Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Wintersklere vir oorsee
Re: Ek neem aan... [boodskap #52353 is 'n antwoord op boodskap #52273] Vr, 26 Oktober 2001 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Het met een gepraat wat so 7 of wat jaar terug deur dit is. Hulle het in st
8 klasse geloop en in die begin van die st 9 jaar 'Voorgestel'.

Mens doen baie keer dinge soos wat al die ander dit doen, sonder om iets te
bevraagteken. Ek is nie bewus van 'n perk in ons kerk nie. Almal wat in st
9 is katkiseer saam. Hulle begin reeds in st 8 by die een predikant. Dit
maak die hoeveelheid leerwerk baie minder. Ek onthou ons het alles in een
maand gedoen, ons ore van ons koppe af geleer, elke aand klas gehad. Die
einde van die maand het jy alles uit jou kop geken.

Daar was 'n meisie wat geen 'Sondagskool' bygewoon het en toe wou katkiseer
saam met ons. Die dominee het haar vir ekstra klasse geneem, waarna sy by
ons kon aansluit.

skryf in boodskap news:3BD71063.C1E7AE5D@home.com...
Kekkelbek wrote:

> Ek kan
> egter nie onthou of daar in my tyd iets van 'n ouderdomsperk was nie, ek glo
> nie.
>

Onthou, ek het alleen gesê dat jy ten minste 16 moes wees
om "aangeneem" te word. Daarna was dit seker enige
ouderdom, solank jy eers "gekatkiseer" het. Ek sal baie
verbaas wees as die NG Kerk die minimum 16 jaar- reël
sou verslap het, want ek het menigmale NG Kerk mense
smalend hoor praat oor die gewoonte van die Katolieke
om kinders wat baie jonk is, hul "first communion" te laat
ondervind. Is daar nie 'n minimum-perk in jou kerk nie?
En hoekom vra jy nie 'n NG Kerk lid wat die toestand nou
is nie? Ek sou graag wou weet.

Gloudina
Re: DDonkies en DDinge [boodskap #52356 is 'n antwoord op boodskap #52334] Vr, 26 Oktober 2001 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 25 Oct 2001 23:57:50 +0200, Veldmuis
wrote:

> On Thu, 25 Oct 2001 19:45:36 GMT, Streepmuis
> wrote:
>
>
>> Oooooooooooooooooooooooo.....:-))))
>> Yep, die KISS metode is altyd die beste. :-)
>> .............. Arme DD - hy verdien beter! :-))

>> Danielle die pes, oba streepmuis
>> :-)
> Lol... daarvan is ek nie so seker nie:-)
> Inderwaarheid behoort hy gekomplimenteer
> te word ................

korreksie ('n belangrike een!) hier was bedoel 'gekomplimenteer te
'VOEL' en te 'word' nie! :-)

Veldmuis
Re: Ek neem aan... [boodskap #52370 is 'n antwoord op boodskap #52273] Vr, 26 Oktober 2001 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Het met een gepraat wat so 7 of wat jaar terug deur dit is. Hulle het in st
> 8 klasse geloop en in die begin van die st 9 jaar 'Voorgestel'.
>
> Mens doen baie keer dinge soos wat al die ander dit doen, sonder om iets te
> bevraagteken. Ek is nie bewus van 'n perk in ons kerk nie. Almal wat in st
> 9 is katkiseer saam. Hulle begin reeds in st 8 by die een predikant. Dit
> maak die hoeveelheid leerwerk baie minder.

Wel, dit was algemene gewoonte by ons dat mense in Standerd 9 gekatkiseer het en
in Standerd 10 aangeneem en "voorgestel" word.
Maar daar was 'n baie spesifieke minimum ouderdom van 16 jaar.
Omdat ek eers in September van my Standerd 10 jaar sestien geword
het, was ek toe nie toegelaat om daardie jaar aangeneem te word nie,
en moes ek wag tot later. (Ek het nie kans gesien vir die katkisasie
saam met eerste-jaar-wees nie, en is toe eers in my tweede jaar
aangeneem, toe ek 17 was.) Ek is dus nog steeds geinteresseer in
of hulle hierdie reël verslap het.

