Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS
MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79894] Ma, 30 Junie 2003 16:05 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Uit: e-Handhaaf Elektroniese nuusbrief van die FAK e-pos:
f...@mweb.co.za

24 Junie 2003 Nommer 23/2003

MICROSOFT gaan sy programmatuur in Afrikaans en ander Afrika-tale beskikbaar
stel. Hierdie besluit volg na twee jaar se onderhandelings tussen die
Vriende van Afrikaans en Microsoft.

In 'n brief (in keurige Afrikaans) skryf mnr. Mike Cathie,
bemarkingsdirekteur van Microsoft in Suid-Afrika, aan mnr. Gideon Joubert,
nasionale koördineerder van die Vriende, dat programme in Afrikaans,
isi-Zulu, Sepedi, Setswane en isiXhosa vertaal sal word.

Microsoft gaan 'n Afrika-vertaalsentrum op die been bring wat sal omsien na
vertalings "vir Suid-Afrikaanse en Afrika-markte". Die sentrum sal help met
"die ontwikkeling van taal-spesifieke funksionaliteit en ons sagteware, soos
spel- en grammatika-korreksies, asook aanpassing in spesifieke dialekte."

Volgens mnr. Cathie is die Microsoft-Korporasie ook besig om programmatuur
te ontwikkel wat maatskappye in staat sal stel om hul eie vertalings te
behartig. "Ons gesels reeds met die Suid-Afrikaanse Regering om hierdie
sagteware te toets."

Mnr. Cathie verwelkom voorstelle en opmerkings van mense en instansies wat
met die projek kan help.

Die Vriende van Afrikaans het verskeie besoeke aan Microsoft se hoofkantoor
in Johannesburg gebring nadat ondersoeke aan die lig gebring het dat
Afrikaanse leerlinge veral op die platteland sukkel om rekenaars te gebruik
omdat hulle die Engelse programme nie verstaan nie.

Toe dit gelyk het of die onderhandelings met Microsoft vasval, is regstreeks
aan mnr. Bill Gates in die VSA geskryf. Dit was twyfelagtig of 'n brief aan
hom by hom sou uitkom. Die kans het gekom toe 'n internasionale konferensie
van die Rotariërs op Somerset-Wes gehou is. 'n Buurman van mnr. Gates se
vader het die konferensie bygewoon en by 'n lid van die Vriende van
Afrikaans tuisgegaan. Hy het aangebied om die brief aan mnr Gates sr. te gee
met die versoek dat hy dit aan sy seun moet oorhandig.

Kort hierna het Microsoft laat weet dat sy rekenaarprogramme in Afrikaans en
ander Afrika-tale vertaal sou word. Die Vriende het deurgaans daarop
aangedring dat programme ook in Suid-Afrika se swart tale beskikbaar moet
wees.

Die Vriende van Afrikaans se tweetalige kuber-woordeboek verskyn eersdaags.
'n Span kenners onder leiding van prof. Christo Viljoen van Stellenbosch het
die afgelope twee jaar hieraan gewerk. Dit sal erken word as die amptelike
Afrikaanse rekenaarterme.

Nog 'n lansie vir Afrikaans!
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79910 is 'n antwoord op boodskap #79894] Di, 01 Julie 2003 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Mooi man! Ek sou dit graag wil sien! Wat noem mens 'n "file" in
Afrikaans? Sou dit lêer wees? Klink eerde na 'n naam vir "directory".
Dit gaan baie interessant wees.

My simpatie gaan uit na die systeembeheerders wat elf verskillende
Windows moet onderhou!!!

Ek moes ook maar soek aan die begin op die Nederlandse Windows.

