Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » F.A. Venter se boeke
F.A. Venter se boeke [boodskap #16743] Di, 11 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Piet de Coning  is tans af-lyn  Piet de Coning
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
> te sit.
> Ek besit
> Geknelde Land (1960)
> Offerland (1963)
> Die Ou Man en die Duif
> Swart Pelgrim (1952)

Simon
Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
nie weet nie:
Gelofteland (1966)
Die Drosters (1952)
Die Koning se Wingerd (1984)
Bedoelde land (1968)
Kambrokind (1979)
Die Tollenaar (1955)
Man van Cirene (1957)
Werfjoernaal (1965)
Wit Oemfaan (1965)
Die Rentmeesters (1969)
Die middag voel na warm as (1974)

Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.

So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.

Ek hoop dit help met die lys

Piet
Re: F.A. Venter se boeke [boodskap #16744 is 'n antwoord op boodskap #16743] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Aug 1998 22:40:56 +0200, "Piet de Coning"
waffled:

>> Geknelde Land (1960)
>> Offerland (1963)
>> Die Ou Man en die Duif
>> Swart Pelgrim (1952)
>
> Simon
> Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
> nie weet nie:
> Gelofteland (1966)
> Die Drosters (1952)
> Die Koning se Wingerd (1984)
> Bedoelde land (1968)
> Kambrokind (1979)
> Die Tollenaar (1955)
> Man van Cirene (1957)
> Werfjoernaal (1965)
> Wit Oemfaan (1965)
> Die Rentmeesters (1969)
> Die middag voel na warm as (1974)
>
> Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
> publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.
>
> So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
> vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
> federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
> Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
> die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.
>
Baie dankie Piet! Dit help baie - maar gaan my baie geld kos om my
skrale versamelinkie te voltooi.
...sommer net ek, Simon
Re: F.A. Venter se boeke [boodskap #16771 is 'n antwoord op boodskap #16743] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Piet, is jy 'n oud-leerling van Floridase Hoërskool?
Re: F.A. Venter se boeke [boodskap #16772 is 'n antwoord op boodskap #16743] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Aug 1998 22:40:56 +0200, "Piet de Coning"
wrote:

>> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
>> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
>> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
>> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
>> te sit.
>> Ek besit
>> Geknelde Land (1960)
>> Offerland (1963)
>> Die Ou Man en die Duif
>> Swart Pelgrim (1952)

Piet,

Ek is nog in die proses om my boekery uit te pak en is self 'n FA
Venter fan. Ek is nuuskierig om te kyk watter ek almal het en watter
ek mis.

Maar die "Ou man en die Duif" wat Simon genoem het, wil ek al my
verbeel is deur Dolf van Niekerk, of sit ek nou die pot heeltemaal
mis?

Wie kan help? Ek kon niks op die Internet opspoor oor FA Venter of
Dolf van Niekerk nie.

Is dit nie tyd dat van die Afrikaanse departemente by SA Universiteite
Afrikaanse letterkundige lyste ensomeer beskikbaar maak op die net nie
?!?!

Afrikaanse klassieke letterkunde het 'n baie swak teenwoordigheid op
die net. Of soek ek net nie raak nie. Gloudina is in daardie opsig
die een wat vir die grootste volume letterkunde varantwoordelik is.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: F.A. Venter se boeke [boodskap #17202 is 'n antwoord op boodskap #16743] So, 30 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Het niemand nog hierop vir ons antwoord nie?

On Wed, 12 Aug 1998 23:46:13 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

|Ek is nog in die proses om my boekery uit te pak en is self 'n FA
|Venter fan. Ek is nuuskierig om te kyk watter ek almal het en watter
|ek mis.
|
|Maar die "Ou man en die Duif" wat Simon genoem het, wil ek al my
|verbeel is deur Dolf van Niekerk, of sit ek nou die pot heeltemaal
|mis?
|
|Wie kan help? Ek kon niks op die Internet opspoor oor FA Venter of
|Dolf van Niekerk nie.
|
|Is dit nie tyd dat van die Afrikaanse departemente by SA Universiteite
|Afrikaanse letterkundige lyste ensomeer beskikbaar maak op die net nie
|?!?!
|
|Afrikaanse klassieke letterkunde het 'n baie swak teenwoordigheid op
|die net. Of soek ek net nie raak nie. Gloudina is in daardie opsig
|die een wat vir die grootste volume letterkunde varantwoordelik is.
|
|
|
|Johan
|Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: F.A.Venter
Volgende onderwerp: Re: 24.com - Afrika se nuwe nuusdiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:33:28 MGT 2024