Gloudina
Re: DDonkies en DDinge [boodskap #52374 is 'n antwoord op boodskap #52324] Vr, 26 Oktober 2001 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis"
: Ek wou darem net nie hê dat mense my ALWEER moet verwar met
iemand anders nie
~~~~~~~~~~~
Liewe DDD (jy het mos 3 D's in jou naam nê?)
Dis nie mense wat verwar word nie, dit is slegs een persoon.
Dis nie dat sy dom is nie, maar sy dink maar net stadig. ;-)
--
--------------------------------------
http://www.om.org/main.htm
--------------------------------------
Re: Ek neem aan... [boodskap #52377 is 'n antwoord op boodskap #52273] Vr, 26 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Oct 2001 18:45:37 GMT, @home.com wrote:

> Wel, dit was algemene gewoonte by ons dat mense in Standerd 9 gekatkiseer het en
> in Standerd 10 aangeneem en "voorgestel" word.
> Maar daar was 'n baie spesifieke minimum ouderdom van 16 jaar.
> Omdat ek eers in September van my Standerd 10 jaar sestien geword
> het, was ek toe nie toegelaat om daardie jaar aangeneem te word nie,
> en moes ek wag tot later. (Ek het nie kans gesien vir die katkisasie
> saam met eerste-jaar-wees nie, en is toe eers in my tweede jaar
> aangeneem, toe ek 17 was.) Ek is dus nog steeds geinteresseer in
> of hulle hierdie reël verslap het.

Antwoord van 'n NG predikant:

Sovêr ek weet is dit nie verander nie. Ek het die idee dat as die
meeste van ons dominees kon kies ons eerder 'n LATER as 'n vroeër
ouderdom sou kies. In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
daarna nie lank genoeg op een plek bly nie. Maar is dit ook nie
presies die rede waarom die meeste nie op daardie kritieke stadium die
belofte moet aflê om "aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te
neem nie" ?

Mens moet natuurlik net altyd onthou dat die aflegging van die
belydenis van geloof in die NGK NIE die sertifisering is dat jy 'n
Christen is nie (Jy moet 'n Christen wees om belydenis af te lê, maar
jy kan - en behoort eintlik - al 'n Christen wees lank daarvoor. Dit
is selfs nie eers 'n toelating as LIDMAAT van die kerk nie, want 'n
mens kan ook 'n dooplidmaat wees - m.a.w. iemand wat reeds gedoop is,
maar nog nie die belydenis afgelê het nie. Die idee met die belydenis
is dus dat 'n mens as VOLWASSENE die kans kry om te bevestig dat jy
dit glo wat by jou doop aan jou beloof is EN DAT JY 'N AKTIEWE LIDMAAT
VAN DIE KERK WIL WEES! Die ouderdom van 16 is gekies op 'n stadium
toe die meerderheid mense op 16 al op trou gestaan het! Ek wil nie sÊ
vandag se kinders is minder volwasse as toe nie, maar beslis minder
onafhanklik en minder geneig om hulle aan vaste "commitments" te
verbind. Daarom wat ek sê dat baie van ons eintlik 'n ouer ouderdom
sou verkies... nie om ons nasty is met die arme kindertjies nie, maar
juis omdat ons dink dat dit eintlik onregverdig is om op daardie
ouderdom sulke verreikende beloftes van 'n kind te vra.
Re: Ek neem aan... [boodskap #52383 is 'n antwoord op boodskap #52273] Vr, 26 Oktober 2001 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Antwoord van 'n NG predikant:
>
> Sovêr ek weet is dit nie verander nie.
> . In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
> waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
> belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
> daarna nie lank genoeg op een plek bly nie.

Dankie, Danielle.Nou Kekkel, onthou jy dat jy vir my aan die
begin van hierdie draad gevra het: "Van watter
bus val jy af?" Dink jy nie dis tyd dat jy bietjie
om verskoning vra vir hierdie frontaanval op
iemand wat eintlik geweet het waarvan sy praat
nie, hè?

Tant Hessie van Helsdingen-Calvyn
Re: Ek neem aan... [boodskap #52398 is 'n antwoord op boodskap #52288] Sa, 27 Oktober 2001 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" schreef...
> "Arthur
> : Dankie. Self gebruik ek ook net aanname of veronderstelling.
> : Aanneming klink 'n bietjie ouderwets en word teenwoordig
> : hoofsaaklik gebruik in die laaste betekenis; toegelaat word
> : tot as lid van 'n protestanse kerk.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~
> ..... aanneming des persoons ...... ?

Ek het nie baie verstand van protestanse gebruike nie. Ek ken die gebruik
van "aanneming" net van my eie soektog na my voorouers in die argiewe
(lidmatenlijsten).