Max___________________________________________

"Jonas"
> Uit: e-Handhaaf Elektroniese nuusbrief van die FAK e-pos:
> f...@mweb.co.za
>
>
> 24 Junie 2003 Nommer 23/2003
>
>
>
>
> MICROSOFT gaan sy programmatuur in Afrikaans en ander Afrika-tale beskikbaar
> stel. Hierdie besluit volg na twee jaar se onderhandelings tussen die
> Vriende van Afrikaans en Microsoft.
>
>
> In 'n brief (in keurige Afrikaans) skryf mnr. Mike Cathie,
> bemarkingsdirekteur van Microsoft in Suid-Afrika, aan mnr. Gideon Joubert,
> nasionale koördineerder van die Vriende, dat programme in Afrikaans,
> isi-Zulu, Sepedi, Setswane en isiXhosa vertaal sal word.
>
> Microsoft gaan 'n Afrika-vertaalsentrum op die been bring wat sal omsien na
> vertalings "vir Suid-Afrikaanse en Afrika-markte". Die sentrum sal help met
> "die ontwikkeling van taal-spesifieke funksionaliteit en ons sagteware, soos
> spel- en grammatika-korreksies, asook aanpassing in spesifieke dialekte."
>
> Volgens mnr. Cathie is die Microsoft-Korporasie ook besig om programmatuur
> te ontwikkel wat maatskappye in staat sal stel om hul eie vertalings te
> behartig. "Ons gesels reeds met die Suid-Afrikaanse Regering om hierdie
> sagteware te toets."
>
> Mnr. Cathie verwelkom voorstelle en opmerkings van mense en instansies wat
> met die projek kan help.
>
> Die Vriende van Afrikaans het verskeie besoeke aan Microsoft se hoofkantoor
> in Johannesburg gebring nadat ondersoeke aan die lig gebring het dat
> Afrikaanse leerlinge veral op die platteland sukkel om rekenaars te gebruik
> omdat hulle die Engelse programme nie verstaan nie.
>
> Toe dit gelyk het of die onderhandelings met Microsoft vasval, is regstreeks
> aan mnr. Bill Gates in die VSA geskryf. Dit was twyfelagtig of 'n brief aan
> hom by hom sou uitkom. Die kans het gekom toe 'n internasionale konferensie
> van die Rotariërs op Somerset-Wes gehou is. 'n Buurman van mnr. Gates se
> vader het die konferensie bygewoon en by 'n lid van die Vriende van
> Afrikaans tuisgegaan. Hy het aangebied om die brief aan mnr Gates sr. te gee
> met die versoek dat hy dit aan sy seun moet oorhandig.
>
> Kort hierna het Microsoft laat weet dat sy rekenaarprogramme in Afrikaans en
> ander Afrika-tale vertaal sou word. Die Vriende het deurgaans daarop
> aangedring dat programme ook in Suid-Afrika se swart tale beskikbaar moet
> wees.
>
> Die Vriende van Afrikaans se tweetalige kuber-woordeboek verskyn eersdaags.
> 'n Span kenners onder leiding van prof. Christo Viljoen van Stellenbosch het
> die afgelope twee jaar hieraan gewerk. Dit sal erken word as die amptelike
> Afrikaanse rekenaarterme.
>
> Nog 'n lansie vir Afrikaans!
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79919 is 'n antwoord op boodskap #79894] Di, 01 Julie 2003 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis goeie nuus!!!

Nou maar hoop, dat die mark groot genoeg sal wees en daar baie Afrikaanse
programmas sal gaan kom.

ELAINE kan op die afrikaanse page gaan vertel oor al die Afrikaanse
programs!!!

