Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Visum vir Australie
Visum vir Australie [boodskap #14944] Wo, 20 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Noudat ons terug is in die 'common wealth', is dit nog nodig om visums te
verkry om Oz te besoek (op vakansie)?

Miskien kan Onrusstoker my hier reghelp?
Re: Visum vir Australie [boodskap #14945 is 'n antwoord op boodskap #14944] Wo, 20 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
nomad@rest.oasis wrote:
>
> Onrusstoker wrote in message ...
>> Hier is ook al baie stories van sulkes wat hier aankom en dan
>> kom hulle nog verniet verblyf soek by ex-Suid Afrikaners
>> en misbruik sommer hul gashere se telefoon vir duur internasionale
>> oproepe.
>>
>> Daar is nie baie van hulle nie, maar net 'n paar is genoeg om
>> 'n gat te maak van die goeie naam wat Suid Afrikaners het.
>>
> Ons is net so bang vir hulle hier.
>
> Die vraag wat by ons opkom is tov van die wat so brandarm hier aankom is: As
> hulle nie in SA kon geld maak nie, hoe verwag hulle om dit hier te doen?
> Iemand met 'n halwe brein sal mos weet dit sal moeiliker op 'n vreemde plek
> wees, of hoe? Of het hulle maar op andere daar ook geteer?
>
> Noudat elke belastingbetaler R400 000 oorsee kan bel^e, plus nog die
> reistoelae van R100 000, wil ek ook nie weer 'n 'sob'storie hoor nie.
>
> As 'n persoon nie in SA 'n sukses kon maak nie, moet hy nie dink dat 'n
> wonderwerk gaan gebeur nie
> deur op 'n vliegtuig te klim nie.

Maar julle is 'n ou spul suurgatte. Feit is dat mense wat nie in SA werk
kon kry nie of geld kon maak soos jy blykbaar gedoen het a.g.v.
Affirmative Action, retrenchements ens het nog steeds die nodige kennis
om dit oorsee te kan maak. Net soos ons spul Afrikaners maar nog van
toeka se dae af was - gun nie sy buurman die son wat oor hom skyn nie.

En so van die gekuiery gepraat - as die moere kom vakansie hou van hulle
nuwe vaderlande af kan hulle nie ophou brêk van hoe goed dit nou eintlik
daar gaan en hoeveel geld hulle nou maak nie en hoe fantasties goedkoop
alles hier is nie. Dis nou terwyl hulle jou kos opvreet, jou drank
uitsuip maar die beursie dig toe hou.

Watter lande kan jy heen emigreer sonder om werk te hê? Geen land is tog
so dom nie? Of is ek nou verkeerd :?
Re: Visum vir Australie [boodskap #14946 is 'n antwoord op boodskap #14944] Wo, 20 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Onrusstoker wrote in message ...
> Ek weet nie of jy een is nie maar:
> Ek het ideologiese en morele "probleme" daarmee om mense aan te moedig
> om te emmigreer,
> Australie te besoek met die oog op emmigrasie ens. ens.
> Ek vind daar word altyd raad gegee oor die materiele dinge van
> visums, huise, die prys van dit of dat, en dit is tog nie eintlik
> waaroor dit gaan nie...! "(Of behoort te gaan nie!)
>

Ja, dis 'n mors van tyd en asem. Everyman for himself!

>> PS: Maar jy is welkom om hier te kom toer...

Ek sit hier oorkant die Tasman maar is nie lus om te gaan kuier (vir julle
langnaweek in Junie) as ek WEER 'n visa moet kry nie.
In elk geval, dankie.

>
Re: Visum vir Australie [boodskap #14996 is 'n antwoord op boodskap #14944] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Onrusstoker wrote in message ...
> Hier is ook al baie stories van sulkes wat hier aankom en dan
> kom hulle nog verniet verblyf soek by ex-Suid Afrikaners
> en misbruik sommer hul gashere se telefoon vir duur internasionale
> oproepe.
>
> Daar is nie baie van hulle nie, maar net 'n paar is genoeg om
> 'n gat te maak van die goeie naam wat Suid Afrikaners het.
>
Ons is net so bang vir hulle hier.