Groete,
Arthur
Re: Ek neem aan... [boodskap #52402 is 'n antwoord op boodskap #52273] Sa, 27 Oktober 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> "Tobie" schreef...
>> ..... aanneming des persoons ...... ?
>
> Ek het nie baie verstand van protestanse gebruike nie.

Arthur, Tobie verwys na 'n uitdrukking in Afrikaans "sonder aanneming des
persoons"
(wat beteken dat mens almal oor dieselfde
kam skeer.) Dus nog 'n geval waar ons in
Afrikaans die woord "aanneming" gebruik,
alhoewel dit niks te doen het met die gebruike
van protestantse kerke nie.
Ek dink die uitdrukking is soms "sonder
aansiens des persoons." Ek neem aan julle
het ook so 'n uitdrukking in Nederlands, en
dis nogal interessant om te sien dat Afrikaans
in dié uitdrukking die ou grammatikale
struktuur uit Nederlands behou het.

Gloudina

>
Re: Ek neem aan... [boodskap #52403 is 'n antwoord op boodskap #52273] Sa, 27 Oktober 2001 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur, Tobie verwys na 'n uitdrukking in Afrikaans
> "sonder aanneming des persoons"
> (wat beteken dat mens almal oor dieselfde
> kam skeer.)

Oh, ek ken daardie uitdrukking nie. Ons gebruik net "zonder aanzien des
persoons".

> dis nogal interessant om te sien dat Afrikaans
> in dié uitdrukking die ou grammatikale
> struktuur uit Nederlands behou het.

Die ou grammatikale struktuur uit Nederduits. In Nederlands is dit ook 'n
grammatikale struktuur wat net gebruik word in ou uitdrukkings. Die derde
naamval, soos wat in Duits ook teënwoordig nog gebruik word, het Nederlands
ook baie lank geleë gelos.

Groete,
Arthur
Re: Ek neem aan... [boodskap #52407 is 'n antwoord op boodskap #52273] Sa, 27 Oktober 2001 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Die ou grammatikale struktuur uit Nederduits. In Nederlands is dit ook 'n
> grammatikale struktuur wat net gebruik word in ou uitdrukkings. Die derde
> naamval, soos wat in Duits ook teënwoordig nog gebruik word, het Nederlands
> ook baie lank geleë gelos.
>

Dis "baie lank gelede," Arthur.
"Geleë" word gebruik in die
volgende "dis ver geleë" of
"is dit 'n geleë tyd?"

Gloudina
Re: Ek neem aan... [boodskap #52420 is 'n antwoord op boodskap #52273] Sa, 27 Oktober 2001 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Dis "baie lank gelede," Arthur.
> "Geleë" word gebruik in die
> volgende "dis ver geleë" of
> "is dit 'n geleë tyd?"

Ik spreek het woord "geleden" in het Nederlands uit als "geleë", vandaar de
verwarring :)

Groeten,
Arthur
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52423 is 'n antwoord op boodskap #52318] Sa, 27 Oktober 2001 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" schreef...
> Wat is fout met die Nederlanders hier? Ken hulle nie hulle eie taal nie of
> is hulle maar net preuts?
>
> My van Dale sê:
>
> "Bout - [betekenis] 4. (Bargoens) excrementen : hij kan me de ~ hachelen
> [beteken] hij kan verhippen"
>
> In pittige Afrikaans sou 'n mens seker sê "hy kan gaan kak".

Ik weet prima wat "hij kan me de bout hachelen" betekent. Zelf zou ik het
niet vertalen als "hij kan verhippen", wat een erg gedateerde uitdrukking
is. Ik zou het eerder vertalen als "hij kan wat mij betreft barsten" of "hij
kan wat mij betreft in de stront zakken" om maar eens wat grof te zeggen.
Hij kan naar de pomp lopen vind ik persoonlijk de meest beschaafde
uitdrukking, één die ik zelf zou kunnen gebruiken.

Ik vind het soms leuk om te proberen die uitdrukkingen verder te ontleden.
Bargoens is heel interessant en kan je veel leren over de ontwikkeling van
je taal.

Groeten,
Arthur
Re: DDonkies en DDinge [boodskap #52434 is 'n antwoord op boodskap #52374] Sa, 27 Oktober 2001 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DDD  is tans af-lyn  DDD
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 26 Oct 2001 21:26:35 +0200, "Tobie" wrote:

> "Streepmuis"
> : Ek wou darem net nie hê dat mense my ALWEER moet verwar met
> iemand anders nie
> ~~~~~~~~~~~
> Liewe DDD (jy het mos 3 D's in jou naam nê?)
> Dis nie mense wat verwar word nie, dit is slegs een persoon.
> Dis nie dat sy dom is nie, maar sy dink maar net stadig. ;-)

lol... Tobie, ek wil niemand verwar met wie ek is nie :-)))

Davie Danielle Davis - lid van die muis brigade