Gr.Rico

"Jonas" skryf in boodskap news:bdpn3g$c16$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Uit: e-Handhaaf Elektroniese nuusbrief van die FAK e-pos:
> f...@mweb.co.za
>
>
> 24 Junie 2003 Nommer 23/2003
>
>
>
>
> MICROSOFT gaan sy programmatuur in Afrikaans en ander Afrika-tale beskikbaar
> stel. Hierdie besluit volg na twee jaar se onderhandelings tussen die
> Vriende van Afrikaans en Microsoft.
>
>
> In 'n brief (in keurige Afrikaans) skryf mnr. Mike Cathie,
> bemarkingsdirekteur van Microsoft in Suid-Afrika, aan mnr. Gideon Joubert,
> nasionale koördineerder van die Vriende, dat programme in Afrikaans,
> isi-Zulu, Sepedi, Setswane en isiXhosa vertaal sal word.
>
> Microsoft gaan 'n Afrika-vertaalsentrum op die been bring wat sal omsien na
> vertalings "vir Suid-Afrikaanse en Afrika-markte". Die sentrum sal help met
> "die ontwikkeling van taal-spesifieke funksionaliteit en ons sagteware, soos
> spel- en grammatika-korreksies, asook aanpassing in spesifieke dialekte."
>
> Volgens mnr. Cathie is die Microsoft-Korporasie ook besig om programmatuur
> te ontwikkel wat maatskappye in staat sal stel om hul eie vertalings te
> behartig. "Ons gesels reeds met die Suid-Afrikaanse Regering om hierdie
> sagteware te toets."
>
> Mnr. Cathie verwelkom voorstelle en opmerkings van mense en instansies wat
> met die projek kan help.
>
> Die Vriende van Afrikaans het verskeie besoeke aan Microsoft se hoofkantoor
> in Johannesburg gebring nadat ondersoeke aan die lig gebring het dat
> Afrikaanse leerlinge veral op die platteland sukkel om rekenaars te gebruik
> omdat hulle die Engelse programme nie verstaan nie.
>
> Toe dit gelyk het of die onderhandelings met Microsoft vasval, is regstreeks
> aan mnr. Bill Gates in die VSA geskryf. Dit was twyfelagtig of 'n brief aan
> hom by hom sou uitkom. Die kans het gekom toe 'n internasionale konferensie
> van die Rotariërs op Somerset-Wes gehou is. 'n Buurman van mnr. Gates se
> vader het die konferensie bygewoon en by 'n lid van die Vriende van
> Afrikaans tuisgegaan. Hy het aangebied om die brief aan mnr Gates sr. te gee
> met die versoek dat hy dit aan sy seun moet oorhandig.
>
> Kort hierna het Microsoft laat weet dat sy rekenaarprogramme in Afrikaans en
> ander Afrika-tale vertaal sou word. Die Vriende het deurgaans daarop
> aangedring dat programme ook in Suid-Afrika se swart tale beskikbaar moet
> wees.
>
> Die Vriende van Afrikaans se tweetalige kuber-woordeboek verskyn eersdaags.
> 'n Span kenners onder leiding van prof. Christo Viljoen van Stellenbosch het
> die afgelope twee jaar hieraan gewerk. Dit sal erken word as die amptelike
> Afrikaanse rekenaarterme.
>
> Nog 'n lansie vir Afrikaans!
>
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79922 is 'n antwoord op boodskap #79919] Di, 01 Julie 2003 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons sal maar sien :o)) Ek self gaan nie oorskakel na Afrikaans toe nie. Dis
kos 'n klomp geld, en ek's dood heppie met my OS op die oomblik. Om nou te
gaan staan en uitpluis wat al die nuwe Afrikaanse rekenaar woorde beteken,
en dan weer letterlik van voor af te begin klink ook nie vir my vreeslik
prettig nie. Maar ek's seker daarvan daar sal mense wees wat gebruik sal
maak van die Afrikaanse programme - dws as hulle dit kan bekostig.

E

"Rico" skryf in boodskap news:3f01589c$0$49098$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dis goeie nuus!!!
>
> Nou maar hoop, dat die mark groot genoeg sal wees en daar baie Afrikaanse
> programmas sal gaan kom.
>
> ELAINE kan op die afrikaanse page gaan vertel oor al die Afrikaanse
> programs!!!
>
> Gr.Rico
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79951 is 'n antwoord op boodskap #79922] Di, 01 Julie 2003 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Daar lê 'n blink toekoms voor vir Mikrosagte Vensters as die
Afrikaanssprekendes dit nie eers wil ondersteun nie. Hulle raak nie
eers bietjie opgewonde nie... Nee, ons is mos 'n negatiewe nasie...

Sies Elaine!!!

Max________________________________________

"Elaine"

> Ons sal maar sien :o)) Ek self gaan nie oorskakel na Afrikaans toe nie. Dis
> kos 'n klomp geld, en ek's dood heppie met my OS op die oomblik. Om nou te
> gaan staan en uitpluis wat al die nuwe Afrikaanse rekenaar woorde beteken,
> en dan weer letterlik van voor af te begin klink ook nie vir my vreeslik
> prettig nie. Maar ek's seker daarvan daar sal mense wees wat gebruik sal
> maak van die Afrikaanse programme - dws as hulle dit kan bekostig.
>
> E
>
> "Rico" wrote in message
> news:3f01589c$0$49098$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Dis goeie nuus!!!
>>
>> Nou maar hoop, dat die mark groot genoeg sal wees en daar baie Afrikaanse
>> programmas sal gaan kom.
>>
>> ELAINE kan op die afrikaanse page gaan vertel oor al die Afrikaanse
>> programs!!!
>>
>> Gr.Rico
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79961 is 'n antwoord op boodskap #79951] Di, 01 Julie 2003 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy bly nou weer waar?

