Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Larence of Arabia
Larence of Arabia [boodskap #88149] Do, 11 Desember 2003 07:58 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die rolprent, Larence of Arabia, het ook 'n blywende indruk op my gehad -
die onderlinge gevegte tussen die Arabiese stamme. Dit het egter ook die
indruk van volke (of groepe dan) se smagting na selfbeskikking uitgebeeld.
'n Primitiewe feudalisme wat met bietjie opvoeding 'n gesonde federalisme
sou kon word. Natuurlik futiel - soos Lawrence dan met die mislukking van
die "parlement" in Damascus uitvind.

As Afrikaner verstaan ek die feudalisme miskien beter. 'n Ou grap: wat maak
drie Afrikaners as hulle bynmekaar kom?
Hulle stig drie kerke en vier politieke partye.

Selfs in tye toe die Afrikaner met sy rug teen die muur was - soos die Anglo
Boere-oorlog van 1899-1902 - was daar "verraaiers" wat die Engelse gesteun
het en die Kaapprovinsie (Engelse kolonie) wat geen keuse gehad het as om
die Engelse te steun nie. Die geskiedenisboeke is ook vol van onderlinge
gevegte tussen boere-leiers. Toe president Steyn byvoorbeeld gehuiwer het om
oorlog teen Engeland te verklaar het hy die toorn van verskeie ander
generaals vrygelaat en byna burgeroorlog veroorsaak.

'n Ander voorbeeld is die bloeitydperk van Afrikaner nasionalisme,
1987-1994. Regse Afrikanerpartye ('n sterk groep) het die 1993 referendum
gebooikot - wat dit dan as mislukking sou verdoem. Op die vooraand van die
referendum kom ene Generaal Constand Viljoen egter op die toneel en stig die
Vryheidsfront en steun die referendum. Onmiddelike verdeling in die range
van die regses. Die res is geskiedenis.

Rikkie het egter gelyk dat Christene mekaar net so kan opvoeter - soos
Noord-Ierland dan demonstreer.

Kobus Oosthuizen uit Namibie
Re: Larence of Arabia [boodskap #88160 is 'n antwoord op boodskap #88149] Do, 11 Desember 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" wrote

> As Afrikaner verstaan ek die feudalisme miskien beter. 'n Ou grap: wat maak
> drie Afrikaners as hulle bynmekaar kom?
> Hulle stig drie kerke en vier politieke partye.

Ongelukkig vir wie noual die stuk geskryf het, het
"feudalisme" en "feud" niks met mekaar te doen
nie.
Afrikaners het wel feudalisties opgetree teenoor
die oorspronklike inwoners van SA. Hulle grond
beset en dan die mense wat daarop bly soos 'n
feudalistiese here regeer.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Larence of Arabia [boodskap #88162 is 'n antwoord op boodskap #88160] Do, 11 Desember 2003 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En die rest sit in ....

"@rogers.com" schreef in bericht news:dYZBb.45630$r%u1.32684@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>
>> As Afrikaner verstaan ek die feudalisme miskien beter. 'n Ou grap: wat maak
>> drie Afrikaners as hulle bynmekaar kom?
>> Hulle stig drie kerke en vier politieke partye.
>
> Ongelukkig vir wie noual die stuk geskryf het, het
> "feudalisme" en "feud" niks met mekaar te doen
> nie.
> Afrikaners het wel feudalisties opgetree teenoor
> die oorspronklike inwoners van SA. Hulle grond
> beset en dan die mense wat daarop bly soos 'n
> feudalistiese here regeer.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Larence of Arabia [boodskap #88169 is 'n antwoord op boodskap #88160] Vr, 12 Desember 2003 03:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Afrikaners het wel feudalisties opgetree teenoor
> die oorspronklike inwoners van SA. Hulle grond
> beset en dan die mense wat daarop bly soos 'n
> feudalistiese here regeer.
- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

WAT sê jy daar?
Re: Larence of Arabia [boodskap #88170 is 'n antwoord op boodskap #88160] Vr, 12 Desember 2003 03:34 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - dis amper soos in Kanada. Daar is die oppervlakte grond wat beset is
net veel groter.
Jy het die twyfelagtige eer om aan beide die "feudalistiese" stelsels te kon
deelneem. Om die kougommmetjie verder te rek - jy is tweemaal erger as ons
plebs in die RSA.

"@rogers.com" wrote in message news:dYZBb.45630$r%u1.32684@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>
>> As Afrikaner verstaan ek die feudalisme miskien beter. 'n Ou grap: wat maak
>> drie Afrikaners as hulle bynmekaar kom?
>> Hulle stig drie kerke en vier politieke partye.
>
> Ongelukkig vir wie noual die stuk geskryf het, het
> "feudalisme" en "feud" niks met mekaar te doen
> nie.
> Afrikaners het wel feudalisties opgetree teenoor
> die oorspronklike inwoners van SA. Hulle grond
> beset en dan die mense wat daarop bly soos 'n
> feudalistiese here regeer.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Vorige onderwerp: Fliek - The Passion of Christ
Volgende onderwerp: Gru-slagting dalk 'n fliek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:34:08 MGT 2024