Re: Ek neem aan... [boodskap #52435 is 'n antwoord op boodskap #52403] Sa, 27 Oktober 2001 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
: Oh, ek ken daardie uitdrukking nie. Ons gebruik net "zonder aanzien des
: persoons".
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Ek sou sê albei is korrek.
'n Voorbeeld van die uitdrukking wat ek van gepraat het, kan jy
vind in Jakobus 2:1.
"Mijne broeders ! hebt niet het geloof van onzen Heere Jezus
Christus, den Heere der heerlijkheid, met aanneming des
persoons."
Die Bybel is in 1927 gedruk.
--
Re: DDonkies en DDinge [boodskap #52446 is 'n antwoord op boodskap #52434] So, 28 Oktober 2001 05:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"DDD" :
: Davie Danielle Davis - lid van die muis brigade
~~~~~~~~~
wonner offie Pied Piper nog leef?
ek begin ly aan my 'sig' om uit te maak wie's wie :-)
--
------------------------------------------------------------ -----
To much analysis always leads to paralysis
------------------------------------------------------------ -----
Re: Ek neem aan... [boodskap #52486 is 'n antwoord op boodskap #52377] Ma, 29 Oktober 2001 03:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die ou dae was daar altyd 'n klomp kinders wat eers moes gedoop geword
het voordat hulle aangeneem kon word. In die Karoo, synde die ver afstande
van niks, is dan op een naweek nagmaal, bazaar, doop en aanneming gehou.
Nou, soos julle weet, dooppakkies is 'n moderne ding - toentertyd is alle
kinders in dooprokke gedoop.
Oupa het juis vertel van die opgeskote seuns wat met wil rokke aan eers
gedoop is:)))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:bkkjttsrp7jbfjm00olp7ka8vgsvt514t2@4ax.com...
> On Fri, 26 Oct 2001 18:45:37 GMT, @home.com wrote:
>
>> Wel, dit was algemene gewoonte by ons dat mense in Standerd 9 gekatkiseer het en
>> in Standerd 10 aangeneem en "voorgestel" word.
>> Maar daar was 'n baie spesifieke minimum ouderdom van 16 jaar.
>> Omdat ek eers in September van my Standerd 10 jaar sestien geword
>> het, was ek toe nie toegelaat om daardie jaar aangeneem te word nie,
>> en moes ek wag tot later. (Ek het nie kans gesien vir die katkisasie
>> saam met eerste-jaar-wees nie, en is toe eers in my tweede jaar
>> aangeneem, toe ek 17 was.) Ek is dus nog steeds geinteresseer in
>> of hulle hierdie reël verslap het.
>
> Antwoord van 'n NG predikant:
>
> Sovér ek weet is dit nie verander nie. Ek het die idee dat as die
> meeste van ons dominees kon kies ons eerder 'n LATER as 'n vroeër
> ouderdom sou kies. In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
> waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
> belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
> daarna nie lank genoeg op een plek bly nie. Maar is dit ook nie
> presies die rede waarom die meeste nie op daardie kritieke stadium die
> belofte moet aflê om "aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te
> neem nie" ?
>
> Mens moet natuurlik net altyd onthou dat die aflegging van die
> belydenis van geloof in die NGK NIE die sertifisering is dat jy 'n
> Christen is nie (Jy moet 'n Christen wees om belydenis af te lê, maar
> jy kan - en behoort eintlik - al 'n Christen wees lank daarvoor. Dit
> is selfs nie eers 'n toelating as LIDMAAT van die kerk nie, want 'n
> mens kan ook 'n dooplidmaat wees - m.a.w. iemand wat reeds gedoop is,
> maar nog nie die belydenis afgelê het nie. Die idee met die belydenis
> is dus dat 'n mens as VOLWASSENE die kans kry om te bevestig dat jy
> dit glo wat by jou doop aan jou beloof is EN DAT JY 'N AKTIEWE LIDMAAT
> VAN DIE KERK WIL WEES! Die ouderdom van 16 is gekies op 'n stadium
> toe die meerderheid mense op 16 al op trou gestaan het! Ek wil nie sê
> vandag se kinders is minder volwasse as toe nie, maar beslis minder
> onafhanklik en minder geneig om hulle aan vaste "commitments" te
> verbind. Daarom wat ek sê dat baie van ons eintlik 'n ouer ouderdom
> sou verkies... nie om ons nasty is met die arme kindertjies nie, maar
> juis omdat ons dink dat dit eintlik onregverdig is om op daardie
> ouderdom sulke verreikende beloftes van 'n kind te vra.
>
Re: Ek neem aan... [boodskap #52522 is 'n antwoord op boodskap #52273] Ma, 29 Oktober 2001 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Askies tant Hessie, jy is weer terug op die bus!

