Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Vat 'n slaapsak saam Absa toe.
Vat 'n slaapsak saam Absa toe. [boodskap #80395] Do, 10 Julie 2003 18:15 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek lees vandag in die Noseweek die volgende:
'n Sekere lottowenner het sy wengeld by Absa in sy gewone spaarrekening gesit.
Toe gaan hy so 'n paar dae later ewe houtgerus om 'n paar rand van sy
wengeld te trek om aan sy familie te stuur.
Die dame van Lotto ene me Nxumalo kry toe 'n benoude oproep van hom en hy
vra dat sy moet help - want hulle wil hom nie by die bank toelaat om by die
deur uit te loop nie.
Die beleggingskonsultant deel haar toe die volgende mee:
Die lottowenner sal nie toegelaat word om die bank te verlaat voordat hy nie
die "beleggingsliteratuur" geteken het nie.
Sy verduidelik toe aan die kommissieverskrikte dat die wenner skaars kan
lees of skryf, en nie verstaan wat aangaan nie.
Die bemarker stel nie in sulke flou verskonings belang nie, verklaar
terstond dat die wenner nou dadelik moet teken en het toe die volgende
skokkende feit ter inligting:
Dit is een van die reels van Absa dat hulle mense met groot bedrae geld in
hul spaarrekenings moet dwing om geld in ander beleggings te sit, en dat
die kliënt nie die bank mag verlaat voordat dit nie gedoen is nie.
Om te kan ontsnap teken die arme wenner toe.

Ongelukkig het hy toe al klaar in sy onkunder geteken dat PSG sy geldsake
moet hanteer, en tenspyte van die reling dat 'n wenner 'n week gegun moet
word om te probeer tot verhaal kom voordat hy kan besluit wat om met die
geld te doen, het PSG die arme ryk mens slegs een dag gegee en hom toe 'n
haastig-opgestelde dokument laat teken.
PSG het nog geen belegging gedoen voordat Absa hul dwangtaktiek toegepas het nie.
Toe is die man van PSG kwaad hoor? En hy dagvaar die arme ryk wenner vir
R532100 kommissie vir 43 uur se navorsing ( wat reis en die opstel van 'n
beleggingplan insluit) .
Die wenner daag nie eers by die verhoor op nie, want hy wis van niks , en
hierdie eis word deur die hof toegestaan.

Annette
Re: Vat 'n slaapsak saam Absa toe. [boodskap #80403 is 'n antwoord op boodskap #80395] Vr, 11 Julie 2003 04:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat doen die Registrateur van Banke aan die saak - waarom word daar nie na
hom in die artikel verwys nie?

(Kan iemand my vertel van 'n "goeie" bank in hierdie land? Ek wil ABSA jare
terug verlaat het - maar waarheen gaan ek.)

"Annette" skryf in boodskap news:bekak3$614c1$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Ek lees vandag in die Noseweek die volgende:
> 'n Sekere lottowenner het sy wengeld by Absa in sy gewone spaarrekening
> gesit.
> Toe gaan hy so 'n paar dae later ewe houtgerus om 'n paar rand van sy
> wengeld te trek om aan sy familie te stuur.
> Die dame van Lotto ene me Nxumalo kry toe 'n benoude oproep van hom en hy
> vra dat sy moet help - want hulle wil hom nie by die bank toelaat om by die
> deur uit te loop nie.
> Die beleggingskonsultant deel haar toe die volgende mee:
> Die lottowenner sal nie toegelaat word om die bank te verlaat voordat hy nie
> die "beleggingsliteratuur" geteken het nie.
> Sy verduidelik toe aan die kommissieverskrikte dat die wenner skaars kan
> lees of skryf, en nie verstaan wat aangaan nie.
> Die bemarker stel nie in sulke flou verskonings belang nie, verklaar
> terstond dat die wenner nou dadelik moet teken en het toe die volgende
> skokkende feit ter inligting:
> Dit is een van die reels van Absa dat hulle mense met groot bedrae geld in
> hul spaarrekenings moet dwing om geld in ander beleggings te sit, en dat
> die kliënt nie die bank mag verlaat voordat dit nie gedoen is nie.
> Om te kan ontsnap teken die arme wenner toe.
>
> Ongelukkig het hy toe al klaar in sy onkunder geteken dat PSG sy geldsake
> moet hanteer, en tenspyte van die reling dat 'n wenner 'n week gegun moet
> word om te probeer tot verhaal kom voordat hy kan besluit wat om met die
> geld te doen, het PSG die arme ryk mens slegs een dag gegee en hom toe 'n
> haastig-opgestelde dokument laat teken.
> PSG het nog geen belegging gedoen voordat Absa hul dwangtaktiek toegepas het
> nie.
> Toe is die man van PSG kwaad hoor? En hy dagvaar die arme ryk wenner vir
> R532100 kommissie vir 43 uur se navorsing ( wat reis en die opstel van 'n
> beleggingplan insluit) .
> Die wenner daag nie eers by die verhoor op nie, want hy wis van niks , en
> hierdie eis word deur die hof toegestaan.
>
> Annette
>
Re: Vat 'n slaapsak saam Absa toe. [boodskap #80455 is 'n antwoord op boodskap #80395] So, 13 Julie 2003 20:18 Na vorige boodskap
cybit friendly  is tans af-lyn  cybit friendly
Boodskappe: 20
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Dis 'n vreeslike storie!!!! Ek hoop regtig dis onsin. Arme ding.

"Annette" skryf in boodskap news:bekak3$614c1$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Ek lees vandag in die Noseweek die volgende:
> 'n Sekere lottowenner het sy wengeld by Absa in sy gewone spaarrekening
> gesit.

yap yap yap
>
Vorige onderwerp: Fiasko'tjie
Volgende onderwerp: Absa die teiken?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:45:29 MGT 2024