Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » De Kat opname: Waar is Afrikaners se koppe vandag: Help asb
De Kat opname: Waar is Afrikaners se koppe vandag: Help asb [boodskap #14222] Vr, 01 Mei 1998 00:00
Elsa  is tans af-lyn  Elsa
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Almal
De Kat (tydskrif) is besig met 'n opname om 'n idee te vorm van hoe
Afrikaners vandag voel oor waar hulle hul as 'n groep bevind. Ons het
'n vraelys van 12 - sommige verg 'n Ja of 'n Nee, andere nie veel meer
as 'n paragraaf nie. Ons sal spoedige terugvoer werklik waardeer!
Anonimiteit sal beskerm word, lug dus na hartelus 'n mening.

1. Wie kan namens Afrikaners praat? (Watter party ondersteun jy? Is
daar 'n leier wat jy bewonder?)
2. Wat is jou persepsie van Afrikaners?
3. Wat bekommer jou nou oor SA?
4. Wat stem jou opgewonde oor SA?
5. Sal jy ry of bly?
6. Watter rol wil jy in SA speel?
7. Het jy vriende onder mense van alle rasse?
8. Hoe voel jy as Afrikaner oor jou verlede, hede en toekoms?
9. Het jou uitkyk oor Mandela en die nuwe bedeling baie verander die
afgelope vier jaar en hoe voel jy oor Thabo Mbeki?
10. Dink jy Afrikaans moet beskerm word?
11. Noem jy jouself 'n Afrikaner? (toenemend 'n issue)
12. Wie sluit jy in en wie sluit jy uit by die begrip Afrikaner?

Dis die lot, antwoord asb en email terug, of email aan De Kat by:
de...@pentapub.co.za

Baie dankie!
Joan en Elsa
Re: De Kat opname: Waar is Afrikaners se koppe vandag: Help asb [boodskap #14223 is 'n antwoord op boodskap #14222] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Elsa wrote in article
...
| Hallo Almal
| De Kat (tydskrif) is besig met 'n opname om 'n idee te vorm van hoe
| Afrikaners vandag voel oor waar hulle hul as 'n groep bevind. Ons het
| 'n vraelys van 12 - sommige verg 'n Ja of 'n Nee, andere nie veel meer
| as 'n paragraaf nie. Ons sal spoedige terugvoer werklik waardeer!
| Anonimiteit sal beskerm word, lug dus na hartelus 'n mening.
|
| 1. Wie kan namens Afrikaners praat? (Watter party ondersteun jy? Is
| daar 'n leier wat jy bewonder?)

Niemand nie - net elkeen vir homself - daar is te veel verskillende opinies
van Afrikanerskap. Geen party nie. En daar is nie 'n leier wat ek
ondersteun nie.

| 2. Wat is jou persepsie van Afrikaners?

Goeie mense - hardkoppig en eiewys - gasvry en beleef.

| 3. Wat bekommer jou nou oor SA?

Die baie blankes (insluitend Afrikaners) wat die land verlaat en besluit om
nie terug te gaan nie. Dit sluit myself in.

| 4. Wat stem jou opgewonde oor SA?

Dat ek met Amerikaanse dollars sal kan gaan toeris-toeris speel in SA.

| 5. Sal jy ry of bly?

Het al gery.

| 6. Watter rol wil jy in SA speel?

Geen rol nie.

| 7. Het jy vriende onder mense van alle rasse?

Ja

| 8. Hoe voel jy as Afrikaner oor jou verlede, hede en toekoms?

Baie positief en sonder enige skuldgevoelens. My toekoms is in Amerika -
as dit in SA was dink ek ek sou uiters negatief daaroor wees.

| 9. Het jou uitkyk oor Mandela en die nuwe bedeling baie verander die
| afgelope vier jaar en hoe voel jy oor Thabo Mbeki?

Ja! Ek het tydens 1996 besluit om maar te skuif.

| 10. Dink jy Afrikaans moet beskerm word?

Nee - as hy goed genoeg is en voortbestaansreg het, sal hy vanself
voortbestaan. Om hom kunsmatig aan die lewe te hou sal beteken dat hy
dieselfde tweederangse paadjie sal loop as Volkspele. (Boeremusiek en
skoffel is baie meer ons nasionale dans as Volkspele wat kunsmatig
uitgedink is)

| 11. Noem jy jouself 'n Afrikaner? (toenemend 'n issue)

Ja - en ek is baie trots daarop!

| 12. Wie sluit jy in en wie sluit jy uit by die begrip Afrikaner?

Alle blankes wat Afrikaans as eerste taal praat. Miskien kunsmatig ook
bruinmense....

|
| Dis die lot, antwoord asb en email terug, of email aan De Kat by:
| de...@pentapub.co.za
|
| Baie dankie!
| Joan en Elsa
|
Vorige onderwerp: laaste boek gelees?
Volgende onderwerp: Hygromans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:38:03 MGT 2024