Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Bankkostes
Bankkostes [boodskap #66833] So, 29 September 2002 06:30 na volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
By Suid-Afrika se nasionale bank - met sy vier verskillende interior
decorators - is onaanvaarbaar.

Sal daar ooit verligting kom?

Los R100 in 'n spaarrekening in enige van die vier vleuels van die SA
nasionale Kartel-bank en kom oor so 2 jaar terug en raai wat? Die R100
gaan op wees want die verpligte bankkostes is meer as die hoofbedrag
EN rente saam.

As jy kontant INBETAAL in enige tak van die SA Kartel-bank vra hulle
jou moerse baie geld. As jy geld trek, vra hulle jou moerse baie geld.
As jy die geld daar los, vra hulle jou moerse baie geld.

As jy R1 000 kontant by die bank inbetaal, vra hull R20 om die geld te
ontvang. En dan begin die bakkostes.
Re: Bankkostes [boodskap #66904 is 'n antwoord op boodskap #66833] Ma, 30 September 2002 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J.V.Smith  is tans af-lyn  J.V.Smith
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
En ek dag ek's die enigste ou wie se bloedruk die hoogte in skiet oor sulke
dinge...

Ek sou al lankal al my geldjies onder die kooi begin wegsteek het as die
inbraak syfer nie so hel hoog was nie.

Die ouens kort mededingende kompetisie. Terwyl Jan-alleman swaarkry en op
droë brood en suikerwater moet oorleef, gaan daar net meer en meer
spoggerige geboue op soos hulle (die banke) kompeteer.

Maak my siek.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3d9a9cf6.14555360@news.saix.co.za...
|
| By Suid-Afrika se nasionale bank - met sy vier verskillende interior
| decorators - is onaanvaarbaar.
|
| Sal daar ooit verligting kom?
|
| Los R100 in 'n spaarrekening in enige van die vier vleuels van die SA
| nasionale Kartel-bank en kom oor so 2 jaar terug en raai wat? Die R100
| gaan op wees want die verpligte bankkostes is meer as die hoofbedrag
| EN rente saam.
|
| As jy kontant INBETAAL in enige tak van die SA Kartel-bank vra hulle
| jou moerse baie geld. As jy geld trek, vra hulle jou moerse baie geld.
| As jy die geld daar los, vra hulle jou moerse baie geld.
|
| As jy R1 000 kontant by die bank inbetaal, vra hull R20 om die geld te
| ontvang. En dan begin die bakkostes.
|
|
Re: Bankkostes [boodskap #66908 is 'n antwoord op boodskap #66904] Ma, 30 September 2002 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

J.V.Smith wrote:

> Die ouens kort mededingende kompetisie. Terwyl Jan-alleman swaarkry en op
> droë brood en suikerwater moet oorleef, gaan daar net meer en meer
> spoggerige geboue op soos hulle (die banke) kompeteer.
>
> Maak my siek.

Hier in Kanada leun die regering so nou en
dan op die banke oor bankkostes, en het 'n
stokkie voor die amalgamasie van sekere groot
banke 'n ruk gelede gesteek. Maar mens moet
nogtans maar lig loop en weet wat jy doen.
Ek dink self daar's fout in SA met die klomp
geld wat mense moet betaal om net 'n doodgewone
oorsese geldwissel uitgewissel te kry.
En met ons laaste besoek aan SA wou ons 'n
redelike hoeveelheid geld in iemand se rekening
inbetaal ( geld wat die persoon in die buiteland
gelos het toe hulle laas in Kanada was). Ons het
die geld op ons kredietkaart gesit en wou toe hê
dat die bank die oordrag moet maak, maar hulle sê
toe dit is nie moontlik nie, want hulle deel net
met Visa, nie met Mastercard nie. Toe loop ons
(dis nou middestad Johannesburg) en ons gaan trek
die hele paar duisend rand uit die een bank en loop
daarmee na die ander bank, en deponeer toe KONTANT
geld op die persoon se rekening. En sowaar, hulle
vra nog 'n taamlike persentasie om KONTANT geld te
deponeer.

