Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Trustees van pensioenfonds 'kruip weg'
Trustees van pensioenfonds 'kruip weg' [boodskap #88292] Ma, 15 Desember 2003 08:59
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Trustees van pensioenfonds 'kruip weg'

Terwyl almal nou soek na sondebokke om die skuld te gee vir die
finansiële dilemma waarin die Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds
(GMP) hom bevind, het die fonds se trustees die afgelope week ver uit
die openbare oog gebly. Wetgewing bepaal dat die trustees van 'n
pensioenfonds persoonlik aanspreeklik gehou kan word as bevind word
hulle was nalatig in die bestuur van só 'n fonds se geld.

Nóg die fonds nóg die registrateur van pensioenfondse in die Raad op
Finansiële Dienste (RFD) wou bekend maak wié die trustees is. "Daar
is 'n goeie rede waarom ons nie nou die name wil gee nie. Dit sal
later duidelik word waarom ons dit nie kon doen nie," sê mev. Hettie
Joubert, uitvoerende hoof van die GMP.

Die enigste van die trustees wat wel bekend is, is mnr. Pieter
Bennett, bestuurder van korporatiewe en regsake in die munisipaliteit
van Nigel.

Trustees van 'n pensioenfonds word deur die lede verkies en is
gewoonlik óf lede óf mense met spesialis-kennis van pensioenfonds-
bestuur.

Vakbonde het die afgelope week hul ernstige kommer uitgespreek oor
hoe die fonds in die verlede bestuur is.

"Dit is net die jongste in 'n reeks kommerwekkende aangeleenthede by
die GMP. Verlede jaar het hulle sowat R1,4 miljard verloor in die
termynmark en meer onlangs was daar vrae oor uitspattige pakkette wat
aan lede van die raad van trustees betaal is," het Dale Forbes van
die South African Municipal Workers' Union (Samwu) gesê.

Die ander groot munisipale vakbond, Imatu, het 'n onafhanklike
ondersoek geëis na die GMP se sake en sy steun toegesê aan die RFD se
pogings om die fonds in kuratorskap te laat plaas. Imatu het gesê hy
sal enige optrede ondersteun "teen die trustees en administrateurs as
hulle nie hul pligte teenoor die fonds nagekom het nie".

"Die wet vereis meer as redelike omsigtigheid wanneer dit kom by die
bestuur van pensioenfondsgeld. Die trustees is in hul persoonlike
hoedanigheid verantwoordelik vir skade aan die fonds of sy lede weens
nalatigheid of wangedrag," sê mnr. Simon Riekert, streekbestuurder
van Imatu.

Pensioenfondse vergeet dat die geld wat deur die jare gespaar is die
geld van die bydraers is, het adv. Kate Prinsloo, woordvoerder oor
maatskaplike dienste van die Demokratiese Alliansie, gesê.

"Hulle is slegs die trustees van sulke fondse en kan nie na willekeur
daarmee handel nie."

Die RFD wou die afgelope week nie kommentaar lewer nie, maar dit is
bekend dat die raad reeds 'n ondersoek na die fonds se sake
afgehandel het. Mnr. Dube Tshidi, adjunkregistrateur van
pensioenfondse in die RFD, sê die RFD oorweeg tans hoe hy in die saak
sal optree en sal binnekort 'n aankondiging hieroor doen.

Nadat die RFD vroeër misluk het met 'n dringende aansoek om die fonds
in kuratorskap te laat plaas, het Tshidi gesê die reuse-verliese in
die fonds regverdig só 'n stap. Regter J. Bertelsmann het egter die
aansoek van die hand gewys omdat hy bevind het die trustees het reeds
stappe gedoen om sake by die GMP reg te stel.

Die RFD se appèl teen Bertelsmann se beslissing is hangende.

Nadat die GMP se verliese in die termynmark bekend geword het, het
die JSE Sekuriteitebeurs voorstelle aan die RFD gedoen om beperkings
te plaas op die blootstelling wat beleggers in die termynmark kan
aanvaar ten einde sulke groot verliese te beperk.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1459313,00.htm l
Vorige onderwerp: Staatspensioenfondse
Volgende onderwerp: Standard bank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:10:43 MGT 2024