Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Nogmaals byvoeglike naamwoorde...
Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75182] Wo, 02 April 2003 06:25 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Apr 2003 20:05:15 -0800, noemn...@yahoo.com (Marilize) wrote:

> Ek dink dit hang af of die byvoeglike naamwoord predikatief (na die
> onderwerp wat beskryf word) of attributief (voor die onderwerp)
> gebruik word. Byvoeglike naamwoorde kan dus die e kry as dit
> attributief gebruik word en die byvoeglike naamwoord in sy gewone trap
> is bv warm en nie warmer of warmste nie. Die e versterk maar net
> gevoel, so mens sit hom aan soos wanneer jy 'n intensiewe vorm sou
> gebruik? Of ek dink so, ek is 'n Afrikaanse onderwyseres wat deesdae
> net Engels gee in Australie!

Reaksie van Norbert:

Dankie vir jou reaksie, Marilize. Dit sal wel so wees soos jy my dit
hier vertel. Maar tog verstaan ek nie sulke sakes as byvoorbeeld
hierdie wat volg nie:
Ek lees in my woordeboek:
"helium" = 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en smaaklose gas...
In my eie taal (Vlaams = Nederlands) is dit so:
"helium" = een schaars, zeer licht, kleur-, reuk- en smaakloos gas...
Hier sien jy dat geen enkel van daardie byvoeglike naamwoorde 'n 'e'
gekry het.. Dit kom omdat die woord "helium" by ons 'n onsydige woord
is (ons sê: 'het' gas, i.p.v. 'die' gas) en omdat daar die onbepaalde
lidwoord 'een' geskryf is mag daar geen 'e' an die eind van die
byvoeglike naamwoorde kom nie. Dit moet egter wel so wees as daar gesê
word: "het schaarse, zeer lichte, kleur-, reuk- en smaakloze gas..",
eenvoudig omdat ons hier die bepaalde onsydige lidwoord "het" gebruik
het en daardeur verander ook die vorm van die byvoeglike naamwoorde.
Dis net so 'n bietjie soos in Duits waar die verbuiging van die
byvoeglyke naamwoorde ook verander afhanklik van die lidwoord.
Maar by julle sien ek staan: {'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
smaaklose gas...} Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle
"skaars" in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike
naamwoorde skryf julle mèt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde
"skaars", "lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En
hulle is ook aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
Sal 'n antwoordjie seer waardeer! Ook vanweë die andere Afrikaners!

Norbert (uit Vlaandere)

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75196 is 'n antwoord op boodskap #75182] Wo, 02 April 2003 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hoi Norbert

Hoop jy's intussen bietjie afgekoeld!

Jy gaan dit nie regkry om Afrikaans op te los met die reëls van
Nederlands nie. Ons het nie "de" en "het" nie. Die "e" het dus niks te
maak met die woord wat volg nie. Meer met die byvoeglike naamwoord.

Lig (teenoorgestelde van swaar) word ALTYD as "ligte" geskryf (as
byvoeglike naamwoord), as hy voor die selfstandige naamwoord staan. As
hy na die snw staan, word hy as "lig" gebruik.

Die gas is lig.
Die ligte gas.

Daar's nie regtig reëls wanneer jy 'n "e" moet gebruik en wanneer nie.
Vir ons Afrikaanssprekendes klink dit reg of verkeerd. Net soos die
"de" en "het" vir julle Nederlandssprekendes reg of verkeerd klink...
Dis maar iets wat mens met tyd moet leer...

Meestal sal Afrikaners jou nie snaaks aankyk as jy 'n "e" toevoeg nie,
maar wel as jy hom uitlaat...

"Die sware gas", ipv "die swaar gas".

maar

"Die lig gas" maak geen sin in Afrikaans nie.

Ek hoop dat dit vir jou bietjie duideliker is. Belangrikste verskil
tussen Afr en NL is dat julle kyk na die selfstandige naamwoord en dan
besluit of daar 'n "e" by hoort, of nie. Ons kyk na die byvoeglike
naamwoord.

Wat wel waar is, is dat ons nooit 'n "e" toevoeg as die byvoeglike
naamwoord predikatief (groot woord!) gebruik word nie. Nee dis ook nie
waar nie, want ons sê bv:

Jou boek is 'n dikke, myne is 'n dunne.
Jou boek is dik, myne is dun.
Die dik boek is joune, die dun boek is myne.
Die dikke is joune, die dunne is myne.

'n Lange en dunne, bly langer binne...