Gloudina
Re: Bankkostes [boodskap #66925 is 'n antwoord op boodskap #66833] Di, 01 Oktober 2002 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie storie is ook hier in ons land besig om ons mal te maak. Ons
ontvang kontant enbetaal rekeninge sover moontlik met kontant. As jy nou
'n grap wil sien, gaan doen aansoek vir 'n huurkoop en die bankbestuurder
begin storie oor die boeke van die besigheid wat hulle soek, die groot
depositio en die risiko wat hulle moet dek. Dan raak jy gatvol en sê vir
die ou dat jy nie lus het vir al die strooi nie en nou gaan jy maar jou
belegging'tjie losmaak en die item kontant koop......dan sit hy vinnig gat
om. Prima koers, geen deposito nie en geen boeke meer nie! Naas
predikante en prokureurs kan ek nie aan iemand dink wat my meer irriteer as
bankbestuurders nie!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3d9a9cf6.14555360@news.saix.co.za...
>
> By Suid-Afrika se nasionale bank - met sy vier verskillende interior
> decorators - is onaanvaarbaar.
>
> Sal daar ooit verligting kom?
>
> Los R100 in 'n spaarrekening in enige van die vier vleuels van die SA
> nasionale Kartel-bank en kom oor so 2 jaar terug en raai wat? Die R100
> gaan op wees want die verpligte bankkostes is meer as die hoofbedrag
> EN rente saam.
>
> As jy kontant INBETAAL in enige tak van die SA Kartel-bank vra hulle
> jou moerse baie geld. As jy geld trek, vra hulle jou moerse baie geld.
> As jy die geld daar los, vra hulle jou moerse baie geld.
>
> As jy R1 000 kontant by die bank inbetaal, vra hull R20 om die geld te
> ontvang. En dan begin die bakkostes.
>
Re: Bankkostes [boodskap #66927 is 'n antwoord op boodskap #66925] Di, 01 Oktober 2002 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - miskien is hier 'n bankbestuurder hier wat aan ons kan verklaar
hoekom mens 'n belegging tot die waarde van die beoogde lening by hulle moet
hê of sedeer voordat hulle heel onwillig sal dink om miskien aan jou 'n
lening te wil toestaan.
Ek het ook dieselfde maar soos jy gedoen - my belegging onttrek, die uitgawe
betaal - meer gespaar op rente op die lening wat ek sou betaal het as die
rente wat ek sou verdien het, en toe sommer ook na 'n ander bank gegaan.
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3d9976fc.0@news1.mweb.co.za...
> Hierdie storie is ook hier in ons land besig om ons mal te maak. Ons
> ontvang kontant enbetaal rekeninge sover moontlik met kontant. As jy nou
> 'n grap wil sien, gaan doen aansoek vir 'n huurkoop en die bankbestuurder
> begin storie oor die boeke van die besigheid wat hulle soek, die groot
> depositio en die risiko wat hulle moet dek. Dan raak jy gatvol en sê vir
> die ou dat jy nie lus het vir al die strooi nie en nou gaan jy maar jou
> belegging'tjie losmaak en die item kontant koop......dan sit hy vinnig gat
> om. Prima koers, geen deposito nie en geen boeke meer nie! Naas
> predikante en prokureurs kan ek nie aan iemand dink wat my meer irriteer as
> bankbestuurders nie!
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:3d9a9cf6.14555360@news.saix.co.za...
>>
>> By Suid-Afrika se nasionale bank - met sy vier verskillende interior
>> decorators - is onaanvaarbaar.
>>
>> Sal daar ooit verligting kom?
>>
>> Los R100 in 'n spaarrekening in enige van die vier vleuels van die SA
>> nasionale Kartel-bank en kom oor so 2 jaar terug en raai wat? Die R100
>> gaan op wees want die verpligte bankkostes is meer as die hoofbedrag
>> EN rente saam.
>>
>> As jy kontant INBETAAL in enige tak van die SA Kartel-bank vra hulle
>> jou moerse baie geld. As jy geld trek, vra hulle jou moerse baie geld.
>> As jy die geld daar los, vra hulle jou moerse baie geld.
>>
>> As jy R1 000 kontant by die bank inbetaal, vra hull R20 om die geld te
>> ontvang. En dan begin die bakkostes.
>>
>
Re: Bankkostes [boodskap #66942 is 'n antwoord op boodskap #66925] Di, 01 Oktober 2002 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 1 Oct 2002 12:19:57 +0200, "Suidwester" wrote:

Naas
> predikante en prokureurs kan ek nie aan iemand dink wat my meer irriteer as
> bankbestuurders nie!

Soos die grap: Wat maak jy as jy in 'n vertrek toegesluit word saam
met 'n prokureur, 'n slang en 'n krokodil en jy het 'n pistool met
net twee patrone?

Jy skiet die prokureur twee keer.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66945 is 'n antwoord op boodskap #66908] Di, 01 Oktober 2002 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Indien ek dit nie mis het nie is u juis die persoon wat ander verwyt wanneer
hulle selfs net kritiek lewer oor die nuwe Suid Afrika.

Interessant hoe dit egter wel reg is vir "sekere" mense om flagrant die
valutabeheermaatreëls van dieselfde regering te verontagsaam wanner dit
hulle pas.

So much vir "pratice what you preach "

Suid Afrikaner (tydelik) in London.

----- Original Message -----
From:
>
> ....En met ons laaste besoek aan SA wou ons 'n
> redelike hoeveelheid geld in iemand se rekening
> inbetaal ( geld wat die persoon in die buiteland
> gelos het toe hulle laas in Kanada was). Ons het
> die geld op ons kredietkaart gesit en wou toe hê
> dat die bank die oordrag moet maak, maar hulle sê
> toe dit is nie moontlik nie, want hulle deel net
> met Visa, nie met Mastercard nie. Toe loop ons
> (dis nou middestad Johannesburg) en ons gaan trek
> die hele paar duisend rand uit die een bank en loop
> daarmee na die ander bank, en deponeer toe KONTANT
> geld op die persoon se rekening. En sowaar, hulle
> vra nog 'n taamlike persentasie om KONTANT geld te
> deponeer.
> ...
>
> Gloudina
>
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66948 is 'n antwoord op boodskap #66945] Di, 01 Oktober 2002 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Daniel wrote:

> Indien ek dit nie mis het nie is u juis die persoon wat ander verwyt wanneer
> hulle selfs net kritiek lewer oor die nuwe Suid Afrika.
>
> Interessant hoe dit egter wel reg is vir "sekere" mense om flagrant die
> valutabeheermaatreëls van dieselfde regering te verontagsaam wanner dit
> hulle pas.
>
> So much vir "pratice what you preach "

