om tussen die wild
in te beweeg. 'n Kameelperd het laag gebuk om sy bek teen my gesig te
druk. Die voorreg gehad om my hand in die maanhare van 'n groot leeu
te druk en daarmee te speel. 'n Groot wit leeu oor die rug te streel.
Ek doen dit somtyds wanneer ek die sakewêreld vir 'n oomblik wil
vergeet. En daar ontmoet jy diereliefhebbers. Maar daar ontmoet jy tog
ook mense wat daarvan hou om daardie selfde trotse diere oor
drie honderd treë met 'n teleskoop te skiet, sy vel in die
studeerkamer te gooi, en sy kop teen die muur te hang.
Een trofee meeneem, en voel dat daar tog nie mis mee is.

Ons het verskillende waardes, Paul. Ek het vandag wildehonde
gefotografeer.
Wildehonde waarvan daar slegs ongeveer 350 in die hele wêreld nog in
die wildernis is.

DD
Re: Jag [boodskap #90406 is 'n antwoord op boodskap #90368] Ma, 16 Februarie 2004 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien net so 'n bietjie perspektief in die argument? Sodra jy enige dier
'n kommersiële waarde gee, dan sal die mens hom beskerm. Saam met die
vernietiging van die dier se natuurlike vyande deur die mens, MOET die mens
die dier se vyand word of die diere gaan krepeer. Sedert tofeejag en
biltongjag in Suider-Afrika werklik groot geword het, het wildgetalle van
alle soorte wild met veertien keer vergroot want die boere het die
kommersiële waarde van wild ingesien. 'n Wilde dier is in werklikheid net
so sterk soos wat sy omgewing en vyande is. Kyk maar iets oos 'n gemsbok
of 'n springbok. Sit hom bv in die Vrystaat sonder 'n moeilike omgewing en
geen vyande nie, en die bokke wat jy kry word al kleiner. In die Kalahari
en die Namib is die bokke groot en sterk en die vet min want hulle veg elke
oomblik van die dag vir oorlewing.
Die punt is egter, as jy op 'n stuk grond wilde bokke aanhou en jy dun
nie hul getalle uit nie [soos wat die katte sou] dan gaan jy 'n punt bereik
waar jou bokke nie meer aanteel nie en jy gaan trassiebokke kry omdat hulle
begin inteel. Ek dink dis vulgêr om met enigiets anders as 'n ordentlike
geweer met 'n ordentlike teleskoop op na wild te skiet. Enige mens met
enige gewete en sin vir regverdigheid sal sorg juis dat sy wapen waarmee hy
skiet die minimum kans gee vir 'n kwesskoot. Verder, as jy bloot net vir
vleis skiet, dan het jag niks met die storie te doen nie. Jy dun wild uit
en dan skiet jy net as jy 'n goeie skoot kan skiet en as dit beteken dis van
'n 4x4 af, dan is dit so. In elk geval, ek sou graag ons vvriend wil sien
op 'n plaas van 12 000ha stap agter springbokke aan! Behalwe dat hyself
baie maer daar gaan uitkom, gaan hy geen bok geskiet kry nie!