Die vraag wat by ons opkom is tov van die wat so brandarm hier aankom is: As
hulle nie in SA kon geld maak nie, hoe verwag hulle om dit hier te doen?
Iemand met 'n halwe brein sal mos weet dit sal moeiliker op 'n vreemde plek
wees, of hoe? Of het hulle maar op andere daar ook geteer?

Noudat elke belastingbetaler R400 000 oorsee kan bel^e, plus nog die
reistoelae van R100 000, wil ek ook nie weer 'n 'sob'storie hoor nie.

As 'n persoon nie in SA 'n sukses kon maak nie, moet hy nie dink dat 'n
wonderwerk gaan gebeur nie
deur op 'n vliegtuig te klim nie.
Re: Visum vir Australie [boodskap #14997 is 'n antwoord op boodskap #14944] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter skiet van die heupp af:

> On Wed, 20 May 1998 16:41:53 +0200, lou wrote:
>
>> Maar julle is 'n ou spul suurgatte.

Johan ingeval jy nie gesien het nie - ek verwys na Galjoen en Nomad wat
so moan oor mense wat na hulle gebiede emmigreer.
>
> Klink of jy jouself beskryf as mens die res van jou plasing lees.

Lees die thread in konteks.

>
>> Feit is dat mense wat nie in SA werk
>> kon kry nie of geld kon maak soos jy blykbaar gedoen het a.g.v.
>> Affirmative Action, retrenchements ens het nog steeds die nodige kennis
>> om dit oorsee te kan maak. Net soos ons spul Afrikaners maar nog van
>> toeka se dae af was - gun nie sy buurman die son wat oor hom skyn nie.
>
> Net omdat ek Amerika toe kom, meen dit nie ek gun nie my medemens
> dieselfde as wat ek het nie - juis bevind ek my nou in 'n gemeenskap
> met baie meer gelyke geleenthede as in SA. Nie Utopia nie, maar
> beter.
>

Sien bo. Lees ook Galjoen se antwoord. EK stry nie met jou dat meete
westerse lande BAIE beter lewensomstandighede en voortuisigte as deep
dark Africa het.

>>
>> En so van die gekuiery gepraat - as die moere kom vakansie hou van hulle
>> nuwe vaderlande af kan hulle nie ophou brêk van hoe goed dit nou eintlik
>> daar gaan
>
> Lees hierdie aanhaling uit die beeld - nie iets wat jy sommer elke dag
> in westerse lande teekom nie:
>
> "Luidens die verklaring van Franz Jachs (49), die werknemer van Anglo
> American, het hy op 30 Mei verlede jaar in 'n suidelike rigting in
> Simmondsstraat, in die middestad van Johannesburg, gery en by 'n
> kruising naby die M2-snelweg gestop.
>
> ''Ek het egter nog steeds nie heeltemal vrede gemaak met die vrees
> nie. As iemand byvoorbeeld vinnig verby my motor hardloop, verwag ek
> steeds dat iets gaan gebeur,'' het hy gesê.
>
> Tot sover die aanhaling - staar maar net die feite in die gesig.

Jy weet Johan - miskien moet jy die thread lees voor jy uit konteks
reageer. Maar kom ons speel jou speletjie - In die VSA het 'n skoolkind
wat geskors was omdat hy 'n vurwapen skool toe gebring het, eers sy
ouers vermoor en toe op mede skoliere in sy skool se kaffeteria geskiet.
Sover ek kan onthou drie dood - 18 beseer, 9 ernstig. Datum 21 Mei 1998.
Tot sover.
Re: Visum vir Australie [boodskap #14998 is 'n antwoord op boodskap #14944] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
nomad@rest.oasis wrote:

> Ek sit hier oorkant die Tasman maar is nie lus om te gaan kuier (vir julle
> langnaweek in Junie) as ek WEER 'n visa moet kry nie.
> In elk geval, dankie.