Ek weet nie of ek jou reg verstaan nie,
maar jy beskuldig my blykbaar van iets.
Beskuldig jy my van skending van valuta-
beheer deur geld IN SA IN TE BRING.
Wat wel, miskien onwettig, gebeur het
is dat 'n familielid op oorsese besoeke
orige reisigerstjeks wat nie gebruik is
nie, in 'n Kanadese bank onder my naam
gedeponeer het en dit daar gelaat het
vir toekomstige gebruik. Onthou, dit was
gedurende die tyd toe die apartheidsregime
streng en strengelende valutabeheer toegepas
het, en toe almal begin wonder het of hulle
nie uit die land moet skoert nie. Teen 1993
het die persoon egter gemakliker gevoel oor
SA en het ons ooreengekom dat ek die geld sou
"terugbring" na SA. Dit was in 1993, voordat
daar 'n verandering van regime was.
As ek nou so terugdink, lyk vir my dat die
enigste wette wat gebreek is, Kanadese bankwette
was, deur 'n Kanadese bankbestuurderes wat bereid
was om die reisigerstjeks vir ons te wissel. Ek
het egter Kanadese belasting betaal op die rente
deur die jare, so ek kan nie eintlik sien dat
enige wette gebreek is nie.
Is ek reg om aan te neem dat Suid-Afrikaners
nou toegelaat word om baie meer geld uit die land
uit te neem as gedurende die apartheidsdae? Toe was
dit so erg dat mense in die buiteland wat erfenisse
ontvang het, nie die geld uit die land uit kon kry
nie.

Gloudina
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66951 is 'n antwoord op boodskap #66945] Wo, 02 Oktober 2002 01:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Daniel wrote:

> Indien ek dit nie mis het nie is u juis die persoon wat ander verwyt wanneer
> hulle selfs net kritiek lewer oor die nuwe Suid Afrika.

Watter nuwe Suid-Afrika? Waar meeste van die
bewerkbare grond nog in die hande van die
setlaars is, en waar daar tot op datum nog 'n
taamlike sagkense beleid van willing seller/
willing buyer gevoer word. Ek kritiseer die
huidige regerende party van teveel vrees om
op die tone te trap van die wit grondeienaars
en die wit opiniemakers.
Ek beskuldig die huidige regerende party
dat hulle in hulle fiskale beleid heeltemal te
konserwatief is, en nie genoeg doen om die
algemene lewensstandaard van die oorgrote meerder-
heid van die bevolking te verhoog nie. Dis tyd
dat daar vir die "armswartes" gedoen word wat
daar vir die "armblankes" gedoen was in die jare
dertig en veertig - 'n Reddingsdaadbond om die
armswartes op te hef. Dit was heeltemal onnodig om
die belastings van SA soveel te verlaag soos wat
hulle gedoen het in die laaste ag jaar. SA se
belastings-struktuur was alreeds baie laer as dié
van 'n land soos Kanada, waar die middelklas swaar
belas is om te betaal vir die opheffing van die
armes van die land.

Gloudina
Comrade Gloudina [boodskap #66954 is 'n antwoord op boodskap #66951] Wo, 02 Oktober 2002 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek kritiseer die huidige regerende party van teveel vrees om
op die tone te trap van die wit grondeienaars en opiniemakers.
Ek beskuldig die huidige regerende party dat hulle in hulle
fiskale beleid heeltemal te konserwatief is, en nie genoeg
doen om die algemene lewensstandaard van die oorgrote
meerderheid van die bevolking te verhoog nie.
Dit was heeltemal onnodig om die belastings van SA soveel
te verlaag soos wat hulle gedoen het in die laaste ag jaar.

Wouter
Gelukkig het ons Regering meer verstand as jy, Gloudina.

Jy kan nie uitdeel wat jy nie kan bekostig nie. En hoë belasting
beteken laer groei en minder nasionale welvaart. 'n Ontwikkelende
land soos SA kan nie die hoë belasting bekostig wat 'n
ontwikkelde land met sosiale vangnette kan dra nie. Koppel
dit met met genoeg onsekerheid oor grondeienaarskap en jy
sal permanente ekonomiese agteruitgang hê. Jy hoef nie 'n
ekonoom te wees om dit te verstaan nie.

Jou voorstelle het net een uiteinde, 'n nasionale moeras van
armoede waarvan almal wat kan, sal ontsnap. En/of anargie.
'n Hele paar Afrika-regerings het al gedoen wat jy voorstel
en hulle is nou in hulle peetjie.

Terloops, jou sentimente plaas jou in die linkervleuel van die
SAKP. Ek weet nie of jy besef dat jy 'n hardline kommunis
is nie. Maar ek het 'n vermoede dat dit jou nie erg sal pla nie.

Wat jou wel behoort te pla is dat die tipiese kommunis hier
heelwat meer pragmaties is en meer insig as jy openbaar.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66955 is 'n antwoord op boodskap #66948] Wo, 02 Oktober 2002 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Teen 1993 het die persoon gemakliker gevoel oor
SA en het ons ooreengekom dat ek die geld sou
"terugbring" na SA. Dit was in 1993, voordat
daar 'n verandering van regime was.
As ek nou so terugdink, lyk vir my dat die
enigste wette wat gebreek is, Kanadese bankwette
was, .... so ek kan nie eintlik sien dat
enige wette gebreek is nie.

Wouter
Daardie valutatransaksie het 'n hele klomp SA wette oortree.
Dis onwettig om nie reistjeks terug te ruil na Rand nie, dis
onwettig om geld in iemand anders se oorsese rekening te
hê en dis onwettig om buitelandse valuta in te bring sonder
uitklaring. In 1993 en in 2002.
Re: Comrade Gloudina [boodskap #66957 is 'n antwoord op boodskap #66954] Wo, 02 Oktober 2002 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Terloops, jou sentimente plaas jou in die linkervleuel van die
> SAKP. Ek weet nie of jy besef dat jy 'n hardline kommunis
> is nie.