Luister, dis net logies. Hoeveel mense dink jy kan bekostig om MS se duur
produkte te koop? Hoeveel mense, dink jy kan bekostig, om die "swarttaal"
Windows te koop? Waar dink jy gaan hulle tekkies kry, wat al die tale
magtig is, vir support? Nee wat, ek kan jou nou 'n brief gee dat die
regering en groot maatskappye by Engels gaan bly, want dan hoef hulle nie 6
nuwe tekkies te gaan loop soek om support te doen nie.

En in alle eerlikheid, wil ek nie weer R7000 uithaal vir 'n program wat ek
reeds het nie, net sodat ek dit in Afrikaans kan lees nie, EN ek werk om die
Internet, waar 99% van die mense Engels verstaan, watse baat gaan ek uit 'n
Afrikaanse Windows kry?

E

"Max" skryf in boodskap news:cc9ea8f.0307010758.5ed78131@posting.google.com...
> Daar lê 'n blink toekoms voor vir Mikrosagte Vensters as die
> Afrikaanssprekendes dit nie eers wil ondersteun nie. Hulle raak nie
> eers bietjie opgewonde nie... Nee, ons is mos 'n negatiewe nasie...
>
> Sies Elaine!!!
>
> Max________________________________________
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79974 is 'n antwoord op boodskap #79961] Wo, 02 Julie 2003 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.

Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.

Bestand - Verzenden - OK.

Max_____________________________________________________

"Elaine"
> Jy bly nou weer waar?
>
> Luister, dis net logies. Hoeveel mense dink jy kan bekostig om MS se duur
> produkte te koop? Hoeveel mense, dink jy kan bekostig, om die "swarttaal"
> Windows te koop? Waar dink jy gaan hulle tekkies kry, wat al die tale
> magtig is, vir support? Nee wat, ek kan jou nou 'n brief gee dat die
> regering en groot maatskappye by Engels gaan bly, want dan hoef hulle nie 6
> nuwe tekkies te gaan loop soek om support te doen nie.
>
> En in alle eerlikheid, wil ek nie weer R7000 uithaal vir 'n program wat ek
> reeds het nie, net sodat ek dit in Afrikaans kan lees nie, EN ek werk om die
> Internet, waar 99% van die mense Engels verstaan, watse baat gaan ek uit 'n
> Afrikaanse Windows kry?
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:cc9ea8f.0307010758.5ed78131@posting.google.com...
>> Daar lê 'n blink toekoms voor vir Mikrosagte Vensters as die
>> Afrikaanssprekendes dit nie eers wil ondersteun nie. Hulle raak nie
>> eers bietjie opgewonde nie... Nee, ons is mos 'n negatiewe nasie...
>>
>> Sies Elaine!!!
>>
>> Max________________________________________
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79975 is 'n antwoord op boodskap #79974] Wo, 02 Julie 2003 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Aarde maar jy's dramaties. 'n MS program gaan beslis nie Afrikaans red nie.
Maar nou ja, die feit dat ek Afrikaanse kunstenaars ondersteun help seker
ook nie veel nie.

E

"Max" skryf in boodskap news:cc9ea8f.0307012311.4b6f00c8@posting.google.com...
> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
>
> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
>
> Bestand - Verzenden - OK.
>
> Max_____________________________________________________
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79987 is 'n antwoord op boodskap #79975] Wo, 02 Julie 2003 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - daai ouens wat betaal vir sagteware sal ook betaal vir die dienste
van 'n slegte vrou ....
(Ou oerwoudgesegte aan die boikotjare.)

"Elaine" skryf in boodskap news:3f028dc0$0$229@hades.is.co.za...
> Aarde maar jy's dramaties. 'n MS program gaan beslis nie Afrikaans red nie.
> Maar nou ja, die feit dat ek Afrikaanse kunstenaars ondersteun help seker
> ook nie veel nie.
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:cc9ea8f.0307012311.4b6f00c8@posting.google.com...
>> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
>>
>> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
>>
>> Bestand - Verzenden - OK.
>>
>> Max_____________________________________________________
>
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79988 is 'n antwoord op boodskap #79987] Wo, 02 Julie 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek ken die gesegde :o))

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bduaab$a5a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - daai ouens wat betaal vir sagteware sal ook betaal vir die dienste
> van 'n slegte vrou ....
> (Ou oerwoudgesegte aan die boikotjare.)
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79991 is 'n antwoord op boodskap #79974] Wo, 02 Julie 2003 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:
> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
> Bestand - Verzenden - OK.

