Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Meksikaanse Chilli
Meksikaanse Chilli [boodskap #28] So, 20 Mei 2018 09:11
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Meksikaanse Chilli

1/2 kilo maalvleis in 'n pot (dieperig)
2 soetrussies in groterige skywe gesny. (1 rooi en 1 groen - vir kleur)
1 medium ui gesny (soos verkies blokkies of ringe)
1 teelepel knoffel (sommer crushed knoffel)
1 blikkie chopped, peeled tamaties.
1 blik baked beans (die met tamatiesous in die blikkie)

Bruin die maalvlies, sit die knoffel, russies en uie in tot russie en uie
saggerig is (vurk). Voeg dan die baked beans en tamatie by. Gooi daarna
die chilli poeier in en roer totdat alles opgelos is. Partykeer word die
gereg bietjie droogerig (taai), gooi dan sommer 'n halwe koppie water by en
roer. Prut vir so 15 - 20 min. (partykeer korter - kyk net dat
dit nie te waterig is nie) Bedien op rys of gebakte aartappels met room om
oor die gereg te gooi.
Vorige onderwerp: Sjokoladevierkante
Volgende onderwerp: Chicken Fajitas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:07:03 MGT 2024