Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Selfoon blues
Selfoon blues [boodskap #3917] Sa, 07 Februarie 2004 10:49 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie interessant hoe die gebruik van die selfoon mense se gedrag
verander het nie? Ek let dit veral hier op, want die Engelse is oor
die algemeen redelik gereserveerd, en een van die grootse sondes
(onder die middelklas in elk geval) is om 'n "scene" in die openbaar
te maak. Maar die selfoon laat mense vergeet hulle is in die openbaar,
en hulle sal allerhande dinge voor ander mense uitblaker. Dis asof die
mense om hulle onsigbaar word. Ek het gister weer daaraan gedink op
die trein, toe 'n man op 'n selfoon 'n ongelooflike argument met sy
vrou het. Dit was duidelik baie persoonlik, en die mense op die trein
het ongemaklik begin voel en so na mekaar begin kyk, maar die man kom
niks agter nie. Totdat hulle begin stry oor seks. Toe roep iemand uit
"You tell her mate, bloody nymphomaniac!". Hy eindig toe die gesprek,
en sit die res van die rit met 'n bloedrooi gesig by die venster en
uitkyk.

Lorinda
Re: Selfoon blues [boodskap #3921 is 'n antwoord op boodskap #3917] Ma, 09 Februarie 2004 14:38 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Feb 2004 02:49:11 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> "You tell her mate, bloody nymphomaniac!". Hy eindig toe die gesprek,
> en sit die res van die rit met 'n bloedrooi gesig by die venster en
> uitkyk.

LOL! Dit was nou PUIK! ;-)
Vorige onderwerp: Rekenaar hulp
Volgende onderwerp: Internet telefoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 12:30:44 MGT 2024