Ek kan sien hoekom mense in SA 'n "kommunis"
agter elke bos gesien het, as dit al is wat mens
moet dink om 'n "hardline kommunis" te wees. Nee
wat, Wouter, ek dink maar net soos enige sosiaal-
bewuste lid van die Liberal Party in Kanada dink:
dat daar geld uit die sakke van die "have's" gevat
moet word om die "have-nots" bo 'n sekere peil
van lewenswaardigheid te kry. Jy dink soos die
Konserwatiewes in Kanada ( hulle het opgesplits
in baie klein partytjies en veg nou onder mekaar,
en is op die oomblik geen bedreiging vir die
Liberal Party nie.)
Wat in SA gebeur, is dat die have's (meestal
wit mense) nou net minder belasting betaal, en dit
dus finansieel nog beter af is as onder die ou
regime. En sover ek kan sien, raak die wittes nou
ook net slimmer en slimmer oor hoe om belastings
te ontwyk, deur sekere onder-die-tafel-tuisnywerhede
en allerhande soort tricks om na die buiteland te
gaan "vir besigheid" terwyl dit eintlik maar net 'n
vakansie is.

Gloudina
Re: Comrade Gloudina [boodskap #66958 is 'n antwoord op boodskap #66954] Wo, 02 Oktober 2002 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wouter, vir een keer stem ons half saam! Ek dink die antie besef dat daar
'n verskil is in die toestand van die land soos 100 jaar gelede en nou nie.
Toe was daar min mense en die wat grond wou gebruik om op te produseer, het
dit die een of ander manier bekom......uiteindelik alles ten doele om 'n
landbou vir die land en sy geheel op die been te kry. Vandag is die
landbou gevestig en as 'n plaas afgevat of verkoop word [of wat ook al
gedoen word om dit van eienaar te laat verwissel], dit is absolute
landsbelang dat die mens of mense wat die grond gaan bekom daarop gaan bly
om te boer en te produseer tot die land se voordeel en nie net om 'n
bestaansekonomie te voer nie.
Nou is dit ongelukkig so dat om in vandag se ekonomiese toestande van
die grond af op te begin boer op enige stuk grond baie, baie moeilik is en
iets wat baie min mense slaag om te doen. Deur mense net so los te plaas
op die platteland, gaan jy net nog plakkerskampe skep, en uiteindelik, as al
die maniere om 'n bestaan te maak op die grond uitgeput is, sal hulle wil
terug stad toe om werk te soek en wat word dan van dié grond? Kan
vermoënde mense dit dan opkoop om weer as plaasgrond te gebruik? Om later,
miskien oor 'n 100 jaar weer as 'gesteelde' grond beskou te word?
Ek dink daar behoort eintlik net een voorwaarde te wees vir grondbesit:
Wil jy boer en produktief wees, of nie?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9aaaa8.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Ek kritiseer die huidige regerende party van teveel vrees om
> op die tone te trap van die wit grondeienaars en opiniemakers.
> Ek beskuldig die huidige regerende party dat hulle in hulle
> fiskale beleid heeltemal te konserwatief is, en nie genoeg
> doen om die algemene lewensstandaard van die oorgrote
> meerderheid van die bevolking te verhoog nie.
> Dit was heeltemal onnodig om die belastings van SA soveel
> te verlaag soos wat hulle gedoen het in die laaste ag jaar.
>
> Wouter
> Gelukkig het ons Regering meer verstand as jy, Gloudina.
>
> Jy kan nie uitdeel wat jy nie kan bekostig nie. En hoë belasting
> beteken laer groei en minder nasionale welvaart. 'n Ontwikkelende
> land soos SA kan nie die hoë belasting bekostig wat 'n
> ontwikkelde land met sosiale vangnette kan dra nie. Koppel
> dit met met genoeg onsekerheid oor grondeienaarskap en jy
> sal permanente ekonomiese agteruitgang hê. Jy hoef nie 'n
> ekonoom te wees om dit te verstaan nie.
>
> Jou voorstelle het net een uiteinde, 'n nasionale moeras van
> armoede waarvan almal wat kan, sal ontsnap. En/of anargie.
> 'n Hele paar Afrika-regerings het al gedoen wat jy voorstel
> en hulle is nou in hulle peetjie.
>
> Terloops, jou sentimente plaas jou in die linkervleuel van die
> SAKP. Ek weet nie of jy besef dat jy 'n hardline kommunis
> is nie. Maar ek het 'n vermoede dat dit jou nie erg sal pla nie.
>
> Wat jou wel behoort te pla is dat die tipiese kommunis hier
> heelwat meer pragmaties is en meer insig as jy openbaar.
>
Re: Comrade Gloudina [boodskap #66961 is 'n antwoord op boodskap #66957] Wo, 02 Oktober 2002 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek kan sien hoekom mense in SA 'n "kommunis"
agter elke bos gesien het, as dit al is wat mens
moet dink om 'n "hardline kommunis" te wees.

Walter
Hier is nou amper meer kommuniste as bosse. Maar weet jy wat?
Baie van ons gee nie eintlik 'n hel om nie. Baie anders as destyds,
toe hulle meesal in die buiteland was en as 'n gevaar gesien is.Nou
is hulle meer soos 'n onsmaaklike grap..