Skies as ek ongeskik geklink het,
maar ek is al moeg vir al die windgat yuppies wat wil emmigreer
net oor dit hul sak pas, en aan niks anders dink nie.
Hier is ook al baie stories van sulkes wat hier aankom en dan
kom hulle nog verniet verblyf soek by ex-Suid Afrikaners
en misbruik sommer hul gashere se telefoon vir duur internasionale
oproepe.

Daar is nie baie van hulle nie, maar net 'n paar is genoeg om
'n gat te maak van die goeie naam wat Suid Afrikaners het.
Re: Visum vir Australie [boodskap #15046 is 'n antwoord op boodskap #14944] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek is nie vir of teen emmigrasie nie, net vir realisme.
Die rede dat party emmigrante sukkel, is omdat hul
gebreinspoel word deur mense wat nie realisties is
oor emmigrasie nie.
Hulle kom bv. hier en verwag hul gaan onmiddelik 'n werk kry
met dieselfde status as in SA. Of hul kom hier vir 'n
lekker vakansie en dan dink hulle dit gaan net so wees
as hul immigreer. Of hulle blaai heeldag op die Australiese
Internet rond en dan dink hulle WWW beteken REAL LIFE.
Daar is baie ex-Suid-Afrikaners wat aan almal vertel
hoe wonderlik dit oorsee is,
eintlik om hulself te oortuig dat dit die regte besluit was.
(dit is 'n sielkundige toestand, wat nog meer voorkom
in erg-ontwortelde emmigrante van bv. Joegoe-slawie ens).
Heimlik besef hulle hul kan of' gladnie teruggaan nie,
of' hul voel as hul terruggaan is dit 'n vernedering
en 'n erkentenis dat hul "gefaal" het.
Daarom is daar net een pad vir hul vorentoe,
en dit is die van "geen omdraai".
Hulle moet gedurig praat oor hoe wonderlik dit oorsee is
en SA slegpraat, om enige moontlike twyfelgedagtes
uit te skuif. Oppas vir hulle. AS julle na raad wil luister,
luister na iemand wat realisties is en die goeie en die
slegte kant van 'n saak kan stel.

Wat ondankbare kuiergaste betref:
Die probleem met baie Suid Afrikaners is dat hul dink
as hul iewers 'n adres of 'n naam van iemand wat oorsee bly
in die hande gekry het, hulle hom goed genoeg ken
om daar te kom afpak. Bowendien dink hulle ook
omdat hulle 'n mede Suid-Afrikaner/ Afrikaner is,
jy uit jou pad MOET gaan om hom te help.

Ek het al 'n besoekers van SA hier gehad,
maar hulle was die ordentlikheid self.
Ander was nie so gelukkig nie.
Wat mense veral die moer in maak,
is as ryk juppie immigrante aankom met die (geveinste)
houding dat hul so hulpbehoewend is omdat hul vreemd is,
en daarom moet jy hul allerhande gunste doen.
Dit is een ding om iemand welkom te laat voel
en 'n ander om agter hom aan te loop, sy doek om te ruil
en sy gat vir hom af te vee. Dit gebeur ook soms dat
ex-immigrante probeer geldmaak uit nuwe immigrante,
en dat nuwe aankomelinge hul in die proses uitgebuit mag voel.