> "Elaine"

>> En in alle eerlikheid, wil ek nie weer R7000 uithaal vir 'n program wat ek
>> reeds het nie, net sodat ek dit in Afrikaans kan lees nie

Ja-nee, Max, mens moet seker soos ek en
jy in die buiteland sit om te sien wat
besig is om te gebeur. Dis die Afrikaners
in SA soos Elaine en Kie. wat die oorsaak
gaan wees dat Afrikaans die gees gee. Maar
dan is dit eintlik ook hulle wat sit en
kla totdat hulle blou in die gesig is oor
hoe min die ANC simpatie het vir die voort-
bestaan van Afrikaans.

Gloudina
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79995 is 'n antwoord op boodskap #79975] Wo, 02 Julie 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek hoop jy help onbekende kunstenaars...

Afrikaanse musiek stagneer, omdat mense dieselfde goed oor en oor
koop. As almal nou weier om nóg 'n Koos Doep namaaksel te koop, sal
daar vars musiek uitkom.

Anyway, sorry dat ek dramaties was. Ek sal nie weer nie...

Max Wikkelspies___________________________________

"Elaine"
> Aarde maar jy's dramaties. 'n MS program gaan beslis nie Afrikaans red nie.
> Maar nou ja, die feit dat ek Afrikaanse kunstenaars ondersteun help seker
> ook nie veel nie.
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:cc9ea8f.0307012311.4b6f00c8@posting.google.com...
>> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
>>
>> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
>>
>> Bestand - Verzenden - OK.
>>
>> Max_____________________________________________________
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #79999 is 'n antwoord op boodskap #79991] Wo, 02 Julie 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 02 Jul 2003 12:24:28 +0000, wrote:

Ek is nuut in die groep en het al baie van die geskuurdery in die
groep gelees. Dit is seker maar elke persoon se reg om te dink wat hy wil
en omdat ons in 'n "vry wereld" leef ook te se wat hy wil, en wie hom ook al
wil uitkak, uitkak.

Maar ek kan regtig nie sien hoe afrikaans se voortbestaan gewaarborg word
deur MS wat sekere van hulle progammatuur gaan vertaal in afrikaans nie.
Ek bedoel ek werk nie eers op enige van MS se produkte nie, nie eers met
hulle beheerstelsel nie, is ek dan nou ook een van die mense wat in SA.
bly wat sal sorg dat afrikaans nie meer voortbestaan nie. Ek glo solank 'n
taal gepraat word hy sal voort bestaan en as hy nie meer gepraat word nie
hoekom moet hy dan voortbestaan. So leer julle kinders om afrikaans te
praat en trots te wees op die feit dat ky kan afrikaans praat, ten minste
sal hy twee tale kan praat.

> Max wrote:
>
>> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
>> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
>> Bestand - Verzenden - OK.
>
>> "Elaine"
>
>>> En in alle eerlikheid, wil ek nie weer R7000 uithaal vir 'n program wat ek
>>> reeds het nie, net sodat ek dit in Afrikaans kan lees nie
>
>
> Ja-nee, Max, mens moet seker soos ek en
> jy in die buiteland sit om te sien wat
> besig is om te gebeur. Dis die Afrikaners
> in SA soos Elaine en Kie. wat die oorsaak
> gaan wees dat Afrikaans die gees gee. Maar
> dan is dit eintlik ook hulle wat sit en
> kla totdat hulle blou in die gesig is oor
> hoe min die ANC simpatie het vir die voort-
> bestaan van Afrikaans.
>
> Gloudina
Afrikaanse musiek [boodskap #80000 is 'n antwoord op boodskap #79995] Wo, 02 Julie 2003 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Max
Afrikaanse musiek stagneer, omdat mense dieselfde goed oor en oor
koop. As almal nou weier om nóg 'n Koos Doep namaaksel te koop, sal
daar vars musiek uitkom.

Wouter
Afrikaanse musiek beleef seker sy grootste groeifase ooit, wat liedjies en
kunstenaars betref. Koos Doep is klassiek, maar dis ou nuus, daar is
tientalle kunstenaars wat hoofsaaklik nuwe musiek sing. Wyduiteenlopend ook.
Van Karen Zoid tot Blackie Swart, van Piet Botha tot Kurt Darren.

