Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Soek 'n Suid Afrikaner
Soek 'n Suid Afrikaner [boodskap #19018] Sa, 07 November 1998 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ons is op soek na 'n programmeerder wat die rekenaartaal "Perl" se baas is.
Ons het 'n internet diens voorsienings maatskappy (in Engels ISP) tot stand
gebring hier in Perth, Westelike Australië. Na baie maande se gesukkel en
baie Dollars later het die ozzie programmeerders ons nognie in kuberruimte
kon lanseer nie.

Is daar tog nie êrens 'n boerseun met die kennis wat vir 'n maand of twee
wil oorkom Oz toe en ons kom help nie? Die skip staan op die lanseer
platform maar ons kry dit netnie van die grond af nie. Ons sal reël vir 'n
werkspermit en dies meer. As jy kan spog met 'n "ISP" waarvan jy die (mede)
outeur is wil ons graag van jou hoor, maar bitter vinnig!!! "Lift-off" moet
1 Januarie 1999 wees, buig of bars.

Alwyn Nel
ne...@netship.net (Die email server werk reeds!)
Vorige onderwerp: Nuwe SA paspoort
Volgende onderwerp: Oor Landsverlaters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 18:02:31 MGT 2024