Ons moet maar almal waak teen sulke en ander sondes.

vriendelike groete
Re: Visum vir Australie [boodskap #15048 is 'n antwoord op boodskap #14944] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
gal...@ozemail.com.au wrote:
>
> nomad@rest.oasis wrote:
>
>> Ek sit hier oorkant die Tasman maar is nie lus om te gaan kuier (vir julle
>> langnaweek in Junie) as ek WEER 'n visa moet kry nie.
>> In elk geval, dankie.
>
> Skies as ek ongeskik geklink het,
> maar ek is al moeg vir al die windgat yuppies wat wil emmigreer
> net oor dit hul sak pas, en aan niks anders dink nie.
> Hier is ook al baie stories van sulkes wat hier aankom en dan
> kom hulle nog verniet verblyf soek by ex-Suid Afrikaners
> en misbruik sommer hul gashere se telefoon vir duur internasionale
> oproepe.
>
Galjoen, dit is eenvoudig waar opvoeding inkom. Opvoeding het niks te make
met waar jy vandaankom nie, maar met wat jou ouers jou leer oor hoe om ander
te konsidireer. Ons bly in die Paarl, en ek moet jou sê dat ek al baie lang
verlore familielede ontdek het die afgelope paar jaar. Ek kan voorsien dat
dit ook so sal gaan as jy in die buiteland woon. Ek sou egter sê dat as 'n
mens die reëls uitspel voor die tyd dan behoort dit nie 'n probleem te wees
nie. Bepaal definitief watse bydrae jy van hulle verwag, soos bv. "Ek sou
verkies dat jy elke derde dag die kos vir aandetete aankoop, en help
asseblief met die skottelgoed." Dit is wat ons maar doen. Dan is daar nie
misverstande en kwaaivriendskappe nie. Ons verwag ook dat iemand ons darem so
'n maand of wat voor die tyd kontak om te hoor of dit reg is - dan spel ons
maar die reëls uit. Ek het al meer as een persoon wat my van Beaufort-Wes af
gebel het "ons kom kuier!", en dan is ek ewe bedagsaam en help hulle om ander
plek verblyf te kry.
As hulle wil kwaad wees, moet hulle maar net weer regkom.

Basies - as mense jou misbruik is dit jou eie skuld.

Die ander kant weer is dat daar mense is wat kom kuier en dan is dit 'n
plesier. En dan gaan hulle weer voordat ons uitgekuier is. Hulle kan maar
elke Somer kom..

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Visum vir Australie [boodskap #15049 is 'n antwoord op boodskap #14944] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
lou wrote in message ...
> Maar julle is 'n ou spul suurgatte. Feit is dat mense wat nie in SA werk
> kon kry nie of geld kon maak soos jy blykbaar gedoen het a.g.v.
> Affirmative Action, retrenchements ens het nog steeds die nodige kennis
> om dit oorsee te kan maak. Net soos ons spul Afrikaners maar nog van
> toeka se dae af was - gun nie sy buurman die son wat oor hom skyn nie.
>

Jy het 'n goeie punt hier beet. Ek het onbewustelik verwys na die 35-45
jariges wat oorgenoeg tyd gehad het om 'n morseltjie bymekaar te skraap.

Vir die jongeres of pas gegradueerdes is jy reg. Londen is vol SAfrikaners
onder die ouderdom van 27 wat van die GELEENTHEID GEBRUIK MAAK om vir
hulself kennis te verkry, hetsy werksondervinding, reisondervinding of net
'jol'.
FW het vir die Suid-Afrikaner 5 jaar 'gekoop': elkeen het die reg om daardie
tyd tot sy goeddunke te gebruik.
Die wat nie van die geleenthede tot hul beskikking gebruik te maak nie,
verdien geen simpatie nie.

".......you should watch the Jews. When they start leaving, then you
know things are going downhill. They were the canaries in the mine
shaft of society."
(Peter Godwin wat skryf in die Fin Mail
22/5/98)

> En so van die gekuiery gepraat - as die moere kom vakansie hou van hulle
> nuwe vaderlande af kan hulle nie ophou brêk van hoe goed dit nou eintlik
> daar gaan en hoeveel geld hulle nou maak nie en hoe fantasties goedkoop
> alles hier is nie. Dis nou terwyl hulle jou kos opvreet, jou drank
> uitsuip maar die beursie dig toe hou.