Ek kan glo dat die preutse omies in jou tyd nog sou vaskleef aan die idee
van jy moet 16 wees. Dis eintlik belaglik dat hulle jou nie maar kon
oorsien nie. As hulle geweet het jou ander naam is 'van Helsdingen' sou
hulle sekerlik van plan verander het! ;)

skryf in boodskap news:3BD9F540.66607B5A@home.com...
Danielle wrote:

> Antwoord van 'n NG predikant:
>
> Sovér ek weet is dit nie verander nie.
> . In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
> waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
> belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
> daarna nie lank genoeg op een plek bly nie.

Dankie, Danielle.Nou Kekkel, onthou jy dat jy vir my aan die
begin van hierdie draad gevra het: "Van watter
bus val jy af?" Dink jy nie dis tyd dat jy bietjie
om verskoning vra vir hierdie frontaanval op
iemand wat eintlik geweet het waarvan sy praat
nie, hê?

Tant Hessie van Helsdingen-Calvyn
Re: Ek neem aan... [boodskap #52529 is 'n antwoord op boodskap #52273] Ma, 29 Oktober 2001 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Ek kan glo dat die preutse omies in jou tyd nog sou vaskleef aan die idee
> van jy moet 16 wees. Dis eintlik belaglik dat hulle jou nie maar kon
> oorsien nie.

> Danielle wrote:
>
>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>
>> Sovêr ek weet is dit nie verander nie.

Kekkel, volgens die huidige NG Predikant wat Danielle
aanhaal, is dit nou nog 16. Moenie uit die argument
probeer uitwurm nie.

Tant Hessie van Helsdingen-Calvyn
Re: Ek neem aan... [boodskap #52570 is 'n antwoord op boodskap #52273] Di, 30 Oktober 2001 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Argument? Watter argument?

skryf in boodskap news:3BDD66A2.4A5A9B1A@home.com...
Kekkelbek wrote:

> Ek kan glo dat die preutse omies in jou tyd nog sou vaskleef aan die idee
> van jy moet 16 wees. Dis eintlik belaglik dat hulle jou nie maar kon
> oorsien nie.

> Danielle wrote:
>
>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>
>> Sovér ek weet is dit nie verander nie.

Kekkel, volgens die huidige NG Predikant wat Danielle
aanhaal, is dit nou nog 16. Moenie uit die argument
probeer uitwurm nie.

Tant Hessie van Helsdingen-Calvyn
Re: Ek neem aan... [boodskap #52576 is 'n antwoord op boodskap #52273] Di, 30 Oktober 2001 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Argument? Watter argument?
>
>> Danielle wrote:
>>
>>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>>
>>> Sovêr ek weet is dit nie verander nie.
>

Of dit ek is wat van die bus afgeval het, of dit
jy is wat van die bus afgeval het.

Tant Hessie
Re: Ek neem aan... [boodskap #52579 is 'n antwoord op boodskap #52273] Di, 30 Oktober 2001 13:13 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Darem kon Danielle ons terug op die bus kry...;)

Shannon

skryf in boodskap news:3BDE9D77.BD166A3A@home.com...
Kekkelbek wrote:

> Argument? Watter argument?
>
>> Danielle wrote:
>>
>>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>>
>>> Sovér ek weet is dit nie verander nie.
>

Of dit ek is wat van die bus afgeval het, of dit
jy is wat van die bus afgeval het.

Tant Hessie
Vorige onderwerp: Bagasie by lughawens
Volgende onderwerp: Vakansie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:09:54 MGT 2024