Gloudina
Nee wat, Wouter, ek dink maar net soos enige sosiaal-
bewuste lid van die Liberal Party in Kanada dink:
dat daar geld uit die sakke van die "have's" gevat
moet word om die "have-nots" bo 'n sekere peil
van lewenswaardigheid te kry.

Wouter
Suiwer hedendaagse hardline kommunisme, terwyl jy duidelik
bereid is om die ekonomie en uiteindelik die inwwoners vir die
ideologie op te offer. Ons kan nie jou soort liberale Noord-
Amerikaanse denke bekostig nie, dis Afrika hierdie. En dis
nie vir sissies nie.

Gloudina
Wat in SA gebeur, is dat die have's (meestal
wit mense) nou net minder belasting betaal, en dit
dus finansieel nog beter af is as onder die ou regime.

Wouter
Nie heeltemaal reg nie. Al hoe meer van die haves is swart.
'n Klein deel van die swartes, maar 'n betekenisvolle deel
van die haves en van die belastingbetalers. En gelukkig is
hulle nie kommuniste soos jy nie. En dis net die meer eerlike
wittes wat minder belasting betaal, ek verduidelik hier onder.

Gloudina
En sover ek kan sien, raak die wittes nou
ook net slimmer en slimmer oor hoe om belastings
te ontwyk, deur sekere onder-die-tafel-tuisnywerhede
en allerhande soort tricks om na die buiteland te
gaan "vir besigheid" terwyl dit eintlik maar net 'n vakansie
is.

Wouter
Hiermee wys jy totale onbegrip van wat hier gebeur. Die effektiwiteit
waarmee SARS, dis 'n agentskap wat die Ontvanger van Inkomste se
pligte oorgeneem het, belasting invorder is een van die belangrikste
redes hoekom ons belastingkoerse laer is. Die belasting het in reële
terme baie minder gedaal as die belastingkoerse. SARS het in elk
van die afgelope jare vir 'n ekstra paar biljoen begroot uit meer
effektiewe invordering en in elk van daardie jare meer ekstra
gevorder as wat hulle begroot het.

Dis 'n proses wat baie nodig was, want in die sanksie-era het daar
baie sous deur baie inkomstestate geloop. Maar ongelukkig hassle
SARS deesdae baie eerlike mense en maatskappye onnodig met
lywige vraelyste oor baie jare se opgawes. Ook met die aanvra
van stawende bewyse, ens. Dis koste van hulle effektiewe
invordering is ongelukkig nie gering nie. (Annette sal moontlik
meer hieroor kan sê, maar ek moes al self baie dae spandeer
met die opstel van lewenskostevraelyste, stawing van ou
kapitaalinkomstes, ens. en dis geen grappie nie. En alles vir niks,
hulle het geen fout gevind of ekstra belasting gevorder nie.)

Jou kanse om met sogenaamde tricks weg te kom is nou seker
1% van wat dit tien jaar gelede was. En ons witmense is al
lankal slim, dit het nie onlangs gebeur nie.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66962 is 'n antwoord op boodskap #66955] Wo, 02 Oktober 2002 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Daardie valutatransaksie het 'n hele klomp SA wette oortree.
> Dis onwettig om nie reistjeks terug te ruil na Rand nie, dis
> onwettig om geld in iemand anders se oorsese rekening te
> hê en dis onwettig om buitelandse valuta in te bring sonder
> uitklaring. In 1993 en in 2002.

OK. Maar was dit onwettig om die geld wat die
staat (die baie beperkende apartheidsregering)
jou destyds toegelaat het om na die buiteland
te neem, aan iemand anders in die buiteland te
gee? Ek kan nie sien hoekom dit onwettig sou
wees om jou reisigerstjeks ten volle uit te
wissel voor jy teruggaan nie. (Ek is egter bewus
van die feit dat dit 'n wydverspreide gewoonte
was gedurende die apartheidsdae vir mense om hulle
maksimum toelating van oorsese valuta as reisigers-
tjeks uit te neem en dan, na hulle vakansie, die
res erens "agter te laat." Dis maar wat gebeur
as 'n repressiewe diktatorskap sy burgers se basiese
regte teveel aan bande wil lê. Ek kry die indruk dat
daardie soort aan bande lê nou iets van die verlede
is ( binne perke), want mense wat nou uit SA emigreer
mag blykbaar 'n hele klomp geld saambring.
Dis onwettig om buitelandse valuta in te bring
sonder uitklaring. Miskien vir 'n Suid-Afrikaanse
burger. Maar ons is Kanadese burgers. En al wat ons
gedoen het is om rande aan 'n SA burger te gee, deur
'n bank, wat die transaksie kon aanmeld by 'n
regeringsinstansie as dit moes. Rande wat ons uit ons
eie kredietrekening getrek het. Ek dink jy is besig
om te nit pick.

Gloudina
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66963 is 'n antwoord op boodskap #66951] Wo, 02 Oktober 2002 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sê ook, vat alles van die blankes en gee dit vir die
"armswartes"!!! Huise karre, spaargeld, plase die hele fokken lot,
want ek sit met my gat veilg in die buiteland!

WORD WAKKER GLOUDINA - JY'S AL MET JOU EEN VOET IN DIE GRAF, MAAR VOOR
HULLE JOU TOEGOOI VREK JOU FAMILIE ALMAL VAN DIE HONGER IN SA.

Soms het ek só 'n begeerte om my hande sagkens om jou nek te sit en te
druk.