"Ellie" wrote in message news:y3uXb.5365$hm4.2255@newsread3.news.atl.earthlink.net...
> Is jy n jagter Paul? Ek kan nie onthou dat een van my mansfamilie of
> vriende in S.A. ooit gejag het nie, en natuurlik hier waar ek woon is dit
> baie gewild dat mans jag, of dit nou bokke is, skwirrels, eende of watookal.
> Ek is erg teen jag, maar bly gewoonlik stil, ek wil nie oorkom as n boom
> hugger nie (alhoewel ek een is). Die heel ergste was toe ons eenkeer S.A.
> gevlieg het, en voor ons het n gesin van Texas gesit, hulle was op pad na
> S.A. om kameelperde te jag. Ek het natuurlik my bek gerek en gevra vir die
> vrou watter kuns is dit nou om n arme kameelperd te skiet, maar sy se toe
> dis om die vel wat sy dit doen, hulle huis in Texas is glo toe onder al die
> pelse, velle en koppe, en hulle het nog nie n kameelperdveld nie. Go figure.
> Sy en haar man en haar dogter was bedruip met juwele, en hulle jaarlikse
> treat aan hulleself was n jagsessie in S.A.
> Ek het toe skielik nie meer te veel gese gehad vir hulle nie :-)
>
> "Paul de Dilbeek" wrote in message
> news:B9tXb.729$po.297129032@hestia.telenet-ops.be...
>> Bolander ,van waar skryf jy?
>> Kan jy met my probeer
>> soek "Sebrakiller"
>>
>> "bolander" schreef in bericht
>> news:402CB060.4060407@miami.net...
>>> Hierdie program werk baie goed om 'telefoonoproepe' oor die internet te
>>> maak:
>>>
>>> www.skype.com
>>>
>>> Mens het net oorfone en 'n mikrofoon nodig. Kry dit by enige plek wat
>>> kompers verkoop.
>>>
>>>
>>
>
Re: Jag [boodskap #90411 is 'n antwoord op boodskap #90386] Ma, 16 Februarie 2004 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD,jy dink tog nie dat ons skiet op alles wat beweeg?
Nee man een goe jagter respecteer die diere en handel soos Suidwester sê
Dink jy dat een jagter nie kan geniet nie sonder te skiet?Dit is een boutade
van al die mense wat teen jag is

"DD" schreef in bericht news:vd30301stav4vpbfifcpb7mrg201ftf0k4@4ax.com...
> On Sun, 15 Feb 2004 11:42:10 GMT, "Paul" wrote:
>
>> Ja DD ons is roofdiere op ons manier(voedselpyramide) om aan vleis te kom en
>> as ons een trofee meeneem,so wat,daar is tog nie mis mee
>> Een 4x4 en een geweer met telescoop is een goe middel om te jag
>> Wat ek bedoel is dat die helft van za onregstreeks leef van die jag en
>> hooplik bly dit so
>>
>
> Waar kom jy daaraan dat die helfte Suid Afrikaners van jag leef?
> (As jy 'n jagter met 'n geweer met teleskoop 'n roofdier kan noem, kan
> jy seker ook 'n boer wat plaasvee slag, 'n jagter noem:-)
>
> Ek het vandag weer, Paul, die geleentheid gehad om tussen die wild
> in te beweeg. 'n Kameelperd het laag gebuk om sy bek teen my gesig te
> druk. Die voorreg gehad om my hand in die maanhare van 'n groot leeu
> te druk en daarmee te speel. 'n Groot wit leeu oor die rug te streel.
> Ek doen dit somtyds wanneer ek die sakewêreld vir 'n oomblik wil
> vergeet. En daar ontmoet jy diereliefhebbers. Maar daar ontmoet jy tog
> ook mense wat daarvan hou om daardie selfde trotse diere oor
> drie honderd treë met 'n teleskoop te skiet, sy vel in die
> studeerkamer te gooi, en sy kop teen die muur te hang.
> Een trofee meeneem, en voel dat daar tog nie mis mee is.
>
> Ons het verskillende waardes, Paul. Ek het vandag wildehonde
> gefotografeer.
> Wildehonde waarvan daar slegs ongeveer 350 in die hele wêreld nog in
> die wildernis is.
>
> DD
>
Re: Jag [boodskap #90416 is 'n antwoord op boodskap #90406] Ma, 16 Februarie 2004 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Feb 2004 12:18:18 +0200, "Suidwester" wrote:

> 'n Wilde dier is in werklikheid net
> so sterk soos wat sy omgewing en vyande is. Kyk maar iets oos 'n gemsbok
> of 'n springbok. Sit hom bv in die Vrystaat sonder 'n moeilike omgewing en
> geen vyande nie, en die bokke wat jy kry word al kleiner. In die Kalahari
> en die Namib is die bokke groot en sterk en die vet min want hulle veg elke
> oomblik van die dag vir oorlewing.