Kortom, aanvaar maar dat dit tyd neem om 'n nuwe taal aan te leer. (Ek
leer nou al jare aan Nederlands, en kan nog steeds nie behoorlik praat
nie)

Max

Sterrenkijker

> On 1 Apr 2003 20:05:15 -0800, noemn...@yahoo.com (Marilize) wrote:
>
>> Ek dink dit hang af of die byvoeglike naamwoord predikatief (na die
>> onderwerp wat beskryf word) of attributief (voor die onderwerp)
>> gebruik word. Byvoeglike naamwoorde kan dus die e kry as dit
>> attributief gebruik word en die byvoeglike naamwoord in sy gewone trap
>> is bv warm en nie warmer of warmste nie. Die e versterk maar net
>> gevoel, so mens sit hom aan soos wanneer jy 'n intensiewe vorm sou
>> gebruik? Of ek dink so, ek is 'n Afrikaanse onderwyseres wat deesdae
>> net Engels gee in Australie!
>
> Reaksie van Norbert:
>
> Dankie vir jou reaksie, Marilize. Dit sal wel so wees soos jy my dit
> hier vertel. Maar tog verstaan ek nie sulke sakes as byvoorbeeld
> hierdie wat volg nie:
> Ek lees in my woordeboek:
> "helium" = 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en smaaklose gas...
> In my eie taal (Vlaams = Nederlands) is dit so:
> "helium" = een schaars, zeer licht, kleur-, reuk- en smaakloos gas...
> Hier sien jy dat geen enkel van daardie byvoeglike naamwoorde 'n 'e'
> gekry het.. Dit kom omdat die woord "helium" by ons 'n onsydige woord
> is (ons sê: 'het' gas, i.p.v. 'die' gas) en omdat daar die onbepaalde
> lidwoord 'een' geskryf is mag daar geen 'e' an die eind van die
> byvoeglike naamwoorde kom nie. Dit moet egter wel so wees as daar gesê
> word: "het schaarse, zeer lichte, kleur-, reuk- en smaakloze gas..",
> eenvoudig omdat ons hier die bepaalde onsydige lidwoord "het" gebruik
> het en daardeur verander ook die vorm van die byvoeglike naamwoorde.
> Dis net so 'n bietjie soos in Duits waar die verbuiging van die
> byvoeglyke naamwoorde ook verander afhanklik van die lidwoord.
> Maar by julle sien ek staan: {'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
> smaaklose gas...} Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle
> "skaars" in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike
> naamwoorde skryf julle mèt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde
> "skaars", "lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En
> hulle is ook aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
> Sal 'n antwoordjie seer waardeer! Ook vanweë die andere Afrikaners!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75203 is 'n antwoord op boodskap #75196] Wo, 02 April 2003 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Apr 2003 03:26:14 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> Hoi Norbert
>
> Hoop jy's intussen bietjie afgekoeld!
>
Neen, ek is nog steeds ewe boos maar ek moet toegee jy het 'n deftige
poging onderneem om my 'n aanneemlike uitleg oor die probleem te gee,
waarvoor my dank.
Ek het al gedink die oplossing staan eintlik in my woordeboek. Ek sien
daar staan:
-aanneem'lik, -e; -er, -ste, geloofwaardig; ~heid
(Hier sien ek ekstra drie trappe van vergelyking vermeld)
Dus as ek goed verstaan dan is die byvoeglike naamwoord hier, as dit
vóór die naamwoord staan, gewoon 'aanneemlike' en as dit predikatief
gebruik word dan sê 'n mens gewoon: "Dis aanneemlik".
By die woord "skaars" sien ek gewoon:
-skaars, (b), -er, -ste, nie volop nie, behoeftig, ensovoorts...
(Hier sien ek ekstra slegs twee trappe van vergelyking, die letter (b)
staan voor "byvoeglike naamwoord")
Dus, as ek goed verstaan, dan moet ek slegs die eerste trap van
vergelyking neem soos dit vermeld staan in my woordeboek om
uiteindelik die attributiewe byvoeglike naamwoord te kry. Staan daar
drie trappe opgegee dan moet ek die eerste neem en staan daar die
eerste trap nie ekstra opgegee dan gebruik ek gewoon die woord as
attributiewe byvoeglike naamwoord.
En so af en toe sien ek dat by sommige byvoeglike naamwoorde die
attributiewe gebruik dieselfde is as die predikatiewe. Dit is die
geval met "skaars" en dit klop dan met die voorbeeld van helium wat ek
opgegee het.
Ek sien ditselfde byvoorbeeld ook by:
klein, -er, -ste,....
Dus julle sê: die klein man, die klein vrou, die klein kind? Is dit
reg so? Want ek sien verder ook staan:
-kleinwild = klein, wilde diere soos hase, duikers, ens. In hierdie
geval moet ons in Nederlands wel deeglik 'n 'e' agtervoeg en dan sê:
"kleine, wilde dieren zoals hazen, enzovoorts.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75205 is 'n antwoord op boodskap #75203] Wo, 02 April 2003 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

