Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » DS: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte
DS: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte [boodskap #5635 is 'n antwoord op boodskap #5640] Do, 01 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 0:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte

Verskillende lande doen verskillende dinge met werkpermitte. Die
onderliggende aanname is dat werkgeleenthede skaars is, en dat burgers
van die land die eerste reg daarop het.
'n Switser het my een aand in Lausanne vertel dat hulle regering
"gaste werkers" se werkpermitte terug trek sodra die land se
werkloosheidsyfer 1.5% bereik. Voordat enige iemand 'n werkpermit
in die VSA kan kry moet die betrekking eers in drie verskillende
koerante geadverteer word. As 'n Amerikaner aansoek doen en
kwalifiseer, sal daar nie 'n werkpermit aan 'n nie-Amerikaner uitgereik
word nie. 'n Buitelander moet ook 'n werkpermit kry om in Suid Afrika te
kom werk.

Kundige immegrasie prokureurs in die VSA spesialiseer natuurlik in die
opstel van advertensies op so'n manier dat geen Amerikaner
kwalifiseer nie.

Hier is 'n voorbeeld: My vrou het aansoek gedoen vir 'n pos om Engels te
doseer. Die advertensie het gemeld dat die ELS (Enlish Language Services)
hulle dienste wil uitbrei om diens te lewer aan mense van Afrikalande en
Oosbloklande. Die Engelse dosent wat hulle soek moet minstens een van die
Oosbloktale of Duits sowel as 'n Afika taal magtig wees. Daar was
natuurlik nie juis Amerikaners wie se voorgraadse hoofvakke Zoeloe en
Duits was nie. Nog die Amerikaanse Dept. van Arbeid, nog die
Immergrasiediens het enige besware gehad dat 'n werkpermit aan
haar uitgereik word nie.

Die rigting waarvoor daar nou die maklikste 'n werkpermit en Groenkaart
(= permanet resident) uitgereik word, is vir mense met 'n kwalifikasie in
arbeidsterapie. As die man of die vrou 'n werkspermit kry, kry die res
van die gesin dit ook. Om Amerikaanse burgerskap te kry moet mense 5
jaar hulle groenkaarte he. Suid Afrikaanse Burgerskap hoef nie opgegee
te word as 'n persoon Amerikaanse burgerskap aanvaar nie.

Jan Lange

--
DS: [AFRIKAANS:5939] Re: Werkpermitte [boodskap #5640 is 'n antwoord op boodskap #5635] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 13:15
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5939] Re: Werkpermitte

Jan Lange skryf:

> Verskillende lande doen verskillende dinge met werkpermitte. Die
> onderliggende aanname is dat werkgeleenthede skaars is, en dat burgers
> van die land die eerste reg daarop het.

Dis die onderliggende aannames wat my kwel. Veral in lande soos
Amerika is die burgers grootliks afstamelinge van immigrante, wat nou
nuwe immigrante probeer uithou. Dis maar net 'n variasie van apartheid
se werkreservering en instromingsbeheer.

Op 'n verwante onderwerp - ek het nou pas 'n interessante resensie oor
Jim Peron se "Exploding Population Myths" gelees. Die boek is (waar
elders dan? :-))) by die Vryemarkstigting teen ongeveer R28,00 te
kope. Sodra ek die kans kry, sal ek meer daaroor skryf.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5961] Re: Werkpermitte [boodskap #5689 is 'n antwoord op boodskap #5635] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 6:25
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5961] Re: Werkpermitte


Reinier de Vos wrote:
>
> Jan Lange skryf:
>
>> Verskillende lande doen verskillende dinge met werkpermitte. Die
>> onderliggende aanname is dat werkgeleenthede skaars is, en dat burgers
>> van die land die eerste reg daarop het.
>
> Dis die onderliggende aannames wat my kwel. Veral in lande soos
> Amerika is die burgers grootliks afstamelinge van immigrante, wat nou
> nuwe immigrante probeer uithou. Dis maar net 'n variasie van apartheid
> se werkreservering en instromingsbeheer.
>


Die meeste lande, met die uitsondering tradisioneel, van die VSA, het nie
veel fout te vinde gehad met wat ek sien as makro (of "global")
instromings beheer nie. Die Wall Sreet Journal het minder as 'n jaar
gelede nog die "afstammelinge van immegrante" argument aangevoer vir
verslapping van beheer op immegrasie.

Nou wil 80 miljoen Mexikane kom meeding om die kwynende aantal
werkgeleenthede, aandring dat Spaans in Amerikaanse skole
beskerm moet word, aandring op "hand-outs" as hulle werkloos of
siek raak, ens. Uit Indie: doen baie programmeerders werk vir onder
meer Microsoft. Hulle word nie minimumloon betaal nie, ook nie
byvoordele nie. Hulle doen ook nie aansoek vir werkpermitte nie; die
State Department kan dus nie werkgeleenthede beskerm nie.

Tradisionele internasionale handels teorie leer ons dat vrye mededinging
sal lei tot die gelykstelling van pryse van goedere, dienste, en
produksiefaktore (soos arbeid). Solank as wat daar in die wereld
mense is wat Bangladesh lone verdien, kan Amerikaanse lone natuurlik
net eenkant toe verander! Glo my, dit vind teen 'n onrusbarende
tempo plaas.

Die groot kampvegters vir vrye internasionale handel (by GATT) vind
uit wat ander lande lankal weet: dit kort die werkgeleenthede vir
stemgeregdigde landsburgers in. So raai wat, daar is nou in die VSA
'n beter begrip vir makro invloei beheer. Die "afstammelinge van
immegrante" argument het 'n stil dood gesterf.


Jan Lange.

--
Re: DS: [AFRIKAANS:5939] Re: Werkpermitte [boodskap #5698 is 'n antwoord op boodskap #5635] Ma, 05 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

>> Dis die onderliggende aannames wat my kwel. Veral in lande soos
>> Amerika is die burgers grootliks afstamelinge van immigrante, wat nou
>> nuwe immigrante probeer uithou. Dis maar net 'n variasie van apartheid
>> se werkreservering en instromingsbeheer.>>


> Die een kenmerk van apartheid was natuurlik dat dit 'n INTERNE
> stelsel was wat gediskrimineer het (op grond van velkleur) TEEN BONA
> FIDE BURGERS VAN DIE LAND. Wat in die alnd woon en altyd daar gewoon
> het.

Snaaks, sover ek verstaan het "Suid-Afrika" eers in 1910 tot stand gekom,
onder druk van die Britse imperialiste en kolonialiste. Die volke in
suider Afrika wat die Britte gehelp het met die onderwerping van ander
volke (Swazi's en Basoetoes) het as prys gekry dat hulle hul eie land kon
behou. Die ander sotte wat hulleself nie wou onderwerp, is saamgegooi in
wat as Suid-Afrika bekend staan.

Dit is natuurlik bog dat almal in die land gewoon het. Almal het in
sekere dele van die land gewoon. Waarom wil Afrikaners wat in Kaapstad
bly, besluit oor wat die Zoeloes moet doen. Of waarom moet Xhosas in die
Transkei besluit oor wat Afrikaners in Potgietersrus moet doen. Dit is
vir my interessant dat die mense wat vir die"Freedom Struggle" was, die
mense is wat die hardste aan die koloniale instellings vaskleef, terwyl
die apartheidstelsel sy bes probeer het om hierdie koloniale instellings
deur die jare af te breek.
Volgende onderwerp: Ons taal in die buiteland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:44:39 MGT 2024