Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Film God is African
Film God is African [boodskap #74594] Ma, 17 Maart 2003 16:50
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het dit toe vanmiddag gaan kyk met die nodige voorbehoud, en dit toe
verbasend goed gevind.
Die storie was stewig, dit was goed om te hoor dat dit maak nie saak wat ons
velkleur is nie, ons sentimente bly dieselfde, en die klankbaan was baie
goed en baie gepas.
Die verwagte lang starende stiltes was daar nie - dit het inteendeel teen 'n
flinke pas beweeg.
Ek moet egter sê as mens deesdae nog met baard en safaripak rondloop, of met
'n voortrekkerkappie, sal die oorwegend swart rolverdeling hul teen die bors
stuit, en hulle blind maak vir die fyner nuanses van die verhaal.

Annette
Vorige onderwerp: Fliek: God is Africa
Volgende onderwerp: Wat voel julle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 06:09:42 MGT 2024