Max___________________________________________

"@rogers.com"
> Ek beskuldig die huidige regerende party
> dat hulle in hulle fiskale beleid heeltemal te
> konserwatief is, en nie genoeg doen om die
> algemene lewensstandaard van die oorgrote meerder-
> heid van die bevolking te verhoog nie. Dis tyd
> dat daar vir die "armswartes" gedoen word wat
> daar vir die "armblankes" gedoen was in die jare
> dertig en veertig - 'n Reddingsdaadbond om die
> armswartes op te hef. Dit was heeltemal onnodig om
> die belastings van SA soveel te verlaag soos wat
> hulle gedoen het in die laaste ag jaar. SA se
> belastings-struktuur was alreeds baie laer as dié
> van 'n land soos Kanada, waar die middelklas swaar
> belas is om te betaal vir die opheffing van die
> armes van die land.
>
> Gloudina
Re: Comrade Gloudina [boodskap #66964 is 'n antwoord op boodskap #66961] Wo, 02 Oktober 2002 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was so besig om Satan weg te hou dat ek nou eers sien watse aartskelm
onse Gloudina is! Nou weet ons ook hoekom sy nie wil kom kuier nie. Die
polieste gaan haar inwag by die lughawe:)

Ja Walter - jy is doodreg. Totaal onnodig - en teenproduktief van SARS om
terug te gaan na die jaar toet . Uit nog nie een van my mense kon hulle 'n
ekstra sent invorder met daardie nonsens nie. Miskien moet hulle die mense
wat oorsee gegaan het se belasting bietjie weer nagaan:))))

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9b1887.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Ek kan sien hoekom mense in SA 'n "kommunis"
> agter elke bos gesien het, as dit al is wat mens
> moet dink om 'n "hardline kommunis" te wees.
>
> Walter
> Hier is nou amper meer kommuniste as bosse. Maar weet jy wat?
> Baie van ons gee nie eintlik 'n hel om nie. Baie anders as destyds,
> toe hulle meesal in die buiteland was en as 'n gevaar gesien is.Nou
> is hulle meer soos 'n onsmaaklike grap..
>
> Gloudina
> Nee wat, Wouter, ek dink maar net soos enige sosiaal-
> bewuste lid van die Liberal Party in Kanada dink:
> dat daar geld uit die sakke van die "have's" gevat
> moet word om die "have-nots" bo 'n sekere peil
> van lewenswaardigheid te kry.
>
> Wouter
> Suiwer hedendaagse hardline kommunisme, terwyl jy duidelik
> bereid is om die ekonomie en uiteindelik die inwwoners vir die
> ideologie op te offer. Ons kan nie jou soort liberale Noord-
> Amerikaanse denke bekostig nie, dis Afrika hierdie. En dis
> nie vir sissies nie.
>
> Gloudina
> Wat in SA gebeur, is dat die have's (meestal
> wit mense) nou net minder belasting betaal, en dit
> dus finansieel nog beter af is as onder die ou regime.
>
> Wouter
> Nie heeltemaal reg nie. Al hoe meer van die haves is swart.
> 'n Klein deel van die swartes, maar 'n betekenisvolle deel
> van die haves en van die belastingbetalers. En gelukkig is
> hulle nie kommuniste soos jy nie. En dis net die meer eerlike
> wittes wat minder belasting betaal, ek verduidelik hier onder.
>
> Gloudina
> En sover ek kan sien, raak die wittes nou
> ook net slimmer en slimmer oor hoe om belastings
> te ontwyk, deur sekere onder-die-tafel-tuisnywerhede
> en allerhande soort tricks om na die buiteland te
> gaan "vir besigheid" terwyl dit eintlik maar net 'n vakansie
> is.
>
> Wouter
> Hiermee wys jy totale onbegrip van wat hier gebeur. Die effektiwiteit
> waarmee SARS, dis 'n agentskap wat die Ontvanger van Inkomste se
> pligte oorgeneem het, belasting invorder is een van die belangrikste
> redes hoekom ons belastingkoerse laer is. Die belasting het in reële
> terme baie minder gedaal as die belastingkoerse. SARS het in elk
> van die afgelope jare vir 'n ekstra paar biljoen begroot uit meer
> effektiewe invordering en in elk van daardie jare meer ekstra
> gevorder as wat hulle begroot het.
>
> Dis 'n proses wat baie nodig was, want in die sanksie-era het daar
> baie sous deur baie inkomstestate geloop. Maar ongelukkig hassle
> SARS deesdae baie eerlike mense en maatskappye onnodig met
> lywige vraelyste oor baie jare se opgawes. Ook met die aanvra
> van stawende bewyse, ens. Dis koste van hulle effektiewe
> invordering is ongelukkig nie gering nie. (Annette sal moontlik
> meer hieroor kan sê, maar ek moes al self baie dae spandeer
> met die opstel van lewenskostevraelyste, stawing van ou
> kapitaalinkomstes, ens. en dis geen grappie nie. En alles vir niks,
> hulle het geen fout gevind of ekstra belasting gevorder nie.)
>
> Jou kanse om met sogenaamde tricks weg te kom is nou seker
> 1% van wat dit tien jaar gelede was. En ons witmense is al
> lankal slim, dit het nie onlangs gebeur nie.
>
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66966 is 'n antwoord op boodskap #66962] Wo, 02 Oktober 2002 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Daardie valutatransaksie het 'n hele klomp SA wette oortree.

Gloudina
OK. Maar was dit onwettig om die geld wat die
staat jou destyds toegelaat het om na die buiteland
te neem, aan iemand anders in die buiteland te gee?

Wouter
Totaal krimineel, dis lynreg teen valutabeheerregulasies, jy
mag die reistoelae destyds net vir reis en persoonlike aankope
gebruik het. Vir enige iets anders moes jy aansoek doen.

