Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » DS: [AFRIKAANS:5878] Afrikaans op skool
DS: [AFRIKAANS:5878] Afrikaans op skool [boodskap #5592 is 'n antwoord op boodskap #5593] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 8:14
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5878] Afrikaans op skool

Ek het nou net na die Radio geluiter en gehoor hoe die ANC
jeugligaleier op Wesselsbron vertel dat hulle eis dat die model C
skool oopgestel moet word, en dat Afrikaans as enigste medium van
onderrig geskrap moet word.

Hy vertel verder dat hulle vandag 'n optog gaan hou omdat die
bestuursliggaam van die skool "stubborn" is om onvoorwaardelik toe te
gee aan al hulle eise, bv skoolgeld van R30 per jaar.

Dit lyk nie vir my asof die man enige idee van skoolkoste het nie.


Groete

Nico

Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984

ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs
http://www.exafrica.com/

Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/ "Personal Page"
DS: [AFRIKAANS:5892] Re: Afrikaans op skool [boodskap #5593 is 'n antwoord op boodskap #5592] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 10:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5892] Re: Afrikaans op skool

On 31 Jan 96 at 7:14, Nico van der Dussen wrote:

> Ek het nou net na die Radio geluiter en gehoor hoe die ANC
> jeugligaleier op Wesselsbron vertel dat hulle eis dat die model C
> skool oopgestel moet word, en dat Afrikaans as enigste medium van
> onderrig geskrap moet word.

Op _my_ radio het die jongman gesê hulle wil graag he^ dat
parallelmedium ingestel woord, sodat leerlinge kan kies of hulle in
Afrikaans of Engels onderrig word. Het joune ook daarna verwys?

Groete, Leendert

>
> Hy vertel verder dat hulle vandag 'n optog gaan hou omdat die
> bestuursliggaam van die skool "stubborn" is om onvoorwaardelik toe
> te gee aan al hulle eise, bv skoolgeld van R30 per jaar.
>
> Dit lyk nie vir my asof die man enige idee van skoolkoste het nie.
>
>
> Groete
>
> Nico
>
> Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
> Faks +27 12 474984
>
> MARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
> made in limited volumes by
> entrepreneurs
> http://www.exafrica.com/
>
> Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/
> "Personal Page"
>


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5932] Re: Afrikaans op skool [boodskap #5631 is 'n antwoord op boodskap #5592] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 10:00
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5932] Re: Afrikaans op skool

On 31 Jan 96 at 20:09, Nico van der Dussen wrote:

(Na aanleiding van die gebeure in Kriel, Potgietersrus en
Wesselsbron)

> Hierdie twee gebeure kan nie los van mekaar gesien word nie, veral
> nie in die lig daarvan dat die Wesselsbron man ook met massa optrede
> gedreig het nie.

Soos ek elders gesê het - ek het 'n redelike broertjie dood aan
samesweringstreoriee", maar die wyse waarop die Witskrif oor
Onderwys duidelik gemanipuleer is om die staat meer mag oor die
onderwys te laat toekom as waarop hy grondwetlik geregtig is, het my
laat dink dat baie van hierdie gebeure georkestreer word, soos jy
beweer.

Die punt is dit:

1) 'n Mens kan net in 'n verleentheid in gemanipuleer word as jy
kwesbaar is daarvoor. Rassevooroordele maak jou, in die huidige
tydsgewrig kwesbaar.

2) Jy kan jou beskerm teen manipulasie. As daar, in Porgietersrus,
_een_ enkele swart kind in die skool was wat daarop aandring om in
_Afrikaans_ onderrig te word, en nie in Engels nie, sou die
mediabeeld van die situasie totaal anders gelyk het. Om die waarheid
te sê, daar sou nie eers 'n storie gewees het nie, en die media sou
dit gei"gnoreer het. Vir sover die relletjie georkestreer was, sou
die skool inderdaad nie vatbaar vir sulke manipulasie gewees het nie,
en sou dit nie die moeite werd gewees het om die vertoninkie met die
swart amptenaar se kinders te ree"l nie. M.a.w. niemand sou van
Potgiersrus gehoor het nie, en sake sou rustig voortgegaan het.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Volgende onderwerp: Wat gebeur daar met die universiteit van Wes-Kaapland?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:55:44 MGT 2024