Afrikaanse musiek lewe en is cool..

Een huidige Afrikaanse liedjieskrywer het die onderskeiding dat een van sy
liedjies in sewe tale gesing word, insluitend in Portugees. Wie weet of wil
raai watter liedjie dit is?
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80006 is 'n antwoord op boodskap #79999] Wo, 02 Julie 2003 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 02 Jul 2003 15:13:43 +0200, "Chris" wrote:

> On Wed, 02 Jul 2003 12:24:28 +0000, wrote:
>
> Ek is nuut in die groep en het al baie van die geskuurdery in die
> groep gelees.

Welkom terug, du plessis, al is dit die keer as Chris.
Die probleem met Microsoft Programmatuur in Afrikaans is natuurlik
dat dit 'n tyd gaan wees eer daar krake voor ontwikkel is.

Speedy
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80013 is 'n antwoord op boodskap #79991] Wo, 02 Julie 2003 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, maar ek kan ook nie sien hoe iemand in 'n vreemde land, waar die taal
glad nie gepraat word nie, bydrae tot die "redding" van die taal nie. Ek
sou eerde sê jy dra by tot die vernietiging.

E

wrote:
>
>
> Ja-nee, Max, mens moet seker soos ek en
> jy in die buiteland sit om te sien wat
> besig is om te gebeur. Dis die Afrikaners
> in SA soos Elaine en Kie. wat die oorsaak
> gaan wees dat Afrikaans die gees gee. Maar
> dan is dit eintlik ook hulle wat sit en
> kla totdat hulle blou in die gesig is oor
> hoe min die ANC simpatie het vir die voort-
> bestaan van Afrikaans.
>
> Gloudina
>
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80014 is 'n antwoord op boodskap #79995] Wo, 02 Julie 2003 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek probeer om nuwe kunstenaars te ondersteun, maar ag party van hulle is tog
so pateties. Baie van vandag se kunstenaars kom nie naby aan Koos Du
Plessis se "digkuns" of Coleske se sangtalent nie. So hier en daar pop 'n
goeie groep/kunstenaar uit wat ek ten volle ondersteun. Dis soos Dozi, my
suster vrek oor die man, maar vir my klink hy soos 'n saag. Ek het egter
nou die dag 'n nuwe groep op Casper de Vries se show gesien. Die groep is
nie Afrikaans nie, maar ai hulle sing mooi. Hulle naam is Denim en hulle CD
sal eers Sept. beskikbaar wees.

E

"Max" skryf in boodskap news:cc9ea8f.0307020500.695bc4ed@posting.google.com...
> Ek hoop jy help onbekende kunstenaars...
>
> Afrikaanse musiek stagneer, omdat mense dieselfde goed oor en oor
> koop. As almal nou weier om nóg 'n Koos Doep namaaksel te koop, sal
> daar vars musiek uitkom.
>
> Anyway, sorry dat ek dramaties was. Ek sal nie weer nie...
>
> Max Wikkelspies___________________________________
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80020 is 'n antwoord op boodskap #80006] Do, 03 Julie 2003 05:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 02 Jul 2003 21:11:03 +0200, Speedy Conzales wrote:
Speedy ek weet nou nie wie du plessis is nie maar ek glo jy het die kat
aan die stert beet as jy dink ek is du plessis, my van is amper so,
dit is du Preez.
> On Wed, 02 Jul 2003 15:13:43 +0200, "Chris"
> wrote:
>
>> On Wed, 02 Jul 2003 12:24:28 +0000, wrote:

>> Ek is nuut in die groep en het al baie van die geskuurdery in die
>> groep gelees.
>
> Welkom terug, du plessis, al is dit die keer as Chris.
> Die probleem met Microsoft Programmatuur in Afrikaans is natuurlik
> dat dit 'n tyd gaan wees eer daar krake voor ontwikkel is.
>
> Speedy
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80022 is 'n antwoord op boodskap #79999] Do, 03 Julie 2003 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Nee, swaer, ek het nie gesê dat Afrikaans se voortbestaan van Windows
afhang nie... Wat ek meer gesê het is dat Afrikaans nie 'n kans het op
´n voortbestaan as mens na die houding van die Afrikaanssprekendes
teenoor die afrikaanse sagteware kyk.