Ten opsigte van bostaande:
Ek het gister leeus gefotografeer waarvan sommige in die groep uit die
Kruger Nasionale park is, en die ander het op 'n kleiner area groot
geword. Wat baie opsigtelik is, is dat die wat uit die Kruger Park
kom, se bene heelwat langer is.

Nou, laat ek nou bietjie perspektief in die argument kry:
re:
> Ek dink dis vulgêr om met enigiets anders as 'n ordentlike
> geweer met 'n ordentlike teleskoop op na wild te skiet. Enige mens met
> enige gewete en sin vir regverdigheid sal sorg juis dat sy wapen waarmee hy
> skiet die minimum kans gee vir 'n kwesskoot. Verder, as jy bloot net vir
> vleis skiet, dan het jag niks met die storie te doen nie. Jy dun wild uit
> en dan skiet jy net as jy 'n goeie skoot kan skiet en as dit beteken dis van
> 'n 4x4 af, dan is dit so. In elk geval, ek sou graag ons vvriend wil sien
> op 'n plaas van 12 000ha stap agter springbokke aan! Behalwe dat hyself
> baie maer daar gaan uitkom, gaan hy geen bok geskiet kry nie!

Ek weet nie of ek 'ons vvriend' in hierdie skrywe is nie, maar ingeval
wel, het dit absoluut geen betrekking op wat gesê is nie. Vir enigeen
wat in konteks lees wat geskryf is, is dit baie duidelik (en klem is
gelê daarop) dat dit wat ek gesê het SLEGS gegaan het oor iemand wat
homself 'n roofdier noem, en dit terwyl hy jag met 'n geweer,
'n teleskoop en 4x4. Die geweer en voertuig is nie bevraagteken nie,
maar die statusbepaling wel. Klink nie of ek duidelik is nie.
Ag, toemaar:-(
Slot.

DD
Re: Jag [boodskap #90418 is 'n antwoord op boodskap #90416] Ma, 16 Februarie 2004 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
zeveren om te zeveren,een mens is geen roofdier maar jy kan de vergelyking
niet insien of ken je geen beeldspraak nie?
Ek het ook leeue gefotografeer in krugerpark net as jy,gee een leeue een 4x4
en geweer dan is dat geen roofdier meer
Waar wil jy tog blywe om discusieer,dat ek geen roofdier is?nee ek is geen
bobbejaan,ek is geen luiperd en ook nie roobok ,ek is een mens met 4x4
,geweer en telescoop en ek eet biltong net soos jy maar jy laat die biltong
klaarmaak door mense soos ek want jy is nie moedig genoeg om self een koedoe
raak te skiet om biltong te maak,alleen die ander vir jou die kastanjes uit
die vuur laat haal

