Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Re: I zou graag emigreren naar suid afrika
Re: I zou graag emigreren naar suid afrika [boodskap #7980] Wo, 08 Januarie 1997 00:00
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek reken Suid Afrika is 'n entrepeneurs-paradys. Daar is baie, baie
geleenthede om 'n besigheid te bou (ook in jou rigting, reklame).
Besigheids gewys sal dit veral in die begin jou baie baat om met 'n
Suid-Afrikaner saam te werk. Dit maak net opening van rekeninge, kontrakte
ens baie makliker. Behalwe vir die gewone staatsdepartment rompslomp
behoort jy nie werkspermit probleme te he nie, veral as jy kan bewys dat jy
reeds werk het.

Maar kom probeer eers SA uit vir 'n rukkie. My ondervinding is dat baie
oorsese besigheidsmense sukkel om gewoond te word aan dinge soos
Afrika-tyd, (dit beteken als is altyd so bietjie laat), algemene
inefficiency en affirmative action.

En buitendien, Suid Afrikaanse paspoorte is vreeslik mode oral in die
wereld...;>

Charl

jurgen van calster wrote in article
...
> Hoi daar,
>
>
> Ik zou graag emmigreren naar suid afrika.
>
Vorige onderwerp: Ex-Suid Afrikaners in Perth en Adalaide
Volgende onderwerp: Afrikaans Oorsee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:27:13 MGT 2024