Jy's reg Lou ,(maar dit werk dieselfde omgekeerd ook. Ek kan getuig!).
Die ouens wat so praat (en dis die meerderheid) vertel net helfte van die
waarheid.
90% sou inderdaad verkies het om in SA te gebly het maar is weens
omstandighede, en in die lig van hul toekomsvisie vir SA teen hulle sin, uit
die land uit.

> Watter lande kan jy heen emigreer sonder om werk te h ? Geen land is tog
> so dom nie? Of is ek nou verkeerd :?

Kanada, NZ en Oz, werk op 'n soort van puntestelsel (onder andere) gebaseer
op kwalifikasies, werksondervinding, ens., maar jy het nie 'n formele
werksaanbod daarvoor nodig nie.
Re: Visum vir Australie [boodskap #15050 is 'n antwoord op boodskap #14944] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 May 1998 16:41:53 +0200, lou wrote:
> Maar julle is 'n ou spul suurgatte.

Klink of jy jouself beskryf as mens die res van jou plasing lees.

> Feit is dat mense wat nie in SA werk
> kon kry nie of geld kon maak soos jy blykbaar gedoen het a.g.v.
> Affirmative Action, retrenchements ens het nog steeds die nodige kennis
> om dit oorsee te kan maak. Net soos ons spul Afrikaners maar nog van
> toeka se dae af was - gun nie sy buurman die son wat oor hom skyn nie.

Net omdat ek Amerika toe kom, meen dit nie ek gun nie my medemens
dieselfde as wat ek het nie - juis bevind ek my nou in 'n gemeenskap
met baie meer gelyke geleenthede as in SA. Nie Utopia nie, maar
beter.

>
> En so van die gekuiery gepraat - as die moere kom vakansie hou van hulle
> nuwe vaderlande af kan hulle nie ophou brêk van hoe goed dit nou eintlik
> daar gaan

Lees hierdie aanhaling uit die beeld - nie iets wat jy sommer elke dag
in westerse lande teekom nie:

"Luidens die verklaring van Franz Jachs (49), die werknemer van Anglo
American, het hy op 30 Mei verlede jaar in 'n suidelike rigting in
Simmondsstraat, in die middestad van Johannesburg, gery en by 'n
kruising naby die M2-snelweg gestop.

Hier het 'n man met 'n voorwerp in sy hand die venster aan die
passasierskant van Jachs se duur BMW gebreek. Volgens Jachs het hy
drie skote afgevuur en onmiddellik na die polisie gery om die voorval
aan te meld.

Landdros Ewart het tydens die ondersoek gesê dat dié soort misdaad op
gereelde grondslag in Johannesburg gepleeg word en dat lede van die
publiek deurentyd in gevaar is wanneer hulle by kruisings stop of in
swaar verkeer bestuur.

Jachs het Donderdag aan Beeld gesê dat hy na die voorval verpletter
was.

Ek het egter nog steeds nie heeltemal vrede gemaak met die vrees
nie. As iemand byvoorbeeld vinnig verby my motor hardloop, verwag ek
steeds dat iets gaan gebeur,
het hy gesê.

Tot sover die aanhaling - staar maar net die feite in die gesig.

> en hoeveel geld hulle nou maak nie en hoe fantasties goedkoop
> alles hier is nie. Dis nou terwyl hulle jou kos opvreet, jou drank
> uitsuip maar die beursie dig toe hou.

Jammer 'n mens kan nie jou familie kies nie.

>
> Watter lande kan jy heen emigreer sonder om werk te hê? Geen land is tog
> so dom nie? Of is ek nou verkeerd :?

Jy's heeltemal reg, dink ek. In elk geval is dit so hier in die VSA -
jou werkgewer doen die aansoek vir jou werkspermit en later groen
kaart - sonder om vir ten minste twee tot drie jaar by een te bly kan
jy nie hierdie voorregte bekom nie.
Vorige onderwerp: Re: Visum vir Australie
Volgende onderwerp: SUID AFRIKANERS IN HOUSTON TEXAS VSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:42:29 MGT 2024