"DD" schreef in bericht news:2i423014js0s9soefe4cmkj294c2gdmrh1@4ax.com...
> On Mon, 16 Feb 2004 12:18:18 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
>
>> 'n Wilde dier is in werklikheid net
>> so sterk soos wat sy omgewing en vyande is. Kyk maar iets oos 'n gemsbok
>> of 'n springbok. Sit hom bv in die Vrystaat sonder 'n moeilike omgewing en
>> geen vyande nie, en die bokke wat jy kry word al kleiner. In die Kalahari
>> en die Namib is die bokke groot en sterk en die vet min want hulle veg elke
>> oomblik van die dag vir oorlewing.
>
> Ten opsigte van bostaande:
> Ek het gister leeus gefotografeer waarvan sommige in die groep uit die
> Kruger Nasionale park is, en die ander het op 'n kleiner area groot
> geword. Wat baie opsigtelik is, is dat die wat uit die Kruger Park
> kom, se bene heelwat langer is.
>
> Nou, laat ek nou bietjie perspektief in die argument kry:
> re:
>> Ek dink dis vulgêr om met enigiets anders as 'n ordentlike
>> geweer met 'n ordentlike teleskoop op na wild te skiet. Enige mens met
>> enige gewete en sin vir regverdigheid sal sorg juis dat sy wapen waarmee hy
>> skiet die minimum kans gee vir 'n kwesskoot. Verder, as jy bloot net vir
>> vleis skiet, dan het jag niks met die storie te doen nie. Jy dun wild uit
>> en dan skiet jy net as jy 'n goeie skoot kan skiet en as dit beteken dis van
>> 'n 4x4 af, dan is dit so. In elk geval, ek sou graag ons vvriend wil sien
>> op 'n plaas van 12 000ha stap agter springbokke aan! Behalwe dat hyself
>> baie maer daar gaan uitkom, gaan hy geen bok geskiet kry nie!
>
> Ek weet nie of ek 'ons vvriend' in hierdie skrywe is nie, maar ingeval
> wel, het dit absoluut geen betrekking op wat gesê is nie. Vir enigeen
> wat in konteks lees wat geskryf is, is dit baie duidelik (en klem is
> gelê daarop) dat dit wat ek gesê het SLEGS gegaan het oor iemand wat
> homself 'n roofdier noem, en dit terwyl hy jag met 'n geweer,
> 'n teleskoop en 4x4. Die geweer en voertuig is nie bevraagteken nie,
> maar die statusbepaling wel. Klink nie of ek duidelik is nie.
> Ag, toemaar:-(
> Slot.
>
> DD
>
Re: Jag [boodskap #90436 is 'n antwoord op boodskap #90416] Di, 17 Februarie 2004 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan nie met jou stry nie, maar tog word die mens die grootste roofdier
van alle tye genoem.....met of sonder toebehore, daar is niks op aarde wat
kan vernietig soos die mens nie. Tog is dit ook so dat die mens wat bereid
is om die verantwoordelikheid van sy vernietiging te vat, sal sorg dat hy
met die meer kennis wat hy ingewin het, die plek sal inneem van die
natuurlike vyand want die wilde diere het dit nodig om hulle gene sterk te
hou.
O, en daai leeus van Kruger met die langer bene......is dit nie ook 'n
geval van dat die Kruger-leeus uit 'n wyer variëteit van gene kom nie en dat
die ander leeus dalk so effe ingeteel al is nie? Jy weet sekerlik van
honde en hul heupeprobleem? Meeste van die groot honderasse het 'n
agterheupprobleem wat net met groot moeite en die regte teëling uit die ras
gehou word, maar daar is te veel mense wat honde koop en dit laat 'liefde
maak' en kwyl oor die klein hondjies. Kyk jy die hond van agter as hy stap
en hy swaai heupe, dan het hy 'n probleem wat net vererger soos wat die
kleintjies na nuwe huise gaan en toegelaat word om aan te teel. 'n Goeie
teler sal sulke heup-kleintjies uitsit, al is dit hoe swaar. Ongelukkig is
daar natuurlik die geldgieriges wat maklike geld uit die publiek se onkunde
wil maak en die publiek wat eerder R200 vir 'n klein hondjie betaal as R1000
vir 'n volgeregistreerde en gesertifiseerde hond.

