Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Re: Amerikaanse skole
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21766] Ma, 15 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
fizzer wrote in message ...
> Johan (In oortje gehapt!) wrote:
>
>> On Mon, 15 Mar 1999 01:24:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>> Hulle mag. Netsoos enige ander klub waaraan die skoolkinders behoort.
>> |
>> Ek het in SA, lank terug, ook geen godsdiensonderrig op skool gehad
>> nie. (En destyds het ons grondwet dit darem seker toegelaat) Solank
>> ek maar kan onthou was dit die periode waarin jy ander huiswerk moes
>> sit en doen - altyd handig as dit voor wiskunde geskeduleer was - en
>> waarin die onnies sit en boeke merk het ... nooit Godsdiens of
>> godsdiens nie...
>
> Ek stem saam. In die tyd wat ek op skool was (Jaaaaare gelede) (Eintlik maar
> net 3 jaar terug :) ) Het hulle die naam verander na Bybelstudie, nie meer
> Godsdiens of so iets nie.

In die Senior Sekondêre fase word Bybelkunde as vak aangebied.

> Wat ons eintlik veronderstel was om te doen, en wat gewoonlik net die eerste
> kwartaal of so gebeur het, is om die Bybel te bestudeer, nie godsdiens
> beoefen nie.

Hmmmm..... Wat van saalopening op Maandagoggende? Geen skriflesing en gebed
nie?

> Na die 2de kwartaal het die Onnies moeg geraak vir die kinners
> wat nie wil luister nie, en ons (die leerders :) ) het maar self die naam
> verander na Vriend-Lanks-Jou-Se-Rekeningkunde-Boek-Studie. :O.

Hierdie ding gaan met mening verander. Die NSA gaan die teenoorgestelde
rigting. Godsdiensuitlewing word 'n verpligte deel van die kurrikulm en 'n
eksamineerbare uitkoms (die regering oordeel dat dit sal help om die morele
standaarde in die samelewing te verbeter, ten einde die misdaadvlakke te
beheer!) Nodeloos om te sê, ek is teen hierdie beleid onwrikbaar gekant.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21767 is 'n antwoord op boodskap #21766] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 1999 20:51:21 GMT, oos...@geocities.com wrote:
|
|In die VSA word skole deur staatsdwang _verbied_ om enige vorm van
|godsdienonderrig of -be-oefening toe te laat.
|
|In die NSA word skole deur staatsdwang _verplig_ om godsdiens in kinders se
|kele af te dwing (ons sal nog sien of die grondwetlik afdwingbaar is - ek
|reken nie so nie).
|
|Maar in beskaafde lande word leerders 'n keuse gegee oor die soort onderwys
|wat hulle wil hê.
|
Ek en jy praat duidelik van twee verskillende VSA's. Word eers wakker voor jy
ander beskuldig van nie 'n redenasie volg nie - jy is die een wat min begrip
toon en in sirkels praat. Kry vir jou 'n beter nuusbediener wat die plasings
mooi in volgeorde kan gee en dan lees jy weer aandagtig deur.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21768 is 'n antwoord op boodskap #21766] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On Mon, 15 Mar 1999 01:24:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> |En ja. Leerlinge probeer op plekke godsdiensoefening as buitekurrikulêre
> |aktiwiteit te reël. Mits hulle nie die skool se fasiliteite gebruik nie.
>
> Hulle mag. Netsoos enige ander klub waaraan die skoolkinders behoort.

Daar was ten minste een hofsaak waarin uitspraak gelewer is dat
skoolfasiliteite nie vir godsdienstige byeenkomste gebruik mag word nie.
Miskien (nog) nie in Minnesota nie, maar sulke bepalings vat lank om deur te
suur. Dit mag natuurlik ook gebeur dat die tendens omgekeer word voordat dit
in Minnesota inslag vind.

> |
> Ek het in SA, lank terug, ook geen godsdiensonderrig op skool gehad
> nie. (En destyds het ons grondwet dit darem seker toegelaat) Solank
> ek maar kan onthou was dit die periode waarin jy ander huiswerk moes
> sit en doen - altyd handig as dit voor wiskunde geskeduleer was - en
> waarin die onnies sit en boeke merk het ... nooit Godsdiens of
> godsdiens nie...

Ek weet. Dit was ook die tyd toe ouers feitlik geen inspraak in "die
professionele domein van die onderwyser" gehad het nie. Gelukkig het ons nou
'n beter grondwet.

Maar _as_ ouers in jou skool gedink het dat godsdiensonderwys belangrik is,
kon die periodes selfs in daardie dae aangesend word vir die doel waarvoor
dit toegeken is.

Op die oue einde kom dit neer op ouerverantwoordelikheid en
ouerbetrokkenheid.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21769 is 'n antwoord op boodskap #21766] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fizzer[1]  is tans af-lyn  fizzer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote:

> On Mon, 15 Mar 1999 01:24:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Hulle mag. Netsoos enige ander klub waaraan die skoolkinders behoort.
> |
> Ek het in SA, lank terug, ook geen godsdiensonderrig op skool gehad
> nie. (En destyds het ons grondwet dit darem seker toegelaat) Solank
> ek maar kan onthou was dit die periode waarin jy ander huiswerk moes
> sit en doen - altyd handig as dit voor wiskunde geskeduleer was - en
> waarin die onnies sit en boeke merk het ... nooit Godsdiens of
> godsdiens nie...

