Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Ek hou nie van honde en hondekak nie !!
Ek hou nie van honde en hondekak nie !! [boodskap #7247] Wo, 18 September 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:

Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.
Die kak sit aan jou skoene vas,
dit word in jou huis ingedra, of in jou motor.
Dit lok vlieë en brommers,
Die kak le^ in die son en stink.
Selfs in die koue winter van Europa: -
die kak le^ die hele winter gevries,
om dan te stink met die eerste somerson.
Dit maak jou naar en bederf jou eetlus en jou dag.

Ek hou nie van stadshonde nie.
Honde hoort nie in woonbuurte en parke nie, hul hoort op plase.
Parke is vir kinders om in te speel.
Maar honde eienaars dink mos parke en strande is daar vir hul honde
om te kak.

En ek haat dit as honde my eenjarige dogtertjie stormloop en haar in
die gesig lek.
Dit is onhiegehenies, mens kry siektes daarvan, en wurms.
Mense wat hul honde soen - sies man! daai hond lek sy eie ballas en
ander honde se gat!

Honde hoort nie in huise nie, nog minder in woonstelle.
En hul hoort ook nie op die deur se drempel waar hul met hul
ballas in die son le^ en bak nie, vir iemand om oor te struikel.
Blaf jou in die nag wakker.
Hondehare oral, op mense se meubels en aan mense se klere.
En mens kan sien dat stadshonde gemorskos kry om te eet aan hul kak:
dit het soveel preserveermiddels in dat dit vir dae lank le^ en stink,
dit vergaan nie, - jy kan sommer sien dit het 'n ongesonde kleur.
En die hond poep heeldag daarvan.

Hoekom mag ek nie netjies agter 'n bos water afslaan nie,
maar honde mag oral in die openbaar pis en kak ?

Ek haat juppies sonder kinders, wat honde aanhou asof dit hul
kinders is, en omdat dit 'n mode-aanhangsel is. Armsalig, selfsugtig.
Honde wat geteel is om goed te lyk, maar eintlik funksioneel
gebreklik is.
En hierdie ou klein keffertjies, die walglike ou klein wolhondjies
en skoothondjies: ek wens daar kom 'n plaag van kraaie wat hul opvreet.

Waarom spandeer mense soveel aan honde ? Hondekos en hondesallonne
en hondesielkundiges en alles ? En bemaak groot somme geld aan honde,
en sit grafstene op ? Dit terwyl mense vrek van die honger ?

Ek is gatvol van honde wat klein kinders sonder rede aanval en byt:
Hulle moet vrekgeskiet word en hul eienaars moet vir die res van hul
lewe in 'n hondehok toegesluit word.

En die liewe "Animal-Rights" brigades, oftewel die "Bunny Clutchers",
wat gedurig aan die teem is en dweep oor die arme goed: As hul ly,
maak hulle van kant en spandeer julle geld dan op iets beters.

Met permissie gesê aan al my vriende met honde.

Groete & Voertsek! :-)
Elke hond kry sy dag!!
Re: Ek hou nie van honde en hondekak nie !! [boodskap #7248 is 'n antwoord op boodskap #7247] Wo, 18 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aliki van Heek[2]  is tans af-lyn  Aliki van Heek[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , gal...@ibm.net says:
>
> Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
> Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:
>
> Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
> hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.
> (KNIP)

Galjoen, ek stem heeltemaal saam! Ek het ook twee kinders van 1 en 4
en het dieselfde ondervindings met hondekak. Honde sou verbied moet
word op die openbare weg, in openbare parke ens.

Ook wat jy sê in jou vorige boodskap (Australiese jeug, misdaad, straf
ens.) kan ek goedvind: kinders moet hul grense leer ken. Dit is nog
enigsins normaal hier in Nederland, ons word nie snaaks aangekyk nie.
Of eientlik moet ek sê dit is weer enigsins normaal. Die "vrye"
opvoeding was 'n tydlang in die mode, maar mens kom daarvan terug.

Groete,

Aliki

************************************************************ ********************
* E-mail: van...@ecn.nl Phone: +31(0)2246 4507 *
* Netherlands Energy Research Foundation ECN Fax : +31(0)2246 3490 *
* Department: NUC P.O. Box 1 NL-1755 ZG Petten The Netherlands *
************************************************************ ********************
Re: Ek hou nie van honde en hondekak nie !! [boodskap #7251 is 'n antwoord op boodskap #7247] Do, 19 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Nou-ja, weet nie wat met jou gebeur het dat jy nou so 'n verskriklike
relaas oor die honde het nie, maar teenoor die meeste daarvan stem ek
wel saam.

Daar is darem 'n ander kant ook, deur die eeue heen bewys, oor en oor,
dat die hond as troeteldier 'n mens se beste vriend is. Ons het drie van
die goete op die werf, sowel as 'n kat, maar moet ek sê dat die kinders
baie erg oor die honde is en daar alewig met mekaar gespeel word.

Dink jy nie katte is darem ten minste heelwat skoner as die spul brakke
nie...???

Groetnis

Johan
Re: Ek hou nie van honde en hondekak nie !! [boodskap #7252 is 'n antwoord op boodskap #7247] Do, 19 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Honde is koel. Woef!!!!
Volgende onderwerp: Dis mense wat die probleem is,nie honde.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:39:10 MGT 2024