"DD" skryf in boodskap news:2i423014js0s9soefe4cmkj294c2gdmrh1@4ax.com...
> On Mon, 16 Feb 2004 12:18:18 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
>
>> 'n Wilde dier is in werklikheid net
>> so sterk soos wat sy omgewing en vyande is. Kyk maar iets oos 'n gemsbok
>> of 'n springbok. Sit hom bv in die Vrystaat sonder 'n moeilike omgewing en
>> geen vyande nie, en die bokke wat jy kry word al kleiner. In die Kalahari
>> en die Namib is die bokke groot en sterk en die vet min want hulle veg elke
>> oomblik van die dag vir oorlewing.
>
> Ten opsigte van bostaande:
> Ek het gister leeus gefotografeer waarvan sommige in die groep uit die
> Kruger Nasionale park is, en die ander het op 'n kleiner area groot
> geword. Wat baie opsigtelik is, is dat die wat uit die Kruger Park
> kom, se bene heelwat langer is.
>
> Nou, laat ek nou bietjie perspektief in die argument kry:
> re:
>> Ek dink dis vulgêr om met enigiets anders as 'n ordentlike
>> geweer met 'n ordentlike teleskoop op na wild te skiet. Enige mens met
>> enige gewete en sin vir regverdigheid sal sorg juis dat sy wapen waarmee hy
>> skiet die minimum kans gee vir 'n kwesskoot. Verder, as jy bloot net vir
>> vleis skiet, dan het jag niks met die storie te doen nie. Jy dun wild uit
>> en dan skiet jy net as jy 'n goeie skoot kan skiet en as dit beteken dis van
>> 'n 4x4 af, dan is dit so. In elk geval, ek sou graag ons vvriend wil sien
>> op 'n plaas van 12 000ha stap agter springbokke aan! Behalwe dat hyself
>> baie maer daar gaan uitkom, gaan hy geen bok geskiet kry nie!
>
> Ek weet nie of ek 'ons vvriend' in hierdie skrywe is nie, maar ingeval
> wel, het dit absoluut geen betrekking op wat gesê is nie. Vir enigeen
> wat in konteks lees wat geskryf is, is dit baie duidelik (en klem is
> gelê daarop) dat dit wat ek gesê het SLEGS gegaan het oor iemand wat
> homself 'n roofdier noem, en dit terwyl hy jag met 'n geweer,
> 'n teleskoop en 4x4. Die geweer en voertuig is nie bevraagteken nie,
> maar die statusbepaling wel. Klink nie of ek duidelik is nie.
> Ag, toemaar:-(
> Slot.
>
> DD
>
Re: Jag [boodskap #90438 is 'n antwoord op boodskap #90436] Di, 17 Februarie 2004 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eindlik stem ons saam,ek het vroeër ook een duitse herder met die
heupprobleme waarslynlik deur die moer wat teveel geteel het,nou
gebeur hetselfde met jack russels en labradors

On Tue, 17 Feb 2004 10:24:42 +0200, "Suidwester" wrote:
> Ek gaan nie met jou stry nie, maar tog word die mens die grootste roofdier
> van alle tye genoem.....met of sonder toebehore, daar is niks op aarde wat
> kan vernietig soos die mens nie. Tog is dit ook so dat die mens wat bereid
> is om die verantwoordelikheid van sy vernietiging te vat, sal sorg dat hy
> met die meer kennis wat hy ingewin het, die plek sal inneem van die
> natuurlike vyand want die wilde diere het dit nodig om hulle gene sterk te
> hou.
> O, en daai leeus van Kruger met die langer bene......is dit nie ook 'n
> geval van dat die Kruger-leeus uit 'n wyer variëtyd van gene kom nie en dat
> die ander leeus dalk so effe ingeteel al is nie? Jy weet sekerlik van
> honde en hul heupeprobleem? Meeste van die groot honderasse het 'n
> agterheupprobleem wat net met groot moeite en die regte teëling uit die ras
> gehou word, maar daar is te veel mense wat honde koop en dit laat 'liefde
> maak' en kwyl oor die klein hondjies. Kyk jy die hond van agter as hy stap
> en hy swaai heupe, dan het hy 'n probleem wat net vererger soos wat die
> kleintjies na nuwe huise gaan en toegelaat word om aan te teel. 'n Goeie
> teler sal sulke heup-kleintjies uitsit, al is dit hoe swaar. Ongelukkig is
> daar natuurlik die geldgieriges wat maklike geld uit die publiek se onkunde
> wil maak en die publiek wat eerder R200 vir 'n klein hondjie betaal as R1000
> vir 'n volgeregistreerde en gesertifiseerde hond.
> "DD" wrote in message
> news:2i423014js0s9soefe4cmkj294c2gdmrh1@4ax.com...
>> On Mon, 16 Feb 2004 12:18:18 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>>> 'n Wilde dier is in werklikheid net
>>> so sterk soos wat sy omgewing en vyande is. Kyk maar iets oos 'n gemsbok
>>> of 'n springbok. Sit hom bv in die Vrystaat sonder 'n moeilike omgewing en
>>> geen vyande nie, en die bokke wat jy kry word al kleiner. In die Kalahari
>>> en die Namib is die bokke groot en sterk en die vet min want hulle veg elke
>>> oomblik van die dag vir oorlewing.