Ek stem saam. In die tyd wat ek op skool was (Jaaaaare gelede) (Eintlik maar
net 3 jaar terug :) ) Het hulle die naam verander na Bybelstudie, nie meer
Godsdiens of so iets nie.
Wat ons eintlik veronderstel was om te doen, en wat gewoonlik net die eerste
kwartaal of so gebeur het, is om die Bybel te bestudeer, nie godsdiens
beoefen nie. Na die 2de kwartaal het die Onnies moeg geraak vir die kinners
wat nie wil luister nie, en ons (die leerders :) ) het maar self die naam
verander na Vriend-Lanks-Jou-Se-Rekeningkunde-Boek-Studie. :O.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21770 is 'n antwoord op boodskap #21766] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Verwysings na skole hieronder is, na aanleiding van vorige plasings, natuurlik
verwysings na _staat_ -skole.

In article ,
oos...@geocities.com wrote:
> In article ,
> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) wrote:
>> On Mon, 15 Mar 1999 16:30:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>> |
>> |Op die oue einde kom dit neer op ouerverantwoordelikheid en
>> |ouerbetrokkenheid.
>> |
>> |
>> Juis. Waarom wil jy dan hê die land se grondwet moet dit op skole afdwing...?
>>
>
> Jy het weer nie gevolg wat aangaan nie, het jy Johan?
>
> In die VSA word skole deur staatsdwang _verbied_ om enige vorm van
> godsdienonderrig of -be-oefening toe te laat.
>
> In die NSA word skole deur staatsdwang _verplig_ om godsdiens in kinders se
> kele af te dwing (ons sal nog sien of die grondwetlik afdwingbaar is - ek
> reken nie so nie).
>
> Maar in beskaafde lande word leerders 'n keuse gegee oor die soort onderwys
> wat hulle wil hê.
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Amerikaanse skole [boodskap #21771 is 'n antwoord op boodskap #21766] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert wrote:
>
> Amerikaanse kinderen zijn vrij hun Godsdienst in de school te beoefenen. Vaak
> wordt het zelfs aangemoedigd. Ik begrijp niet hoe je er bij komt, dat het het
> scholieren verboden is de bijbel in hun vrije uren te lezen of een voordracht
> over het geloof te houden door leraren die onder de invloed van de ACLU
> (American Civil Liberties Union) stonden en die daarbij inderdaad de grondwet
> aanriepen. Er zijn ook door boze ouders rechtzaken over deze kwestie
> aangespannen en deze zijn door hen (de ouders) gewonnen. Misschien hebben
> berichten hierover bij jouw de indruk gewekt dat de Amerikaanse Grondwet de
> Amerikaanse scholieren verbiedt om hun godsdienst op hun school te
> verbieden.

Robbert, jy verstaan my verkeerd, of jy is waningelig:

Sedert uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof in 1963 mag:

a) Geen godsdiensonderrig in staatskole in die VSA aangebied word nie.
b) Geen godsdienstige simbole in sulke skole vertoon word nie.
c) Geen godsdiensoefening gehou word nie.
d) Geen private skole waar enige van bogenoemde plaasvind mag 'n
staatsubsidie ontvang nie.

'n Direkte gevolg van die implementering van die hofbeslissing
(implementering het amper 15 jaar geneem om deur die stelsel te werk) is die
ongekende toename in privaatskole en tuisonderwys in die VSA. (Tot dermate
dat daar vandag meer kinders in die VSA is wat hul onderwys tuis ontvang as
die totale aantal leerlinge in openbare onderwys in die tien kleinste state
saam - ongeveer twee miljoen.)

'n Ander interessante gevolg het ek teëgekom toe ek 'n professor ontmoet het
("professor" in die Amerikaanse sin) wat Bybelkunde doseer vir
letterkundestudente aan Syracuse. Dit blyk dat baie Amerikaanse studente nie
meer genoeg van die Bybel weet om die klassieke Westerse letterkunde te kan
begryp nie.

En ja. Leerlinge probeer op plekke godsdiensoefening as buitekurrikulêre
aktiwiteit te reël. Mits hulle nie die skool se fasiliteite gebruik nie.

En ja. Gesprekke oor godsdiens as sosiale verskynsel word toegelaat. In
suiwer akademiese perspektief.

Vir 'n beduidende en toenemende getal mense (Christene, Moslems en heelwat
New Agers) is dit onaanvaarbaar dat die kind se godsdiens by die deur gelaat
moet word as hy die skool binnegaan.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21772 is 'n antwoord op boodskap #21771] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 1999 16:30:03 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
|
|Op die oue einde kom dit neer op ouerverantwoordelikheid en
|ouerbetrokkenheid.
|

Juis. Waarom wil jy dan hê die land se grondwet moet dit op skole afdwing...?
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21773 is 'n antwoord op boodskap #21771] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 1999 01:24:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|En ja. Leerlinge probeer op plekke godsdiensoefening as buitekurrikulêre
|aktiwiteit te reël. Mits hulle nie die skool se fasiliteite gebruik nie.