Verder is dit nog belastingontduiking ook, daardie skenking
moes verklaar gewees het en daar moes skenkingsbelasting
op betaal word. Jy kan ook nie agterna besluit dit was 'n
skenking nie.

Jy kan daarna kyk soos jy wil, jy was 'n party tot 'n misdaad
en dus 'n krimineel, Gloudina :-)

Gloudina
Dis onwettig om buitelandse valuta in te bring
sonder uitklaring. Miskien vir 'n Suid-Afrikaanse
burger. Maar ons is Kanadese burgers. En al wat ons
gedoen het is om rande aan 'n SA burger te gee, deur
'n bank, wat die transaksie kon aanmeld by 'n
regeringsinstansie as dit moes. Rande wat ons uit ons
eie kredietrekening getrek het. Ek dink jy is besig
om te nit pick.

Wouter
Nee, nogal nie. Want as dit jou geld was (wat dit nie was nie want
die oorspronklike skenking was nie aangemeld en belas nie) dan
moes die SA burger die terugskenking aangemeld het. Daardie
oorsig sou ook 'n kriminele daad wees. As die huidige SARS
hom of haar met so 'n bedrag of ontvangste sou vang, sal hulle
dit teen 3 maal die inkomstebelastingkoers (tipies 120%) belas
omdat dit nie aangemeld is nie. Onaangemelde skenkings is
inkomste. Hy of sy is dan 'n krimineel.

En as dit eintlik al die tyd die betrokkene se geld was, dan is
hy of sy skuldig aan valutaoortredings en is julle albei kriminele,
jy was 'n medepligtige aan 'n destyds baie ernstige misdaad.
(Vandag is hulle meer ontspanne oor valutavereistes.)

Jy is dus beslis 'n krimineel. Nogal ernstige oortredings ook,
wat destyds dikwels met tronkstraf sonder die keuse van 'n
boete gestraf is.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66968 is 'n antwoord op boodskap #66963] Wo, 02 Oktober 2002 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> want ek sit met my gat veilg in die buiteland!

Nog een wat dink "die buiteland" is
maneskyn en rose. Jy sit in 'n klein
landjie op 'n kontinent wat in die
volgende paar dekades oorstroom sal
word met miljoene der miljoene mense
uit die minderbevoorregte areas van
Noord-Afrika, die Nabye Ooste, Rusland
en areas verder oos. Groot dele van
stede soos Amsterdam en Parys is al
net so gevaarlik en net so on-wit soos
plekke soos Kaapstad en Johannesburg.
Hoekom dink jy Kaapstad is een van die
plekke waarheen Britse elite kom om in
luuksheid te bly. Omdat dit nie meer so
lekker in London is nie.

Gloudina
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66970 is 'n antwoord op boodskap #66963] Wo, 02 Oktober 2002 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

MAAR VOOR
> HULLE JOU TOEGOOI VREK JOU FAMILIE ALMAL VAN DIE HONGER IN SA.

Ag, ou Max, jou soort se getjommel oor wat
in Suid-Afrika gebeur en gaan gebeur, is nou
regtig passé. Dis nou ag jaar nadat die lug
moes geval het, hennie pennie, en dit het
nog nie gebeur nie.

Gloudina
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66971 is 'n antwoord op boodskap #66966] Wo, 02 Oktober 2002 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Jy is dus beslis 'n krimineel. Nogal ernstige oortredings ook,
> wat destyds dikwels met tronkstraf sonder die keuse van 'n
> boete gestraf is.

Wel, Wouter, is dit nou nie goed dat die
swernoters van die apartheidsvarke nie
meer in die saal is nie, want anders sit
ek vandag miskien nog in die tronk.

Gloudina
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66972 is 'n antwoord op boodskap #66971] Wo, 02 Oktober 2002 22:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Jy is dus beslis 'n krimineel. Nogal ernstige oortredings ook,
> wat destyds dikwels met tronkstraf sonder die keuse van 'n
> boete gestraf is.

Gloudina
Wel, Wouter, is dit nou nie goed dat die
swernoters van die apartheidsvarke nie
meer in die saal is nie, want anders sit
ek vandag miskien nog in die tronk.
Wouter
Jy moet my nie sulke reguit vrae vra as jy nie reguit antwoorde
wil hê nie :-) Met jou kommunistiese uitkyk sou jy nooit daar
uitgekom het nie, hulle sou die sleutel van jou sel weggegooi het.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66973 is 'n antwoord op boodskap #66972] Do, 03 Oktober 2002 00:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Jy moet my nie sulke reguit vrae vra as jy nie reguit antwoorde
> wil hê nie :-) Met jou kommunistiese uitkyk sou jy nooit daar
> uitgekom het nie, hulle sou die sleutel van jou sel weggegooi het.

Of my van die trappe afgestamp het en oeps
gesê het: "Sy het op 'n stuk seep gegly
en toe by die venster uitgeval en haar nek
gebreek".

Gloudina
Re: Comrade Gloudina [boodskap #66975 is 'n antwoord op boodskap #66957] Do, 03 Oktober 2002 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Kommunis seg jy. Wat is kommunisme nou weer?
Leningrad oh Leningrad, where art thou?