>> Ten opsigte van bostaande:
>> Ek het gister leeus gefotografeer waarvan sommige in die groep uit die
>> Kruger Nasionale park is, en die ander het op 'n kleiner area groot
>> geword. Wat baie opsigtelik is, is dat die wat uit die Kruger Park
>> kom, se bene heelwat langer is.

>> Nou, laat ek nou bietjie perspektief in die argument kry:
>> re:
>>> Ek dink dis vulgêr om met enigiets anders as 'n ordentlike
>>> geweer met 'n ordentlike teleskoop op na wild te skiet. Enige mens met
>>> enige gewete en sin vir regverdigheid sal sorg juis dat sy wapen waarmee hy
>>> skiet die minimum kans gee vir 'n kwesskoot. Verder, as jy bloot net vir
>>> vleis skiet, dan het jag niks met die storie te doen nie. Jy dun wild uit
>>> en dan skiet jy net as jy 'n goeie skoot kan skiet en as dit beteken dis van
>>> 'n 4x4 af, dan is dit so. In elk geval, ek sou graag ons vvriend wil sien
>>> op 'n plaas van 12 000ha stap agter springbokke aan! Behalwe dat hyself
>>> baie maer daar gaan uitkom, gaan hy geen bok geskiet kry nie!

>> Ek weet nie of ek 'ons vvriend' in hierdie skrywe is nie, maar ingeval
>> wel, het dit absoluut geen betrekking op wat gesê is nie. Vir enigeen
>> wat in konteks lees wat geskryf is, is dit baie duidelik (en klem is
>> gelê daarop) dat dit wat ek gesê het SLEGS gegaan het oor iemand wat
>> homself 'n roofdier noem, en dit terwyl hy jag met 'n geweer,
>> 'n teleskoop en 4x4. Die geweer en voertuig is nie bevraagteken nie,
>> maar die statusbepaling wel. Klink nie of ek duidelik is nie.
>> Ag, toemaar:-(
>> Slot.

>> DD
>
Re: Jag [boodskap #90461 is 'n antwoord op boodskap #90436] Di, 17 Februarie 2004 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Feb 2004 10:24:42 +0200, "Suidwester" wrote:

> Ek gaan nie met jou stry nie, maar tog word die mens die grootste roofdier
> van alle tye genoem.....met of sonder toebehore, daar is niks op aarde wat
> kan vernietig soos die mens nie.

Ongelukkig is dit so dat die mens 'n uitroeier is. Is vandalisme nie
ook uniek aan die mens nie? Die jagter sal nooit as te nimmer
die genot kan smaak van mense (En Sondag was ek by om dit te sien)
wat leeus roep, en leeus wat opspring en nader hardloop, en hulle
gesigte teen syne vryf. Hoe sou Ellie dit nie geniet het nie:-)))

> Tog is dit ook so dat die mens wat bereid
> is om die verantwoordelikheid van sy vernietiging te vat, sal sorg dat hy
> met die meer kennis wat hy ingewin het, die plek sal inneem van die
> natuurlike vyand want die wilde diere het dit nodig om hulle gene sterk te
> hou.

Dat die mens wat bereid is... het jy gesê. Jy weet natuurlik dat jy
hier van die uitsondering praat.

> O, en daai leeus van Kruger met die langer bene......is dit nie ook 'n
> geval van dat die Kruger-leeus uit 'n wyer variëtyd van gene kom nie en dat
> die ander leeus dalk so effe ingeteel al is nie?

Volgens die mense wat hulle ken, (en ken ken hulle hulle, want dit is
'n ervaring om die verhouding tussen hulle te sien) is dit streeks
gebonde. Spesifiek die Kruger Park s'n, het die langer bene.