Hulle mag. Netsoos enige ander klub waaraan die skoolkinders behoort.
|
Ek het in SA, lank terug, ook geen godsdiensonderrig op skool gehad
nie. (En destyds het ons grondwet dit darem seker toegelaat) Solank
ek maar kan onthou was dit die periode waarin jy ander huiswerk moes
sit en doen - altyd handig as dit voor wiskunde geskeduleer was - en
waarin die onnies sit en boeke merk het ... nooit Godsdiens of
godsdiens nie...

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21774 is 'n antwoord op boodskap #21771] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) wrote:
> On Mon, 15 Mar 1999 16:30:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |
> |Op die oue einde kom dit neer op ouerverantwoordelikheid en
> |ouerbetrokkenheid.
> |
> |
> Juis. Waarom wil jy dan hê die land se grondwet moet dit op skole afdwing...?
>

Jy het weer nie gevolg wat aangaan nie, het jy Johan?

In die VSA word skole deur staatsdwang _verbied_ om enige vorm van
godsdienonderrig of -be-oefening toe te laat.

In die NSA word skole deur staatsdwang _verplig_ om godsdiens in kinders se
kele af te dwing (ons sal nog sien of die grondwetlik afdwingbaar is - ek
reken nie so nie).

Maar in beskaafde lande word leerders 'n keuse gegee oor die soort onderwys
wat hulle wil hê.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21827 is 'n antwoord op boodskap #21771] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
fizzer[1]  is tans af-lyn  fizzer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hulle het wel vir ons Skriflesing gegee elke Saalbyeenkoms, een week was dit
die apostoliese Dominee, dan weer die NG of Babtiste. elkeen het sy beurt gekry
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21828 is 'n antwoord op boodskap #21771] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Met aksent op STAATS SKOLE.

oos...@geocities.com wrote in message ...
> Verwysings na skole hieronder is, na aanleiding van vorige plasings, natuurlik
> verwysings na _staat_ -skole.
>
>
> In article ,
> oos...@geocities.com wrote:
>> In article ,
>> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) wrote:
>>> On Mon, 15 Mar 1999 16:30:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
>>> wrote:
>>> |
>>> |Op die oue einde kom dit neer op ouerverantwoordelikheid en
>>> |ouerbetrokkenheid.
>>> |
>>> |
>>> Juis. Waarom wil jy dan hê die land se grondwet moet dit op skole afdwing...?
>>>
>>
>> Jy het weer nie gevolg wat aangaan nie, het jy Johan?
>>
>> In die VSA word skole deur staatsdwang _verbied_ om enige vorm van
>> godsdienonderrig of -be-oefening toe te laat.
>>
>> In die NSA word skole deur staatsdwang _verplig_ om godsdiens in kinders se
>> kele af te dwing (ons sal nog sien of die grondwetlik afdwingbaar is - ek
>> reken nie so nie).
>>
>> Maar in beskaafde lande word leerders 'n keuse gegee oor die soort onderwys
>> wat hulle wil hê.
>>
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21829 is 'n antwoord op boodskap #21771] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Fizzer wrote in message ...
>> Hulle het wel vir ons Skriflesing gegee elke Saalbyeenkoms, een week was dit
>> die apostoliese Dominee, dan weer die NG of Babtiste. elkeen het sy beurt gekry
>
>
> Johan sal vir jou kan bevestig: In Amerikaanse skole is so iets verbode.
>
En weereens, ek bedoel Amerikaanse _staatskole_.
Re: Amerikaanse skole [boodskap #21830 is 'n antwoord op boodskap #21771] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On Mon, 15 Mar 1999 20:51:21 GMT, oos...@geocities.com wrote:
> |
> |In die VSA word skole deur staatsdwang _verbied_ om enige vorm van
> |godsdienonderrig of -be-oefening toe te laat.
> |
> |In die NSA word skole deur staatsdwang _verplig_ om godsdiens in kinders se
> |kele af te dwing (ons sal nog sien of die grondwetlik afdwingbaar is - ek
> |reken nie so nie).
> |
> |Maar in beskaafde lande word leerders 'n keuse gegee oor die soort onderwys
> |wat hulle wil hê.
> |
> Ek en jy praat duidelik van twee verskillende VSA's. Word eers wakker voor jy
> ander beskuldig van nie 'n redenasie volg nie - jy is die een wat min begrip
> toon en in sirkels praat. Kry vir jou 'n beter nuusbediener wat die plasings
> mooi in volgeorde kan gee en dan lees jy weer aandagtig deur.

Jy is reg. Ek begryp gladnie wat jou probleem is met my stellings hierbo nie
(gedagtig daaraan dat al die verwysings na "skole" in die VSA verys na
staatskole. In die NSA verwys dit na _alle_ skole.)
Vorige onderwerp: MATRIEK VRAESTELLE REEDS BESKIKBAAR
Volgende onderwerp: Soek Afrikaans programme vir skool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:00:46 MGT 2024