Max________________________________________

"Chris"
> On Wed, 02 Jul 2003 12:24:28 +0000, wrote:
>
> Ek is nuut in die groep en het al baie van die geskuurdery in die
> groep gelees. Dit is seker maar elke persoon se reg om te dink wat hy wil
> en omdat ons in 'n "vry wereld" leef ook te se wat hy wil, en wie hom ook al
> wil uitkak, uitkak.
>
> Maar ek kan regtig nie sien hoe afrikaans se voortbestaan gewaarborg word
> deur MS wat sekere van hulle progammatuur gaan vertaal in afrikaans nie.
> Ek bedoel ek werk nie eers op enige van MS se produkte nie, nie eers met
> hulle beheerstelsel nie, is ek dan nou ook een van die mense wat in SA.
> bly wat sal sorg dat afrikaans nie meer voortbestaan nie. Ek glo solank 'n
> taal gepraat word hy sal voort bestaan en as hy nie meer gepraat word nie
> hoekom moet hy dan voortbestaan. So leer julle kinders om afrikaans te
> praat en trots te wees op die feit dat ky kan afrikaans praat, ten minste
> sal hy twee tale kan praat.
>
>> Max wrote:
>>
>>> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
>>> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
>>> Bestand - Verzenden - OK.
>
>>> "Elaine"
>
>>>> En in alle eerlikheid, wil ek nie weer R7000 uithaal vir 'n program wat ek
>>>> reeds het nie, net sodat ek dit in Afrikaans kan lees nie
>>
>>
>> Ja-nee, Max, mens moet seker soos ek en
>> jy in die buiteland sit om te sien wat
>> besig is om te gebeur. Dis die Afrikaners
>> in SA soos Elaine en Kie. wat die oorsaak
>> gaan wees dat Afrikaans die gees gee. Maar
>> dan is dit eintlik ook hulle wat sit en
>> kla totdat hulle blou in die gesig is oor
>> hoe min die ANC simpatie het vir die voort-
>> bestaan van Afrikaans.
>>
>> Gloudina
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80023 is 'n antwoord op boodskap #79991] Do, 03 Julie 2003 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>> Laat dit maar daar, ek's nie lus om te stry nie.
>> Afrikaans, jy was 'n mooi taal, rus in vrede.
>> Bestand - Verzenden - OK.
>
>> "Elaine"
>
>>> En in alle eerlikheid, wil ek nie weer R7000 uithaal vir 'n program wat ek
>>> reeds het nie, net sodat ek dit in Afrikaans kan lees nie
>
>
> Ja-nee, Max, mens moet seker soos ek en
> jy in die buiteland sit om te sien wat
> besig is om te gebeur. Dis die Afrikaners
> in SA soos Elaine en Kie. wat die oorsaak
> gaan wees dat Afrikaans die gees gee. Maar
> dan is dit eintlik ook hulle wat sit en
> kla totdat hulle blou in die gesig is oor
> hoe min die ANC simpatie het vir die voort-
> bestaan van Afrikaans.
>
> Gloudina

Sit en kla oor hoe min Afrikaans daar op Tv is, maar o vet, moet tog
nie vir my sê dat my PC straks Afrikaans gaan praat met my nie! O nee,
dít wil ek nie!!!
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80024 is 'n antwoord op boodskap #80013] Do, 03 Julie 2003 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Is julle lus vir 'n bakkie melk?

"Elaine"
> Sorry, maar ek kan ook nie sien hoe iemand in 'n vreemde land, waar die taal
> glad nie gepraat word nie, bydrae tot die "redding" van die taal nie. Ek
> sou eerde sê jy dra by tot die vernietiging.
>
> E
>
> wrote:
>>
>>
>> Ja-nee, Max, mens moet seker soos ek en
>> jy in die buiteland sit om te sien wat
>> besig is om te gebeur. Dis die Afrikaners
>> in SA soos Elaine en Kie. wat die oorsaak
>> gaan wees dat Afrikaans die gees gee. Maar
>> dan is dit eintlik ook hulle wat sit en
>> kla totdat hulle blou in die gesig is oor
>> hoe min die ANC simpatie het vir die voort-
>> bestaan van Afrikaans.
>>
>> Gloudina
>>
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80027 is 'n antwoord op boodskap #80022] Do, 03 Julie 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 03 Jul 2003 00:54:38 -0700, Max wrote:

Ek dink nie Elaine se houding is verkeerd nie, hoekom moet sy nou R1500
betaal vir windows in afrikaans as sy dit klaar in engels het en R2500 vir
MS-Office as sy dit klaar in engels het. Ek kan nie verstaan wat is
verkeerd met haar houding nie. Sy skryf in afrikaans, ek ken haar nou nie
persoonlik nie, maar ek dink sy praat afikaans by haar werk en met haar
vriende en familie. As afrikaans gepraat word sal hy voortbestaan.