DD
Re: Jag [boodskap #90465 is 'n antwoord op boodskap #90461] Wo, 18 Februarie 2004 02:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave"
Ongelukkig is dit so dat die mens 'n uitroeier is. Is vandalisme nie
ook uniek aan die mens nie? Die jagter sal nooit as te nimmer
die genot kan smaak van mense (En Sondag was ek by om dit te sien)
wat leeus roep, en leeus wat opspring en nader hardloop, en hulle
gesigte teen syne vryf. Hoe sou Ellie dit nie geniet het nie:-)))

Jy is reg Didi, maar ek het. Ek was net bietjie meer as n jaar gelede in
Jozi, en ek was by n leeupark net buite Sandton iewers. Ons kon die klein
leeu welpies optel ,hulle was te fraai vir woorde. Hulle spin kliphard nes
n kat, en hulle pote is massief.

Ellie
Re: Jag [boodskap #90509 is 'n antwoord op boodskap #90465] Do, 19 Februarie 2004 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Feb 2004 02:05:41 GMT, "Ellie" wrote:

>
> "Dave"
> Ongelukkig is dit so dat die mens 'n uitroeier is. Is vandalisme nie
> ook uniek aan die mens nie? Die jagter sal nooit as te nimmer
> die genot kan smaak van mense (En Sondag was ek by om dit te sien)
> wat leeus roep, en leeus wat opspring en nader hardloop, en hulle
> gesigte teen syne vryf. Hoe sou Ellie dit nie geniet het nie:-)))
>
> Jy is reg Didi, maar ek het. Ek was net bietjie meer as n jaar gelede in
> Jozi, en ek was by n leeupark net buite Sandton iewers. Ons kon die klein
> leeu welpies optel ,hulle was te fraai vir woorde. Hulle spin kliphard nes
> n kat, en hulle pote is massief.
>
> Ellie

Dan, Ellie, weet jy waarvan ek praat wanneer ek sê dat dìt 'n voorreg
is wat 'n jagter nooit sal smaak nie. Al doen hy dit. Want hy hét dit
nie ìn hom om dit te ervaar nie. Die 'menslike(?) roofdier' noem hy
homself. Terwyl die werklike roofdier net jag om te eet. By die
leeus se woonplekke het ek nog nooit springbokkoppe teen
die mure gesien nie. Jag vir trofees... 'n roofdier:-(((
Re: Jag [boodskap #90513 is 'n antwoord op boodskap #90509] Do, 19 Februarie 2004 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is presies die Ooh! en die Aah! faktor wat natuurbewaring en sy bestuur
so moeilik maak! Geen mens is veronderstel om 'n wilde dier te troetel nie
want dit is nie in die dier se aard nie. Daai leeupark op die Rand is 'n
dieretuin. Gaan troetel bietjie 'n kalaharileeu in sy habitat.........jy
sal as deel van drolle op die grond land!

"DD" skryf in boodskap news:u8b830pmmer2bc277s3pr9qchl80is1hmm@4ax.com...
> On Wed, 18 Feb 2004 02:05:41 GMT, "Ellie" wrote:
>
>>
>> "Dave"
>> Ongelukkig is dit so dat die mens 'n uitroeier is. Is vandalisme nie
>> ook uniek aan die mens nie? Die jagter sal nooit as te nimmer
>> die genot kan smaak van mense (En Sondag was ek by om dit te sien)
>> wat leeus roep, en leeus wat opspring en nader hardloop, en hulle
>> gesigte teen syne vryf. Hoe sou Ellie dit nie geniet het nie:-)))
>>
>> Jy is reg Didi, maar ek het. Ek was net bietjie meer as n jaar gelede in
>> Jozi, en ek was by n leeupark net buite Sandton iewers. Ons kon die klein
>> leeu welpies optel ,hulle was te fraai vir woorde. Hulle spin kliphard nes
>> n kat, en hulle pote is massief.
>>
>> Ellie
>
> Dan, Ellie, weet jy waarvan ek praat wanneer ek sê dat dít 'n voorreg
> is wat 'n jagter nooit sal smaak nie. Al doen hy dit. Want hy hêt dit
> nie 'n hom om dit te ervaar nie. Die 'menslike(?) roofdier' noem hy
> homself. Terwyl die werklike roofdier net jag om te eet. By die
> leeus se woonplekke het ek nog nooit springbokkoppe teen
> die mure gesien nie. Jag vir trofees... 'n roofdier:-(((
>
Re: Jag [boodskap #90538 is 'n antwoord op boodskap #90411] Sa, 21 Februarie 2004 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Feb 2004 14:15:36 GMT, "Paul" wrote:

> DD,jy dink tog nie dat ons skiet op alles wat beweeg?
> Nee man een goe jagter respecteer die diere en handel soos Suidwester sê
> Dink jy dat een jagter nie kan geniet nie sonder te skiet?Dit is een boutade
> van al die mense wat teen jag is

Nee, Paul, ek dink nie regtig so nie. Maar, vir Ellie moes ek
verdedig, want ek is meer in haar kraal as in joue:-)
> Dink jy dat een jagter nie kan geniet nie sonder te skiet?
Beslis kan die meeste jagters geniet sonder om te skiet ook.
Maar. dink jy dat die mense wat Suid Afrika toe gekom het
om Kameelperde te skiet om die velle op hul huis in Texas
se vloere te gaan gooi, dieselfde waarde bepaling as Ellie
het?

Ek ondersteun nie regtig die 'boutade' dat jagters nie
lewendige diere kan waardeer nie. Maar, ek ondersteun
tog 'n boutade dat, wanneer jule na 'n koedoe kyk wat wei,
in jul geestesoog Pick 'n Pay labels op hom sien wat
lees "eerste klas vleis, reg vir die naweek se braai':-)))

DD
Re: Jag [boodskap #90546 is 'n antwoord op boodskap #90538] Sa, 21 Februarie 2004 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD"

Nee, Paul, ek dink nie regtig so nie. Maar, vir Ellie moes ek
verdedig, want ek is meer in haar kraal as in joue:-)
***
Ag dankie our Didi, jy is darem n jintilman hoor! :-)
***
> Dink jy dat een jagter nie kan geniet nie sonder te skiet?
Beslis kan die meeste jagters geniet sonder om te skiet ook.
Maar. dink jy dat die mense wat Suid Afrika toe gekom het
om Kameelperde te skiet om die velle op hul huis in Texas
se vloere te gaan gooi, dieselfde waarde bepaling as Ellie
het?
***
Nee, maar hulle is baie ryker as ek (sug) . . .
***
Ek ondersteun nie regtig die 'boutade' dat jagters nie
lewendige diere kan waardeer nie. Maar, ek ondersteun
tog 'n boutade dat, wanneer jule na 'n koedoe kyk wat wei,
in jul geestesoog Pick 'n Pay labels op hom sien wat
lees "eerste klas vleis, reg vir die naweek se braai':-)))
***
Gie gie gie, jy moes n standup komedian geword het . . :-)).

***
Re: Jag [boodskap #90547 is 'n antwoord op boodskap #90546] Sa, 21 Februarie 2004 14:39 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 21 Feb 2004 13:44:04 GMT, "Ellie" wrote:

>

> ***
> Nee, maar hulle is baie ryker as ek (sug) . . .
> ***
> Ek ondersteun nie regtig die 'boutade' dat jagters nie
> lewendige diere kan waardeer nie. Maar, ek ondersteun
> tog 'n boutade dat, wanneer jule na 'n koedoe kyk wat wei,
> in jul geestesoog Pick 'n Pay labels op hom sien wat
> lees "eerste klas vleis, reg vir die naweek se braai':-)))
> ***
> Gie gie gie, jy moes n standup komedian geword het . . :-)).
>
> ***

Dankie Ellie, dat hier darem erens uit hierdie redenasie
'n glimlag kan kom:-))) Ek hoop Paul lag saam met ons:-)

Didi
Vorige onderwerp: Selfoon blues
Volgende onderwerp: CDA na Midi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:47:08 MGT 2024