Willie

> Terloops, jou sentimente plaas jou in die linkervleuel van die
SAKP. Ek weet nie of jy besef dat jy 'n hardline kommunis
is nie.
Re: Comrade Gloudina [boodskap #66994 is 'n antwoord op boodskap #66975] Do, 03 Oktober 2002 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die grootste verskil tussen Leningrad en Suid Afrika is dat
ons 'n kommunistiese party met groeipotensiaal het.
Wouter

"Willie Vorster" skryf in boodskap news:3d9bf4df$0$18851@hades.is.co.za...
Kommunis seg jy. Wat is kommunisme nou weer?
Leningrad oh Leningrad, where art thou?

Willie

> Terloops, jou sentimente plaas jou in die linkervleuel van die
SAKP. Ek weet nie of jy besef dat jy 'n hardline kommunis
is nie.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66996 is 'n antwoord op boodskap #66970] Do, 03 Oktober 2002 10:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Max wrote:
>
> MAAR VOOR
>> HULLE JOU TOEGOOI VREK JOU FAMILIE ALMAL VAN DIE HONGER IN SA.
>
>
> Ag, ou Max, jou soort se getjommel oor wat
> in Suid-Afrika gebeur en gaan gebeur, is nou
> regtig passé. Dis nou ag jaar nadat die lug
> moes geval het, hennie pennie, en dit het
> nog nie gebeur nie.
>
> Gloudina

Gelukkig bly jou getjommel oor wat in SA moet gebeur interessant. Wens
ons kon jou vir 'n rukkie die leisels gee en sien waar die land
heengaan, maar ongelukkig is jy wit en moet ons jou diskwalifiseer.

Hennie pennie - dis Gloudina wat nie SA kennie...

Max____________________________________________
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66997 is 'n antwoord op boodskap #66963] Do, 03 Oktober 2002 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Oct 2002 08:54:02 -0700, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> Ek sê ook, vat alles van die blankes en gee dit vir die
> "armswartes"!!! Huise karre, spaargeld, plase die hele fokken lot,
> want ek sit met my gat veilg in die buiteland!

Jou gat loop na kanada
maar jou hart loop na kaapstad.

shame. moet moeilik wees.
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66998 is 'n antwoord op boodskap #66968] Do, 03 Oktober 2002 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Glostradamus kyk in haar kristalbal en kots:

> Jy sit in 'n klein
> landjie op 'n kontinent wat in die
> volgende paar dekades oorstroom sal
> word met miljoene der miljoene mense
> uit die minderbevoorregte areas van
> Noord-Afrika, die Nabye Ooste, Rusland
> en areas verder oos.

Oeps, daar bekak ek my broek!

Max__________________________________________
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #66999 is 'n antwoord op boodskap #66968] Do, 03 Oktober 2002 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Hoekom dink jy Kaapstad is een van die
> plekke waarheen Britse elite kom om in
> luuksheid te bly.

Seker nou weer van een gesinnetjie gehoor wat Kaap toe getrek het, en
nou probeer jy verkondig dat Londen leegloop...

Hoekom betoog jy nie om hulle huise aan die "armswartes" te gee nie,
of het jy alleen 'n probleem met Suid-Afrikaanse blankes?

O ja, dis reg. Hulle koop die huise. Hulle vat dit nie net, soos wat
die SA'ers almal gedoen het nie.

Max______________________________________________
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #67006 is 'n antwoord op boodskap #66999] Do, 03 Oktober 2002 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
> "@rogers.com"
>> Hoekom dink jy Kaapstad is een van die
>> plekke waarheen Britse elite kom om in
>> luuksheid te bly.
>
Wie wil dan nou Kanada bly as jy in Kaap kan bly???

Thys oppie Bos
Re: Comrade Gloudina [boodskap #67039 is 'n antwoord op boodskap #66964] Do, 03 Oktober 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Larrikin

"Annette" wrote in
news:anf8en$drql1$1...@ID-92016.news.dfncis.de:

> Miskien moet hulle die mense wat oorsee gegaan het
> se belasting bietjie weer nagaan:))))
>
> Annette
>

Skoert! Wyk, Satan! Los my yt! Ek't niks gedoen nie. Not Guilty,
Your Honner!
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #67059 is 'n antwoord op boodskap #66998] Vr, 04 Oktober 2002 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ek hou van haar nuwe naam

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0210030227.1a380fd6@posting.google.com...
> Glostradamus kyk in haar kristalbal en kots:
>
>> Jy sit in 'n klein
>> landjie op 'n kontinent wat in die
>> volgende paar dekades oorstroom sal
>> word met miljoene der miljoene mense
>> uit die minderbevoorregte areas van
>> Noord-Afrika, die Nabye Ooste, Rusland
>> en areas verder oos.
>
> Oeps, daar bekak ek my broek!
>
> Max__________________________________________
Re: Bankkostes en dubbelstandaarde [boodskap #67063 is 'n antwoord op boodskap #67059] Vr, 04 Oktober 2002 08:38 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom - omdat sy die verlede so goed kan voorspel?:))
Annette

"Pieter" skryf in boodskap news:3d9d4d2e$0$18847@hades.is.co.za...
> Ek hou van haar nuwe naam
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0210030227.1a380fd6@posting.google.com...
>> Glostradamus kyk in haar kristalbal en kots:
>>
>>> Jy sit in 'n klein
>>> landjie op 'n kontinent wat in die
>>> volgende paar dekades oorstroom sal
>>> word met miljoene der miljoene mense
>>> uit die minderbevoorregte areas van
>>> Noord-Afrika, die Nabye Ooste, Rusland
>>> en areas verder oos.
>>
>> Oeps, daar bekak ek my broek!
>>
>> Max__________________________________________
>
Vorige onderwerp: Geld
Volgende onderwerp: Is dit reg?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 01:30:05 MGT 2024