Dit laat my dink aan die keer toe ek in Klicks was. Die man voor my het
gewyer om te betaal vir die goed wat hy wou koop as hy nie in afrikaans
bedien word nie. Ek vra toe vir hom of hy nou verwag die meisie agter die
geldlaai nou 11 tale magtig moet wees. Wat sal gebeur as elke persoon nou
nie wil besigheid doen as hy of sy nie in sy moedertaal bedien word nie.
Volgens die man wou ek ook nie dat afrikaans moet voortbestaan nie. Dit
help seker nie dat altwee my kinders in afrikaanse skole is nie. Ons praat
net afrikaans met mekaar. Ek probeer altyd eers afrikaans praat voor
engels. Maar ek is nie eng as dit by engels kom wat die voertaal in SA is
nie. Ons moet met mekaar praat en as dit in engels is dan is dit so. Ons
moet ook met die res van die wereld praat.

> Nee, swaer, ek het nie gesê dat Afrikaans se voortbestaan van Windows
> afhang nie... Wat ek meer gesê het is dat Afrikaans nie 'n kans het op
> 'n voortbestaan as mens na die houding van die Afrikaanssprekendes
> teenoor die afrikaanse sagteware kyk.
>
> Max________________________________________
>
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80046 is 'n antwoord op boodskap #80027] Do, 03 Julie 2003 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Jul 2003 11:58:06 +0200, "Chris" wrote:

> Speedy ek weet nou nie wie du plessis is nie maar ek glo jy het die kat
> aan die stert beet as jy dink ek is du plessis, my van is amper so,
> dit is du Preez.
> Sker ingelê
>
> Dit laat my dink aan die keer toe ek in Klicks was. Die man voor my het
> gewyer om te betaal vir die goed wat hy wou koop as hy nie in afrikaans
> bedien word nie.

Ek kliek nou dat daardie man wye draaie geloop het om nie te betaal
nie, Chris:-)

'skuus dat ek gedink het dat jy du plessis is, maar later, wanneer jy
ingeburger is hier, maw reeds deel van die familie is, sal jy uitvind
dat àlle nuwelinge hier 'du plessis' is. Die bouwers bou ernstig aan
daardie tradisie.

Chris Du Preez, voel welkom hier. Jy sal dit geniet hier, vriend. Op
dieselfde manier wat TV verslaggewer. Adolf Spannenberg, sy kuier
op die slagvelde van Irak geniet het, met die onlangse oorlog daar.

Netnou, tydends die 7 uur nuusuitsending, sien ek hoe verlig hy
lyk nou dat hy by 'n ander nuusgroep is:-)

((Ek weet, ek weet dat hy steeds by die selfde nuusgroep is,
maar op 'n ander site, as jy dit dan so wil hê:-)))

Speedy
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80048 is 'n antwoord op boodskap #80024] Do, 03 Julie 2003 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Jul 2003 00:59:40 -0700, pietertjiesn...@hotmail.com
(Max) wrote:

> Is julle lus vir 'n bakkie melk?
>
>
>

pasop Elaine, daar is diplomatieke en vriendskaps
betrekkinge tussen Nederland en Kanada...

Speedy Conzales - the fastest mouse in all Mexico:-)
Re: MICROSOFT PROGRAMMATUUR IN AFRIKAANS [boodskap #80112 is 'n antwoord op boodskap #80024] Sa, 05 Julie 2003 11:17 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As Gloudina my beledig, beledig ek terug :o))

E

"Max" skryf in boodskap news:cc9ea8f.0307022359.258142aa@posting.google.com...
> Is julle lus vir 'n bakkie melk?
Vorige onderwerp: Stop die backup!
Volgende onderwerp: Is daar mense met 'n AOL Instant Messenger op hulle rekenaar in SA?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:46:26 MGT 2024