> Dus julle sê: die klein man, die klein vrou, die klein kind

Maar, as jy 'n -e- daaragter sit, dan kan
dit in sommige gevalle beteken dat jy dit
met groter emosie, met meer deernis belaai.
Dus "die kleine man" "die kleine vrou" die
"kleine" kind is nie noodwendig verkeerd
nie, AS mens duidelik daarmee ekstra emosie
wil aandui. "Hoe gaan dit met die kleine
baba?"

Gloudina
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75211 is 'n antwoord op boodskap #75205] Wo, 02 April 2003 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Apr 2003 14:38:01 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Sterrenkijker wrote:
>
>
>> Dus julle sê: die klein man, die klein vrou, die klein kind
>
>
> Maar, as jy 'n -e- daaragter sit, dan kan
> dit in sommige gevalle beteken dat jy dit
> met groter emosie, met meer deernis belaai.
> Dus "die kleine man" "die kleine vrou" die
> "kleine" kind is nie noodwendig verkeerd
> nie, AS mens duidelik daarmee ekstra emosie
> wil aandui. "Hoe gaan dit met die kleine
> baba?"
>
> Gloudina

Dankie, Gloudina, ek glo ek verstaan die saak nou volledig!
Inderdaad, wat jy bedoel kom ook in Nederlands voor. Ek sal daaraan
aandag gee. Die probleem met die byvoeglike naamwoorde in Afrikaans
is vir ons, Vlaminge, baie opvallend. Ek het nog andere sake wat ek
sou wou geweet het maar dis nie nodig dat ek alles ineens bespreek
nie, nè?

Hartlike groete vanweë

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75229 is 'n antwoord op boodskap #75203] Do, 03 April 2003 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker
>> Hoi Norbert
>>
>> Hoop jy's intussen bietjie afgekoeld!
>>
> Neen, ek is nog steeds ewe boos

Ek hoop jy weet waarom jy kastig so boos is... Laat my maar ook weet.
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75268 is 'n antwoord op boodskap #75229] Do, 03 April 2003 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Apr 2003 23:25:10 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> Sterrenkijker
>>> Hoi Norbert
>>>
>>> Hoop jy's intussen bietjie afgekoeld!
>>>
>> Neen, ek is nog steeds ewe boos
>
> Ek hoop jy weet waarom jy kastig so boos is... Laat my maar ook weet.

Ek was boos omdat jy Gloudina sy gedigte stront het genoem. In daardie
geval met die "Onse Vader" het ek dit nie rêrig beskaaf van jou
gevind..

Norbert
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75329 is 'n antwoord op boodskap #75268] Vr, 04 April 2003 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker
> On 2 Apr 2003 23:25:10 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:
>
>> Sterrenkijker
>>>> Hoi Norbert
>>>>
>>>> Hoop jy's intussen bietjie afgekoeld!
>>>>
>>> Neen, ek is nog steeds ewe boos
>>
>> Ek hoop jy weet waarom jy kastig so boos is... Laat my maar ook weet.
>
> Ek was boos omdat jy Gloudina sy gedigte stront het genoem. In daardie
> geval met die "Onse Vader" het ek dit nie rêrig beskaaf van jou
> gevind..
>
> Norbert

En ek dog die heeltyd jy's kwaad omdat ek jou sekslewe in die maling
geneem het!!!

Ek voel ongelukkig so oor die vertaling. Ek noem dit nie 'n gedig nie,
want dit is nie 'n gedig nie.

Gloudina, wie rede gehad het om kwaad te wees, plaas intussen veel
mooier gedigte.

Max
Re: Nogmaals byvoeglike naamwoorde... [boodskap #75348 is 'n antwoord op boodskap #75329] Vr, 04 April 2003 13:10 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Apr 2003 23:41:10 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> En ek dog die heeltyd jy's kwaad omdat ek jou sekslewe in die maling
> geneem het!!!
>

Dis nie moontlik om my sekslewe in die maling te neem nie! Ek het geen
sekslewe nie!

Norbert
Vorige onderwerp: Tsotsitaalwoordeboek
Volgende onderwerp: Byvoeglike naamwoorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:13:28 MGT 2024