Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » stamboom
stamboom [boodskap #74209] Wo, 05 Maart 2003 13:08 na volgende boodskap
Keen  is tans af-lyn  Keen
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Junior Lid
Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
burgerskap?

Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
'n lewe?

Cheers
Eugene
Re: stamboom [boodskap #74213 is 'n antwoord op boodskap #74209] Wo, 05 Maart 2003 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Eugene, ek neem aan in Frankryk kan dieselfde geld vir ander Europese lande.
Ek weet nou nie of mens kan terug gaan na die jare toet nie, maar ek weet
dat as jy kan bewys jou grootouers was burgers van 'n land, dan kan jy
aansoek doen, maar jy moenie haastig wees nie - dis 'n lang en tydsame
proses.
Hoekom kontak jy nie die Fransa ambassade nie.

Annette - wat gelukkig en tevrede net hier is.

"Keen" skryf in boodskap news:3e65f6e5$0$231@hades.is.co.za...
> Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
> soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
> kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
> burgerskap?
>
> Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
> soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
> 'n lewe?
>
> Cheers
> Eugene
>
Re: stamboom [boodskap #74226 is 'n antwoord op boodskap #74209] Wo, 05 Maart 2003 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken toevallig die Duitse prosedure.

Jy kan burgerskap bewys as jy 'n manlike lyn tot by 'n Duitse burger kan
verskaf. Met ander woorde, een van jou pa se pa se pa ...... moes 'n Duitser
gewees het. Jy hoef nie self 'n man te wees nie. (En van 'n redelik onlangse
datum kan jy ook deur 'n vroulike lyn gaan, maar nie voor die datum waarop
dit ingekom het nie.)

Jy kan so ver terug gaan as jy wil Hulle vereis geboortesertifikate en
huweliksertifikate al die pad tot by die betrokke Duitse burger, of ander
geloofwaardige bewyse en sal jou nie juis help om dit te bekom nie, jy moet
dit self doen. Die probleem is dat ongeveer alle Duitse rekords in die
tweede wêreldoorlog flenters gebom is, so dis nie so maklik om daardie
bewyse te versamel nie.

Daar is 'n verdere angel, as enige van jou voorouers afstand gedoen het van
sy Duitse burgerskap, is jy ook nie 'n burger nie. Daarvan het hulle rekord,
hulle kontroleer dit na jy jou aansoek ingegee het.

Die beginpunt is die plaaslike konsulaat of ambassade. Hulle het vorms
waarop jy die gegewens invul.

Wouter

"Keen" skryf in boodskap news:3e65f6e5$0$231@hades.is.co.za...
Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in
'n land soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat
as jy jou stamboom kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan
jy aansoek doen vir burgerskap?

Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek
begin soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie
goed doen vir 'n lewe?

Cheers
Eugene
Re: stamboom [boodskap #74255 is 'n antwoord op boodskap #74209] Do, 06 Maart 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Keen - ja - begin baie goeie rugby speel....

"Keen" skryf in boodskap news:3e65f6e5$0$231@hades.is.co.za...
> Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
> soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
> kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
> burgerskap?
>
> Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
> soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
> 'n lewe?
>
> Cheers
> Eugene
>
Re: stamboom [boodskap #74332 is 'n antwoord op boodskap #74213] Sa, 08 Maart 2003 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos Karoo  is tans af-lyn  Koos Karoo
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Junior Lid
Eugene
Dit word algemeen vertel dat Napolen so ontsteld was oor die feit dat die
Hugenote uit Frankryk verdryf is na die herroeping van die Edik van Nantes
(waardeur Frankryk byna al sy kundige vakmanne en professionele mense verloor
het), dat hy 'n wet laat aanvaar het wat bepaal dat elkeen wat kan bewys dat hy
'n direkte nasaat van 'n Franse Hugenote-vlugteling is, hy/sy met herstel van
burgerskap na Frankryk kan terugkeer.
Navrae by die Franse ambassade oor die bestaan van so 'n wet word normaalweg
bloot geïgnoreer. Mens wonder hoekom...
Terloops, dit is die Hugenote vlugtelinge na Engeland wat die goudsmidbedryf,
die pottebakkerybedryf (porseleinbedryf), die tekstielbedryf, en die
silwersmidbedryf aldaar gevestig het, en Engeland (wat destyds maar 'n
primitiewe land was) 'n ernorme voorsprong gegee het tydens die
nywerheidsrewolusie.
Groete
Koos

Annette wrote:

> Eugene, ek neem aan in Frankryk kan dieselfde geld vir ander Europese lande.
> Ek weet nou nie of mens kan terug gaan na die jare toet nie, maar ek weet
> dat as jy kan bewys jou grootouers was burgers van 'n land, dan kan jy
> aansoek doen, maar jy moenie haastig wees nie - dis 'n lang en tydsame
> proses.
> Hoekom kontak jy nie die Fransa ambassade nie.
>
> Annette - wat gelukkig en tevrede net hier is.
>
> "Keen" wrote in message
> news:3e65f6e5$0$231@hades.is.co.za...
>> Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
>> soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
>> kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
>> burgerskap?
>>
>> Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
>> soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
>> 'n lewe?
>>
>> Cheers
>> Eugene
>>
>>
Re: stamboom [boodskap #74388 is 'n antwoord op boodskap #74255] Ma, 10 Maart 2003 09:54 Na vorige boodskap
Carinus Lemmer  is tans af-lyn  Carinus Lemmer
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Junior Lid
...en neem dat handevol kokaine en effedrine....
> Keen - ja - begin baie goeie rugby speel....
Vorige onderwerp: De Klerk familiewapen
Volgende onderwerp: Familie (spotprent)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 04:59:51 MGT 2024